Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Heldedag
Re: Afdraend? [boodskap #65749 is 'n antwoord op boodskap #65736] Do, 29 Augustus 2002 12:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Wat laat jou dink dat SWA werklik verkies het om
> saam met SA die paadjie te loop? Dit was afgedwing. Duidelik het jy nie
> 'n idee van wat aangegaan het gedurende die 'vryheidsoorlog' nie! Waarom
> dink jy het daar 'n Wêreldhof verskeie kere gesit om SA se mandaat in SWA te
> betwis?
> Die eerste punt is dat die terroriste baklei het teen die onnosel beleid
> van SA, en nie teen die bevolking van SWA nie. Dan, dit het net tot SA se
> voordeel gestrek dat die oorlog beperk kon word tot die SWA
> noordgrens....
> So vriend, nie alleen het julle ons land misbruik en die hele
> Owambobevolking in die skootvak geplaas vir julle drakoniese politieke
> beleid nie, julle het sommer ook die land verkrag. Dit gestroop van sy
> minerale en visbronne en dit sommer gebruik ook as deurgang om Angola ook te
> verkrag. En jy sê julle het ONS grens kom verdedig? Julle het die oorlog
> begin! J U L L E ! ! !

So, Suidwester, met jou duidelike siening
van wat aangegaan het, het jy toe die wapens
opgeneem teen die swernoters van SA wat jou
land so sit en verkrag het? Het jy saam met
jou SWAPO makkers geveg vir die vrymaking van
jou land? Ek sou jou respekteer as jy dit
gedoen het.

Gloudina
Re: Afdraend? [boodskap #65754 is 'n antwoord op boodskap #65747] Do, 29 Augustus 2002 13:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Midi's dra?:)
Annette

"krokkie" skryf in boodskap news:3d6df39d$0$18851@hades.is.co.za...
> Ek bly nou al baie lank in PTA en moet se ek kry nie die bang gevoel daar of
> self in Verwoerdburg nie.
> Al wat jy moet vermy is die gebiede rondom die taxi staanplekke en die
> middestad saans.
>
> Ek kan egter nie dink wat mens nog in die middestad moet gaan doen of wil
> doen nie.
>
> Groete
>
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3d6ce042.0@news1.mweb.co.za...
>> Ai dis so lekker om strooi te hoor uit Kanada uit. As daar nou een
mens
> is
>> wat moet rondry voor hy sy bek rek, dan is dit jy antie! Toevallig ken
> ek
>> Pretoria soos my hand en ek kom gereeld daar. Ek het 'n spul familie op
>> die Rand en een en almal kan jy maar aanloop: Sekuriteitsheinings,
> alarms,
>> karre ge-satelliet....party sommer met registrasienommers groot op die kar
>> ge-sticker. Vra jy vir enigeen om middestad toe saam te gaan, dan rol
> die
>> oë en hou hulle verby. As hulle in Centurion gaan geld trek by die
>> outoteller, dan gaan hulle nie alleen nie en verwag hulle van jou om vir
>> hulle kywie te hou. Daai mense is bang vir hulle eie skaduwees! Dit is
>> harde realiteite dat baie mense in dié stede 'n groot probleem het. As
>> mens net kyk na die assuransiepremies wat die mense betaal, dan is dit
>> skrikwekkend. Om niks eers te sê van die sekuriteitshekke, drade, ens.
>> nie. Wat van die mense wat sommer so op stopstrate in die motors beroof
>> word? En so kan mens aan en aan.....
>> skryf in boodskap news:3D6CB87E.8030609@rogers.com...
>>>
>>> Suidwester wrote:
>>>
>>>> Net so oor die misdaad in SA. Ek praat gister met so 'n paar pêlle
> in
>> die
>>>> RSA en vind toe tot my skok uit dat meer as 70% van hulle het
misdaad
> al
>> op
>>>> die een of ander manier beleef. Een en almal het sulke 10' mure om
>> hulle
>>>> huise, sekuriteit. Die karre word ge-satelliet.....en jy reken
daar
> in
>> die
>>>> Kaap is alles hunkie-dorie?
>>>
>>> Hou op met jou gekekkel. En vat jou kar en ry
>>> orals rond. Ek het die anderdag vertel van my
>>> suster en haar vriende wat deur Oos-Afrika
>>> op sover as Kenia uit Suid-Afrika getoer het.
>>> Jy is deel van 'n "dis so vreeslik gevaarlik
>>> in Afrika" "Afrika is in soveel verval" industrie.
>>> Maar dié soort gekekkel maak al minder hond haaraf.
>>> Ek kry selfs nou die dag iemand hier wat vir my
>>> wysmaak dat sy op die TV gehoor het dat SA nou
>>> die most favourite destination van toeriste in die
>>> wêreld is. Ek is toe skepties en sê maar daar is
>>> darem nog baie crime. Maar sy hou vol, dis wat sy
>>> op die TV gehoor het.
>>>
>>> Gloudina
>>>
>>
>
Re: Afdraend? [boodskap #65757 is 'n antwoord op boodskap #65749] Do, 29 Augustus 2002 14:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ou tante, vir 'n kind wat uit 'n huis kom van stoere Afrikaners met ouers
wat geglo het in wat die Afrikaner en SA doen, het ek my diensplig verrig
soos dit van enige lojale Suid-Afrikaanse burger verwag word. In doerie
jare was die terroristeoorlog ook nog aan sy aanvang, met die insypelings
ver en wyd uitmekaar en meer die weermag wat nog die polisie ondersteun het.
Ek was nooit in volle samestemming met die regering se beleid nie, maar daar
is net geen manier wat 'n kind uit ons huis eers sou waag om sy land te
verraai nie. Jy moet onthou, hierdie was 'n politieke beleid en na die
verkiesing verby is, dan kom jou land en sy pligte eerste en ons het ons
plig gedoen. Vandag lyk dit simpel, maar in daardie jare het daai vraag
nooit eers opgekom nie.
Jare later, soos die storie gevorder het en mens dieper na die storie
begin kyk het, het die realiteit jou getref dat hierdie tipe van
afsonderlike ontwikkeling glad nie prakties moontlik is nie en dat daar geen
toekoms in so 'n beleid kan wees nie. Dis toe dat na alternatoiewe gesoek
is en ander insigte gekry is. Ek is nie skaam om te erken dat ek 'n
dienspligsoldaat was nie. Ek is ook nie skaam om te erken dat ek my land
na die beste van my vermoë gedien het nie, want dit is wat enige lojale
burger verwag word.....of jy altyd van die opdrag hou of nie.
Jy sal jou verstom in ons land hoe die gewone oud-Swapo soldate en die
oud-SAW's vir mekaar glimlag en erken want geen mens in sy normale verstand
hou van oorlog nie. Ons is aan 'n verloorkant van 'n stryd waar ons 'n
beleid verdedig het wat, hoe verder die jare gevorder het hoe moeiliker
moreel regverdigbaar het dit geword.....en hulle het geveg vir hulle
vryheid....soos jy graag sou wou sê ou antie, en hoe hulle ook aanvanklik
gedink het. Maar dit gaan g'n niks oor vryheid nie! Die wit politieke
base is vervang met swart politieke base en die mense op die grond het
steeds niks nie. Ja, almal mag nou stem, maar werklike vryheid kom net as
elke man se maag elke aand vol is en hy 'n dak oor sy kop kan hê. Nie
geskenk nie! Nee, ek wil dit deur die sweet van my arbeid verdien en so
sal ek elke ander man in die oë kan kyk.
Dit het nie gebeur nie! Die mense waarvoor baklei is, is slegter af as
ooit. Nou vra mens jou die vraag: Was alles die moeite werd? Of dien
ons maar net ons politieke base se giere? Ja! Jy ook!
skryf in boodskap news:3D6E1207.9030300@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>
> Wat laat jou dink dat SWA werklik verkies het om
>> saam met SA die paadjie te loop? Dit was afgedwing. Duidelik het jy nie
>> 'n idee van wat aangegaan het gedurende die 'vryheidsoorlog' nie! Waarom
>> dink jy het daar 'n Wêreldhof verskeie kere gesit om SA se mandaat in SWA te
>> betwis?
>> Die eerste punt is dat die terroriste baklei het teen die onnosel beleid
>> van SA, en nie teen die bevolking van SWA nie. Dan, dit het net tot SA se
>> voordeel gestrek dat die oorlog beperk kon word tot die SWA
>> noordgrens....
>> So vriend, nie alleen het julle ons land misbruik en die hele
>> Owambobevolking in die skootvak geplaas vir julle drakoniese politieke
>> beleid nie, julle het sommer ook die land verkrag. Dit gestroop van sy
>> minerale en visbronne en dit sommer gebruik ook as deurgang om Angola ook te
>> verkrag. En jy sê julle het ONS grens kom verdedig? Julle het die oorlog
>> begin! J U L L E ! ! !
>
>
> So, Suidwester, met jou duidelike siening
> van wat aangegaan het, het jy toe die wapens
> opgeneem teen die swernoters van SA wat jou
> land so sit en verkrag het? Het jy saam met
> jou SWAPO makkers geveg vir die vrymaking van
> jou land? Ek sou jou respekteer as jy dit
> gedoen het.
>
> Gloudina
>
Re: Afdraend? [boodskap #65758 is 'n antwoord op boodskap #65757] Do, 29 Augustus 2002 14:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Ek was nooit in volle samestemming met die regering se beleid nie, maar daar
> is net geen manier wat 'n kind uit ons huis eers sou waag om sy land te
> verraai nie.

So nou blameer jy jou ouers? As jy ruggraat
gehad het, sou jy geobjekteer het. Baie het
dit gedoen. Dan het daar baie minder Afrikaner-
seuns en Ovambo-seuns op die slagvelde gesneuwel,
as julle laaities julle koppe gebruik het en
nie julle agterente nie, en julle land gered
het van die ergste gruwels van apartheid in
plaas van om in julle uniforms te loop en
pronk en later op die ander grens, in die strate
van Soweto, te begin skiet op skoolkinders. En
so 'n intefada begin het.

