Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek wonder of dit die moeite werd is om hier te bly
Ek wonder of dit die moeite werd is om hier te bly [boodskap #6587] Do, 13 Junie 1996 00:00 na volgende boodskap
Wessels  is tans af-lyn  Wessels
Boodskappe: 43
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Hallo almal

Ek is At van der Walt van Durban, ek sit hier soos Veldsman (was dit hy)
diep beswaard die nuwe S A is nie meer 'n lekker plek nie. Ek wens ek kon
verhuis na Kanada of die VSA, enige iets moet beter wees as die chaos
hier.

My kinders het mos nie 'n toekoms hier nie, is daar nie iemand in die
buiteland wat my 'n werk wil aanbied nie ek sal enige iets doen.

Ek is registrateur by die Durbanse Onderwyskollege en my vrou is
onderwyseres by 'n Primere skool.

Ewenwel laat dit goed gaan en mag Afrikaans vir altyd voort leef.

At

d...@eastcoast.co.za
Re: Ek wonder of dit die moeite werd is om hier te bly [boodskap #6602 is 'n antwoord op boodskap #6587] So, 16 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Louis  is tans af-lyn  Louis
Boodskappe: 32
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Beste At

Join the club, jy is nie die enigste een wat so voel nie. Ek wonder ook
maar oor die deurmekaarspul, ons is ook deels aanspreeklik daarvoor.
Iemand het iewers gereken dat die Afrikaner 'n sterk leiersfiguur kort,
ek stem nogal saam. Ek lees in die plaaslike koerant dat daar 'n paar
manne vir Kmdt. Ratte gaan kuier het in simpatie met sy eetstaking in die
tronk. Die AWB was natuurlik ook daar. Toe die AWB sien dat hulle ( en
natuurlik Eugene ook) nie die kalklig steel nie het hulle besluit om maar
vroeg te vertrek. Lekker suurgat !

In dieselfde koerant lees ek van 'n intekenaar vanuit die VSA. Hy skryf
dat hy daar as programeerder werk maar dat hy terugverlang na SA. Hy
skryf voorts dat dit vir hom 'n bekommernis is omdat sy kinders volgende
jaar skool toe moet gaan. Die skole is blykbaar 'n stryd om oorlewing,
die leerlinge skiet en steek mekaar daar. Elke oggend moet al die kinders
deur 'n metalalverklikker stap onder polisie toesig. Dit is om te verhoed
dat wapens in die skool in gesmokkel word. Verder is daar ook 'n creche
in elke skool want sien, mammie sit nog self ook op die skoolbanke. Hy
skryf ook dat omtrent 13% van die finale jaar leerlinge nie kan lees of
skryf nie. Die kinders mag nie slae kry of druip nie want dan word hulle
regte aangetas. Die man reken dat as jy nie kinders het nie is die VSA
nie te sleg nie maar mense met kinders beveel hy aan om liewer in SA te
bly.

Verder kan ek jou nie moed inpraat nie. Ek reken dat politici net in
elkgeval besig is met 'n speletjie. As jy kan, begin jou eie besigheid.
Geld praat hard, en probeer tog om die ontvanger in te doen, hy skuil
agter die wet om in elkgeval die gehoorsame burger te besteel.

Groetnis
Re: Ek wonder of dit die moeite werd is om hier te bly [boodskap #6609 is 'n antwoord op boodskap #6587] Di, 18 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
En die logiese verdere stap op die raad?
----om nie dienstegelde te betaal nie, natuurlik.
En die gevolglike moraliteit?
Om 'n bewondering te hê vir almal in swart gebiede wat nie
dienstegelde betaal of banke se paaiemente terugbetaal nie!

Kyk hoe volg hulle almal jou raad ne....
Re: Ek wonder of dit die moeite werd is om hier te bly [boodskap #6615 is 'n antwoord op boodskap #6587] Wo, 19 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Louis wrote:

> Verder kan ek jou nie moed inpraat nie. Ek reken dat politici net in
> elkgeval besig is met 'n speletjie.

