Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer.
Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer. [boodskap #66728] Wo, 25 September 2002 21:09 na volgende boodskap
Chrisjolette  is tans af-lyn  Chrisjolette
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Hier in Johannesburg kom 'n mens soms mense teë met Afrikaanse vanne,
maar indien jy hulle in dié taal aanspreek, word jy gou verseker dat
hulle nie Afrikaans kan praat nie, of in elk geval nie goed nie. Soms
is hulle verleë, maar ander kere raak so 'n persoon wat in Afrikaans
aangespreek is sommer agressief omdat jy durf aanneem het dat ‘n
Afrikaanse van ook Afrikaanssprekendheid beteken.

Daar is Engelse Van der Merwes, Bothas, Van Heerdens, De Villiers'e,
en Mosterts. Tans is 'n hele geslag Afrikaanse kinders in
Johannesburg besig om te verengels soos wat hulle in Engelse laerskole
ingedwing word deur ouers wat òf skaam is vir Afrikaans, òf wat
hulself voorberei op 'n gedroomde lewe oorsee in 'n Engelse land.

G.D. Scholtz praat iewers in een van sy opstelle van die
"gedekultureerde Afrikaner". Regdeur die Suid-Afrikaanse geskiedenis,
in elk geval oor die afgelope tweehonderd jaar, was die Afrikaner nog
altyd baie welkom in dié land, selfs onder Britse bestuur, maar dan
slegs as gedekultureerde, as iemand wat nie meer aandring op sy taal
en identiteit nie en bereid is om te assimileer ten opsigte van die
dominante Engelse kultuur. Tans is dit nie anders nie.

Maar ook in 'n dieper sin is vandag se Afrikaner besig om te
dekultureer. Verengelsing, of die verengelsing van sy kinders, is
bloot die laaste stap in 'n proses van kultuurverlies wat begin met sy
afstomping teenoor die hoër kultuur van sy ouers en voorouers. Dit
begin met huise sonder boeke, sonder 'n klavier of ander
musiekinstrument, maar met 'n DSTV-skottel op die dak. Kleiner
kinders word gelos voor Amerikaanse strokiesprogramme soos dié op
Cartoon Network, en só verinnerlik die kind 'n Amerikaanse leefwêreld
nog lank voor hy behoorlik Afrikaans leer praat het.

Kader Asmal se ideologiese onderwys is bloot 'n bydraende faktor tot
die vernietiging van Afrikanerskap, en nie die oorsaak daarvan nie.
Wat egter nie te sê is dat ons dit moet onderskat nie, inteendeel.
Indien daar steeds behoorlike Afrikaanse onderwys was, sou die invloed
van die televisie en die omringende Engelse kultuur van die nuwe
Suid-Afrika, nog gestuit kon word. Helaas moet ons egter toesien
hoedat tradisionele Afrikaanse onderwys vervang word deur
Uitkomsgebaseerde Onderwys wat ten doel het die integrasie van die
kind in 'n multikulturele wêreld waar hy sal kan funksioneer solank hy
respek het vir ander kulture en rekenaargeletterd is.

Maar so 'n kind sal in 'n fundamentele sin gedekultureer wees, en oor
geen werklike kennis beskik nie. Deur die eeue heen was daar drie
belangrike aspekte van onderwys: die volle bemeestering van die eie
taal tot in die fynste besonderhede, die aanleer van vreemde tale en
die skoling in logiese denkvorme soos dié van die filosofie, retoriek
of wiskunde.

Terwyl UGO praat van "geletterdheid" en "gesyferdheid", is die studie
van die taal, grammatika en letterkunde al so afgewater dat die kind
deur sy hele skoolloopbaan kan gaan sonder om eendag in staat te wees
om 'n boek van Etienne Leroux of Karel Schoeman te lees, of 'n gedig
van Opperman of Breytenbach te verstaan. Wat "gesyferdheid" betref,
is daar deesdae so min mense wat Wiskunde op die Hoër Graad slaag dat
daar binnekort nie meer onderwysers gaan wees om dit aan 'n volgende
geslag oor te dra nie. Die aandrang op gelykheid in die skole het al
so ver gevorder dat diegene wat uitblink in Wiskunde as't ware
ontmoedig word, soos in dié skool aan die Oos-Rand waar 'n skoolhoof
nie die deelname van 'n leerling aan die Nasionale Wiskunde-olimpiade
wou bekend maak nie ondat dit die ander leerlinge "se selfvertroue sou
ondermyn".

In tweedehandse boekwinkels kom mens nou nog af op plaaslike uitgawes
van Duitse boeke wat in vorige dekades uitgegee is vir gebruik deur
Afrikaanse leerlinge op skool. Ook die studie van Frans en selfs
Italiaans was nie uitsonderlik nie, en elkeen kon Nederlands met gemak
lees. Die klassieke tale soos Grieks en veral Latyn is ywerig
aangeleer, veral met die oog op 'n loopbaan in die regte want toe was
dit nog verpligtend.

Homerus en Vergilius is in Afrikaans vertaal deur ons eie klassici.
Uys Krige, André Brink, Jan Rabie, Alewyn Lee en ander het boeke uit
Spaans, Frans en Italiaans vertaal, wat 'n hele wêreld in Afrikaans
beskikbaar gemaak het. Wat het daarvan oorgebly? Vandag word selfs
Duitse boeke in Engels aangehaal deur akademici aan sogenaamde
Afrikaanse universiteite.