Die Ruiter in die Dag.
Re: Afdraend? [boodskap #65761 is 'n antwoord op boodskap #65758] Do, 29 Augustus 2002 15:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Soos gewoonlik lees jy tussen die lyne en dink twak uit, ou antie! Ek dink
ek is goed opgevoed deur goeie ouers met goeie beginsels. Dit was
Afrikanerbeginsels en een daarvan was definitief lojaliteit teenoor jou
land......nou nie dat jy enigiets daarvan sal weet nie? Wat jy gerieflik
vergeet, is dat die SA regering 'n wettige regering was wat wêreldwyd erken
was. Daar is geobjekteer teen sy beleid ja, maar dit is eers veel later
dat die insig gekom het dat apartheid nou nie eintlik werk nie. Dit moet
ek vir jou kwalifiseer, wetlik gedwonge apartheid, want vrywillige apartheid
floreer steeds in een en elke land op hierdie aarde en solank as wat daar
mense is wat anders lyk en ander beginsels en tradisies het, sal mense
voorkeure hê vir hulle eie soort. Jy kan, en mag, so iets nie wetlik
afdwing nie. Ons sien dit in ons land van onafhanklikheid van 13 jaar.
Daar is geen beperkings op enigiemand nie, maar steeds verkies Basters om
saam te koek in een stuk van die dorp, die Damaras hou by hulle pelle, die
Hereros die Owambos ook. Die een se gewoontes maak die ander ongemaklik,
so elke ou gaan bly waar hy gelukkig is. O, en die blankes bly ook maar
naby mekaar. En almal leef in vrede en niemand baklei met mekaar nie.
Sou jy egter die spulletjie aan die baklei kan kry [soos een aand by 'n
sjebien gebeur het] wat gebeur? Die Damaras staan saam, so ook die
Hereros, die Wambos en die Basters en moer mekaar lekker, maar 'n man veg
vir sy soort. Wat ons ook al ooit gaan doen op hierdie ou aardbol,
etnisiteit gaan jy nie vernietig kry nie. Dis doodnatuurlik, maar dis
natuurlik die kleurlinge [die oorbruggroepe wat geen identiteit het nie]
waar die groot sukkel lê [antie sal mos weet!].
O, en moenie so hard praat van slagvelde waarop Swapokrygers geval het
nie. In 23 jaar van probeer kon hulle nooit enige geveg wen nie en het
hulle ook nie die oorlog gewen nie soos wat julle graag wil propageer nie.
Dis net SA wat moeg geraak het vir die speletjie........en jy kom weer met
daai storie van die kinders wat geskiet is in Soweto.....gee bietjie datums
dat ons vir jou kan lag? Jou ou man was mos dan ook een van die dapper
manne wat probeer keer het, het jy laas gesê. Voor julle nog Kanada toe
was?
skryf in boodskap news:3D6E311D.2080303@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>
>> Ek was nooit in volle samestemming met die regering se beleid nie, maar daar
>> is net geen manier wat 'n kind uit ons huis eers sou waag om sy land te
>> verraai nie.
>
>
> So nou blameer jy jou ouers? As jy ruggraat
> gehad het, sou jy geobjekteer het. Baie het
> dit gedoen. Dan het daar baie minder Afrikaner-
> seuns en Ovambo-seuns op die slagvelde gesneuwel,
> as julle laaities julle koppe gebruik het en
> nie julle agterente nie, en julle land gered
> het van die ergste gruwels van apartheid in
> plaas van om in julle uniforms te loop en
> pronk en later op die ander grens, in die strate
> van Soweto, te begin skiet op skoolkinders. En
> so 'n intefada begin het.
>
> Die Ruiter in die Dag.
>
Re: Afdraend? [boodskap #65767 is 'n antwoord op boodskap #65761] Do, 29 Augustus 2002 17:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Dit was
> Afrikanerbeginsels en een daarvan was definitief lojaliteit teenoor jou
> land

"Lojaliteit teenoor jou land," sê jy?
Van watter land praat jy? Toe ek nog
'n Suid-Afrikaanse burger in SA was, het
my land bestaan uit talle verskillende
etniese groepe wat almal burgers van my
land was. Ek sou intens dislojaal teenoor
my land gewees het, as ek my geskaar het
by die klein groepie "wit" swernoters wat
die land oorgeneem het en daarvan 'n
diktatorskap gemaak het. 'n Klomp van ons
het die land verlaat, liewer as om onder
so 'n afskuwelike diktatorskap te leef.
Maar daar is mense wat gebly het en daarteen
geveg het. Jy kon ook.

Gloudina
Re: Afdraend? [boodskap #65768 is 'n antwoord op boodskap #65761] Do, 29 Augustus 2002 18:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> O, en moenie so hard praat van slagvelde waarop Swapokrygers geval het
> nie. In 23 jaar van probeer kon hulle nooit enige geveg wen nie en het
> hulle ook nie die oorlog gewen nie soos wat julle graag wil propageer nie.
> Dis net SA wat moeg geraak het vir die speletjie.

Ag man, hou nou maar op met die ou
storie van hoe die diktatorskap in
SA moeggeword het vir die "speletjie."
En hou op om te maak asof julle die
oorlog geveg het vir julle eie vermaak.
Julle was die lakeie van die C.I.A.
Julle was proxies vir die Amerikaners.

Gloudina
Re: Heldedag [boodskap #65770 is 'n antwoord op boodskap #65634] Do, 29 Augustus 2002 18:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Kyk wat sê vandag se Star - beter maar SA toe trek ou grote:

Windhoek - Namibian President Sam Nujoma, who has backed Zimbabwean
President Robert Mugabe's land redistribution and other policies,
sounded a warning to white Namibian farmers still holding on to vast
tracts of land.

Opening the third congress of the ruling Swapo party in the Namibian
capital, Nujoma said on Wednesday: "Although we enjoy peace and
stability in our country, up to now more than 70 percent of our arable
land is still in the hands of the minority white farmers.

"In accordance with our constitution, the land reform programme in
Namibia is based on the principles of willing buyer, willing seller.

"I call upon the white farm owners to cease the deliberate policy of
inflating the prices of land. The white landowners must know that the
majority landless citizens of this country are daily becoming
impatient," Nujoma said.

At the weekend, Nujoma appealed to Namibians to throw their weight
behind Zimbabwe and defeat the forces of imperialism. "We cannot allow
imperialism to take over our continent again. We must defend
ourselves,"
Nujoma told delegates to a civil service workers union congress at
Swakopmund.

"Today it is Zimbabwe, tomorrow it is Namibia or any other country. We
must unite and support Zimbabwe. What is happening in Zimbabwe is
British imperialism," he said.

Nujoma made the remarks as Zimbabwe arrested more than 100 farmers and
started to forcibly remove them from their farms.

About 243 000 landless black Namibians are still waiting for land and
to
resettle them the government needs about R1,1-billion to buy 9,5
million
hectares.

Namibia has 4 045 commercial farms. About 30,5 million ha is owned by
white farmers and 22 million ha by black farmers. Nujoma's government
is
concerned by the slow pace of the willing seller, willing buyer policy
of acquiring land for resettlement and said it would consider other
means of acquiring land.

Lands Minister Hifikepunye Pohamba appealed to white farmers to "be
serious and co-operate with the government" in its efforts to make
land
available to the majority blacks. Since independence in 1990, the
Namibian government has acquired 105 commercial farms, of 599 077 ha,
and re-settled just over 30 000 people. - Independent.

On Mon, 26 Aug 2002 09:16:07 +0100, "Suidwester" wrote:

> Dis vandag Heldedag in Namibië en die inwyding van die nuwe Heldeakker in
> Windhoek vind vandag plaas. 'n Moerse lot miljoene dollars verder [wat die
> land eintlik nie kan bekostig nie en die werk is gedoen deur buitelanders
> terwyl werkloosheid hier by ons ongelooflik hoog is] word hiermee hulde
> gebring aan die helde van die vryheidstryd van Namibië. Waar die fondse
> vandaan kom, kan mens seker oor net spekuleer, maar onsself kan dié monument
> nie bekostig nie. So, die buiteland moet seker maar die geld skenk? Mens
> bly egter wonder of die geld nie beter aangewend sou wees om die lot van die
> gewone man op straat te verlig nie?
> Glo dit of nie, ons stap dieselfde pad as Zimbabwe. Mooi stories word
> gepraat dat ons grondwet 'n model ene is en dat dit individuele eiendomsreg
> beskerm, maar die dag gaan kom dat die buiteland nie meer genoeg gaan skenk
> om Namibië se kop bo water te hou nie. Werkloosheid gaan vererger en dan
> gaan die politici vir die mense vertel dat die oorsaak van al hul elende is
> die boere op die plase wat hulle grond gesteel het. Maak nie saak of dié
> man en sy mense nog nooit voorheen voet op daardie spesifieke stuk aarde
> gesit het nie, beset gaan hulle hom beset, want dit is die enigste manier
> van oorlewing in 'n land waar daar geen vooruitgang is nie. Hulle kan
> eintlik nie anders nie!
> Hoe anders kan mens die feit vertolk dat ou Mugabe se vrou vir haarself
> 'n plaas toe-eien? Haar man is een van die rykste mense ter wêreld
> .....uit sy mense se goed steel. Nou doe sy maar so voort. Wat van die
> feit dat omtrent elke minister in ons land een plaas of meer het.....dat Sam
> Nujoma 'n stuk of sewe plase het? Niemand eis dat hy sy plase moet verkoop
> of weggee nie!
> Dit is net 'n kwessie van tyd, dan volg Suid-Afrika ons
> ook........Afrika roep!
>
> --
> This message contains information intended for the perusal, and/or use [if
> so stated], of the addressee[s] only. The information is confidential and
> priviledged. If you are not an intended recipient, do not peruse, use,
> disseminate, distribute, copy or in any manner rely upon the information
> contained in this message [directly or indirectly]. The sender shall not
> be held accountable in the event this prohibition is disregarded. If you
> receive this message in error, notify the sender immediately by e-mail, fax
> or telephone and/or destroy the original message. The views or
> representations contained in this message, whether expressed or implied, are
> those of the sender only.
>
Re: Afdraend? [boodskap #65778 is 'n antwoord op boodskap #65736] Do, 29 Augustus 2002 23:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester
Jinne, maar jy herhaal darem. Was jy dalk 'n politikus?

Wouter
Dis ongelukkig jy wat jou onsinnighede bly herhaal, jy
lees nie, reageer nie as ek onsinnighede uitwys nie en
rek hierdie debat onnodig tot vervelens toe uit.

Ek het geen behoefte om SWA/Namibië te knock nie.
Dis een van my gunstelingplekke op die aardbol, maar
jou volhardende onkunde dwing my om te bly reageer
sodat dit dalk kan lyk of ek 'n probleem met die
geskiedenis het. Ek het nie en wil nie graag verder in
die trant aangaan nie, maar ek sal nog een keer probeer
om jou dwalinge uit te wys en reg te stel.

Suidwester
Hoe hard moet ek vir jou verduidelik en hoe moeilik is dit
om te verstaan dat SWA wel as 'n 5de provinsie bedryf is

Wouter
Jy onthou verkeerd, dis ek wat dit by jou probeer tuisbring
het, gaan lees gerus weer hier onder. Dis die heel eerste keer
dat jy hierdie insig openbaar.

Wat jy gesê het is dat "INFRASTRUKTUUR kom via
belastinggeld en as al jou belastinggeld Suid-Afrika toe gaan,
waarmee gaan jy dit bou of onderhou? DIS wat in die ou
regime gebeur het." Nou dis snert dat SWA se belastinggeld
na SA gegaan het, die teenoorgestelde het gebeur, net soos
met die ander uitgestrekte en minder ontwikkelde provinsies,
dit was 'n doodnormale situasie.

Jy ignoreer ook my versoek om dit te substansieer. Die blote feit
dat jy die leuen al 'n paar keer hier herhaal het verander nie die
feit dat dit 'n leuen is nie. En dan vra jy of ek 'n politikus is?
Get a life!

