Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB
Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6580] Wo, 12 Junie 1996 00:00 na volgende boodskap
Joan van Zyl  is tans af-lyn  Joan van Zyl
Boodskappe: 4
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Die wonderlike van David Kramer is dat hy 'n snaar van Suid-Afrikaans wees -
en veral Afrikaans wees (al is hy nie Afrikaans nie) aanraak waarmee almal kan
vereenselwig, veral ons wat in die sestigs en sewentigs grootgeword het. Veral
in die Kaap!
Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6629 is 'n antwoord op boodskap #6580] Do, 20 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Fred Trüter  is tans af-lyn  Fred Trüter
Boodskappe: 2
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Wat van Steve Hofmeyr?

My vrou is dol oor hom. Sy woon al sy konserte in Pretoria en omgewing
by. Ek weet presies net wat om vir haar te koop om haar bly te maak :
sy jongste CD (Sy het nou reeds almal). En so aan, en so aan.

Steve se musiek pas nou wel nie in my kraal nie, maar ek is nou al
saamgesleep na 'n paar van sy konserte en moet sê dat die gehoor
hulself baie meer geniet as die by 'n Dawid Kramer konsert.

Miskien moet my vrou die voorsitter word van Steve se InterFan Klub.
Indien daar enige ondersteuners is van hierdie gedagte, pos asb. na
hierdie nuusgroep om dit te wys!

Fred Trüter
Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6638 is 'n antwoord op boodskap #6580] Vr, 21 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
> Wat van Steve Hofmeyr?

> Miskien moet my vrou die voorsitter word van Steve se InterFan Klub.
> Indien daar enige ondersteuners is van hierdie gedagte, pos asb. na
> hierdie nuusgroep om dit te wys!
>
> Fred Trüter

Ek is BAIE geïnteresseerd in wat jy se oor Steve Hofmeyer.
Ek sit egter hier in Kanada en weet niks van hom nie. Stig
dus 'n "Steve Hofmeyer Internet Klub" ook op hierdie nuus-
groep. Verduidelik dan watter dinge Steve oor sing en watter
soort "sound" hy het, en dies meer. As jy van die woorde van
sy liedere kan intik, des te beter. Op die manier vertel jy vir ons
in die buiteland van die "scene" daar in Suid-Afrika, en miskien
moedig jy lokale mense aan om ook oor Steve Hofmeyer te praat.
Ek sien uit na meer inligting oor jou sanger.

Gloudina Bouwer
Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6639 is 'n antwoord op boodskap #6580] Vr, 21 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Fred Trüter wrote:

> Wat van Steve Hofmeyr?>>

Wel, ek stel hiermee voor dat 'n klub gestig word vir mense wat Steve
Hofeier nie kan STAAN NIE.

Dom musiek van 'n tweede klas plaaslike musikant wat namaak wat hy
vermoed Amerikaanse sukses-rock is.

Ek sal eerder iemand se kind se standard agt boekhou-huiswerk vir 'n
hele aand oor en oor doen as om na vyf minute van Stofeier te luister.
'n Kragboor het soeter klanke.
Die ritme van skottelgoed wat van die opwasbak afwetter in 'n vuil
woonstel (ja, ek het dit ook geken in my tyd.....) is mooier en meer
ritmies.
Katte in Augustus - net voor die klippe om hulle grondvat te midde van
'n gevloek in die baard - klink mooier.
Salig is die klanke van 'n motorwerkswinkel waar verskeie ou Ford en
Chev convertables gelyk opgetune word teen Skewe Vroteier.
Om in 'n lift te ry wat Abba se twak speel, is om die stilte en
konsentrasie van Zen Boeddisme te ontdek as 'n mens die ongeluk
oorgekom het om flardes van Beef Skoftuiter se mompelende winde te
hoor.

Al wat 'n mens met Kreef Dofbeier kan doen, is om 'n foto van hom
iewers uit 'n smeer-tydskrif vir tieners met probleme te skeur, dit
met iemand anders se skandeerder in te scan en dit te stuur na
alt.binaries.tasteless.
Enigiets anders sal 'n misdaad teen die mensdom wees.

Hiermee 'n oproep: Mede-Suid-Afrikaners! Staan op! Staan op teen Stief
Popeier! Julle het niks om te verloor nie en goeie smaak en estetiese
eer om te wen!!!
Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6645 is 'n antwoord op boodskap #6580] Sa, 22 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius P Jooste  is tans af-lyn  Marius P Jooste
Boodskappe: 9
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek is natuurlik eerder 'n Johannes Kerkorrel man. Blou Aarde.
Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6646 is 'n antwoord op boodskap #6580] Sa, 22 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Joan van Zyl  is tans af-lyn  Joan van Zyl
Boodskappe: 4
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Geen teks in die boodskap nie.
Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6647 is 'n antwoord op boodskap #6580] Sa, 22 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , fe...@is.co.za says...
>
> Fred Trüter wrote:
>
>> Wat van Steve Hofmeyr?>>
>
> Wel, ek stel hiermee voor dat 'n klub gestig word vir mense wat Steve
> Hofeier nie kan STAAN NIE.
>
> Dom musiek van 'n tweede klas plaaslike musikant wat namaak wat hy
> vermoed Amerikaanse sukses-rock is.
>