Wat die politiek korrekte aanleer van Zoeloe, Xhosa en ander
Afrikatale betref, is my beswaar dat geen kind dit ooit werklik gaan
praat nie. Behalwe in Zoeloe tot 'n mate, is daar geen letterkundes
in dié tale nie, en hul eie skrywers verkies om in Engels te skryf.
Nòg Mandela, nòg Mbeki praat ooit 'n woord Xhosa van 'n openbare
verhoog af. Waarom moet 'n mens 'n taal probeer aanleer wat deur sy
eie sprekers verwerp word? Dit is 'n vraag wat die Engelssprekende
vandag met reg aan die Afrikaner kan stel, maar wat ons ook aan die
andertsaliges in hierdie land kan vra.

Inligting is vandag meer beskikbaar as ooit. Daar word bereken dat
80% van die beroepe wat oor 15 of 20 jaar van toepassing gaan wees,
vandag nog nie bestaan nie. Waarom beroepsopleiding ondergaan vir ‘n
beroep wat binnekort uitgefasseer gaan word?

Aan die ander kant kon ek nog nooit begryp wat die term
"rekenaargeletterd" beteken nie. In die vroeë dae van rekenaars toe
jy BASIC moes ken om 'n kolletjie op jou skerm te programmeer om op en
af te spring het dit nog vir my 'n betekenis gehad, maar vandag lyk
dit my dui dit op 'n vertroudheid met mnr. Gates se reeks programme.
Meer en meer is Afrikaners besig om die kultuur waaroor hulle eens
beskik het, en wat kon vergelyk met die beste van Wes-Europa, te
verruil vir 'n kennis van Windows of Microsoft Outlook, asof dit nie
iets is wat in enkele dae aangeleer kan word nie.

Om weer beheer oor Afrikaanse onderwys te verkry, is essensieel vir
die voortbestaan van 'n Afrikaanse kultuur. Kinders moet weer
"moeilike vakke" doen: vreemde tale en wiskunde. Self is ek ten
gunste daarvan dat filosofie ook as 'n skoolvak aangebied behoort te
word. Tans bring kinders reeds twaalf jaar op die skoolbanke deur
sonder om werklik iets te leer. Asmal se stelsel is bedoel om
gedekultureerde Afrikaners te produseer. Niks meer, en niks minder
nie.
Re: Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer. [boodskap #66736 is 'n antwoord op boodskap #66728] Do, 26 September 2002 00:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Chrisjolette wrote:

So, Chrisjolette, jy vorder darem. Vertel ons
hierdie keer waar jy die stuk gekry het wat jy
aanhaal. Al wat ek nou nie kan verstaan nie, is
hoekom so 'n welopgeleide akademikus soos jy
wat op 'n raad sit wat moet besluit waar die
volgende atoomkragstasie opgerig sal word,
boonop nog die enigste "bruin" vrou op die raad,
die tyd of die neiging het om Rapport te lees en
blykbaar genoeg van die stuk se regse en anti-ANC
retoriek hou, om dit hier te plaas vir ons om te
lees. Ek kan ook nie verstaan hoekom iemand wat
die Nichiren-sekte van Buddhisme aanhang ( wat
Japan die godsdienstige middelpunt van die wêreld
wil maak) nou skielik so lojaal aan die kultuur
van die Boere-nasie is nie. Iets klop nie.

Ou Tante Koba se middelvinger.
Re: Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer. [boodskap #66756 is 'n antwoord op boodskap #66728] Do, 26 September 2002 14:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marina[1]  is tans af-lyn  Marina[1]
Boodskappe: 2
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Junior Lid
Marina: n Baie interessante artikel hierdie! Dankie - dit gee my n
aanknopingspunt vir n debat oor Afrikaans waarmee ek tans besig is!

****************************************8

chrisjo...@yahoo.com (Chrisjolette) skryf in boodskap news:...
> Hier in Johannesburg kom 'n mens soms mense teë met Afrikaanse vanne,
> maar indien jy hulle in dié taal aanspreek, word jy gou verseker dat
> hulle nie Afrikaans kan praat nie, of in elk geval nie goed nie. Soms
> is hulle verleë, maar ander kere raak so 'n persoon wat in Afrikaans
> aangespreek is sommer agressief omdat jy durf aanneem het dat 'n
> Afrikaanse van ook Afrikaanssprekendheid beteken.
>
[knip]
Re: Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer. [boodskap #66793 is 'n antwoord op boodskap #66736] Sa, 28 September 2002 07:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chrisjolette  is tans af-lyn  Chrisjolette
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Wys Tante vir my een plek in daardie artikel waar dit handel oor die
kultuur van die "Boere-nasie". Ek is `n Afrikaner net soos die meeste
persone op hierdie ng. Of is Afrikaans nou al deur die "Boere"
opgeëis as synde hulle alleenreg daartoe hê. En jou kennis van
Nihirene Shoshu Boeddhisme is nog meer beperk as die oor my kultuur as
"Bruin-Afrikaner", want volgens jou mag ek blykbaar nie `n Afrikaner
wees nie. Wie is nou eintlik die rassis op die ng?

Ou Tante Koba se middelvinger skryf in boodskap news:...
>
>
> Ek kan ook nie verstaan hoekom iemand wat
> die Nichiren-sekte van Buddhisme aanhang nou skielik so
> lojaal aan die kultuur
> van die Boere-nasie is nie. Iets klop nie.
Re: Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer. [boodskap #66796 is 'n antwoord op boodskap #66793] Sa, 28 September 2002 07:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Chrisjolette, bedaar mens. Ons is almal Afrikaners hier, natuurlik.
Moet jou tog nie so deur die aantie laat opwerk nie, sy vind perverse genot
daarin om mense aspris verkeerd op te vryf om te sien wat hulle reaksie is.
Soos jy seker ook kon sien, was sy die enigste persoon wat daardie
aanvegbare stelling ivm jou skrywe gemaak het - so vat maar die belediging
van wie dit kom - ons steur ons nie veel aan haar wanneer sy op haar koue
pampoen jaagtogte gaan nie.
Annette