Suidwester
MAAR DAT DIE BEGROTING VIR DAARDIE PROVINSIE
NA DIE SA PARLEMENT IS VIR GOEDKEURING?

Wouter
Jou gebrek aan insig is verstommend. Natuurlik is al die provinsiale
en die territoriale (SWA) begrotings sentraal goedgekeur, daardie
beginsel geld vandag nog in SA. Hoe dan anders? Maar jy mis die
punt dat die SWA-administrasie 'n relatief klein deel van die uitgawes
hanteer het, nie belangrike items soos verdediging, ens. nie. (Ek
wil my verbeel dat selfs items soos onderwys sentraal hanteer is)
En nog belangriker, dat SWA nie vir die inkomste-begroting
verantwoordelik was nie, behalwe vir onbenullige items soos
motorlisensies. Presies soos enige ander provinsie, dit werk
vandag nog ongeveer dieselfde hier by ons. En die somme is
jaarliks gemaak en dit het gewys dat die Kaap en veral die
Transvaal die ander drie provinsies gesubsidieer het.

Inkomstebelastinginvordering was verder beduidend swakker in
SWA as in SA. In Ovamboland was daar bv heelwat ekonomiese
aktiwiteit, maar effektief geen betekenisvolle belastinginvordering
behalwe van staatsamptenare nie.

Jou "onthulling", nogal in hoofletters, beskryf dus bloot 'n normale
situasie en het presies niks te doen met die feit dat SWA vir SA
baie meer geld gekos het as wat dit ingebring het nie.

Jou geteem oor byvoorbeeld diamante wat gestroop is het, selfs as
dit waar sou wees (en min van wat jy oor die onderwerp sê is waar),
het ook niks met die saak te doen nie. Die maatskappye wat dit gemyn
het, het betaal vir die prospekteerregte en die grond, hulle het die
risiko's geloop en dit wettig gemyn en daarom het hulle ook die reg
om die geld aan te wend waar hulle wil. As Namibië nie aantreklik
is vir verdere beleggings nie, is dit nie hulle probleem nie en al jou
ouvrou-gehuil oor die sogenaamde "gestroop" sal dit nie verander nie.
Jy klink nogal baie soos die mense wat absurde regstellings eis vir
die sondes van apartheid. Miskien moet jy ook 'n hofsaak teen die
SA Regering aan die gang sit, dan kan jy al jou lawwe emosionele
aansprake in 'n hof gaan toets?

Suidwester
Jy teem so oor JULLE die infrastruktuur van SWA opgebou en
onderhou het. Kyk mooi weer as jy hier kom en kyk hoeveel
het daai infrastruktuur met julle eie oorlogspoging te doene gehad.

Wouter
Dis presies my punt. As SWA nie daar was nie, het ons nie
nodig gehad om daardie biljoene daar in te pomp nie en sou
daardie infrastruktuur ook nie vandag daar gewees het nie.
Ek het van die begin gesê dit was nie om welwillend te wees nie,
ons het wel die gemeenskaplike belange van SA en SWA probeer
dien en dit was onder andere om die SWA-grens te verdedig.

Al was die oorlog nie primêr teen SWA gerig nie, sou julle
nie moorde en anargie vrygespring het as die vryheidsvegters
bv. vryelik uit Ovamboland kon opereer nie, julle was deel
van SA. Op julle eie het julle geen militêre vermoë gehad
om dit te voorkom nie.

Suidwester
..dit het net tot SA se voordeel gestrek dat die oorlog
beperk kon word tot die SWA noordgrens.....

Wouter
Tot ons voordeel, ja. Teen 'n helse prys. Maar nog meer tot die
voordeel van die SWA-inwoners. Die destydse vyand se eerste
teiken was SWA, hoekom dink jy het van hulle onder die naam
SWAPO geveg?

Of dink jy dalk julle sou vandag beter af gewees het as julle van
die begin af 'n demokratiese (lees swart) regering gehad het en
dat SA liewers nooit betrokke moes gewees het nie?
(Dit kan 'n baie meer interessante debat wees)

Suidwester
die rede is eenvoudig vir die met 'n IK: Dié grens is net oor
'n 1000 km lank met 'n see langsaan waar jy nie kan land nie.
Militêr-strategies wonderlik ivm die suidelike SWA grens,
tesame met Botswana plus Mosambiek wat jou oor die
3 500km gee. Waar die grensoorlog die SA belastingbetaler
[dis nou duidelik jou soort wat sit en bewe het onder die bed
met sy keyboard en net kan kritiseer] seker so R2-3m per
dag gekos het, lees R10+m per dag sou SWA uit die pad wees.

Wouter
Nog 'n direkte leuen. Bring vir my iemand wat daardie syfers
sal bevestig. Ek dag jy weet iets van die destyds militêre operasie,
maar jy lieg net so maklik daaroor as oor die res.

In die eerste plek is jou logika totaal cock-eyed. Mosambiek
is derduisende myle weg en het met die bosoorlog in SWA en
Angola niks te doen nie, ons moes in elk geval daardie grens
beskerm. (Die leeus in die Kruger-wildtuin het ons bygestaan
daarmee.) En as dit die terroriste/vryheidsvegters gepas het
om deur Botswana se moerasse te infiltreer kon hulle dit ook
gedoen het sonder om deur SWA te kom.

Ek is in die laat 80's deur die Weermag genooi om die grensgebied
te besoek, jy weet dalk van daardie skakelaksie van hulle. En twee
van die generaals van die operasionele gebied het toe bevestig dat
hulle die suidelike grens met baie minder mense en toerusting teen
'n fraksie van die koste (hulle het gesê minder as 25%) baie
meer suksesvol sou kon verdedig as die noordelike.
Van hulle redes was:
Die suidelike grens is oop, deels woestynagtig en met baie minder
bome en bosse.
Daar is nie moerastoestande wat beweging bemoeilik nie
Dis nader aan bestaande militêre infrastruktuur in plekke
soos Upington en Kaapstad
Die plaaslike bevolking daar is ons soldate baie meer goedgesind.
Hulle het baie klem daarop gelê dat die suidelike grens 'n maklike
verdedigbare grens is, maar die noordelike grens nie.

Ek is bevrees jy suig argumente en syfers uit jou duim, of weet jy
beter as die militêre leiers? Nie 'n goeie manier om te debatteer
nie, jy maak jou naam net al hoe meer krater. As dit nog moontlik is....

Verder maak jy baie van ONS en JULLE. Daar was destyds geen
ons en julle nie. Suidwes is as deel van SA bestuur, julle was deel
van die familie. As dit nie so was nie, sou ons nie die bosoorlog
daar geveg het en biljoene van ons belastinggeld daar bestee het
nie, dit was vir enigiemand met 'n IK logies dat dit vrek baie sou kos.

Ek sê weer, ek het selfs met die voordeel van terugkyk geen
probleem daarmee nie, dit was die normale ding om te doen.
Enige ander optrede sou beteken het dat ons julle in die rug
sou gesteek het. Jy hoef nie hierdie debat te bly uitrek met
'n herhaling van dieselfde argumente en nuwe dinge wat jy
uit jou duim suig nie.

Ek het 'n eenvoudige stelling oor julle geërfde infrastruktuur
gemaak en jy bly motiewe en argumente aan my toedig wat
net in jou kop bestaan. Los nou liewers daardie geteem,
dis lankal vervelig.

Bly liewers by springbokke en damme, ek geniet jou stories
daaroor en leer daaruit.

