Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaners se grootste vyand!!
Afrikaners se grootste vyand!! [boodskap #6617] Wo, 19 Junie 1996 00:00 na volgende boodskap
Lukas[2]  is tans af-lyn  Lukas[2]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ons is seker ons eie grootste vyand. Ons sal ons eie taal en kultuur vernietig
slegs om dit te probeer red.

Enige kommentaar?
Re: Afrikaners se grootste vyand!! [boodskap #6626 is 'n antwoord op boodskap #6617] Do, 20 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Fred Trüter  is tans af-lyn  Fred Trüter
Boodskappe: 2
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Waarom so negatief?

Die Afrikaanse volk sal nog jare lank bly bestaan. Ons taal sal nog
jare lank gepraat en geskryf word. Deur ons geslag en ons kinders.

Maar ek twyfel of ons kleinkinders Afrikaans gaan leer op skool. Tensy
dit 'n privaatskool is. My eie kinders het ek na 'n Engelse skool
gestuur. Hulle sukkel baie daar want ons praat nie eintlik Engels in
die huis nie. Sukkel al dan nie, hulle moet gereed wees om die NSA
aan te durf, en ek wil hê hulle moet suksesvol wees in hul beroepe
eendag. En dit is 'n feit dat Engels die besigheidstaal sal wees in
die NSA.

Ons moet ophou om te soek na vyande van die Afrikaner. Die ander volke
in die land het nou wel die regering oorgeneem, maar hulle het ons te
nodig om ons uit te skop soos ander Afrika-lande gedoen het.

Kyk net na die ekonomie ! Die buiteland speel so reg in ons Afrikaners
se hande deur die Rand te depresieer. Daardeur sê hulle tog vir die
nuwe regering dat hy meer droogmaak as die NP in die jare wat verby is.
En een ding van ons nuwe regering -- hulle is slim genoeg om te besef
dat die volgende verkiesing primêr oor ekonomiese welvaart sal gaan,
asook die nakoming van beloftes.

Gepraat van beloftes. Ek hou nie van FW De Klerk nie, maar hy het sy
belofte nagekom, naamlik dat hy die land vreedsaam aan die meerderheid
sal oorgee. En dit WAS wonderbaarlik vreedsaam! Ek het baie meer
moord en doodslag voorspel vir die 1994 verkiesing...

Die ANC, in teenstelling, het aan hulle kiesers belowe dat hulle
almal gaan huise kry, sportmotors, en ligte werk met baie hoë
salarisse vir die res van hulle lewens. Ek dink nie hulle kiesers gaan
hulle glo vir die volgende verkiesing nie. Maar ons sal sien.

Groetnis aan almal in die buiteland. eMail ons maar net indien julle
lus kry vir biltong of droë wors!

Fred Trüter
Re: Afrikaners se grootste vyand!! [boodskap #6627 is 'n antwoord op boodskap #6617] Do, 20 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riek Riekert  is tans af-lyn  Riek Riekert
Boodskappe: 2
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Lukas wrote:
>
>  Ons is seker ons eie grootste vyand. Ons sal ons eie taal en kultuur vernietig
>  slegs om dit te probeer red.
>
>  Enige kommentaar?

Dit was deur die tye bewys dat as 'n volk sy anker met sy verlede begin breek
hy so deur sy dade sy TAAL skade aan doen, sy TAAL bly verankerd in sy
geskiedenis, sy tradies, sy volks-eie-waardes en sy kultuur. Het hierdie dinge
nie meer sin by ons Afrikaners nie, het ons geskiedenis vir ons 'n meulsteen
geword, het ons kultuur 'n vloek vir ander volkere in die land geword, en het
ons waardes wat eie is aan die Afrikaner verkoop vir 'n paar silwer stuke. Is
ons soos die Judas van ouds wat Jesus verloën het, verloën ons nie ons
Afrikanerskap en so dan ons moedertaal nie, net om POLETIEK KORREK te wees.