Politici se speletjies is vir alles verantwoordelik. Hoe hulle ons
almal befoeter is 'n feit. MAAR die naaste wat jy aan die Paradys kan
kom is PERTH WES-AUSTRALIE

Groete,
Paul
Re: Ek wonder of dit die moeite werd is om hier te bly [boodskap #6616 is 'n antwoord op boodskap #6587] Wo, 19 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lukas[2]  is tans af-lyn  Lukas[2]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
On 6/19/96 12:16AM, in message , Koos wrote:
> Louis wrote:
>
> >
>
>
> En die logiese verdere stap op die raad?
> ----om nie dienstegelde te betaal nie, natuurlik.
> En die gevolglike moraliteit?
> Om 'n bewondering te he vir almal in swart gebiede wat nie
> dienstegelde betaal of banke se paaiemente terugbetaal nie!
>
> Kyk hoe volg hulle almal jou raad ne....
>

Ek stem saam. Dit is darem ongelooflik hoe kortsigtig ons geraak het in die tyd
toe ons van die buitewêreld afgesny was. Dit geld natuurlik vir selfsug ook.

Onthou tog die mooi spreekwoord
"Doen aan ander soos jy aan jouself gedoen wil hê."
As almal dit begin doen het ons ware demokrasie en as christene is dit ons plig
om die voorbeeld te stel.
Re: Ek wonder of dit die moeite werd is om hier te bly [boodskap #6624 is 'n antwoord op boodskap #6587] Do, 20 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
tan...@iinet.net.au (AUSSIE) wrote:

> Louis wrote:

>> Verder kan ek jou nie moed inpraat nie. Ek reken dat politici net in
>> elkgeval besig is met 'n speletjie.

> Politici se speletjies is vir alles verantwoordelik. Hoe hulle ons
> almal befoeter is 'n feit. MAAR die naaste wat jy aan die Paradys kan
> kom is PERTH WES-AUSTRALIE>>>

Hang natuurlik alles af van hoe 'n mens paradys omskryf.
Re: Ek wonder of dit die moeite werd is om hier te bly [boodskap #6625 is 'n antwoord op boodskap #6587] Do, 20 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , tan...@iinet.net.au says...
>
> Louis wrote:
>

> Politici se speletjies is vir alles verantwoordelik. Hoe hulle ons
> almal befoeter is 'n feit. MAAR die naaste wat jy aan die Paradys kan
> kom is PERTH WES-AUSTRALIE
>
> Groete,
> Paul

Jou Paradys is tot 'n groot mate 'n paradys geskep deur
die feit dat die Engelse in die laaste paar honderd jaar die
oorspronklike inwoners verwilder het van die lekkerste
plekke en toe vir hulself nes daar geskop het. Jy hou van
Australië omdat dit nog essensieel die witman se land is.
Maar juis daarom, dra jy ook daar in Australië "die witman
se las." Ek weet waarvan ek praat. Ek bly in Kanada, nog 'n
land waar die oorspronklike inwoners vermoor en verneder
is deur die witmense (of hulle nou Frans of Engels gepraat
het.) Ons, saam met die V.S.A. ( en Mexico?) dra ook nog
die witman se las. Maar in Suid-Afrika is daardie las nou
van die witman se skouers af. Wat ookal in die toekoms is
vir Suid-Afrika, die witman kan nie meer verantwoordelik
gehou word nie. En ek dink daardie wete is meer werd as
al die strande vol wit mense wat julle daar het. Hoop jy dink
so nou en dan aan die "Blackfellows" in die woestyne van
Australië. Dit lyk vir my 'n mens kan by hulle diep spirituele
dinge leer.

Gloudina Bouwer
Re: Ek wonder of dit die moeite werd is om hier te bly [boodskap #7080 is 'n antwoord op boodskap #6587] Wo, 21 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Jou Paradys is tot 'n groot mate 'n paradys geskep deur
> die feit dat die Engelse in die laaste paar honderd jaar die
> oorspronklike inwoners verwilder het van die lekkerste
> plekke en toe vir hulself nes daar geskop het. Jy hou van
> Australie omdat dit nog essensieel die witman se land is.
> Maar juis daarom, dra jy ook daar in Australie "die witman
> se las." Ek weet waarvan ek praat. Ek bly in Kanada, nog 'n
> land waar die oorspronklike inwoners vermoor en verneder
> is deur die witmense (of hulle nou Frans of Engels gepraat
> het.) Ons, saam met die V.S.A. ( en Mexico?) dra ook nog
> die witman se las. Maar in Suid-Afrika is daardie las nou
> van die witman se skouers af. Wat ookal in die toekoms is
> vir Suid-Afrika, die witman kan nie meer verantwoordelik
> gehou word nie. En ek dink daardie wete is meer werd as
> al die strande vol wit mense wat julle daar het. Hoop jy dink
> so nou en dan aan die "Blackfellows" in die woestyne van
> Australie. Dit lyk vir my 'n mens kan by hulle diep spirituele
> dinge leer.

