Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Is jy kasueel gedresseer?
Is jy kasueel gedresseer? [boodskap #66039] Vr, 06 September 2002 07:26 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vandag, vir die wat dit nie weet nie, is uitskop-lopskop dag.
Al die kantoorwerkers is veronderstel om in ontspanningsdrag by die werk te
wees.
Hoop die manne het hul bloeddrukpille byderhand;))
Annette
Re: Is jy kasueel gedresseer? [boodskap #66047 is 'n antwoord op boodskap #66039] Vr, 06 September 2002 09:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LudekSA  is tans af-lyn  LudekSA
Boodskappe: 8
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
Ek het geen "smart" casual klere nie, toe trek ek maar my casual smart klere
aan .. soos elke ander dag .. dra darem 'n casual day plakker :)

"Annette" skryf in boodskap news:al9lav$1odf1s$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Vandag, vir die wat dit nie weet nie, is uitskop-lopskop dag.
> Al die kantoorwerkers is veronderstel om in ontspanningsdrag by die werk te
> wees.
> Hoop die manne het hul bloeddrukpille byderhand;))
> Annette
>
Re: Is jy kasueel gedresseer? [boodskap #66049 is 'n antwoord op boodskap #66047] Vr, 06 September 2002 09:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis nie goed genoeg nie.
Komaan!! Wees in in die inding!!
Waar is jou swembroek en flippers?:))
Annette

"LudekSA" skryf in boodskap news:3d787349$0$18844@hades.is.co.za...
> Ek het geen "smart" casual klere nie, toe trek ek maar my casual smart klere
> aan .. soos elke ander dag .. dra darem 'n casual day plakker :)
>
> "Annette" wrote in message
> news:al9lav$1odf1s$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Vandag, vir die wat dit nie weet nie, is uitskop-lopskop dag.
>> Al die kantoorwerkers is veronderstel om in ontspanningsdrag by die werk te
>> wees.
>> Hoop die manne het hul bloeddrukpille byderhand;))
>> Annette
>>
>
Re: Is jy kasueel gedresseer? [boodskap #66056 is 'n antwoord op boodskap #66049] Vr, 06 September 2002 11:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek het 'n ou met 'n kortbroek hier by die werk afgepiepie deur vir hom te sê
hy was veronderstel om MINDER grend as gewoonlik aan te trek.

In elk geval het niemand opgemerk dat ek meer verslons as gewoonlik lyk nie.

Koot

"Annette" skryf in boodskap news:al9teu$1o1s4d$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Dis nie goed genoeg nie.
> Komaan!! Wees in in die inding!!
> Waar is jou swembroek en flippers?:))
> Annette
>
>
> "LudekSA" wrote in message
> news:3d787349$0$18844@hades.is.co.za...
>> Ek het geen "smart" casual klere nie, toe trek ek maar my casual smart klere
>> aan .. soos elke ander dag .. dra darem 'n casual day plakker :)
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:al9lav$1odf1s$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Vandag, vir die wat dit nie weet nie, is uitskop-lopskop dag.
>>> Al die kantoorwerkers is veronderstel om in ontspanningsdrag by die werk te
>>> wees.
>>> Hoop die manne het hul bloeddrukpille byderhand;))
>>> Annette
>>>
>>
>
Re: Is jy kasueel gedresseer? [boodskap #66060 is 'n antwoord op boodskap #66056] Vr, 06 September 2002 11:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel, ek het maar saamgespeel, alhoewel ek nie hoef nie, en vanoggend
Ontvanger toe gegaan sonder om my hare te borsel.
Ongelukkig kan ek niks aan my kleredrag doen sodat 'n beduidende verskil
opmerklik is nie:)
Annette

