Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Kwoutjie, spesiaal vir my vriendin in Kanada.
'n Kwoutjie, spesiaal vir my vriendin in Kanada. [boodskap #66149] Di, 10 September 2002 06:57 na volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Later het die heerser van Holland besluit dat dit veel beter sou wees
as die Kaap van Goeie Hoop aan iemand behoort wat daarna kyk, in plaas
van aan die Hottentotte, wat geen vinger verroer om dit te verbeter
nie. Daarom het hy 'n baie bekwame en goeie man, Jan van Riebeeck,
ontbied en hom aangesê om na die Kaap te gaan en daar te woon en die
Goewerneur te wees."

Uit: Verhale uit ons Geskiedenis vir die Kleintjies
Re: 'n Kwoutjie, spesiaal vir my vriendin in Kanada. [boodskap #66157 is 'n antwoord op boodskap #66149] Di, 10 September 2002 12:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

> "Later het die heerser van Holland besluit dat dit veel beter sou wees
> as die Kaap van Goeie Hoop aan iemand behoort wat daarna kyk, in plaas
> van aan die Hottentotte, wat geen vinger verroer om dit te verbeter
> nie. Daarom het hy 'n baie bekwame en goeie man, Jan van Riebeeck,
> ontbied en hom aangesê om na die Kaap te gaan en daar te woon en die
> Goewerneur te wees."
>
> Uit: Verhale uit ons Geskiedenis vir die Kleintjies

As jy nie self hierdie aanhaling opgemaak
het nie, kan jy meer vertel van die boek
waarin jy sê dit verskyn? Waar en wanneer
het dit verskyn en wie is die uitgewer?

Gloudina
Re: 'n Kwoutjie, spesiaal vir my vriendin in Kanada. [boodskap #66167 is 'n antwoord op boodskap #66149] Di, 10 September 2002 20:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Miskien moet Maxie gaan oplees oor wat eintlik aan die Kaap gebeur
het. Watter soort mense hier kom bly het en hoe hulle gewerf is. En
wat die Hollanders van die Kaap en sy mense gedink het. Dis verhale
van heel ander teksture.

Interressant ook om dan te kyk na wat ou Jan van R se dogter in haar
dagboek geskryf het oor die Kaap toe se noodgedwonge hier deur gereis
het.

Maar pasop. Maxie hou dalk nie van daar gevind word nie. Dis nie juis
mooi en edel nie.....

On 9 Sep 2002 23:57:41 -0700, maxiebu...@yahoo.com (Max) wrote:

> "Later het die heerser van Holland besluit dat dit veel beter sou wees
> as die Kaap van Goeie Hoop aan iemand behoort wat daarna kyk, in plaas
> van aan die Hottentotte, wat geen vinger verroer om dit te verbeter
> nie. Daarom het hy 'n baie bekwame en goeie man, Jan van Riebeeck,
> ontbied en hom aangesê om na die Kaap te gaan en daar te woon en die
> Goewerneur te wees."
>
> Uit: Verhale uit ons Geskiedenis vir die Kleintjies
Re: 'n Kwoutjie, spesiaal vir my vriendin in Kanada. [boodskap #66171 is 'n antwoord op boodskap #66167] Wo, 11 September 2002 03:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien Antie Tottie se agter(uit)ryer is weer terug.
Hier is daar nie plek vir regstellende resitasies nie boetie....