> Gloudina Bouwer

Glowdina , jy pak my eers met 'n private e-pos aan my dan raak jy
dieselfde snert kwyt op die nuusgroep! Ek vra jou weer hoe op aarde
eien jy jou die soort rassistiese komentaar op 'n persoon en land toe,
waar jy nie die persoon of land ken nie. Hoe kan jy die woorde : "Jy
hou van Australië omdat ...." enigsins gebruik. JY KEN MY NIE!!! Julle
het julle patriotisme vir Kanada al meermale bekend gemaak. Ek is bly
daar oor maar gun my dan ook die reg toe oor siening van die land waar
ek woon. Indien jy vrae daar oor het kom ons bespreek dit HIER, dit
sal vir almal tot voordeel strek.
Paul van der Merwe.
Kritiek teenoor 'n situasie wat net negatief is is afbrekend en
vernietigend, korrekte kritiek is opbouend.
Re: Ek wonder of dit die moeite werd is om hier te bly [boodskap #7086 is 'n antwoord op boodskap #6587] Do, 22 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) skryf:
<<< Ek was SO verbaas toe ek bostaande op die
>nuusgroep sien. Dit was 'n stuk wat ek baie
>MAANDE gelede gepos het ...>>>

Dit gebeur soms. En dan kom 'n mens agter hoe tydgebonde (binne 'n
argument) sekere opmerkings is!.
Ek het al skielik 'n pos van my sien opduik weke later uit verband uit
en dan lees iemand dit en vra my hoekom is ek nou skielik so
opgehits HIEROOR!!!???

In die konteks van die "thread" was dit "destyds" egter heel "par
for the course". (Wat my betref anyway.)

Ander vraag (wat aansluit) wat iemand anders gevra het: Hoe laat is
dit op die Internet?
Daar is geen tyd nie!
Wat beteken 3 nm op die net? Presies niks want net 'n mikroskopies
klein hoeveelheid van die mense wat op een gegewe "tyd" dieselfde stuk
kuberruimte deel, is ooit gegrafies saam in dieselfde tydsone!

Curiouser and curiouser
Re: Ek wonder of dit die moeite werd is om hier te bly [boodskap #7087 is 'n antwoord op boodskap #6587] Do, 22 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , tan...@iinet.net.au says...
>
>
>> Jou Paradys is tot 'n groot mate 'n paradys geskep deur
>> die feit dat die Engelse in die laaste paar honderd jaar die
>> oorspronklike inwoners verwilder het van die lekkerste
>> plekke en toe vir hulself nes daar geskop het. Jy hou van
>> Australie omdat dit nog essensieel die witman se land is.
>> Maar juis daarom, dra jy ook daar in Australie "die witman
>> se las." Ek weet waarvan ek praat. Ek bly in Kanada, nog 'n
>> land waar die oorspronklike inwoners vermoor en verneder
>> is deur die witmense (of hulle nou Frans of Engels gepraat
>> het.) Ons, saam met die V.S.A. ( en Mexico?) dra ook nog
>> die witman se las. Maar in Suid-Afrika is daardie las nou
>> van die witman se skouers af. Wat ookal in die toekoms is
>> vir Suid-Afrika, die witman kan nie meer verantwoordelik
>> gehou word nie. En ek dink daardie wete is meer werd as
>> al die strande vol wit mense wat julle daar het. Hoop jy dink
>> so nou en dan aan die "Blackfellows" in die woestyne van
>> Australie. Dit lyk vir my 'n mens kan by hulle diep spirituele
>> dinge leer.
>
>> Gloudina Bouwer
>
> Glowdina , jy pak my eers met 'n private e-pos aan my dan raak jy
> dieselfde snert kwyt op die nuusgroep! Ek vra jou weer hoe op aarde
> eien jy jou die soort rassistiese komentaar op 'n persoon en land toe,
> waar jy nie die persoon of land ken nie. Hoe kan jy die woorde : "Jy
> hou van Australië omdat ...." enigsins gebruik. JY KEN MY NIE!!! Julle
> het julle patriotisme vir Kanada al meermale bekend gemaak. Ek is bly
> daar oor maar gun my dan ook die reg toe oor siening van die land waar
> ek woon. Indien jy vrae daar oor het kom ons bespreek dit HIER, dit
> sal vir almal tot voordeel strek.
> Paul van der Merwe.
> Kritiek teenoor 'n situasie wat net negatief is is afbrekend en
> vernietigend, korrekte kritiek is opbouend.
>
>