-"Chrisjolette" skryf in boodskap news:2cc19bbd.0209272340.4f6ac425@posting.google.com...
> Wys Tante vir my een plek in daardie artikel waar dit handel oor die
> kultuur van die "Boere-nasie". Ek is `n Afrikaner net soos die meeste
> persone op hierdie ng. Of is Afrikaans nou al deur die "Boere"
> opgeëis as synde hulle alleenreg daartoe hê. En jou kennis van
> Nihirene Shoshu Boeddhisme is nog meer beperk as die oor my kultuur as
> "Bruin-Afrikaner", want volgens jou mag ek blykbaar nie `n Afrikaner
> wees nie. Wie is nou eintlik die rassis op die ng?
>
> Ou Tante Koba se middelvinger wrote in message
news:...
>>
>>
>> Ek kan ook nie verstaan hoekom iemand wat
>> die Nichiren-sekte van Buddhisme aanhang nou skielik so
>> lojaal aan die kultuur
>> van die Boere-nasie is nie. Iets klop nie.
Re: Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer. [boodskap #66798 is 'n antwoord op boodskap #66793] Sa, 28 September 2002 08:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roker  is tans af-lyn  Roker
Boodskappe: 6
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Junior Lid
As jy nie bruin was nie het sy jou 'n Apartheidsvark, of 'n Ou wit tannie
genoem...

"Chrisjolette"
> Wys Tante vir my een plek in daardie artikel waar dit handel oor die
> kultuur van die "Boere-nasie". Ek is `n Afrikaner net soos die meeste
> persone op hierdie ng. Of is Afrikaans nou al deur die "Boere"
> opgeëis as synde hulle alleenreg daartoe hê. En jou kennis van
> Nihirene Shoshu Boeddhisme is nog meer beperk as die oor my kultuur as
> "Bruin-Afrikaner", want volgens jou mag ek blykbaar nie `n Afrikaner
> wees nie. Wie is nou eintlik die rassis op die ng?
>
> Ou Tante Koba se middelvinger wrote in message
news:...
>>
>>
>> Ek kan ook nie verstaan hoekom iemand wat
>> die Nichiren-sekte van Buddhisme aanhang nou skielik so
>> lojaal aan die kultuur
>> van die Boere-nasie is nie. Iets klop nie.
Re: Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer. [boodskap #66809 is 'n antwoord op boodskap #66793] Sa, 28 September 2002 13:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Chrisjolette wrote:

> Wys Tante vir my een plek in daardie artikel waar dit handel oor die
> kultuur van die "Boere-nasie". Ek is `n Afrikaner net soos die meeste
> persone op hierdie ng. Of is Afrikaans nou al deur die "Boere"
> opgeëis as synde hulle alleenreg daartoe hê. En jou kennis van
> Nihirene Shoshu Boeddhisme is nog meer beperk as die oor my kultuur as
> "Bruin-Afrikaner", want volgens jou mag ek blykbaar nie `n Afrikaner
> wees nie. Wie is nou eintlik die rassis op die ng?

"Chrisjolette," jy gee my nie krediet vir
intelligensie nie. Dis jou keuse van artikels
wat jy, gekrediteer of ongekrediteer, uit Rapport
en sulke regse publikasies optel en dan op die
nuusgroep plaas, wat vir 'n mens wys wat jou
ware kleure is.
Dis jammer dat jy nou met so 'n afwykende
Boeddhiste kult deurmekaar geraak het. Hierdie
kult het omtrent soveel met mainstream Buddhisme
te doen as wat Frikkie se soort Christelikheid
iets met mainstream Christenlikheid te doen het.
En los nou maar jou gegorrel oor die feit dat
jy "bruin" is. Dis 'n subtiele soort rassisme.
Wanneer is jy man genoeg en kom weer in jou ware
kleure op die nuusgroep. Dan kan mens jou ten minste
respekteer?

Die Ruiter in die Dag.
Re: Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer. [boodskap #66815 is 'n antwoord op boodskap #66796] Sa, 28 September 2002 15:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote:

> Chrisjolette, bedaar mens. Ons is almal Afrikaners hier, natuurlik.

Die Belge en kaaskoppe ook?
:-))

> van wie dit kom - ons steur ons nie veel aan haar wanneer sy op haar koue
> pampoen jaagtogte gaan nie.

LOL! Ek laaik die "koue pampoen jagtog" gesegde!
Dis alweer amper Halloween hier by ons, so dit pas pragtig!!
:-))
Re: Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer. [boodskap #66816 is 'n antwoord op boodskap #66756] Sa, 28 September 2002 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
marie...@yahoo.com (Marina) wrote:

> Marina: n Baie interessante artikel hierdie! Dankie - dit gee my n
> aanknopingspunt vir n debat oor Afrikaans waarmee ek tans besig is!

Hey Marina! :-)) Is jy dalk Gert die Durtchman wat hier rond hang se
vrou?

:-))))
Re: Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer. [boodskap #66827 is 'n antwoord op boodskap #66815] So, 29 September 2002 02:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
">
>> Chrisjolette, bedaar mens. Ons is almal Afrikaners hier, natuurlik.
>
> Die Belge en kaaskoppe ook?
> :-))
Ja- die wat Afrikaans praat:))
Of gaan ons nou weer begin om te probeer vasstel wat 'n Afrikaner is?:))
>
>> van wie dit kom - ons steur ons nie veel aan haar wanneer sy op haar koue
>> pampoen jaagtogte gaan nie.
>
> LOL! Ek laaik die "koue pampoen jagtog" gesegde!
> Dis alweer amper Halloween hier by ons, so dit pas pragtig!!
> :-))

Ek wou nog altyd vra - in die Archie comics met Halloween lyk dit kompleet
of die gesigte uit boerpampoene gesny word - maar daar kan mos nie
boerpampoene in die VSA wees nie - so wat word daardie pampoene genoem?
Annette

>
Re: Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer. [boodskap #66829 is 'n antwoord op boodskap #66827] So, 29 September 2002 03:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote:

>>> Chrisjolette, bedaar mens. Ons is almal Afrikaners hier, natuurlik.