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:mdksnuogavioj16ipapb4sobc3vjvtoc5k@4ax.com...
>
>
> Miskien moet Maxie gaan oplees oor wat eintlik aan die Kaap gebeur
> het. Watter soort mense hier kom bly het en hoe hulle gewerf is. En
> wat die Hollanders van die Kaap en sy mense gedink het. Dis verhale
> van heel ander teksture.
>
> Interressant ook om dan te kyk na wat ou Jan van R se dogter in haar
> dagboek geskryf het oor die Kaap toe se noodgedwonge hier deur gereis
> het.
>
> Maar pasop. Maxie hou dalk nie van daar gevind word nie. Dis nie juis
> mooi en edel nie.....
>
>
> On 9 Sep 2002 23:57:41 -0700, maxiebu...@yahoo.com (Max) wrote:
>
>> "Later het die heerser van Holland besluit dat dit veel beter sou wees
>> as die Kaap van Goeie Hoop aan iemand behoort wat daarna kyk, in plaas
>> van aan die Hottentotte, wat geen vinger verroer om dit te verbeter
>> nie. Daarom het hy 'n baie bekwame en goeie man, Jan van Riebeeck,
>> ontbied en hom aangesê om na die Kaap te gaan en daar te woon en die
>> Goewerneur te wees."
>>
>> Uit: Verhale uit ons Geskiedenis vir die Kleintjies
>
Re: 'n Kwoutjie, spesiaal vir my vriendin in Kanada. [boodskap #66178 is 'n antwoord op boodskap #66157] Wo, 11 September 2002 09:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> Max wrote:
>
>> "Later het die heerser van Holland besluit dat dit veel beter sou wees
>> as die Kaap van Goeie Hoop aan iemand behoort wat daarna kyk, in plaas
>> van aan die Hottentotte, wat geen vinger verroer om dit te verbeter
>> nie. Daarom het hy 'n baie bekwame en goeie man, Jan van Riebeeck,
>> ontbied en hom aangesê om na die Kaap te gaan en daar te woon en die
>> Goewerneur te wees."
>>
>> Uit: Verhale uit ons Geskiedenis vir die Kleintjies
>
>
> As jy nie self hierdie aanhaling opgemaak
> het nie, kan jy meer vertel van die boek
> waarin jy sê dit verskyn? Waar en wanneer
> het dit verskyn en wie is die uitgewer?
>
> Gloudina

Nee, Gloudina. Ek het nie self die aanhaling opgemaak nie. Ek het
ongelukkig ook net die aanhaling gesien by 'n Van Riebeeckuitstalling.
(Dadelik aan jou gedink en 'n foto geneem) Ek het gesoek op die
Internet, maar kon niks vind nie. Ek dink nie só 'n boek sal meer
vrylik beskikbaar wees nie.

Bestaan daar êrens 'n Apartheidsmuseum? Dit sou 'n goeie idee wees om
juweeltjies soos dié te bewaar vir die nageslag...

Begin dit daar by julle ook so koel te raak soggens en saans? Walglik,
hé?

Groete
Max________________________________________________________
Re: 'n Kwoutjie, spesiaal vir my vriendin in Kanada. [boodskap #66179 is 'n antwoord op boodskap #66167] Wo, 11 September 2002 09:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ha ha ha, hie hie hie. Waar val jy uit, Ferdiekie?

Miskien moet jy jou horison verbreed en ook bietjie vanuit die
Nederlandse oogpunt na die verhaaltjie kyk.

Dit gaan hier in elk geval nie oor Van Riebeeck nie, maar oor my punt
dat ons as kinders, van die oomblik dat jy gespeen is, met 'n
lepeltjie rassisme gevoer is.

As jy soveel weet van Van Riebeeck, weet jy seker ook al dat die oom
wat vir jare op ons geld was nie eers die regte Van Riebeeck is nie.
Holverskeurend snaaks! Die regte een het so 'n pofgesiggie. Hy't wel
ook hare, maar nie daai mooi lokke wat ons leer ken het as volksheld
nie!

Wat 'n hoax!

Jy't my wel nuuskierig oor die verhaal van sy dogter. As dit nie te
veel gevra is nie, wil jy dit nie hier vertel nie?

Van Riebeeck was 'n goeie slegte man. Hy't ook maar net sy werk gedoen
- wys eerder vingers na sy werkgewer.

