Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Polisie plant bom: deel 2
Polisie plant bom: deel 2 [boodskap #6665] Wo, 26 Junie 1996 00:00
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In opvolg op die erkenning deur senior polisie- en weermag-offisiere
dat hulle verantwoordelik was vir die bom by Khotso-huis in Jhb in
1988, die volgende: Shirley Gunn wat destyds deur hulle aangehou is
vir 60 dae omdat sy "daarvan verdink is" dat sy die bom geplant het,
wil 'n saak maak teen hulle.
Net soos sommige deelnemers op die groep aanvaar sy ook nie die
Waarheidskommissie nie. Sy bevind haar (saam met die kritici op die
groep) hier in die geselskap van die PAC en Azapo.
Sy is waarskynlik nie baie goed behandel in daardie 60 dae nie.
Nou erken die polisie en weermag HULLE het die bom geplant en dit op
die ANC en op me. Gunn geblameer.
Dit toon die dilemma van die Waarheidskommissie.
As die WK funksioneer soos hy veronderstel is, dan kry die
polisiemanne en die weermaglede kwytskelding en is die verlede verby -
nadat ons daarvan gehoor het.
Die alternatief is dat die WK ontbind word (waarskynlik onder
toejuiging van sommige van die deelnemers van die forum), maar dan
gaan me. Gunn die generaals en 'n klomp ander mense hof toe vat. En
dan gaan sit daardie bomplanters in die tronk vir lank.
En daar is baie mense soos me. Gunn.
Vorige onderwerp: ANC toesmeerdery
Volgende onderwerp: Nederlanders! Is Afrikaans Kombuistaal?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 08:43:06 MGT 2024