"My volk, my volk waar sal ons heen gaan,
My taal, my taal waar sal ek jou praat."

'n Taal is nie iets wat gekoop kan word nie, nie iets wat gesteel kan word nie
dit is wel iets wat kan sterf, sterf ja, sterf uit die mond van die mens wat
hom (taal) nie goed ag om te praat nie. Vir elke dag wat verby gaan en ons
verloën ons taal deur 'in te wees' en eerder Engels te praat, dit is die sterf
bed van my taal en jou taal die Afrikanertaal, die dae hoop op.

Dit moet 'n erns by ons word om ons taal te praat en opreg te praat, nie te
verkwik met woorde uit Engels nie. Verder le die erns ook vir my in die kinders
van ons volk, leer hulle die taal, is dit vir hulle 'n vreegde en 'n lus om hom
te gebruik. As hulle dan in die dag van more ons plek in vat as groot mense kan
hulle dan die taal praat, of het hulle verleer om dit te gebruik.

"My volk, my volk waar is jy,
My taal, my taal ..."

Riekert Petrus ('n Baie trotse Afrikaner)

N.S. :Die genootskap vir regte Afrikaans, is dit dan nie weer tyd nie ?
Re: Afrikaners se grootste vyand!! [boodskap #6633 is 'n antwoord op boodskap #6617] Vr, 21 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Fred Trüter wrote:

> almal gaan huise kry, sportmotors, en ligte werk met baie hoë
> salarisse vir die res van hulle lewens. Ek dink nie hulle kiesers gaan
> hulle glo vir die volgende verkiesing nie. Maar ons sal sien.>>>

'n Ander ding wat ons moet leer, is om ewewigtig te probeer wees en
aan die hand van beginsels te leef en te oordeel. Om regverdig te
probeer wees sodat ons regverdige optrede kan eis.
Dus: Die paragraaf hierbo is onwaar en dit is verkeerd dat jy dit gesê
het.
Die ANC het dit nooit aan enigiemand belowe nie, waar kom jy daaraan?

Daar is nie eens huise aan almal belowe nie. Daar is 'n behuisingsplan
as deel van 'n RDP belowe en hulle is besig om dit te implementeer.
Joe Slove het laas die besonderhede aangekondig wat bitter ver van 'n
gratis huis was maar eerder hulp was om 'n huis te kan bekom.
Die ANC het herhaaldelik die boodskap oorgedra dat die RDP beteken die
mense moet opstaan en self iets doen, dan kan hulle gehelp word.
Ek onthou die goed want ek het dit uit die aard van my werk meestal
eerstehands gehoor.

So 'n paragraaf vol moedswillitge onwaarhede neem die meeste van die
oortuigingsvermoe van die res van jou boodskap weg.
Re: Afrikaners se grootste vyand!! [boodskap #6634 is 'n antwoord op boodskap #6617] Vr, 21 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riek Riekert  is tans af-lyn  Riek Riekert
Boodskappe: 2
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
>  Ons is seker ons eie grootste vyand. Ons sal ons eie taal en kultuur
>  vernietig
>  slegs om dit te probeer red.
>
>  Enige kommentaar?
>

Dit was deur die tye bewys dat as 'n volk sy anker met sy verlede begin breek
hy so deur sy dade sy TAAL skade aan doen, sy TAAL bly verankerd in sy
geskiedenis, sy tradies, sy volks-eie-waardes en sy kultuur. Het hierdie dinge
nie meer sin by ons Afrikaners nie, het ons geskiedenis vir ons 'n meulsteen
geword, het ons kultuur 'n vloek vir ander volkere in die land geword, en het
ons waardes wat eie is aan die Afrikaner verkoop vir 'n paar silwer stuke. Is
ons soos die Judas van ouds wat Jesus verloën het, verloën ons nie ons
Afrikanerskap en so dan ons moedertaal nie, net om POLETIEK KORREK te wees.