Groete
Maxie_______________________________________________

Ferdi Greyling skryf in boodskap news:...
> Miskien moet Maxie gaan oplees oor wat eintlik aan die Kaap gebeur
> het. Watter soort mense hier kom bly het en hoe hulle gewerf is. En
> wat die Hollanders van die Kaap en sy mense gedink het. Dis verhale
> van heel ander teksture.
>
> Interressant ook om dan te kyk na wat ou Jan van R se dogter in haar
> dagboek geskryf het oor die Kaap toe se noodgedwonge hier deur gereis
> het.
>
> Maar pasop. Maxie hou dalk nie van daar gevind word nie. Dis nie juis
> mooi en edel nie.....
>
>
> On 9 Sep 2002 23:57:41 -0700, maxiebu...@yahoo.com (Max) wrote:
>
>> "Later het die heerser van Holland besluit dat dit veel beter sou wees
>> as die Kaap van Goeie Hoop aan iemand behoort wat daarna kyk, in plaas
>> van aan die Hottentotte, wat geen vinger verroer om dit te verbeter
>> nie. Daarom het hy 'n baie bekwame en goeie man, Jan van Riebeeck,
>> ontbied en hom aangesê om na die Kaap te gaan en daar te woon en die
>> Goewerneur te wees."
>>
>> Uit: Verhale uit ons Geskiedenis vir die Kleintjies
Re: 'n Kwoutjie, spesiaal vir my vriendin in Kanada. [boodskap #66188 is 'n antwoord op boodskap #66179] Wo, 11 September 2002 11:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter[2]  is tans af-lyn  Pieter[2]
Boodskappe: 95
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
As ek reg onthou was hy eers 'n skeepsdokter gewees voor hy die pos(taak)
aan die Kaap aanvaar het

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0209110139.620ae184@posting.google.com...
> Ha ha ha, hie hie hie. Waar val jy uit, Ferdiekie?
>
> Miskien moet jy jou horison verbreed en ook bietjie vanuit die
> Nederlandse oogpunt na die verhaaltjie kyk.
>
> Dit gaan hier in elk geval nie oor Van Riebeeck nie, maar oor my punt
> dat ons as kinders, van die oomblik dat jy gespeen is, met 'n
> lepeltjie rassisme gevoer is.
>
> As jy soveel weet van Van Riebeeck, weet jy seker ook al dat die oom
> wat vir jare op ons geld was nie eers die regte Van Riebeeck is nie.
> Holverskeurend snaaks! Die regte een het so 'n pofgesiggie. Hy't wel
> ook hare, maar nie daai mooi lokke wat ons leer ken het as volksheld
> nie!
>
> Wat 'n hoax!
>
> Jy't my wel nuuskierig oor die verhaal van sy dogter. As dit nie te
> veel gevra is nie, wil jy dit nie hier vertel nie?
>
> Van Riebeeck was 'n goeie slegte man. Hy't ook maar net sy werk gedoen
> - wys eerder vingers na sy werkgewer.
>
> Groete
> Maxie_______________________________________________
>
> Ferdi Greyling wrote in message
news:...
>> Miskien moet Maxie gaan oplees oor wat eintlik aan die Kaap gebeur
>> het. Watter soort mense hier kom bly het en hoe hulle gewerf is. En
>> wat die Hollanders van die Kaap en sy mense gedink het. Dis verhale
>> van heel ander teksture.
>>
>> Interressant ook om dan te kyk na wat ou Jan van R se dogter in haar
>> dagboek geskryf het oor die Kaap toe se noodgedwonge hier deur gereis
>> het.
>>
>> Maar pasop. Maxie hou dalk nie van daar gevind word nie. Dis nie juis
>> mooi en edel nie.....
>>
>>
>> On 9 Sep 2002 23:57:41 -0700, maxiebu...@yahoo.com (Max) wrote:
>>
>>> "Later het die heerser van Holland besluit dat dit veel beter sou wees
>>> as die Kaap van Goeie Hoop aan iemand behoort wat daarna kyk, in plaas
>>> van aan die Hottentotte, wat geen vinger verroer om dit te verbeter
>>> nie. Daarom het hy 'n baie bekwame en goeie man, Jan van Riebeeck,
>>> ontbied en hom aangesê om na die Kaap te gaan en daar te woon en die
>>> Goewerneur te wees."
>>>
>>> Uit: Verhale uit ons Geskiedenis vir die Kleintjies
Re: 'n Kwoutjie, spesiaal vir my vriendin in Kanada. [boodskap #66190 is 'n antwoord op boodskap #66178] Wo, 11 September 2002 11:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

> Begin dit daar by julle ook so koel te raak soggens en saans? Walglik,
> hé?