>> Die Belge en kaaskoppe ook?
>> :-))
> Ja- die wat Afrikaans praat:))
> Of gaan ons nou weer begin om te probeer vasstel wat 'n Afrikaner is?:))

Neeeeee neee...ek wou maar net seker maak. :-)))

> Ek wou nog altyd vra - in die Archie comics met Halloween lyk dit kompleet
> of die gesigte uit boerpampoene gesny word - maar daar kan mos nie
> boerpampoene in die VSA wees nie - so wat word daardie pampoene genoem?
> Annette

Weet jy, jy kan gerus vir jou ander Amerikaanse vriende ook vra. Maar
ons noem die Jack-o-lantern pampoene (die groot oranje pampoene),
sommer net plein "pumpkins" - soms praat mense van "autumn gold's", en
soms sommer net "halloween pumpkins". Dan praat ons ook van "pie
pumpkins" - dis gewoonlik "buckskins", en dan is daar sulke klein,
ronde wittetjies wat ons "baby boo's" noem- rerig! O ja - ander
oulike name vir die klein pampoentjies is bv.Mini Jack Munchkin's,
Jack be little's, Little Lantern; Spookie's en nog baie sulkes - ek
dink jy kry die algemene idee?
Om dan nie te praat van die miljuisende ander variante en skorsie
tipes nie. Party mense noem die goed by hulle regte name, maar dis nie
algemeen nie, hoor! :-)
Re: Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer. [boodskap #66842 is 'n antwoord op boodskap #66793] So, 29 September 2002 08:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Gert die \"d  is tans af-lyn  Oom Gert die \"d
Boodskappe: 28
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Junior Lid
Jy is 'n Afrikaner nes ek. Mens kan nie kies of jy Afrikaner wil wees of
nie. As jy van Europese afkoms is en Afrikaans as huistaal praat is jy
Afrikaner per definisie.

Jy is bruin, "so what?" Jy voldoen aan die definisie en klaar.

"Chrisjolette" skryf in boodskap news:2cc19bbd.0209272340.4f6ac425@posting.google.com...
> Wys Tante vir my een plek in daardie artikel waar dit handel oor die
> kultuur van die "Boere-nasie". Ek is `n Afrikaner net soos die meeste
> persone op hierdie ng. Of is Afrikaans nou al deur die "Boere"
> opgeëis as synde hulle alleenreg daartoe hê. En jou kennis van
> Nihirene Shoshu Boeddhisme is nog meer beperk as die oor my kultuur as
> "Bruin-Afrikaner", want volgens jou mag ek blykbaar nie `n Afrikaner
> wees nie. Wie is nou eintlik die rassis op die ng?
>
> Ou Tante Koba se middelvinger wrote in message
news:...
>>
>>
>> Ek kan ook nie verstaan hoekom iemand wat
>> die Nichiren-sekte van Buddhisme aanhang nou skielik so
>> lojaal aan die kultuur
>> van die Boere-nasie is nie. Iets klop nie.
Re: Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer. [boodskap #66843 is 'n antwoord op boodskap #66809] So, 29 September 2002 08:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Gert die \"d  is tans af-lyn  Oom Gert die \"d
Boodskappe: 28
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Junior Lid
Wat volgens jou is nou eindelik regs Gloudina? Ek verstaan jou nie. Jy weet
tog beter as om enige iets wat op 'n wit mark gefokus is, regs te noem.
Radio Metro in SA word vir die swart mark gefokus en ander swart radio
stasies kan nog genoem word. Hulle advertensie veldtogte steek die feit nie
weg nie. Hulle verklaar openlik dat Metro gemaak is vir die "black beat, the
African beat". Ek het nog nooit (selfs nie in Apartheid) gehoor van "the
white beat, the European beat" nie. Die sogenaamde wit media (as daar nog so
iets is) waag dit nie om sulke slagspreuke te gebruik in hul reklame nie.
Maar die swart media is meer as gretig om dit te doen. In Amerika (ek is nie
so seker oor Kanada nie) vind jy dit ook dat stasies vir kultuur groepe
opgestel word. So omdat Rapport oorwegend vir Afrikaanse mense (wat
oorwegend wit en bruin is) gedruk word is dit nou regs?

Sal almal wat nie met die ANC saamstem ook regs wees? Hoe nou Gloudina? Gee
ons so bietjie insig in jou psige en denke toe!