"My volk, my volk waar sal ons heen gaan,
My taal, my taal waar sal ek jou praat."

'n Taal is nie iets wat gekoop kan word nie, nie iets wat gesteel kan word nie
dit is wel iets wat kan sterf, sterf ja, sterf uit die mond van die mens wat
hom (taal) nie goed ag om te praat nie. Vir elke dag wat verby gaan en ons
verloën ons taal deur 'in te wees' en eerder Engels te praat, dit is die sterf
bed van my taal en jou taal die Afrikanertaal, die dae hoop op.

Dit moet 'n erns by ons word om ons taal te praat en opreg te praat, nie te
verkwik met woorde uit Engels nie. Verder le die erns ook vir my in die kinders
van ons volk, leer hulle die taal, is dit vir hulle 'n vreegde en 'n lus om hom
te gebruik. As hulle dan in die dag van more ons plek in vat as groot mense kan
hulle dan die taal praat, of het hulle verleer om dit te gebruik.

"My volk, my volk waar is jy,
My taal, my taal ..."

Riekert Petrus ('n Baie trotse Afrikaner)

N.S. :Die genootskap vir regte Afrikaans, is dit dan nie weer tyd nie ?
Re: Afrikaners se grootste vyand!! [boodskap #6635 is 'n antwoord op boodskap #6617] Vr, 21 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Davies  is tans af-lyn  M.Davies
Boodskappe: 23
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek stem met jou saam oor taal en kultuur maar ek kan nie met jou andere
menings saam stem nie.

Die genootskap vir regte Afrikaners? Wat is dat? Wie beslis dat iemand 'n
regte Afrikaner is? Wat is dan 'n onregte Afrikaner? Jy kan nie 'n honder
jaar in die geskiedenis teruggaan nie. Dis flouekul!

Herinner jy, daar is Afrikaners met Engelse harte, Afrikaners met
Hollandse harte en dan is daar Afrikaners met Afrikaanse harte, dat is 'n
regte Afrikaner! My ouers is Engels, my nooi is halwe Afrikaans maar
Engelssprekend as ons lede van jou genootkap wou worden dan kon ons? Ons
het seker Afrikaanse harte, ek glo nie. Wanneer wil julle leer dat die
tyd vir nasies en nasionalistiese genootskappe voorby is?

Jy se dat jy 'n tamaaie trotse Afrikaner is, waarom? Ons volk het nie 'n
besondere eerbare geskiedenis nie.(Hier bedoel ek g'n belediging nie!)
Die tyd is nou, en nou is die tyd om na die toekoms te kyk! 'n Eerbare
toekoms bou, dat lyk my 'n beter idee dan sommige kakke genootskap met
daai soort outjie wie liever van hulle nuwe BMW hou as hulle buurmense!

Ek betreur die feit dat nog in ons land praat die mense oor dieselfde
dinge met dieslefde menings as twintig jaar gelede. Dit maak my g'n saak
nie! Ek is 'n Suid-Afrikaner, ek kies om die Afrikaanse taal te praat
omdat ek hierdie taal wil praat, as my kleintjies 'n andere taal, selfs
Sjinees wil praat dan is dit hulle eie keuse! G'n meer indoktrinasie!

Ek glo dat die enige outoriteit ter wereld die Almagtige God is, as jy
nie saam stem nie, dan kan jy miskien in jou verantwoordlikheid vir ons
aarde glo.

Die bewarring van 'n taal en sy kultuur is een ding, maar die
georganiseerde handhaving van daai taal word nasionalisties en
onderdrukkend!

M.D.
Re: Afrikaners se grootste vyand!! [boodskap #6636 is 'n antwoord op boodskap #6617] Vr, 21 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wessels  is tans af-lyn  Wessels
Boodskappe: 43
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
ftr...@gobal.co.za says...
>
> Waarom so negatief?
>
> Die Afrikaanse volk sal nog jare lank bly bestaan. Ons taal sal nog
> jare lank gepraat en geskryf word. Deur ons geslag en ons kinders.
>
EK stem heelhartig saam.