Opregte varkgroete

Wouter

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d6cf883.0@news1.mweb.co.za...
> Suidwester
> Wat jy nie kan verstaan nie is dat INFRASTRUKTUUR kom
> via belastinggeld en as al jou belastinggeld Suid-Afrika toe
> gaan, waarmee gaan jy dit bou of onderhou? DIS wat in die
> ou regime gebeur het. Hulle het die land van sy natuurlike
> bronne kaalgestroop tot 'n groot mate.
>
> Wouter
> Dis jy (wat nie verstaan wat infrastuktuur is nie) wat belasting
> by die argument ingesleep het en jy argumenteer dus al weer
> teen jouself. Maar ek reken jy verloor selfs teen jouself, hoor.
>
> In die SWA-jare (voor onafhanklikheid) is Suidwes soos 'n 5de
> provinsie bestuur. Ek het in daardie tyd onder andere vir 'n SA
> maatskappy gewerk wat besigheid in SWA bedryf het en het
> ook met ons belastingopgawes gewerk. Nou ek het nuus vir
> jou, daar was geen aparte SWA-belasting vir maatskappye
> in daardie tyd nie, net soos daar ook nie aparte belasting vir
> die Transvaal of die Vrystaat was nie. Daar was wel 'n som wat
> jy moes maak om 'n deel van jou belasting aan SWA toe te
> deel, maar dit was bloot vir statistiekdoeleindes. Volgens
> daardie statistiek was SWA 'n bodemlose put, die belasting
> wat daar ontstaan het kon nooit die uitgawes dek nie en dit
> was ook 'n belangrike beweegrede om saam te werk met
> SWA se onafhanklikheidswording. Dit het vir SA 'n pot
> volg geld elke jaar bespaar.
>
> Dis algemene kennis dat julle infrastruktuur destyds grootliks
> met SA belastinggeld gefinansier is. Net soos die huidige
> Noord-Kaap se infrastruktuur met belastinggeld uit die huidige
> Gauteng en Wes-Kaap gefinansier is. Dit was 'n doodnormale
> ding om dit te doen, SWA is as 'n provinsie beskou. Ek noem
> die Noord-Kaap omdat die ekonomies vergelykbaar is met
> Namibië (Kimberley se ekonomie is van dieselfde orde as
> dié van Windhoek en buite die twee hoofstede is daar in albei
> gevalle groot wyd uitgestrekte dun bevolkte gebiede.) Ons
> hoef dus nie daaroor te argumenteer nie, dis iets wat normaal
> was en met onafhanklikheid verdwyn het. Nou moet julle dit
> met julle dun belastingbasis onderhou.
>
> Substansieer asseblief jou stelling dat julle belastinggeld
> na SA toe gegaan het. Ek reken dis snert. Nie dat dit enige
> iets verander aan die oorspronklike argument nie, dis net
> vir my komies dat jy klaarblyklik met drogredenasies teen
> jouself besig is.
>
> Suidwester
> As jy reken Namibië se paaie is nie goed nie, dan wonder
> ek net waar jy rondry ou vriend?
>
> Wouter
> Dit het ek nooit gesê nie. Ek het bloot gesê dat ek nie dink
> dis so wonderlik nie en dat jy dus gelieg het toe jy dit aan
> my toegedig het. Net soos jy nou lieg dat ek gesê het die
> paaie is nie so goed nie,
>
> Suidwester
> Graag sou ek wou weet as jou land my land kom opmoer vir jou eie
> militêre voordele, dan is jy niks aan die land verskuldig nie? Is dit
> tipies van julle tipe? Klink so!
>
> Wouter
> Hoekom vra jy dit vir my? Ek het dit ook nooit gesê nie, trouens
> ek het nooit enigiets hieroor gesê nie. Jy is die enigste een wat
> op die punt teen jouself argumenteer. Gaan gerus voort as dit
> jou amuseer. Uit 'n SA oogpunt het ons te lank SA belastinggeld
> in 'n oorlog en gepaardgaande infrastruktuur ingepomp om
> julle noordelike grens te probeer verdedig. Dit sou ekonomies
> gesproke baie meer sin gemaak het om julle suidelike grens
> te verdedig. Maar dit was 'n politieke besluit, waaroor ek
> nie met die voordeel van terugkyk oor wil oordeel nie.
>
> En ek sê weer, ek hou van Namibië, nes ek van Suidwes
> gehou het. Ek het nie lus om hierdie koeie op te grawe net
> omdat jy met hardkoppige nonsens bly volhard nie.
>
> Suidwester
> .....en so 'by the way', los bietjie vir my julle misdaadprobleem
> op soos wat jy gaan keer dat die plaasbesettings nie gaan plaasvind
>
> Wouter
> Jy lees baie sleg, ons het die punt al uitgeput. Plaasbesettings
> is nie misdaad nie, dis moontlik om dit heel wettig te doen.
> En ek het saamgestem dat SA tans meer probleme as
> Namibië het en dat misdaad 'n helse groot probleem is,
> maar dit het steeds niks uit te waai met die nonsens
> wat jy gepraat het en wat ek aan jou uitgewys het nie.
>
>
>
>
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3d6c9de6.0@news1.mweb.co.za...
>> Suidwester
>> Laat ek jou 'n bietjie gooi. Daai wonderlike infrastruktuur waaroor jy
>> so teem.
>>
>> Wouter
>> As jy dink dis wonderlik is dit goed. Ek dink nie so nie en het dit ook
>> nie gesê nie, dis juis besig om te verswak. So gooi liewers jouself,
>> want jy argumenteer oor jou eie opinie.
>>
>> Suidwester
>> Vandag trap die 18-wheelers uit SA die uitstekende padstruktuur van
>> Namibië in sy moer in.......
>>
>> Wouter
>> Dit is juis my punt. Onthou? Ek het dit net nie uitstekend genoem nie,
>> dis weer jy wat voel dat dit wonderlik is.
>>
>> Suidwester
>> Self lees jy darem ook nie te lekker nie, want hoekom vertel jy my nie
>> van die feit dat die groot gros van die mynwese, die visnywerheid, ens. se
>> belastinggeld na die RSA gegaan het. Is dit nodig om vir jou te vertel
> dat
>> die grootste diamantbron in die wêreld naas Rusland in Nam is? Dit is
>> gerape, peplunder deur jou mense en jy reken julle het genoeg
teruggegee?
>
>>
>> Wouter
>> Jy reken ek lees nie lekker nie! Ek het reeds gesê wat ek met
>> infrastruktuur bedoel, maar jy bly karring met mynwese, diamante
>> en die visbedryf. Ek het gesê julle kan nie die infrastruktuur in stand
>> hou wat julle geërf het nie, niks van enige bedryf nie. En jy bly
>> teem oor bedrywe, jy argumenteer alweer teen jouself.
>>
>> Gaan lees 'n slag in 'n woordeboek wat infrastruktuur is:
>> in�frastruktuur, ..ture. Alles wat nodig is vir die vestiging van
> industrie�
>> of die ontginning van myne (bv. paaie, spoorweë, water, krag, huise,
>> ens.), ondersteunende dienste, onderbou.
>>
>> Myne is myne, diamante is diamante, vis is vis. Maar nie een van
>> hulle is infrastruktuur nie.
>>
>> Suidwester
>> jy reken julle het ons land al daai goete uit welwillendheid geskenk?
>>
>> Wouter
>> Jy lees nie, ek het die teenoorgestelde gesê. Dit staan hier onder,
>> maar laat ek dit maar herhaal, lees gerus weer:
>>> Ek het nooit gesê SA het Namibië bevoordeel nie. Ons
>>> was daar om ander redes, as dit gebeur het was dit
>>> toevallig. Ek het bloot gesê julle kan nie die geërfde
>>> infrastruktuur in stand hou nie
>>
>> Jy redeneer die hele tyd oor goed wat jy aan my toedig, maar
>> wat net in jou kop bestaan. Soos 'n kind wat sien hy het geen
>> argument nie en nou teen homself probeer punte wen.
>>
>> Dis vervelig. Gaan speel liewers elders.
>>
>>
>> "Wouter Plaasvark" wrote in message
>> news:3d6b99ed.0@news1.mweb.co.za...
>>> Nogal, ironies dat jy hoog opgee en laag insit oor maniere
>>> in dieselfde boodskap. Ek los dit daar, almal kan sien hoe
>>> dit begin het en wie dit is wat oorreageer.
>>>
>>> Al jou aannames oor my is verkeerd, net soos jy oor die
>>> meeste ander dinge waaroor jy so raas.
>>>
>>> Ek het nog nooit vir die staat in SA gewerk nie. Dis half
>>> ironies dat die enigste fooie wat ek nog ooit van 'n regering
>>> verdien het van julle regering gekom het, ten spyte daarvan
>>> dat hulle nie graag hulp van SA inroep nie. Die meeste
>>> van my Namibië-kliënte is egter sake-ondernemings.
>>>
>>> Ek het met die infrastruktuur hoofsaaklik die vervoer
>>> (paaie, ens) bedoel. En 'n paar dorpe, en heelwat skole,
>>> polisiekantore en ander openbare geboue wat anders
>>> nie daar sou gewees het nie. As jy dink dit maak
>>> nie werklik saak nie, het jy nog nooit gedink hoe dit sou
>>> wees as dit nie daar was nie. En met die bietjie belasting
>>> wat julle in saam met die swaar staatsdiens wat julle onderhou
>>> gaan julle dit nie in stand kan hou nie. Net een voorbeeld,
>>> die helfte van julle persoonlike inkomstebelasting kom
>>> van staatsamptenare (paying Peter to pay Peter).
>>>
>>> Ek het nooit gesê SA het Namibië bevoordeel nie. Ons
>>> was daar om ander redes, as dit gebeur het was dit
>>> toevallig. Ek het bloot gesê julle kan nie die geërfde
>>> infrastruktuur in stad hou nie. Plein en simpel, ek
>>> verstaan nie hoekom jy daaroor gal-af gaan nie. Dalk
>>> lees jy nie lekker nie? Ek het ook nooit gesê ons het
>>> dinge lekker onder beheer hier nie, dit sou taamlik
>>> ver van die waarheid wees. Ons het myns insiens meer
>>> probleme as julle, maar met een groot verskil, ons
>>> het 'n lewensvatbare ekonomiese toekoms. As jy dit nie
>>> verstaan nie, kyk dan maar oor so 10 jaar hoe ons twee
>>> lande relatief tot nou lyk.
>>>
>>> Maar ek probeer nie Namibië slegmaak nie. Inteendeel,
>>> ek is lief vir die land en hoop dat dinge vir julle sal uitwerk.
>>> Ek sou maklik daar kon woon, gelukkig is die tipiese
>>> Suidwester baie meer gemütlich as jy. Maar die ekonomie
>>> sal die deurslag vir julle toekoms gee, nie die paar politici
>>> waaroor jy brom nie, hulle kan die land bloot 'n knou gee.
>>>
>>> Jy het duidelik ook nie 'n begrip van die misdaadsitusie
>>> hier by ons nie. Dis nie so eenvoudig soos jy dit probeer
>>> maak nie. Armoede en werkloosheid is die teelaarde,
>>> maar georganiseerde misdaad (wat deur gierigheid
>>> eerder as armoede gedryf word) is die enkele groot
>>> probleem.
>>>
>>> Maar dit het steeds niks te doen met jou stelling "beset
>>> gaan hulle hom beset, want dit is die enigste manier van
>>> oorlewing in 'n land waar daar geen vooruitgang is nie.
>>> Dit is net 'n kwessie van tyd, dan volg Suid-Afrika ons
>>> ook........Afrika roep!" en dis waaroor hierdie debat gaan.
>>>
>>> Jou sug sê ook niks nuuts nie, jy ignoreer steeds die
>>> verskille tussen SA en namibië.
>>>
>>> Ek sê weer, gaan soek ander maters om jou te volg,
>>> ons stel nie belang nie.
>>>
>>> Wouter
>>>
>>> Terloops, ek is al sedert 1980 'n belastingbetaler in Namibië.
>>> Ek glo daaraan om terug te gee en te betaal waar jy verdien.
>>> Ek vermoed dit het my gehelp toe ek vir staatsbesigheid
>>> getender het
>>>
>>>
>>> Suidwester wrote in message
>>> news:3d6b28ee.0@news1.mweb.co.za...
>>> Laat ek begin deur te sê ek verstaan hoekom jou naam 'plaasvark' is
want
>> jy
>>> openbaar toepaslike maniere. Dalk moet iemand vir jou vertel dat jy
> nie
>>> argumente wen deur te beledig nie.....dit openbaar net jou mentaliteit.
>>> Duidelik daarom dat jy nie die verskil tussen teorie en realiteit kan
>>> waarneem nie. Sit seker daar agter jou staatgefundeerde PC [of jy
werk
>> vir
>>> hulle of jy is op hulle pensioen want net 'n staatsamptenaar kan sulke
>> tjol
>>> kwytraak!] en droom van dinge wat nie was nie....en ook nie gaan wees
> nie.
>>> 1. Namibië - Ek wil nie graag SA beledig nie want ek hêt die land op