Geagte Paul van der Merwe,
Ek was SO verbaas toe ek bostaande op die
nuusgroep sien. Dit was 'n stuk wat ek baie
MAANDE gelede gepos het as antwoord vir jou
op die nuusgroep, waar jy gese het die naaste aan
die Paradys is Perth, Wes Australia.
Jy het geantwoord op iemand wat gewonder het
of dit die moeite werd is om in Suid-Afrika te bly.
Ek het jou op die nuusgroep geantwoord ( maar
die sagteware het dit ook as 'n e-pos aan jou gestuur,
omdat ek vergeet het om dit te kanselleer.)
Jy het my toe 'n taamlike blitsige e-pos gestuur,
(wat ek aanvanklik aangeneem het ook op die nuus-
groep sou verskyn.) Ek het besluit om dit nie privaat
te antwoord nie. Jy het nou die regte ding gedoen
om 'n bespreking op die nuusgroep te begin.
Ek vra om verskoning vir die toon van my brief.
Maar ek staan nog daarby. Ek sien uit jou naam dat
jy heelwaarskynlik 'n Afrikaner is. Jy is nou in Aus-
tralia. Dis goed. Maar ek hou nie van witmense wat
uit Suid-Afrika gaan, en dan vir die Afrikaners in
SA se: kyk hoe lekker is dit hier in 'n ander land nie.
Dit sou dieselfde gewees het as ek gese het - dis so
lekker hier in Kanada; julle is dom om nog daar in
SA te sit.
Ek bewonder die mense wat aanhou bly in Suid-
Afrika. Ek dink die mense in SA is verlos van 'n
vreeslike las. Daar mag op die oomblik baie mis-
daad en moord wees. (Ek merk op hulle trek ook
maar los en skiet op mense daar in Australia.) Maar
hulle word nou oor die wereld gerespekteer vir hul
moed en grootheid van gees.
Ek dink ook nog dat die naaste aan die Paradys
'n plek is daar teen die hange van Tafelberg, tussen
die proteas en die fynbos. Ons het baie mooi plekke
hier in Kanada. My hart is egter nog in Suid-Afrika.
Terloops, noudat ek die oor van 'n AUSSIE het,
wanneer maak julle apologie vir al daardie Austra-
liese soldate wat julle Australiers gestuur het na
Suid-Afrika gedurende die Boere-oorlog? Ek werk
natuurlik hier in Kanada ook aan hulle vir 'n apologie.
En dan gaan ek begin met die Engelse oor daardie
konsentrasiekampe. Net sodra hulle klaar is in Bosnia.

Gloudina Bouwer
Re: Ek wonder of dit die moeite werd is om hier te bly [boodskap #7109 is 'n antwoord op boodskap #6587] Sa, 24 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
> omdat ek vergeet het om dit te kanselleer.)

Dit is presies hoe hierdie ou pos op die net gekom het. Ek wou destyds
jou brief op die besprekings groep plaas na jou e-pos aan my en het
toe besluit om dit nie te doen nie. Ek was so onthuts oor jou "jy hou
van Australië omdat... dat ek gedink het aan "meng jou met die semels
dan vreet die varke jou" en toe nie die antwoord op die groep geplaas
het nie. Ongelukkig vir my vra my "Blikbrein" my die ander dag of ek
die uitstaande pos wil stuur? Die "yes" gevolg was die ou boodskap.