> Maar ek twyfel of ons kleinkinders Afrikaans gaan leer op skool. Tensy
> dit 'n privaatskool is. My eie kinders het ek na 'n Engelse skool
> gestuur. Hulle sukkel baie daar want ons praat nie eintlik Engels in
> die huis nie. Sukkel al dan nie, hulle moet gereed wees om die NSA
> aan te durf, en ek wil hê hulle moet suksesvol wees in hul beroepe
> eendag. En dit is 'n feit dat Engels die besigheidstaal sal wees in
> die NSA.
>
Dit mag miskien so wees, maar is dit nodig om sommer so boedel oor te
gee, ek dink jy is verkeerd, ons taal het net soveel bestaansreg en meer
as Engels watter een is die indringer? EK vra maar net.

> Ons moet ophou om te soek na vyande van die Afrikaner. Die ander volke
> in die land het nou wel die regering oorgeneem, maar hulle het ons te
> nodig om ons uit te skop soos ander Afrika-lande gedoen het.
>
> Kyk net na die ekonomie ! Die buiteland speel so reg in ons Afrikaners
> se hande deur die Rand te depresieer. Daardeur sê hulle tog vir die
> nuwe regering dat hy meer droogmaak as die NP in die jare wat verby is.
> En een ding van ons nuwe regering -- hulle is slim genoeg om te besef
> dat die volgende verkiesing primêr oor ekonomiese welvaart sal gaan,
> asook die nakoming van beloftes.
>
> Gepraat van beloftes. Ek hou nie van FW De Klerk nie, maar hy het sy
> belofte nagekom, naamlik dat hy die land vreedsaam aan die meerderheid
> sal oorgee. En dit WAS wonderbaarlik vreedsaam! Ek het baie meer
> moord en doodslag voorspel vir die 1994 verkiesing...
>
Miskien moet ons vergeet van enkel persone en meer kyk na die globale
saak F W is nie die NP nie, ek dink ook nie alles wat hulle doen is reg
nie.

Ons moet Afrikaans loskry van die stigma van die taal van die
onderdrukker en alle Afrikaanssprekendes aanvaar as deel van ons, noem
dit dan Afrikaners as jy wil.

> Die ANC, in teenstelling, het aan hulle kiesers belowe dat hulle
> almal gaan huise kry, sportmotors, en ligte werk met baie hoë
> salarisse vir die res van hulle lewens. Ek dink nie hulle kiesers gaan
> hulle glo vir die volgende verkiesing nie. Maar ons sal sien.
>
> Groetnis aan almal in die buiteland. eMail ons maar net indien julle
> lus kry vir biltong of droë wors!
>
Ek wonder hoeveel mense wat nog hier is kan dit in elk geval bekostig ek
vind dat petrol veel meer belangrik is as jy iewers wil kom as biltong en
droee wors.

Se asb vir my hoe jy die kappie e gemaak kry die program wil dit nie doen
nie.

Groetnis

At v/d Walt
>
Re: Afrikaners se grootste vyand!! [boodskap #6657 is 'n antwoord op boodskap #6617] Ma, 24 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Anonymous  is tans af-lyn  Anonymous
Boodskappe: 24
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , d...@eastcoast.co.za (Durban College of Education) wrote:
> Se asb vir my hoe jy die kappie e gemaak kry die program wil dit nie doen
> nie.
>
> Groetnis
>
> At v/d Walt
>>
>

Om 'n ê te maak hou jy die Alt-sleutel vas, tik dan 136 en los weer die
Alt-sleutel. Vir ë, dieselfde, maar tik 137. Daar is heelparty ander
karrakters wat ook op dieselfde wyse gemaak kan word.
Vorige onderwerp: wie kan help us....
Volgende onderwerp: Die Afrikaner: Ratte-saak eindig by eenheidsaksie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 21:04:36 MGT 2024