> die
>>> sportveld verteenwoordig en ek was in sy weermag, maar oor die geërfde
>>> infrastruktuur moet jy so 'n bietjie stadig want jy weet nie waaroor dit
>>> gaan nie. Laat ek dit vir jou stadig uitspel. Diamante, visbronne
> [die
>>> rykste in Afrika], alle mynregte, uitroei van wild, ens. Al die het,
> en
>>> behoort steeds, aan Suid-Afrikaners.....en hulle betaal belasting in die
>>> RSA. Die gevolg? Ons visbronne is basies in moer in. Die
diamante
> is
>>> so uitgehaal voor onafhanklikheid dat dit wat oor is, lyk na
>>> kinderspeletjies. Infrastruktuur sê jy? Wonderlike paaie, gee ek
> toe.
>>> 'n Billike treinspoor gee ek ook toe, maar wat van die dinge wat werklik
>>> saak maak, soos water in 'n droë land. Nou sal 'n kringspier soos jy
> vir
>>> my sê die grootste dam Hardap is gebou deur SA. Ja, maar die
> beplanning
>>> vir daardie dam is reeds in 1908 deur die Duitsers gedoen en die SA
>> regering
>>> het op daai planne gesit vir oor die 50 jaar! Toe gaan bou die dom
>> blokke
>>> een groot dam in 'n enkele gebied wat nie daai volume water kan
> opgebruik
>>> nie. Die Duitse beplanning was vir 5 oorloopdamme en 5 soortgelyke
>>> beplantingsgebiede.
>>> 2. Angola - Net soos Namibië se wildlewe wat swaar onder
> Suid-Afrikaanse
>>> jagters deurgeloop het [ministers en offisiere wat in die Kaokoveld
>> olifante
>>> en renosters met die Alouettes gejag het], het Suid-Angola ook onder die
>>> Suid-Afrikaners deurgeloop. Olifant, renoster en hardehoutbome is
>>> uitgeroei om vir Savinmbi en Unita se oorlogspoging te betaal [wil jy
> die
>>> projeknaam weet waaruit daardie fondse direk uit die SA parlement gekom
>>> het?] en die lorries het dag en nag via SWA geloop om die
> renosterhorings
>> en
>>> olifanttande en boomstompe uit te smokkel na SA toe. Foei, en jy sê
>> julle
>>> het SWA met 'n voordeel gelaat?
>>> 3. Politiek - Die probleem met die Afrika-politiek is dat daar twee
>>> groepe oorbly. Die een is die swart meerderheidsregering se lede wat
>>> hulleself nie kan inhou nie en veel erger tekere gaan as wat die
> politici
>>> wat hulle vervang het, ooit sou waag om te doen. Dan is daar die manne
>>> soos jy wat glo aan die sprokie dat SA immuun is teen die ergste. Word
>>> wakker vriend! Mugabe het sy hele ekonomie so te sê vernietig om sy
> sin
>> te
>>> kry. Die realiteit van die saak is dat tussen bogenoemde groepe die
>> groep
>>> mense is wat die politieke verandering teweeg moes bring. Dis daai
>> verlore
>>> geslag mense wat moes veg in die tyd wat hulle hulleself moes
voorberei
>> het
>>> op 'n beter lewe sodat die politici beter kan lewe. DIS die groep
> mense
>>> vir wie niemand nog ooit in Afrika kon voor voorsiening maak nie en
dis
>> uit
>>> hierdie groep waaruit jou misdaad kom. Solank as wat die
> Afrikaregerings
>>> nie daarin slaag om vir hierdie mense werk te skep nie, sal hulle die
> land
>>> se probleme nooit kan oplos nie.
>>> Ek sê weer, die dag gaan kom beide in ons land en in SA dat die
>>> regering van die dag nie 'n oplossing het vir die probleme nie en dan
> die
>>> risiko loop om die politieke mag te verloor. Dis dan wat ander planne
>>> gemaak word en die maklikste een is om vir die gepeupel te vertel dis
> die
>>> witmense wat hulle grond gesteel het....DIS hoekom dit sleg gaan met
>> hulle.
>>> As jy dit nie kan verstaan nie......sug!
>>> So met die afsluit ou 'vriend'......Namibië het 'n
model-konstitusie
>> en
>>> onafgesien van al die probleme van wanregering, staan Suid-Afrikaners
> que
>> om
>>> tog te mag trek hiernatoe. Hoekom? Dalk het die 2 miljoen mense in
> 'n
>>> land wat 5/6es so groot soos SA daarmee te doene? Dalk het al die
>>> plaasmoorde daar by julle, die feit dat die ordentlike mense dit nie
> meer
>> in
>>> die middestede waag nie, dat jy nie kan waag om langs 'n pad stil te
hou
>> en
>>> nie te beroof of vrekgeskiet te raak nie, iets daarmee te doene? Vir
> 'n
>>> land wat JY reken julle het dinge onder beheer en 'julle sal nie
toelaat
>> dat
>>> dinge skeef loop nie', slaag julle duidelik pragtig in julle doel. Hel
>>> man, ek hoop mense soos jy bly eerder suid van die Gariep! Netnou
> steek
>> jy
>>> ons aan!
>>>
>>> "Wouter Plaasvark" wrote in message
>>> news:3d6a85f5.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Wouter
>>>> Nee, geen senuwee is geraak nie, behalwe dalk die een wat
>>>> altyd opspring as iemand 'n boel snert kwytraak.
>>>>
>>>> Jy probeer Namibië gelykstel aan SA en ignoreer die demografiese
>>>> verskille. Wat ek sê het presies niks te doen met 'n paar verregses
>>>> (of PW) wat nie blanke bevoorregting wou prysgee te doen nie, dit
>>>> gaan oor die natuurlike reaksie wat jy sal kry as die "rule of law"
>>>> en die grondwet by ons geïgnoreer sou word.
>>>>
>>>> Plaasmoorde is misdaad en dis 'n probleem. Misdaad in ons
>>>> metropole is 'n nog groter probleem. Ons het nie tans die vermoë
>>>> om dit hok te slaan nie, by plaasmoorde is daar moontlik ook nog
>>>> 'n politieke wil wat wat nie na wense is nie. Dit sal noodwendig 'n
>>>> groep mense emigrasiegedagtes gee, selfs na Namibië, wat 'n mooi
>>>> land is en dikwels relatief vreedsamer voorkom.
>>>>
>>>> Maar dit het alles niks met die "rule of law" en
>>>> eiendomsoewereiniteit te doen nie. Jy gryp na strooihalms omdat
>>>> jy verlore geraak het in jou eie argumentasie. Droom gerus voort
>>>> oor plaasbesettings daar by julle, dit sal dalk nog gebeur ook as
>>>> daar genoeg mense met jou mentaliteit is.
>>>>
>>>> My punt is nie dat blankes die land sal destabiliseer as dinge
>>>> te ver gaan nie (dan is daar geen wenners nie), maar dat geen
>>>> Regering so breinloos sal wees om dinge so ver te laat gaan
>>>> dat die natuurlike gevolg is nie. Dit het geen parallel met
>>>> Orania of enige van jou ander ylinge nie.
>>>>
>>>> Die grootste verskil is dat SA 'n volhoubare ekonomiese entiteit is.
>>>> Namibië kan dit net op 'n baie laer lewenstandaard volhou, die
>>>> infrastruktuur wat julle van SA geërf het en oor en na
>>>> onafhanklikheid van buite gekry het sal opgebruik word en julle het
>>>> nie die ekonomiese vermoë om dit in stand te hou of te vervang nie.
>>>>
>>>> As julle dit besef en iets daaraan doen is daar hoop vir julle.
>>>>
>>>>
>>>> "Suidwester" wrote in message
>>>> news:3d6a0cb3.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Ai, maar jy vat hard en diep, vriend. Het ek 'n senuwee geraak?
> Jou
>>>> woorde klink net soos uit ou PW se dae toe die blankes in SA ook
>> gestorie
>>>> het dat die res van Afrika sal oorgee aan die swart meerderheid, maar
>>>> Suid-Afrika? Nee, daar is te veel blankes wat dit nie sal toelaat
> nie.
>>>> Wat het gebeur? Sonder slag of skoot het SA ook deur sy
> transformasie
>>>> gegaan en wat het geword van die mense wat dit nie sou toelaat nie?
>>> Hulle
>>>> praat soos jy! Steeds wensdenkery.
>>>> Dis eintlik lagwekkend want net soos voor die oorgang, het die
>> regses
>>>> vert�l van hulle weerstand, maar as jy daarop aandring dat hulle
woord
>> by
>>>> daad moet voeg, dan raak hulle rustig en stil. Soos met Orania.
>> Daar's
>>>> ten minste een groep mense wat die woord by die daad gevoeg het en
>> gedoen
>>>> het wat hulle propageer.
>>>> Graag sou ek van jou wou hoor wat is julle besig om te doen ivm
> die
>>>> plaasmoorde? Sekerlik is julle groep dan sterk genoeg om dié
gemors
>> tot
>>> 'n
>>>> einde te bring? Hoekom laat julle dit toe? Hoekom stop julle of
> jul
>>>> regering dit dan nie?
>>>> Glo my vry, net soos die dag gaan kom dat ons plaasboere gaan
> drama
>>> hê,
>>>> net so gaan julle dit ook ondervind. Nou net voor jy in jou broek,
>>>> uh........, plaasbesettings gaan nie oor wie watter plaas gesteel
het
>> nie.
>>>> Dit gaan oor politieke druk en die dag wat die ANC onder druk kom in
> SA,
>>> dan
>>>> begin die sports. Ek wens dit was nie so nie, maar ons bly in
>>>> Afrika.........
>>>> O en so by the way, ek wonder of jy weet hoeveel Suid-Afrikaners
> wil
>>>> graag na Namibië toe emigreer as hulle net die kans sou kry oor julle
>>>> massiewe misdaadsyfer daar......nog iets wat julle niks aan kan doen
>> nie?
>>>> "Wouter Plaasvark" wrote in message
>>>> news:3d69f7e7.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > Suidwester
>>>> > Glo dit of nie, ons stap dieselfde pad as Zimbabwe.
>>>> > Maak nie saak of dié man en sy mense nog nooit voorheen
>>>> > voet op daardie spesifieke stuk aarde gesit het nie, beset
>>>> > gaan hulle hom beset, want dit is die enigste manier van
>>>> > oorlewing in 'n land waar daar geen vooruitgang is nie.
>>>> > Dit is net 'n kwessie van tyd, dan volg Suid-Afrika
>>>> > ons ook........Afrika roep!
>>>> >
>>>> > Wouter
>>>> > Ek verskil 'n bietjie van jou oor Namibië, maar gaan nie
>>>> > met jou daaroor probeer argumenteer nie, want jy woon
>>>> > daar en ek besoek dit net af en toe vir werk.
>>>> >
>>>> > Maar oor Suid-Afrika droom jy, daardie parallel bestaan nie.
>>>> > Hier is baie meer blankes met baie om te verloor en nêrens
>>>> > om heen te gaan nie. Geen Regering sal die risiko loop om
>>>> > sommer bo-oor die blankes hier te loop nie, daar sal geen
>>>> > wenners wees nie, nie eers op die korttermyn nie. Enige
>>>> > iemand wat op 'n besette plaas probeer boer sal sy lewe
>>>> > op die spel plaas. Nee man, jou wensdenkery, versugting
>>>> > of wat dit ook al is hoort êrens anders, daar is meer
>>>> > breinkrag as dit in die nuwe SA. Ons vang wel ook simpel
>>>> > goed aan, maar is nie totaal breinloos nie en ons het 'n
>>>> > ekonomiese toekoms..
>>>> >
>>>> > Namibië se bevolking is 88% swart en 6% wit in 'n groot
>>>> > en baie dun bevolkte land (1,8 miljoen mense) met 'n
>>>> > geërfde infrastruktuur wat hy nie kan bekostig om in stand
>>>> > te hou met sy eie hulpbronne nie.
>>>> >
>>>> > In Suid-Afrika is die bevolking 75% swart en 14% wit.
>>>> > 44 Miljoen mense wat in staat is om hulle eie heil uit te
>>>> > werk en ook 'n paar vlugtelinge uit plekke soos Namibië
>>>> > kan akkommodeer as die politieke wil daar sou wees.
>>>> >
>>>> > Gaan tref daardie vergelyk liewers met lande noord van julle.
>>>> > Julle het 'n pragtige land, maar met 'n ekonomiese probleem
>>>> > waaraan julle moet werk. Dit help niks om net te sê die
>>>> > swartes gaan uiteindelik ons grond steel nie, doen iets.
>>>> > Soos om hulle deel van die stelsel te maak sodat hulle
>>>> > ook sal verloor, of wat ook al.
Re: Afdraend? [boodskap #65779 is 'n antwoord op boodskap #65761] Vr, 30 Augustus 2002 07:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester"
> Die Damaras staan saam, so ook die
> Hereros, die Wambos en die Basters en moer mekaar lekker, maar 'n man veg
> vir sy soort.