Cheers

skryf in boodskap news:3D95B268.4090107@rogers.com...
>
> Chrisjolette wrote:
>
>> Wys Tante vir my een plek in daardie artikel waar dit handel oor die
>> kultuur van die "Boere-nasie". Ek is `n Afrikaner net soos die meeste
>> persone op hierdie ng. Of is Afrikaans nou al deur die "Boere"
>> opgeëis as synde hulle alleenreg daartoe hê. En jou kennis van
>> Nihirene Shoshu Boeddhisme is nog meer beperk as die oor my kultuur as
>> "Bruin-Afrikaner", want volgens jou mag ek blykbaar nie `n Afrikaner
>> wees nie. Wie is nou eintlik die rassis op die ng?
>
>
> "Chrisjolette," jy gee my nie krediet vir
> intelligensie nie. Dis jou keuse van artikels
> wat jy, gekrediteer of ongekrediteer, uit Rapport
> en sulke regse publikasies optel en dan op die
> nuusgroep plaas, wat vir 'n mens wys wat jou
> ware kleure is.
> Dis jammer dat jy nou met so 'n afwykende
> Boeddhiste kult deurmekaar geraak het. Hierdie
> kult het omtrent soveel met mainstream Buddhisme
> te doen as wat Frikkie se soort Christelikheid
> iets met mainstream Christenlikheid te doen het.
> En los nou maar jou gegorrel oor die feit dat
> jy "bruin" is. Dis 'n subtiele soort rassisme.
> Wanneer is jy man genoeg en kom weer in jou ware
> kleure op die nuusgroep. Dan kan mens jou ten minste
> respekteer?
>
> Die Ruiter in die Dag.
>
Re: Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer. [boodskap #66844 is 'n antwoord op boodskap #66816] So, 29 September 2002 08:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Gert die \"d  is tans af-lyn  Oom Gert die \"d
Boodskappe: 28
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Junior Lid
Nee, sy is nie ou niggie. Oom gert hou van groot vrouens. Vrouens met lyf
sien. Marina klink so bietjie aan die klein kant.

Maar die oom pas in by die Afrika gees van veelwywery so maak maar 'n
voorstel as jy lus het.

;o)

"Katryn" skryf in boodskap news:sgkbpuk46iehb7r84e8tbd0ak47mfljdqd@4ax.com...
> marie...@yahoo.com (Marina) wrote:
>
>> Marina: n Baie interessante artikel hierdie! Dankie - dit gee my n
>> aanknopingspunt vir n debat oor Afrikaans waarmee ek tans besig is!
>
> Hey Marina! :-)) Is jy dalk Gert die Durtchman wat hier rond hang se
> vrou?
>
> :-))))
>
Re: Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer. [boodskap #66846 is 'n antwoord op boodskap #66815] So, 29 September 2002 08:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:16kbpuc236hj9k0l0op5v8jgmnv84b0f9j@4ax.com...
> "Annette" wrote:
>
>> Chrisjolette, bedaar mens. Ons is almal Afrikaners hier, natuurlik.
>
> Die Belge en kaaskoppe ook?
> :-))

Wel, as julle vir my sê ek's 'n Afrikaner, dan sal ek dit as 'n eer beskou
:-).
Hilda.
Gertman [boodskap #66871 is 'n antwoord op boodskap #66816] So, 29 September 2002 15:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marina[1]  is tans af-lyn  Marina[1]
Boodskappe: 2
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Junior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
> marie...@yahoo.com (Marina) wrote:
>
>> Marina: n Baie interessante artikel hierdie! Dankie - dit gee my n
>> aanknopingspunt vir n debat oor Afrikaans waarmee ek tans besig is!
>
> Hey Marina! :-)) Is jy dalk Gert die Durtchman wat hier rond hang se
> vrou?
>
> :-))))

Marina: Nee Katryn! Mý Gert is nie vuil nie . . .
;-)))

en nog jonk ook. Glad nie vet nie en ook nie bles nie. Lank,
donker,sjarmant en slim ook! ;-)
Re: Gertman [boodskap #66873 is 'n antwoord op boodskap #66871] So, 29 September 2002 16:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
marie...@yahoo.com (Marina) wrote:

> Marina: Nee Katryn! Mý Gert is nie vuil nie . . .
> ;-)))
>
> en nog jonk ook. Glad nie vet nie en ook nie bles nie. Lank,
> donker,sjarmant en slim ook! ;-)

Skies vir die wrede verkeerdelike assumpsie wat ek gemaak het!!
Jou Gert klink asof hy perfek by jou pas. :-)


Hierdie ander oem gert (kopiereg IP) wat probeer om in die Plaasvark
se kraal te speel, word net vuiiler, terwyl die vark sulke lekker wye
draai om hom hardloop.!! Dis nogal lekker (in 'n baie komiese way) om
te aanskou/lees! :-)))
Re: Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer. [boodskap #66874 is 'n antwoord op boodskap #66844] So, 29 September 2002 16:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Oom Gert die \"dutchman\""
wrote:

> Maar die oom pas in by die Afrika gees van veelwywery so maak maar 'n
> voorstel as jy lus het.

Eeeeuw!!! Yukkie!
Re: Gertman [boodskap #66883 is 'n antwoord op boodskap #66873] So, 29 September 2002 18:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Gert  is tans af-lyn  Oom Gert
Boodskappe: 38
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Sjoe, nou word ek beskuldig van dinge wat ek nie eens bedoel het om te doen
nie. Die veelwywery was net 'n grap en Oom Gert het lankal reeds 'n tannie
vir die plaas.

Sy lees ook my plasings en ek sit reeds met 'n blou knop op my kop vir wat
ek hier gesê het so slaap dus maar gerus dat die oom goed berispe word as hy
die grens van gesonde geselskap oorskry.

Die plaasvarke wat ek hier op die plaas het hardloop lankal draaie om my, so
ou Wouter se streke is nie vir my snaaks nie. Die water onder die knie is
verantwoordelik daarvoor en die situasie sal nie gou verander nie. Ek het
die dokter gaan sien daaroor, glo maar vir oom.

Laat oom egter maar vir jou raad gee niggie, wees maar versigtig vir die
Wouter klong, hy het seer sekerlik 'n klap weg van die liberale soort en die
tipe mense wat hy verdedig (Les en kie) is nou nie juis van die mees
respektabele mense op die mooi blou planeet van ons nie. Gaan lees gerus by
soc.culture.south-africa wat Wouter Plaasvark se vriend Les alles van jou
mense te sê het. Dan gaan lees jy ook maar weer hoe Wouter sulke draaie om
my hardloop in sy verdediging van die klong se tong.