> Jy het my toe 'n taamlike blitsige e-pos gestuur,
> (wat ek aanvanklik aangeneem het ook op die nuus-
> groep sou verskyn.) Ek het besluit om dit nie privaat
> te antwoord nie. Jy het nou die regte ding gedoen
> om 'n bespreking op die nuusgroep te begin.

Ek wil jou daarop wys dat jou pos my bereik het 2 dae voor dit op die
nuusgroep geplaas het.

> Ek vra om verskoning vir die toon van my brief.

Dit aanvaar ek Gloudina. Miskien het ek juis omdat dit vér van my
sieswyse is die brief as 'n persoonlikke beleding gesien.

> Maar ek staan nog daarby. Ek sien uit jou naam dat
> jy heelwaarskynlik 'n Afrikaner is. Jy is nou in Aus-
> tralia. Dis goed. Maar ek hou nie van witmense wat
> uit Suid-Afrika gaan, en dan vir die Afrikaners in
> SA se: kyk hoe lekker is dit hier in 'n ander land nie.

Indien ek ek my nie misgis nie Gloudina het jy voorheen breedvoerig
geskryf oor hoe lekker dit is om on Kanada te woon en te sien in
hoeveel lande die Kanadese hulp aanbied ... Onthou jy nog????
> Dit sou dieselfde gewees het as ek gese het - dis so
> lekker hier in Kanada;

julle is dom om nog daar in
> SA te sit.

Julle is dom om nog daar in SA te sit nie het nie jy of ek gesê of
geinsinueer nie.

> Ek bewonder die mense wat aanhou bly in Suid-
> Afrika.

Hier oor kan ons lekker gesels want ek glo nie dit is 'n held wat bly
nie of een wat emigreer nie. Dit is "Horses for Courses"

Ek dink die mense in SA is verlos van 'n
> vreeslike las. Daar mag op die oomblik baie mis-
> daad en moord wees. (Ek merk op hulle trek ook
> maar los en skiet op mense daar in Australia.) Maar
> hulle word nou oor die wereld gerespekteer vir hul
> moed en grootheid van gees.

"Koos" kan gerus vir ons hier iets lekker aan die roer sit.
Ons kan lekker stry sonder om beledigend te raak. Iets soos
"Was die kool die sous werd... om 'n Nuwe SA te stig"?

> Ek dink ook nog dat die naaste aan die Paradys
> 'n plek is daar teen die hange van Tafelberg, tussen
> die proteas en die fynbos.

Kan nie stry nie die sagte kus van die tafeldoek oor Tafelberg, met
die uitnodiging vir ALMAL om te kom aansit en eet word deur so baie
bloed bevlek, nog steeds en meer en meer.

Ons het baie mooi plekke
> hier in Kanada. My hart is egter nog in Suid-Afrika.
> Terloops, noudat ek die oor van 'n AUSSIE het,
> wanneer maak julle apologie vir al daardie Austra-
> liese soldate wat julle Australiers gestuur het na
> Suid-Afrika gedurende die Boere-oorlog? Ek werk
> natuurlik hier in Kanada ook aan hulle vir 'n apologie.
> En dan gaan ek begin met die Engelse oor daardie
> konsentrasiekampe. Net sodra hulle klaar is in Bosnia.

Die mens se probleem van toentertyd is nog steeds dat hy nie sy
wandade wil erken nie. Geen hoop vir apologie van die geskiedenis nie.
Mens kan ook nie dit verwag van diewat nie eens daarmee bemoeid was
nie.
Die komitee van Desmond Tutu kan wel heling bring solank as dit nie 'n
heksejag word nie en mense van alle kante van die spektrum hulself kan
ledig van 'n bloedbevlekte verlede.

My grootste "Gripe" is met die indoktrinasie wat ons as skoolkinders
deurgegaan het. Wie gaan oor daardie euwel "bieg"

> Gloudina Bouwer

Groete uit die Pardys ... ;)
Re: Ek wonder of dit die moeite werd is om hier te bly [boodskap #7114 is 'n antwoord op boodskap #6587] So, 25 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
My reaksie op Gloudina (in Kanada) en "Aussie" (daar Doer Onner):
Lyk my die hele kwessie van skuld en voordeel trek is hier onderliggend.