> Die ritme van skottelgoed wat van die opwasbak afwetter in 'n vuil
> woonstel (ja, ek het dit ook geken in my tyd.....) is mooier en meer
> ritmies.
> Katte in Augustus - net voor die klippe om hulle grondvat 'n lift te ry wat Abba se twak speel, is om die stilte en
> konsentrasie van Zen Boeddisme te ontdek as 'n mens die ongeluk
> oorgekom het om flardes van Beef Skoftuiter se mompelende winde te
> hoor.
>

Koos, hou jou in.
Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6651 is 'n antwoord op boodskap #6580] So, 23 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leon Jacobs  is tans af-lyn  Leon Jacobs
Boodskappe: 2
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
Geen teks in die boodskap nie.
Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6658 is 'n antwoord op boodskap #6580] Ma, 24 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Louis  is tans af-lyn  Louis
Boodskappe: 32
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Miskien kan iemand vir Kramer gedwonge van die musiektoneel verwyder, dan
kan Sonja ook kans kry om 'n traan of twee te stort.
Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6659 is 'n antwoord op boodskap #6580] Ma, 24 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henry Flint  is tans af-lyn  Henry Flint
Boodskappe: 21
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
On Fri, 21 Jun 1996 22:31:09 GMT, fe...@is.co.za (Koos) wrote:

> Fred Trüter wrote:
>
>> Wat van Steve Hofmeyr?>>
>
> Wel, ek stel hiermee voor dat 'n klub gestig word vir mense wat Steve
> Hofeier nie kan STAAN NIE.
>
> Dom musiek van 'n tweede klas plaaslike musikant wat namaak wat hy
> vermoed Amerikaanse sukses-rock is.
> (deel gewis, met swaarmoedigheid)
>
> Al wat 'n mens met Kreef Dofbeier kan doen, is om 'n foto van hom
> iewers uit 'n smeer-tydskrif vir tieners met probleme te skeur, dit
> met iemand anders se skandeerder in te scan en dit te stuur na
> alt.binaries.tasteless.
> Enigiets anders sal 'n misdaad teen die mensdom wees.
>
> Hiermee 'n oproep: Mede-Suid-Afrikaners! Staan op! Staan op teen Stief
> Popeier! Julle het niks om te verloor nie en goeie smaak en estetiese
> eer om te wen!!!
>
Ek moes onder protes 'n deel van Koos se opmerkings wis. Anders is
daar meer aanhalinga as nuwe teks.

Koos, ek is met jou.

Een van my kinders vertel nou die dag die een:
Steve is so dom, iemand het met hom 'n grap gemaak en vir hom gesê
hy kan sing. Hy het nog nie die grap gevang nie.

Henry Flint

Home page: http://www.oocities.org/SunsetStrip/1712/index.html
PGP public key available from keyservers, home page or send
email with "send key" as subject.
---------------------END-----------------------------------
Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6676 is 'n antwoord op boodskap #6580] Sa, 29 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
In , fe...@is.co.za (Koos) writes:

> Hiermee 'n oproep: Mede-Suid-Afrikaners! Staan op! Staan op teen Stief
> Popeier! Julle het niks om te verloor nie

Koos, jy het jouself wragtag oortref met die brief hoor !
Ek ken nie sy musiek nie maar ek het
ook by iemand gehoor die karakter is 'n poephol.

In elk geval, het iemand dalk iets te seg oor boeremusiek ?
Ons afrikaners is mos skaam vir boeremusiek.

Ek begin dit nou eers (op my rype ouderdom) waardeer.
Ek mag polities liberaal wees, maar ek is verkramp genoeg om
dit te luister. My moeder het my 'n bandjie gestuur (my eerste)
van "DIE KLIPWERF", Hantam opskop. Nou kan ek nie genoeg kry
nie.

En het iemand iets te seg oor Koos Kombuis ? (Le Toit).
Ek dink hy het interessante sosiale kommentaar gelewer,
(David Kramer is nie die enigste nie).
Ek kan nog onthou hoe die Stellenbosche studenteraad
hom van die kampus weggejaag het. Die bliksems.

groete
Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6679 is 'n antwoord op boodskap #6580] So, 30 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
gal...@ibm.net wrote:

Ons afrikaners is mos skaam vir boeremusiek.>>>[/color]

Kramer se lankal Afrikaners moet die labels wat boeremusiek 'n stigma
gee afhaal en dit sien vir wat dit is.
Een van sy plate is boeremusiek.

> En het iemand iets te seg oor Koos Kombuis ? (Le Toit).
> Ek dink hy het interessante sosiale kommentaar gelewer,
> (David Kramer is nie die enigste nie).
> Ek kan nog onthou hoe die Stellenbosche studenteraad
> hom van die kampus weggejaag het. Die bliksems.>>

Een van die great anagiste onder Afrikaners.
Hy en Ralf Rabe (Johannes Kerkorrel) se musiek het my ietwat
verbygegaan. Hulle het geblom net na my kinders gebore is, maar alles
wat ek van hulle weet is koel.
Vorige onderwerp: Re: Wie is ons leiers en hoe gaan ons hulle herken?
Volgende onderwerp: DAVID KRAMER FAN CLUB
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 02:41:35 MGT 2024