Maar nou ja, ek moet gaan kalfies voer.

Groete

"Katryn" skryf in boodskap news:fb9epukj3ma9fvf6c4dm1n4hi5p19bbpcl@4ax.com...
> marie...@yahoo.com (Marina) wrote:
>
>> Marina: Nee Katryn! Mý Gert is nie vuil nie . . .
>> ;-)))
>>
>> en nog jonk ook. Glad nie vet nie en ook nie bles nie. Lank,
>> donker,sjarmant en slim ook! ;-)
>
> Skies vir die wrede verkeerdelike assumpsie wat ek gemaak het!!
> Jou Gert klink asof hy perfek by jou pas. :-)
>
>
> Hierdie ander oem gert (kopiereg IP) wat probeer om in die Plaasvark
> se kraal te speel, word net vuiiler, terwyl die vark sulke lekker wye
> draai om hom hardloop.!! Dis nogal lekker (in 'n baie komiese way) om
> te aanskou/lees! :-)))
>
Re: Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer. [boodskap #66885 is 'n antwoord op boodskap #66843] So, 29 September 2002 18:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Oom Gert die \"dutchman\" wrote:

> Wat volgens jou is nou eindelik regs Gloudina?
>
> Sal almal wat nie met die ANC saamstem ook regs wees? Hoe nou Gloudina? Gee
> ons so bietjie insig in jou psige en denke toe!

Nee, "Gert," ek noem nie alles voor die
voet regs nie. Maar as "Chrisjolette"
twee artikels plaas wat albei reaksioner
is, dan staan dit soos 'n paal bo water
dat "sy" regse denke wil propageer.
Weet jy wat die betekenis van die woord
"reaksioner" is? Dit beteken om na die verlede
te hunker en die toestande van die verlede weer
te wil herstel.

Tante Koba se groottoonnael.
Re: Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer. [boodskap #66886 is 'n antwoord op boodskap #66844] So, 29 September 2002 18:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Oom Gert die \"dutchman\" wrote:

> Maar die oom pas in by die Afrika gees van veelwywery so maak maar 'n
> voorstel as jy lus het.

Hou jou in, du Plessis. Hoekom is die
ou breintjie altyd so behep met seks?

Tant Mina se sikspens
Re: Gertman [boodskap #66887 is 'n antwoord op boodskap #66883] So, 29 September 2002 18:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Oom Gert" wrote:

> Sjoe, nou word ek beskuldig van dinge wat ek nie eens bedoel het om te doen
> nie.

Welkom in ons malhuis, Oom Gert. Dis maar hoe dit altyd hier gaan,
hoor. :-)

Katryn (in die linker hoekie)
Re: Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer. [boodskap #66893 is 'n antwoord op boodskap #66728] So, 29 September 2002 21:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Wat Chrisjolette hier skryf is vir my hier in Vlaanderen volkomen
herkenbaar. Ons het tussen 1830 en die 2de wêreldoorlog dieselfde
situasie geken, dan wel nie ten opsigte van die Engels nie maar dan
tog ten opsigte van die Franstalige. Na die 2de wêreldoorlog het ons
tog ons eie selfrespek teruggewin en Nederlands win aan belang in
België en word nou deur die meeste van onse Franstalige landgenote
as 'n eerbiedwekkende taal aangesien. Nou leer baie Franstalige terug
onse taal.
Hoekom het dit nou so verander? Ons het daarvoor geveg en gewerk.
Ons het ons eie vernaamlik ekonomies terug opgerig. 'n Oud Vlaams
(en Nederlands) spreekwoord sê: "Diens brood gij eet, diens woord gij
spreekt!" Julle sal dit wel verstaan, niewaar nie? As 'n ander volk
van julle afhanklik is dan leer hulle julle taal en het hulle respek
vir julle. Indien dit nie so is nie dan gaan julle verdwyn.
Maar uiteindelik vrees ek tog dat die stryd verlore is voor elkeen wat
nie Engelstalig is nie. Ons moet nou goed verstaan dat die ekonomie
nie meer 'n nasionale ekonomie is nie maar 'n internasionale. Meer en
meer kom nou die noodsaak tevoorskyn om oor 'n gemeenskaplike taal
oor die ganse wêreld te beskik. 'n Neiging om Engels as tweede taal
aan te leer is universeel aanwesig. Engels is die dwingende en voor
die hand liggende Esperanto. Ons kan daaroor kla en jeremieer maar
dit gaan nie help nie. Laat ons maar na die pastoor toe gaan en 'n
treurmis bestel vir die Afrikaans, die Vlaams en die Nederlands.
Requiescat in pacem.

Norbert (uit Vlaanderen)

On 25 Sep 2002 14:09:46 -0700, chrisjo...@yahoo.com
(Chrisjolette) wrote:

