Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DAVID KRAMER FAN CLUB
DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6628] Do, 20 Junie 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
David Kramer se SO LONG SKIPSKOP breek my hart.
Dit som ook vir my op die manier van leef en praat van 'n
deel van die Suid-Afrikaanse bevolking wat, vredeliewend,
net daar naby die "bloudam se branders" wou bly. Daar
waar hulle voorsate gebly het lank voor die wit en die swart
mense hulle woongebeide binnegedring het.

SO LONG SKIPSKOP

Pak op pak op
Sit jou goedjies op jou kop
More gaan ons weg
Ver van hier weg
Skipskop Skipskop
Wanneer hou die dinge op
Swaarkry lê net voor
Die blou berge oor

Overberg se mens is ek gebore
Op die plek Skipskop
Nes my pa en sy pa ook
Hier deur die duine loop ons se spore
Hier op die beach
Hier langs die see is ek gedoop
Wat ken ek anders
As die bloudam se branders
Die wolke en die winde wat hier waai
Verkoop jou bootjie pak op jou goedjies
Se maar so long Skipskop
Skipskop se goodbye

Linkerhand regtehand
Watse kant lê die plek Misverstand
Ekskuus Meneer ag se tog weer
Is dit die pad wat ons moet more vat
'n Stukkie lê hier en 'n stukkie lê daar
Stukkies van my lewe
Hulle lê so deurmekaar
Tel op tel op vir Shorty en sy Pop
Gaan haal vir Apie en hou daai kindjie dop
Wat ken ek anders
As die bloudam se branders
Die wolke en die winde wat hier waai
Verkoop jou bootjie pak op jou goedjies
Se maar so long Skipskop
Skipskop se goodbye

As ek nou in die vreemde aan Suid-Afrika dink, dan dink ek
aan 'n land wat omring is met water, 'n land met die unieke
vryheid dat hy oor meer as driekwart van sy grense net die see
as buurman het. Alle Suid-Afrikaners loop rond, miskien sonder
om dit aldag te besef, met die wete van die "bloudam se branders"
daar op hulle grense in hulle kop.

Gloudina Bouwer
Re: DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6637 is 'n antwoord op boodskap #6628] Vr, 21 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cg  is tans af-lyn  cg
Boodskappe: 19
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

> David Kramer se SO LONG SKIPSKOP breek my hart.
> Dit som ook vir my op die manier van leef en praat van 'n
> deel van die Suid-Afrikaanse bevolking wat, vredeliewend,
> net daar naby die "bloudam se branders" wou bly. Daar
> waar hulle voorsate gebly het lank voor die wit en die swart
> mense hulle woongebeide binnegedring het.

> As ek nou in die vreemde aan Suid-Afrika dink, dan dink ek
> aan 'n land wat omring is met water, 'n land met die unieke
> vryheid dat hy oor meer as driekwart van sy grense net die see
> as buurman het. Alle Suid-Afrikaners loop rond, miskien sonder
> om dit aldag te besef, met die wete van die "bloudam se branders"
> daar op hulle grense in hulle kop.
>
> Gloudina Bouwer

Gloudina, nou laat u my 'n paar jaar terug dink na 'n geleentheid toe
ons pragtige en beminde Sonja Herholdt "Skipskop" gesing het. Daar is
niemand wat "Skipskop" soos Sonja kan sing nie! Sy het dit daardie
oggend in Nigel vir die oumense gesing met diep emosie en gevoelens.
Die trane het van haar wange afgerol. "Die bloudam se branders" het
letterlik oor haar rooi-wit "kuslyne" gespoel. Hier was een persoon
wat bewus was van die hartseergrense in ons harte. Ek sal dit nooit
vergeet nie.

Dankie vir die mooi resensies so ver van uit die bloute van die
buiteland!

Colin Garvie
Re: DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6644 is 'n antwoord op boodskap #6628] Sa, 22 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stephan Swart  is tans af-lyn  Stephan Swart
Boodskappe: 2
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
As jy maar weet wat David se siening in die lewe is ?
--

Tanx
Stephan Swart
"mailto:swa...@telkom.co.za"
Re: DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6672 is 'n antwoord op boodskap #6628] Sa, 29 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

<< Wat ek wil weet, is wie
> maak daardie geluide diep uit die midderif uit so nou en dan?>>>

Op die konsert, hy self.
Re: DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6677 is 'n antwoord op boodskap #6628] So, 30 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Louis  is tans af-lyn  Louis
Boodskappe: 32
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Hy maak ook ander geluide. Vra maar net vir Bloemfontein.
Vorige onderwerp: Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB
Volgende onderwerp: Die Amerikaanse Verkiesing en ander sake
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 02:38:31 MGT 2024