Gelukkig sê jy nie die blankes staan saam nie. Dit moet ek nog sien.
Kyk maar net na die res van die gesprekke hier op die groep.

Ôk maar goed ons staan nie saam nie, want ons sou te magtig wees.

Groete
Max________________________________________________________
Re: Afdraend? [boodskap #65781 is 'n antwoord op boodskap #65778] Vr, 30 Augustus 2002 07:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Varkie, jou tipe van groet pas jou karakter, hm? Jou lang relaas wys weer
vir my jy werk op hoorsê! Jy is genooi om die grens besoek. Ek was deel
van daai operasie en weet veel meer as wat jy ooit sal kan besef. Vat tog
net vir jou 'n landkaart en kyk die grense mooi.....uh, die Egiptekant is
die bokant daarvan, hoor! Dan meet jy met 'n liniaaltjie sommer so op
gewone 1:100....uh, dis nou in mm, en dan kyk jy die verskil in grenslengte.
As jy dink wilde diere is enige beperking vir 'n soldaat, dan is jy meer
naïef as wat ek gedink het.....of dalk donners oud?
Van 'n land se begroting verstaan jy duidelik ook nie veel nie en ek
hoop regtig jy het iemand wat jou met die besigheid se boeke help!
Kortliks, elke staatsdepartement werk 'n begroting uit en dit word alles in
een poel gegooi. Dan word vir die groot ooms van die SA regering gesê:
Groot oom, ons het XRand aan belasting ontvang [of gaan ontvang] en nou het
ons nog soveel rand van julle nodig. Vark, miskien moet jy jou
maatskappyebelasting so 'n effe opswot?
Maar terug na die militêre operasie. Duidelik weet jy nie veel van die
storie nie en ook nie die ligging van die land nie. Anders as in jou
vrugbare verbeelding dat mens net op 'n hoë punt gaan sit en wag hou en dan
het jy 'n grens gedek, grens aan die belaglike. Nee dit is belaglik. As
jy 'n grens beskerm, moet jy gereed wees om in 'n rekdelike tyd te kan
optree indien daar 'n oortreding kom en dit is wat die langer grens veel
duurder maak. Plus natuurlik dat ou Gloudina se familie doer in Upington
dan op 'die grens' sou wees......soos die res van SA se noordelike en
westelike grense. Die Kubane sou sommer daar by Nakop vir julle gesit en
loer het en jou Krugerwildtuin sou nog net meerkaaie en hase oorgehad het.
Man jy praat tog stront!
Kom ek voeg vir jou nog iets by....sal jou gemoed dit kan vat? Uit SA
se oorlogspoging en die feit dat hy 'n aktiewe toetsgrond gehad het in SWA
en Angola, het hy 'n uitstekende wapenindustrie opgebou wat steeds een van
die grootste werkgewers en inkomsteverdieners vir SA is?
O, en voor ek vergeet, SWa het nooit verkies om 'n 5de provinsie van SA
te wees nie. Lees jou geskiendenis. Die mandaat is aan SA toegestaan en
hulle was nie te gelukkig daarmee nie en het net die nodigste gedoen vir die
volgende 50 jaar. Toe kom daai dom drol van 'n Verwoerd en toe moes SA
begin dink om vir sy alie te keer. Toe raak dit belangrik vir SA om geld
in SWA in te steek. Kry jou feite reg!