Na nog 'n hittegolf het die weer gisteraand
gebreek en is dit nou lekker koel. Ek hou van
die koelte, nie van die warmte nie.

Gloudina
Re: 'n Kwoutjie, spesiaal vir my vriendin in Kanada. [boodskap #66191 is 'n antwoord op boodskap #66179] Wo, 11 September 2002 12:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

> Van Riebeeck was 'n goeie slegte man. Hy't ook maar net sy werk gedoen
> - wys eerder vingers na sy werkgewer.

Jy bedoel natuurlik die H.O.I.C.
Ja, dié swernoters was erger as
die Amerikaanse imperialiste van
vandag.

Tant Hessie van die Strandlopers.
Re: 'n Kwoutjie, spesiaal vir my vriendin in Kanada. [boodskap #66200 is 'n antwoord op boodskap #66191] Wo, 11 September 2002 17:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Max wrote:
>
>> Van Riebeeck was 'n goeie slegte man. Hy't ook maar net sy werk gedoen
>> - wys eerder vingers na sy werkgewer.
>
> Jy bedoel natuurlik die H.O.I.C.

Jakkes, wat is dít nou vir 'n afgryslike afkorting??? En heeltemaal fout!
Holland was net een van die deelnemende geweste in die Verenigde
Oostindische Compagnie.
Re: 'n Kwoutjie, spesiaal vir my vriendin in Kanada. [boodskap #66203 is 'n antwoord op boodskap #66200] Wo, 11 September 2002 18:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek is nog steeds besig om vir die F- te beywer.
Ferenigde gaan soveel mooier lyk;)))
Annette

"Arthur" skryf in boodskap news:alnvft$1cpg$1@news.kabelfoon.nl...
> Gloudina schreef...
>> Max wrote:
>>
>>> Van Riebeeck was 'n goeie slegte man. Hy't ook maar net sy werk gedoen
>>> - wys eerder vingers na sy werkgewer.
>>
>> Jy bedoel natuurlik die H.O.I.C.
>
> Jakkes, wat is dít nou vir 'n afgryslike afkorting??? En heeltemaal fout!
> Holland was net een van die deelnemende geweste in die Verenigde
> Oostindische Compagnie.
>
Re: 'n Kwoutjie, spesiaal vir my vriendin in Kanada. [boodskap #66208 is 'n antwoord op boodskap #66203] Wo, 11 September 2002 20:29 Na vorige boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" schreef...
> Ek is nog steeds besig om vir die F- te beywer.
> Ferenigde gaan soveel mooier lyk;)))

VOC met 'n F? Nee, nee, Annette, dat is heeltemaal vaut!

> "Arthur" wrote...
>> Gloudina schreef...
>>> Max wrote:
>>>
>>>> Van Riebeeck was 'n goeie slegte man. Hy't ook maar net sy werk gedoen
>>>> - wys eerder vingers na sy werkgewer.
>>>
>>> Jy bedoel natuurlik die H.O.I.C.
>>
>> Jakkes, wat is dít nou vir 'n afgryslike afkorting??? En heeltemaal fout!
>> Holland was net een van die deelnemende geweste in die Verenigde
>> Oostindische Compagnie.
Vorige onderwerp: " Oor Monnemente Gepraat " deur PETER BLUM
Volgende onderwerp: Innoverende Nigeriese 419!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 18:39:39 MGT 2024