> Hier in Johannesburg kom 'n mens soms mense teë met Afrikaanse vanne,
> maar indien jy hulle in dié taal aanspreek, word jy gou verseker dat
> hulle nie Afrikaans kan praat nie, of in elk geval nie goed nie. Soms
> is hulle verleë, maar ander kere raak so 'n persoon wat in Afrikaans
> aangespreek is sommer agressief omdat jy durf aanneem het dat ‘n
> Afrikaanse van ook Afrikaanssprekendheid beteken.
>
> Daar is Engelse Van der Merwes, Bothas, Van Heerdens, De Villiers'e,
> en Mosterts. Tans is 'n hele geslag Afrikaanse kinders in
> Johannesburg besig om te verengels soos wat hulle in Engelse laerskole
> ingedwing word deur ouers wat òf skaam is vir Afrikaans, òf wat
> hulself voorberei op 'n gedroomde lewe oorsee in 'n Engelse land.
>
> G.D. Scholtz praat iewers in een van sy opstelle van die
> "gedekultureerde Afrikaner". Regdeur die Suid-Afrikaanse geskiedenis,
> in elk geval oor die afgelope tweehonderd jaar, was die Afrikaner nog
> altyd baie welkom in dié land, selfs onder Britse bestuur, maar dan
> slegs as gedekultureerde, as iemand wat nie meer aandring op sy taal
> en identiteit nie en bereid is om te assimileer ten opsigte van die
> dominante Engelse kultuur. Tans is dit nie anders nie.
>
> Maar ook in 'n dieper sin is vandag se Afrikaner besig om te
> dekultureer. Verengelsing, of die verengelsing van sy kinders, is
> bloot die laaste stap in 'n proses van kultuurverlies wat begin met sy
> afstomping teenoor die hoër kultuur van sy ouers en voorouers. Dit
> begin met huise sonder boeke, sonder 'n klavier of ander
> musiekinstrument, maar met 'n DSTV-skottel op die dak. Kleiner
> kinders word gelos voor Amerikaanse strokiesprogramme soos dié op
> Cartoon Network, en só verinnerlik die kind 'n Amerikaanse leefwêreld
> nog lank voor hy behoorlik Afrikaans leer praat het.
>
> Kader Asmal se ideologiese onderwys is bloot 'n bydraende faktor tot
> die vernietiging van Afrikanerskap, en nie die oorsaak daarvan nie.
> Wat egter nie te sê is dat ons dit moet onderskat nie, inteendeel.
> Indien daar steeds behoorlike Afrikaanse onderwys was, sou die invloed
> van die televisie en die omringende Engelse kultuur van die nuwe
> Suid-Afrika, nog gestuit kon word. Helaas moet ons egter toesien
> hoedat tradisionele Afrikaanse onderwys vervang word deur
> Uitkomsgebaseerde Onderwys wat ten doel het die integrasie van die
> kind in 'n multikulturele wêreld waar hy sal kan funksioneer solank hy
> respek het vir ander kulture en rekenaargeletterd is.
>
> Maar so 'n kind sal in 'n fundamentele sin gedekultureer wees, en oor
> geen werklike kennis beskik nie. Deur die eeue heen was daar drie
> belangrike aspekte van onderwys: die volle bemeestering van die eie
> taal tot in die fynste besonderhede, die aanleer van vreemde tale en
> die skoling in logiese denkvorme soos dié van die filosofie, retoriek
> of wiskunde.
>
> Terwyl UGO praat van "geletterdheid" en "gesyferdheid", is die studie
> van die taal, grammatika en letterkunde al so afgewater dat die kind
> deur sy hele skoolloopbaan kan gaan sonder om eendag in staat te wees
> om 'n boek van Etienne Leroux of Karel Schoeman te lees, of 'n gedig
> van Opperman of Breytenbach te verstaan. Wat "gesyferdheid" betref,
> is daar deesdae so min mense wat Wiskunde op die Hoër Graad slaag dat
> daar binnekort nie meer onderwysers gaan wees om dit aan 'n volgende
> geslag oor te dra nie. Die aandrang op gelykheid in die skole het al
> so ver gevorder dat diegene wat uitblink in Wiskunde as't ware
> ontmoedig word, soos in dié skool aan die Oos-Rand waar 'n skoolhoof
> nie die deelname van 'n leerling aan die Nasionale Wiskunde-olimpiade
> wou bekend maak nie ondat dit die ander leerlinge "se selfvertroue sou
> ondermyn".
>
> In tweedehandse boekwinkels kom mens nou nog af op plaaslike uitgawes
> van Duitse boeke wat in vorige dekades uitgegee is vir gebruik deur
> Afrikaanse leerlinge op skool. Ook die studie van Frans en selfs
> Italiaans was nie uitsonderlik nie, en elkeen kon Nederlands met gemak
> lees. Die klassieke tale soos Grieks en veral Latyn is ywerig
> aangeleer, veral met die oog op 'n loopbaan in die regte want toe was
> dit nog verpligtend.
>
> Homerus en Vergilius is in Afrikaans vertaal deur ons eie klassici.
> Uys Krige, André Brink, Jan Rabie, Alewyn Lee en ander het boeke uit
> Spaans, Frans en Italiaans vertaal, wat 'n hele wêreld in Afrikaans
> beskikbaar gemaak het. Wat het daarvan oorgebly? Vandag word selfs
> Duitse boeke in Engels aangehaal deur akademici aan sogenaamde
> Afrikaanse universiteite.
>
> Wat die politiek korrekte aanleer van Zoeloe, Xhosa en ander
> Afrikatale betref, is my beswaar dat geen kind dit ooit werklik gaan
> praat nie. Behalwe in Zoeloe tot 'n mate, is daar geen letterkundes
> in dié tale nie, en hul eie skrywers verkies om in Engels te skryf.
> Nòg Mandela, nòg Mbeki praat ooit 'n woord Xhosa van 'n openbare
> verhoog af. Waarom moet 'n mens 'n taal probeer aanleer wat deur sy
> eie sprekers verwerp word? Dit is 'n vraag wat die Engelssprekende
> vandag met reg aan die Afrikaner kan stel, maar wat ons ook aan die
> andertsaliges in hierdie land kan vra.
>
> Inligting is vandag meer beskikbaar as ooit. Daar word bereken dat
> 80% van die beroepe wat oor 15 of 20 jaar van toepassing gaan wees,
> vandag nog nie bestaan nie. Waarom beroepsopleiding ondergaan vir ‘n
> beroep wat binnekort uitgefasseer gaan word?
>
> Aan die ander kant kon ek nog nooit begryp wat die term
> "rekenaargeletterd" beteken nie. In die vroeë dae van rekenaars toe
> jy BASIC moes ken om 'n kolletjie op jou skerm te programmeer om op en
> af te spring het dit nog vir my 'n betekenis gehad, maar vandag lyk
> dit my dui dit op 'n vertroudheid met mnr. Gates se reeks programme.
> Meer en meer is Afrikaners besig om die kultuur waaroor hulle eens
> beskik het, en wat kon vergelyk met die beste van Wes-Europa, te
> verruil vir 'n kennis van Windows of Microsoft Outlook, asof dit nie
> iets is wat in enkele dae aangeleer kan word nie.
>
> Om weer beheer oor Afrikaanse onderwys te verkry, is essensieel vir
> die voortbestaan van 'n Afrikaanse kultuur. Kinders moet weer
> "moeilike vakke" doen: vreemde tale en wiskunde. Self is ek ten
> gunste daarvan dat filosofie ook as 'n skoolvak aangebied behoort te
> word. Tans bring kinders reeds twaalf jaar op die skoolbanke deur
> sonder om werklik iets te leer. Asmal se stelsel is bedoel om
> gedekultureerde Afrikaners te produseer. Niks meer, en niks minder
> nie.
Re: Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer. [boodskap #66911 is 'n antwoord op boodskap #66885] Ma, 30 September 2002 18:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Gert  is tans af-lyn  Oom Gert
Boodskappe: 38
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Nee Gloudina, ek dink jy verstaan verkeerd. Reaksioner beteken dat iets in
reaksie op iets gedoen word. As die regering diskrimineer gaan daar mos
reaksie op wees. Net omdat die vorige regering gediskrimineer het, beteken
nie die mense wat uit die groep kom van waar voorheen diskriminasie
uitgedeel is moet nou stil bly nie. Dis mos dom, dink jy nie?