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d6eb52b.0@news1.mweb.co.za...
> Suidwester
> Jinne, maar jy herhaal darem. Was jy dalk 'n politikus?
>
> Wouter
> Dis ongelukkig jy wat jou onsinnighede bly herhaal, jy
> lees nie, reageer nie as ek onsinnighede uitwys nie en
> rek hierdie debat onnodig tot vervelens toe uit.
>
> Ek het geen behoefte om SWA/Namibië te knock nie.
> Dis een van my gunstelingplekke op die aardbol, maar
> jou volhardende onkunde dwing my om te bly reageer
> sodat dit dalk kan lyk of ek 'n probleem met die
> geskiedenis het. Ek het nie en wil nie graag verder in
> die trant aangaan nie, maar ek sal nog een keer probeer
> om jou dwalinge uit te wys en reg te stel.
>
> Suidwester
> Hoe hard moet ek vir jou verduidelik en hoe moeilik is dit
> om te verstaan dat SWA wel as 'n 5de provinsie bedryf is
>
> Wouter
> Jy onthou verkeerd, dis ek wat dit by jou probeer tuisbring
> het, gaan lees gerus weer hier onder. Dis die heel eerste keer
> dat jy hierdie insig openbaar.
>
> Wat jy gesê het is dat "INFRASTRUKTUUR kom via
> belastinggeld en as al jou belastinggeld Suid-Afrika toe gaan,
> waarmee gaan jy dit bou of onderhou? DIS wat in die ou
> regime gebeur het." Nou dis snert dat SWA se belastinggeld
> na SA gegaan het, die teenoorgestelde het gebeur, net soos
> met die ander uitgestrekte en minder ontwikkelde provinsies,
> dit was 'n doodnormale situasie.
>
> Jy ignoreer ook my versoek om dit te substansieer. Die blote feit
> dat jy die leuen al 'n paar keer hier herhaal het verander nie die
> feit dat dit 'n leuen is nie. En dan vra jy of ek 'n politikus is?
> Get a life!
>
> Suidwester
> MAAR DAT DIE BEGROTING VIR DAARDIE PROVINSIE
> NA DIE SA PARLEMENT IS VIR GOEDKEURING?
>
> Wouter
> Jou gebrek aan insig is verstommend. Natuurlik is al die provinsiale
> en die territoriale (SWA) begrotings sentraal goedgekeur, daardie
> beginsel geld vandag nog in SA. Hoe dan anders? Maar jy mis die
> punt dat die SWA-administrasie 'n relatief klein deel van die uitgawes
> hanteer het, nie belangrike items soos verdediging, ens. nie. (Ek
> wil my verbeel dat selfs items soos onderwys sentraal hanteer is)
> En nog belangriker, dat SWA nie vir die inkomste-begroting
> verantwoordelik was nie, behalwe vir onbenullige items soos
> motorlisensies. Presies soos enige ander provinsie, dit werk
> vandag nog ongeveer dieselfde hier by ons. En die somme is
> jaarliks gemaak en dit het gewys dat die Kaap en veral die
> Transvaal die ander drie provinsies gesubsidieer het.
>
> Inkomstebelastinginvordering was verder beduidend swakker in
> SWA as in SA. In Ovamboland was daar bv heelwat ekonomiese
> aktiwiteit, maar effektief geen betekenisvolle belastinginvordering
> behalwe van staatsamptenare nie.
>
> Jou "onthulling", nogal in hoofletters, beskryf dus bloot 'n normale
> situasie en het presies niks te doen met die feit dat SWA vir SA
> baie meer geld gekos het as wat dit ingebring het nie.
>
> Jou geteem oor byvoorbeeld diamante wat gestroop is het, selfs as
> dit waar sou wees (en min van wat jy oor die onderwerp sê is waar),
> het ook niks met die saak te doen nie. Die maatskappye wat dit gemyn
> het, het betaal vir die prospekteerregte en die grond, hulle het die
> risiko's geloop en dit wettig gemyn en daarom het hulle ook die reg
> om die geld aan te wend waar hulle wil. As Namibië nie aantreklik
> is vir verdere beleggings nie, is dit nie hulle probleem nie en al jou
> ouvrou-gehuil oor die sogenaamde "gestroop" sal dit nie verander nie.
> Jy klink nogal baie soos die mense wat absurde regstellings eis vir
> die sondes van apartheid. Miskien moet jy ook 'n hofsaak teen die
> SA Regering aan die gang sit, dan kan jy al jou lawwe emosionele
> aansprake in 'n hof gaan toets?
>
> Suidwester
> Jy teem so oor JULLE die infrastruktuur van SWA opgebou en
> onderhou het. Kyk mooi weer as jy hier kom en kyk hoeveel
> het daai infrastruktuur met julle eie oorlogspoging te doene gehad.
>
> Wouter
> Dis presies my punt. As SWA nie daar was nie, het ons nie
> nodig gehad om daardie biljoene daar in te pomp nie en sou
> daardie infrastruktuur ook nie vandag daar gewees het nie.
> Ek het van die begin gesê dit was nie om welwillend te wees nie,
> ons het wel die gemeenskaplike belange van SA en SWA probeer
> dien en dit was onder andere om die SWA-grens te verdedig.
>
> Al was die oorlog nie primêr teen SWA gerig nie, sou julle
> nie moorde en anargie vrygespring het as die vryheidsvegters
> bv. vryelik uit Ovamboland kon opereer nie, julle was deel
> van SA. Op julle eie het julle geen militêre vermoë gehad
> om dit te voorkom nie.
>
> Suidwester
> ..dit het net tot SA se voordeel gestrek dat die oorlog
> beperk kon word tot die SWA noordgrens.....
>
> Wouter
> Tot ons voordeel, ja. Teen 'n helse prys. Maar nog meer tot die
> voordeel van die SWA-inwoners. Die destydse vyand se eerste
> teiken was SWA, hoekom dink jy het van hulle onder die naam
> SWAPO geveg?
>
> Of dink jy dalk julle sou vandag beter af gewees het as julle van
> die begin af 'n demokratiese (lees swart) regering gehad het en
> dat SA liewers nooit betrokke moes gewees het nie?
> (Dit kan 'n baie meer interessante debat wees)
>
> Suidwester
> die rede is eenvoudig vir die met 'n IK: Dié grens is net oor
> 'n 1000 km lank met 'n see langsaan waar jy nie kan land nie.
> Militêr-strategies wonderlik ivm die suidelike SWA grens,
> tesame met Botswana plus Mosambiek wat jou oor die
> 3 500km gee. Waar die grensoorlog die SA belastingbetaler
> [dis nou duidelik jou soort wat sit en bewe het onder die bed
> met sy keyboard en net kan kritiseer] seker so R2-3m per
> dag gekos het, lees R10+m per dag sou SWA uit die pad wees.
>
> Wouter
> Nog 'n direkte leuen. Bring vir my iemand wat daardie syfers
> sal bevestig. Ek dag jy weet iets van die destyds militêre operasie,
> maar jy lieg net so maklik daaroor as oor die res.
>
> In die eerste plek is jou logika totaal cock-eyed. Mosambiek
> is derduisende myle weg en het met die bosoorlog in SWA en
> Angola niks te doen nie, ons moes in elk geval daardie grens
> beskerm. (Die leeus in die Kruger-wildtuin het ons bygestaan
> daarmee.) En as dit die terroriste/vryheidsvegters gepas het
> om deur Botswana se moerasse te infiltreer kon hulle dit ook
> gedoen het sonder om deur SWA te kom.
>
> Ek is in die laat 80's deur die Weermag genooi om die grensgebied
> te besoek, jy weet dalk van daardie skakelaksie van hulle. En twee
> van die generaals van die operasionele gebied het toe bevestig dat
> hulle die suidelike grens met baie minder mense en toerusting teen
> 'n fraksie van die koste (hulle het gesê minder as 25%) baie
> meer suksesvol sou kon verdedig as die noordelike.
> Van hulle redes was:
> Die suidelike grens is oop, deels woestynagtig en met baie minder
> bome en bosse.
> Daar is nie moerastoestande wat beweging bemoeilik nie
> Dis nader aan bestaande militêre infrastruktuur in plekke
> soos Upington en Kaapstad
> Die plaaslike bevolking daar is ons soldate baie meer goedgesind.
> Hulle het baie klem daarop gelê dat die suidelike grens 'n maklike
> verdedigbare grens is, maar die noordelike grens nie.
>
> Ek is bevrees jy suig argumente en syfers uit jou duim, of weet jy
> beter as die militêre leiers? Nie 'n goeie manier om te debatteer
> nie, jy maak jou naam net al hoe meer krater. As dit nog moontlik is....
>
> Verder maak jy baie van ONS en JULLE. Daar was destyds geen
> ons en julle nie. Suidwes is as deel van SA bestuur, julle was deel
> van die familie. As dit nie so was nie, sou ons nie die bosoorlog
> daar geveg het en biljoene van ons belastinggeld daar bestee het
> nie, dit was vir enigiemand met 'n IK logies dat dit vrek baie sou kos.
>
> Ek sê weer, ek het selfs met die voordeel van terugkyk geen
> probleem daarmee nie, dit was die normale ding om te doen.
> Enige ander optrede sou beteken het dat ons julle in die rug
> sou gesteek het. Jy hoef nie hierdie debat te bly uitrek met
> 'n herhaling van dieselfde argumente en nuwe dinge wat jy
> uit jou duim suig nie.
>
> Ek het 'n eenvoudige stelling oor julle geërfde infrastruktuur
> gemaak en jy bly motiewe en argumente aan my toedig wat
> net in jou kop bestaan. Los nou liewers daardie geteem,
> dis lankal vervelig.
>
> Bly liewers by springbokke en damme, ek geniet jou stories
> daaroor en leer daaruit.
>
> Opregte varkgroete
>
> Wouter
>
>
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3d6cf883.0@news1.mweb.co.za...
>> Suidwester
>> Wat jy nie kan verstaan nie is dat INFRASTRUKTUUR kom
>> via belastinggeld en as al jou belastinggeld Suid-Afrika toe
>> gaan, waarmee gaan jy dit bou of onderhou? DIS wat in die
>> ou regime gebeur het. Hulle het die land van sy natuurlike
>> bronne kaalgestroop tot 'n groot mate.
>>
>> Wouter
>> Dis jy (wat nie verstaan wat infrastuktuur is nie) wat belasting
>> by die argument ingesleep het en jy argumenteer dus al weer
>> teen jouself. Maar ek reken jy verloor selfs teen jouself, hoor.
>>
>> In die SWA-jare (voor onafhanklikheid) is Suidwes soos 'n 5de
>> provinsie bestuur. Ek het in daardie tyd onder andere vir 'n SA
>> maatskappy gewerk wat besigheid in SWA bedryf het en het
>> ook met ons belastingopgawes gewerk. Nou ek het nuus vir
>> jou, daar was geen aparte SWA-belasting vir maatskappye
>> in daardie tyd nie, net soos daar ook nie aparte belasting vir
>> die Transvaal of die Vrystaat was nie. Daar was wel 'n som wat
>> jy moes maak om 'n deel van jou belasting aan SWA toe te
>> deel, maar dit was bloot vir statistiekdoeleindes. Volgens
>> daardie statistiek was SWA 'n bodemlose put, die belasting
>> wat daar ontstaan het kon nooit die uitgawes dek nie en dit
>> was ook 'n belangrike beweegrede om saam te werk met
>> SWA se onafhanklikheidswording. Dit het vir SA 'n pot
>> volg geld elke jaar bespaar.
>>
>> Dis algemene kennis dat julle infrastruktuur destyds grootliks
>> met SA belastinggeld gefinansier is. Net soos die huidige
>> Noord-Kaap se infrastruktuur met belastinggeld uit die huidige
>> Gauteng en Wes-Kaap gefinansier is. Dit was 'n doodnormale
>> ding om dit te doen, SWA is as 'n provinsie beskou. Ek noem
>> die Noord-Kaap omdat die ekonomies vergelykbaar is met
>> Namibië (Kimberley se ekonomie is van dieselfde orde as
>> dié van Windhoek en buite die twee hoofstede is daar in albei
>> gevalle groot wyd uitgestrekte dun bevolkte gebiede.) Ons
>> hoef dus nie daaroor te argumenteer nie, dis iets wat normaal
>> was en met onafhanklikheid verdwyn het. Nou moet julle dit
>> met julle dun belastingbasis onderhou.
>>
>> Substansieer asseblief jou stelling dat julle belastinggeld
>> na SA toe gegaan het. Ek reken dis snert. Nie dat dit enige
>> iets verander aan die oorspronklike argument nie, dis net
>> vir my komies dat jy klaarblyklik met drogredenasies teen
>> jouself besig is.
>>
>> Suidwester
>> As jy reken Namibië se paaie is nie goed nie, dan wonder
>> ek net waar jy rondry ou vriend?
>>
>> Wouter
>> Dit het ek nooit gesê nie. Ek het bloot gesê dat ek nie dink
>> dis so wonderlik nie en dat jy dus gelieg het toe jy dit aan
>> my toegedig het. Net soos jy nou lieg dat ek gesê het die
>> paaie is nie so goed nie,
>>
>> Suidwester
>> Graag sou ek wou weet as jou land my land kom opmoer vir jou eie
>> militêre voordele, dan is jy niks aan die land verskuldig nie? Is dit
>> tipies van julle tipe? Klink so!
>>
>> Wouter
>> Hoekom vra jy dit vir my? Ek het dit ook nooit gesê nie, trouens
>> ek het nooit enigiets hieroor gesê nie. Jy is die enigste een wat
>> op die punt teen jouself argumenteer. Gaan gerus voort as dit
>> jou amuseer. Uit 'n SA oogpunt het ons te lank SA belastinggeld
>> in 'n oorlog en gepaardgaande infrastruktuur ingepomp om
>> julle noordelike grens te probeer verdedig. Dit sou ekonomies
>> gesproke baie meer sin gemaak het om julle suidelike grens
>> te verdedig. Maar dit was 'n politieke besluit, waaroor ek
>> nie met die voordeel van terugkyk oor wil oordeel nie.
>>
>> En ek sê weer, ek hou van Namibië, nes ek van Suidwes