.petech.ac.za> skryf in boodskap news:ala2d4$fhh$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het 'n ou met 'n kortbroek hier by die werk afgepiepie deur vir hom te sê
> hy was veronderstel om MINDER grend as gewoonlik aan te trek.
>
> In elk geval het niemand opgemerk dat ek meer verslons as gewoonlik lyk nie.
>
> Koot
>
> "Annette" wrote in message
> news:al9teu$1o1s4d$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Dis nie goed genoeg nie.
>> Komaan!! Wees in in die inding!!
>> Waar is jou swembroek en flippers?:))
>> Annette
>>
>>
>> "LudekSA" wrote in message
>> news:3d787349$0$18844@hades.is.co.za...
>>> Ek het geen "smart" casual klere nie, toe trek ek maar my casual smart klere
>>> aan .. soos elke ander dag .. dra darem 'n casual day plakker :)
>>>
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:al9lav$1odf1s$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> Vandag, vir die wat dit nie weet nie, is uitskop-lopskop dag.
>>>> Al die kantoorwerkers is veronderstel om in ontspanningsdrag by die werk te
>>>> wees.
>>>> Hoop die manne het hul bloeddrukpille byderhand;))
>>>> Annette
>>>>
>>>
>>
>
Re: Is jy kasueel gedresseer? [boodskap #66062 is 'n antwoord op boodskap #66039] Vr, 06 September 2002 11:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Vandag, vir die wat dit nie weet nie, is uitskop-lopskop dag.
> Al die kantoorwerkers is veronderstel om in ontspanningsdrag by die werk te
> wees.
> Hoop die manne het hul bloeddrukpille byderhand;))

Is dit iets wat nou eers by julle begin
word? Hier in Noord-Amerika is dit nou
al vir 'n paar jaar die gewoonte, en so
pas die laaste paar dae praat hulle op
CNN en ander TV kanale van die feit dat
die ding nou begin versuur. Sommige mense
gaan te ver en moet dan berispe word. Dit
het ook glo 'n kompetisie-modeparade geword
en die neiging is nou om weer te wil terug-
gaan na formeler klere.
Ek het nooit daarvan gehou nie. Ek dink
mense in besighede moet uniforms dra, net
soos skoolkinders. Die kinders dra hier mos
gewone drag, en dit word net so 'n mode-parade,
waar die kinders wat armer is, dan minder-
waardig voel omdat hulle nie kan byhou nie.

Gloudina
Re: Is jy kasueel gedresseer? [boodskap #66063 is 'n antwoord op boodskap #66062] Vr, 06 September 2002 11:55 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit is hier ook al lank aan die gang Gloudina - die mense moet 'n plakker
vir R5 koop vir die voorreg om anders aan te trek - die geld gaan vir een of
ander goeie doel.
Skooluniforms help definitief om gewone klere te spaar en om die speelveld
by die skool gelyk te maak.
Maar ek is bly dat ek nie as volwassene 'n uniform moes dra nie - dan wil
mens graag aantrek soos wat jy wil voel of lyk op 'n bepaalde dag of
geleentheid.
Iets te doen met die vryheid van keuse en individuele smaak dink ek.
In die koor moet ons dames swart dra - daar is egter geen beperking om rok,
romp, langbroek, soort meteriaal, of die snit van die bostuk nie. Dit help.
Annette

skryf in boodskap news:3D78966C.3080408@rogers.com...
>
>
> Annette wrote:
>
>> Vandag, vir die wat dit nie weet nie, is uitskop-lopskop dag.
>> Al die kantoorwerkers is veronderstel om in ontspanningsdrag by die werk te
>> wees.
>> Hoop die manne het hul bloeddrukpille byderhand;))
>
>
> Is dit iets wat nou eers by julle begin
> word? Hier in Noord-Amerika is dit nou
> al vir 'n paar jaar die gewoonte, en so
> pas die laaste paar dae praat hulle op
> CNN en ander TV kanale van die feit dat
> die ding nou begin versuur. Sommige mense
> gaan te ver en moet dan berispe word. Dit
> het ook glo 'n kompetisie-modeparade geword
> en die neiging is nou om weer te wil terug-
> gaan na formeler klere.
> Ek het nooit daarvan gehou nie. Ek dink
> mense in besighede moet uniforms dra, net
> soos skoolkinders. Die kinders dra hier mos
> gewone drag, en dit word net so 'n mode-parade,
> waar die kinders wat armer is, dan minder-
> waardig voel omdat hulle nie kan byhou nie.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Klere
Volgende onderwerp: Woordesoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 07:39:29 MGT 2024