Ja, daar is blankes wat na die verlede hunker. Maar daar is ook die wat wil
vooruit gaan. Moet hulle nou stilbly omdat hulle mammas en pappas dom was?
Om as blanke die regering te kritiseer is nie reaksioner nie, dis wat ek
noem lojaliteit teenoor jou land. Die land behoort nie aan die regering nie,
dit behoort ook nie aan swart mense nie. Dit behoort ook nie aan wit mense
nie, maar aan almal!

Groete van die plaas

skryf in boodskap news:3D974B77.3050802@rogers.com...
>
> Oom Gert die \"dutchman\" wrote:
>
>> Wat volgens jou is nou eindelik regs Gloudina?
>>
>> Sal almal wat nie met die ANC saamstem ook regs wees? Hoe nou Gloudina? Gee
>> ons so bietjie insig in jou psige en denke toe!
>
>
> Nee, "Gert," ek noem nie alles voor die
> voet regs nie. Maar as "Chrisjolette"
> twee artikels plaas wat albei reaksioner
> is, dan staan dit soos 'n paal bo water
> dat "sy" regse denke wil propageer.
> Weet jy wat die betekenis van die woord
> "reaksioner" is? Dit beteken om na die verlede
> te hunker en die toestande van die verlede weer
> te wil herstel.
>
> Tante Koba se groottoonnael.
>
Re: Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer. [boodskap #66912 is 'n antwoord op boodskap #66911] Ma, 30 September 2002 18:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Oom Gert wrote:

> Nee Gloudina, ek dink jy verstaan verkeerd. Reaksioner beteken dat iets in
> reaksie op iets gedoen word.

Nee, jy is net eenvoudig onkundig wat betref
die betekenis van woorde, of hulle nou in Engels
of in Afrikaans voorkom. "Reactionary" in
Engels en "reaksionêr" in Afrikaans beteken dat
daar óf na die ancien regime teruggekeer word
óf na die ancien regime verlang word. Meeste
van die stukke wat "Crisjolette" op die nuusgroep
geplaas het, is van skrywers met reaksionêre
filosofië, al is die reaksionisme somtyds bedek
met 'n hele klomp intellektuele hanna-hanna.
Is jy seker dat jy nie Chrisjolette is nie, Oom
Gert? En is jy seker jou van is nie du Plessis
nie.

Die swart onder ou Tante Koba se kleintoontjie.
Re: Afrikaners sonder Afrikaans?? Uit Rapport 15 September 2002 sonder toestemming van skrywer. [boodskap #66978 is 'n antwoord op boodskap #66912] Do, 03 Oktober 2002 04:30 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Mapstieks - is Sherlock besig om te vou?
Of, is die ou Antie volledig vasgevang in haar agtervolgingswaan? Wie is
wie? Hoe sal ons ooit weet?
skryf in boodskap news:3D989CC2.1030102@rogers.com...
>
> Oom Gert wrote:
>
>> Nee Gloudina, ek dink jy verstaan verkeerd. Reaksioner beteken dat iets in
>> reaksie op iets gedoen word.
>
>
> Nee, jy is net eenvoudig onkundig wat betref
> die betekenis van woorde, of hulle nou in Engels
> of in Afrikaans voorkom. "Reactionary" in
> Engels en "reaksionêr" in Afrikaans beteken dat
> daar óf na die ancien regime teruggekeer word
> óf na die ancien regime verlang word. Meeste
> van die stukke wat "Crisjolette" op die nuusgroep
> geplaas het, is van skrywers met reaksionêre
> filosofië, al is die reaksionisme somtyds bedek
> met 'n hele klomp intellektuele hanna-hanna.
> Is jy seker dat jy nie Chrisjolette is nie, Oom
> Gert? En is jy seker jou van is nie du Plessis
> nie.
>
> Die swart onder ou Tante Koba se kleintoontjie.
>
Vorige onderwerp: Ekstra virgin olive oil
Volgende onderwerp: Stormpie Innie Kaap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 13:12:44 MGT 2024