Moet ek skuldig voel oor Apartheid ?.
Moet ek skuldig voel oor ek emigreer het ?
Moet ek ander mense kritiseer oor hul redes vir emigreer of tuisbly ?
Moet ek skuldig voel oor die Aboriginees nou dat ek in Australie is ?
Is die mense wat bly en bou aan die nuwe SA beter as ek ?
Moet ek sleg voel oor ek onwillekeurig voordeel getrek het uit Apartheid ?
Moet ek ander mense daaroor kwalik neem, en wie ?
Bring die kwessie van skuld en bieg en slegvoel en wrok ons iewers ?

Ek verlang vreeslik na SA. Maar intussen gaan dit baie goed hier,
ek is baie geseend. So is dit. Lekker plek. Wat nou ? Ek smaak ook
soos Paul, na normaliteit. Sit nog 'n vleisie op die kole.
Skink nog 'n glasie (ingevoerde) KWV...Moet ek sleg voel
oor dit goed gaan met my hier ? Ek stuur liewer 'n dankgebed op...

Apartheid was nie my skuld nie:
Vandat ek wakkergeword het uit die Apartheid-indoktrinasieslaap, het ek
op my eie beskeie manier teen Apartheid "geveg". Ek was geen Steve Biko
of Chris Hani nie. Maar ek het soos 'n begeesterde sendeling aan almal
ge-arbei om die kwaad en onmenslikheid van Apartheid in te sien.
Ek het my diensplig vir volk en vaderland ook gedoen,
maar hier het dinge vir my te ver begin gaan.
Ek kon nie langer vleisbraai terwyl die townships aan die brand was nie,
vriende met my tuinjong wees en dan sy deur gaan inskop op 'n armykamp nie.
Moes ek diensplig kampe weier en 6 jaar in 'n tronk sit ? Of wegkruip ?
Ek kon nie net neutraal wees en aangaan met my lewe soos die meeste Suid-
Afrikaners nie, ek moes opstaan en veg (en ly) of waai. Ek het gewaai.
Maar eintlik wou ek nie loop nie, ek het my land lief, tog het ek gewaai.

So wat help my moerse gewete SA as ek nou hier sit ? Niks nie.
Op die ou end is daardie mense wat ek gekritiseer het oor hulle sit en
viool speel terwyl Rome brand die mense wat aangaan en die beste van die
situasie maak. Vir elke vinger wat ek wys, wys een terug.
Laat elke haan maar op sy eie mishoop kraai.
En as mense wil bly of ry, wie is ek om vir hulle te se of hul redes
my morele toetsie slaag ? Laat hul maak soos hul goed dink.
Elkeen leef met sy eie gewete.
Dit is soos AUSSIE seg:
> ek glo nie dit is 'n held wat bly nie of een wat emigreer nie.
> Dit is "Horses for Courses"

Daar is soms 'n duiweltjie op my skouer wat fluister:
"Die wiel draai. Ja, daai blankes in SA het die land opgeneuk en saamwerk
van die hand gewys,- hulle braai nou in hulle eie vet, pluk die vrugte daarvan.
Die lafaards is daai ouens wat nou nie kan maai wat hul gesaai het nie.
En daai ouens met bloed aan hulle hande - mag die wat hulle vervolg het
nou (met 'n swaar hand) hul regters wees en hul lewe vergal".
Maar ek klits die ou duiweltjie sommer gou af, so wraaksugtige blikskottel!
Netnou piepie hy in my KWV en maak dit suur!

Gloudina skryf:
> Ek dink ook nog dat die naaste aan die Paradys
> 'n plek is daar teen die hange van Tafelberg, tussen
> die proteas en die fynbos.

Ja, stem saam, ons het 'n erf aan die voet van 'n berg in die Kaap.
Ek wil eendag teruggaan. Maar intussen het ek ook 'n erf hier in Australie,
dit kyk uit oor die duine.

Groete.

Meer later oor die Aboriginees... (en hoekom ek nie oor hulle skuldig
voel nie - en wie wel oor hulle moet skuldig voel).
Vorige onderwerp: Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME - OHOPOHO
Volgende onderwerp: Julle is almal vertraag man !!!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 20:25:59 MGT 2024