>> gehou het. Ek het nie lus om hierdie koeie op te grawe net
>> omdat jy met hardkoppige nonsens bly volhard nie.
>>
>> Suidwester
>> .....en so 'by the way', los bietjie vir my julle misdaadprobleem
>> op soos wat jy gaan keer dat die plaasbesettings nie gaan plaasvind
>>
>> Wouter
>> Jy lees baie sleg, ons het die punt al uitgeput. Plaasbesettings
>> is nie misdaad nie, dis moontlik om dit heel wettig te doen.
>> En ek het saamgestem dat SA tans meer probleme as
>> Namibië het en dat misdaad 'n helse groot probleem is,
>> maar dit het steeds niks uit te waai met die nonsens
>> wat jy gepraat het en wat ek aan jou uitgewys het nie.
>>
>>
>>
>>
>> "Wouter Plaasvark" wrote in message
>> news:3d6c9de6.0@news1.mweb.co.za...
>>> Suidwester
>>> Laat ek jou 'n bietjie gooi. Daai wonderlike infrastruktuur waaroor jy
>>> so teem.
>>>
>>> Wouter
>>> As jy dink dis wonderlik is dit goed. Ek dink nie so nie en het dit ook
>>> nie gesê nie, dis juis besig om te verswak. So gooi liewers jouself,
>>> want jy argumenteer oor jou eie opinie.
>>>
>>> Suidwester
>>> Vandag trap die 18-wheelers uit SA die uitstekende padstruktuur van
>>> Namibië in sy moer in.......
>>>
>>> Wouter
>>> Dit is juis my punt. Onthou? Ek het dit net nie uitstekend genoem nie,
>>> dis weer jy wat voel dat dit wonderlik is.
>>>
>>> Suidwester
>>> Self lees jy darem ook nie te lekker nie, want hoekom vertel jy my nie
>>> van die feit dat die groot gros van die mynwese, die visnywerheid,
ens.
> se
>>> belastinggeld na die RSA gegaan het. Is dit nodig om vir jou te
vertel
>> dat
>>> die grootste diamantbron in die wêreld naas Rusland in Nam is? Dit is
>>> gerape, peplunder deur jou mense en jy reken julle het genoeg
> teruggegee?
>>
>>>
>>> Wouter
>>> Jy reken ek lees nie lekker nie! Ek het reeds gesê wat ek met
>>> infrastruktuur bedoel, maar jy bly karring met mynwese, diamante
>>> en die visbedryf. Ek het gesê julle kan nie die infrastruktuur in stand
>>> hou wat julle geërf het nie, niks van enige bedryf nie. En jy bly
>>> teem oor bedrywe, jy argumenteer alweer teen jouself.
>>>
>>> Gaan lees 'n slag in 'n woordeboek wat infrastruktuur is:
>>> in�frastruktuur, ..ture. Alles wat nodig is vir die vestiging van
>> industrie�
>>> of die ontginning van myne (bv. paaie, spoorweë, water, krag, huise,
>>> ens.), ondersteunende dienste, onderbou.
>>>
>>> Myne is myne, diamante is diamante, vis is vis. Maar nie een van
>>> hulle is infrastruktuur nie.
>>>
>>> Suidwester
>>> jy reken julle het ons land al daai goete uit welwillendheid geskenk?
>>>
>>> Wouter
>>> Jy lees nie, ek het die teenoorgestelde gesê. Dit staan hier onder,
>>> maar laat ek dit maar herhaal, lees gerus weer:
>>>> Ek het nooit gesê SA het Namibië bevoordeel nie. Ons
>>>> was daar om ander redes, as dit gebeur het was dit
>>>> toevallig. Ek het bloot gesê julle kan nie die geërfde
>>>> infrastruktuur in stand hou nie
>>>
>>> Jy redeneer die hele tyd oor goed wat jy aan my toedig, maar
>>> wat net in jou kop bestaan. Soos 'n kind wat sien hy het geen
>>> argument nie en nou teen homself probeer punte wen.
>>>
>>> Dis vervelig. Gaan speel liewers elders.
>>>
>>>
>>> "Wouter Plaasvark" wrote in message
>>> news:3d6b99ed.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Nogal, ironies dat jy hoog opgee en laag insit oor maniere
>>>> in dieselfde boodskap. Ek los dit daar, almal kan sien hoe
>>>> dit begin het en wie dit is wat oorreageer.
>>>>
>>>> Al jou aannames oor my is verkeerd, net soos jy oor die
>>>> meeste ander dinge waaroor jy so raas.
>>>>
>>>> Ek het nog nooit vir die staat in SA gewerk nie. Dis half
>>>> ironies dat die enigste fooie wat ek nog ooit van 'n regering
>>>> verdien het van julle regering gekom het, ten spyte daarvan
>>>> dat hulle nie graag hulp van SA inroep nie. Die meeste
>>>> van my Namibië-kliënte is egter sake-ondernemings.
>>>>
>>>> Ek het met die infrastruktuur hoofsaaklik die vervoer
>>>> (paaie, ens) bedoel. En 'n paar dorpe, en heelwat skole,
>>>> polisiekantore en ander openbare geboue wat anders
>>>> nie daar sou gewees het nie. As jy dink dit maak
>>>> nie werklik saak nie, het jy nog nooit gedink hoe dit sou
>>>> wees as dit nie daar was nie. En met die bietjie belasting
>>>> wat julle in saam met die swaar staatsdiens wat julle onderhou
>>>> gaan julle dit nie in stand kan hou nie. Net een voorbeeld,
>>>> die helfte van julle persoonlike inkomstebelasting kom
>>>> van staatsamptenare (paying Peter to pay Peter).
>>>>
>>>> Ek het nooit gesê SA het Namibië bevoordeel nie. Ons
>>>> was daar om ander redes, as dit gebeur het was dit
>>>> toevallig. Ek het bloot gesê julle kan nie die geërfde
>>>> infrastruktuur in stad hou nie. Plein en simpel, ek
>>>> verstaan nie hoekom jy daaroor gal-af gaan nie. Dalk
>>>> lees jy nie lekker nie? Ek het ook nooit gesê ons het
>>>> dinge lekker onder beheer hier nie, dit sou taamlik
>>>> ver van die waarheid wees. Ons het myns insiens meer
>>>> probleme as julle, maar met een groot verskil, ons
>>>> het 'n lewensvatbare ekonomiese toekoms. As jy dit nie
>>>> verstaan nie, kyk dan maar oor so 10 jaar hoe ons twee
>>>> lande relatief tot nou lyk.
>>>>
>>>> Maar ek probeer nie Namibië slegmaak nie. Inteendeel,
>>>> ek is lief vir die land en hoop dat dinge vir julle sal uitwerk.
>>>> Ek sou maklik daar kon woon, gelukkig is die tipiese
>>>> Suidwester baie meer gemütlich as jy. Maar die ekonomie
>>>> sal die deurslag vir julle toekoms gee, nie die paar politici
>>>> waaroor jy brom nie, hulle kan die land bloot 'n knou gee.
>>>>
>>>> Jy het duidelik ook nie 'n begrip van die misdaadsitusie
>>>> hier by ons nie. Dis nie so eenvoudig soos jy dit probeer
>>>> maak nie. Armoede en werkloosheid is die teelaarde,
>>>> maar georganiseerde misdaad (wat deur gierigheid
>>>> eerder as armoede gedryf word) is die enkele groot
>>>> probleem.
>>>>
>>>> Maar dit het steeds niks te doen met jou stelling "beset
>>>> gaan hulle hom beset, want dit is die enigste manier van
>>>> oorlewing in 'n land waar daar geen vooruitgang is nie.
>>>> Dit is net 'n kwessie van tyd, dan volg Suid-Afrika ons
>>>> ook........Afrika roep!" en dis waaroor hierdie debat gaan.
>>>>
>>>> Jou sug sê ook niks nuuts nie, jy ignoreer steeds die
>>>> verskille tussen SA en namibië.
>>>>
>>>> Ek sê weer, gaan soek ander maters om jou te volg,
>>>> ons stel nie belang nie.
>>>>
>>>> Wouter
>>>>
>>>> Terloops, ek is al sedert 1980 'n belastingbetaler in Namibië.
>>>> Ek glo daaraan om terug te gee en te betaal waar jy verdien.
>>>> Ek vermoed dit het my gehelp toe ek vir staatsbesigheid
>>>> getender het
>>>>
>>>>
>>>> Suidwester wrote in message
>>>> news:3d6b28ee.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Laat ek begin deur te sê ek verstaan hoekom jou naam 'plaasvark' is
> want
>>> jy
>>>> openbaar toepaslike maniere. Dalk moet iemand vir jou vertel dat
jy
>> nie
>>>> argumente wen deur te beledig nie.....dit openbaar net jou
> mentaliteit.
>>>> Duidelik daarom dat jy nie die verskil tussen teorie en realiteit kan
>>>> waarneem nie. Sit seker daar agter jou staatgefundeerde PC [of jy
> werk
>>> vir
>>>> hulle of jy is op hulle pensioen want net 'n staatsamptenaar kan
sulke
>>> tjol
>>>> kwytraak!] en droom van dinge wat nie was nie....en ook nie gaan
wees
>> nie.
>>>> 1. Namibië - Ek wil nie graag SA beledig nie want ek hêt die land
op
>> die
>>>> sportveld verteenwoordig en ek was in sy weermag, maar oor die geërfde
>>>> infrastruktuur moet jy so 'n bietjie stadig want jy weet nie waaroor
> dit
>>>> gaan nie. Laat ek dit vir jou stadig uitspel. Diamante,
visbronne
>> [die
>>>> rykste in Afrika], alle mynregte, uitroei van wild, ens. Al die
het,
>> en
>>>> behoort steeds, aan Suid-Afrikaners.....en hulle betaal belasting in
> die
>>>> RSA. Die gevolg? Ons visbronne is basies in moer in. Die
> diamante
>> is
>>>> so uitgehaal voor onafhanklikheid dat dit wat oor is, lyk na
>>>> kinderspeletjies. Infrastruktuur sê jy? Wonderlike paaie, gee ek
>> toe.
>>>> 'n Billike treinspoor gee ek ook toe, maar wat van die dinge wat
> werklik
>>>> saak maak, soos water in 'n droë land. Nou sal 'n kringspier soos
jy
>> vir
>>>> my sê die grootste dam Hardap is gebou deur SA. Ja, maar die
>> beplanning
>>>> vir daardie dam is reeds in 1908 deur die Duitsers gedoen en die SA
>>> regering
>>>> het op daai planne gesit vir oor die 50 jaar! Toe gaan bou die dom
>>> blokke
>>>> een groot dam in 'n enkele gebied wat nie daai volume water kan
>> opgebruik
>>>> nie. Die Duitse beplanning was vir 5 oorloopdamme en 5 soortgelyke
>>>> beplantingsgebiede.
>>>> 2. Angola - Net soos Namibië se wildlewe wat swaar onder
>> Suid-Afrikaanse
>>>> jagters deurgeloop het [ministers en offisiere wat in die Kaokoveld
>>> olifante
>>>> en renosters met die Alouettes gejag het], het Suid-Angola ook onder
> die
>>>> Suid-Afrikaners deurgeloop. Olifant, renoster en hardehoutbome is
>>>> uitgeroei om vir Savinmbi en Unita se oorlogspoging te betaal [wil
jy
>> die
>>>> projeknaam weet waaruit daardie fondse direk uit die SA parlement
> gekom
>>>> het?] en die lorries het dag en nag via SWA geloop om die
>> renosterhorings
>>> en
>>>> olifanttande en boomstompe uit te smokkel na SA toe. Foei, en jy
s�
>>> julle
>>>> het SWA met 'n voordeel gelaat?
>>>> 3. Politiek - Die probleem met die Afrika-politiek is dat daar twee
>>>> groepe oorbly. Die een is die swart meerderheidsregering se lede wat
>>>> hulleself nie kan inhou nie en veel erger tekere gaan as wat die
>> politici
>>>> wat hulle vervang het, ooit sou waag om te doen. Dan is daar die
> manne
>>>> soos jy wat glo aan die sprokie dat SA immuun is teen die ergste.
> Word
>>>> wakker vriend! Mugabe het sy hele ekonomie so te sê vernietig om
sy
>> sin
>>> te
>>>> kry. Die realiteit van die saak is dat tussen bogenoemde groepe
die
>>> groep
>>>> mense is wat die politieke verandering teweeg moes bring. Dis daai
>>> verlore
>>>> geslag mense wat moes veg in die tyd wat hulle hulleself moes
> voorberei
>>> het
>>>> op 'n beter lewe sodat die politici beter kan lewe. DIS die groep
>> mense
>>>> vir wie niemand nog ooit in Afrika kon voor voorsiening maak nie en
> dis
>>> uit
>>>> hierdie groep waaruit jou misdaad kom. Solank as wat die
>> Afrikaregerings
>>>> nie daarin slaag om vir hierdie mense werk te skep nie, sal hulle
die
>> land
>>>> se probleme nooit kan oplos nie.
>>>> Ek sê weer, die dag gaan kom beide in ons land en in SA dat die
>>>> regering van die dag nie 'n oplossing het vir die probleme nie en
dan
>> die
>>>> risiko loop om die politieke mag te verloor. Dis dan wat ander
> planne
>>>> gemaak word en die maklikste een is om vir die gepeupel te vertel
dis
>> die
>>>> witmense wat hulle grond gesteel het....DIS hoekom dit sleg gaan met
>>> hulle.
>>>> As jy dit nie kan verstaan nie......sug!
>>>> So met die afsluit ou 'vriend'......Namibië het 'n
> model-konstitusie
>>> en
>>>> onafgesien van al die probleme van wanregering, staan
Suid-Afrikaners
>> que
>>> om
>>>> tog te mag trek hiernatoe. Hoekom? Dalk het die 2 miljoen mense
in
>> 'n
>>>> land wat 5/6es so groot soos SA daarmee te doene? Dalk het al die
>>>> plaasmoorde daar by julle, die feit dat die ordentlike mense dit nie
>> meer
>>> in
>>>> die middestede waag nie, dat jy nie kan waag om langs 'n pad stil te
> hou
>>> en
>>>> nie te beroof of vrekgeskiet te raak nie, iets daarmee te doene?
Vir
>> 'n
>>>> land wat JY reken julle het dinge onder beheer en 'julle sal nie
> toelaat
>>> dat
>>>> dinge skeef loop nie', slaag julle duidelik pragtig in julle doel.
> Hel
>>>> man, ek hoop mense soos jy bly eerder suid van die Gariep! Netnou
>> steek
>>> jy
>>>> ons aan!
>>>>
>>>> "Wouter Plaasvark" wrote in message
>>>> news:3d6a85f5.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > Wouter
>>>> > Nee, geen senuwee is geraak nie, behalwe dalk die een wat
>>>> > altyd opspring as iemand 'n boel snert kwytraak.
>>>> >
>>>> > Jy probeer Namibië gelykstel aan SA en ignoreer die demografiese
>>>> > verskille. Wat ek sê het presies niks te doen met 'n paar verregses
>>>> > (of PW) wat nie blanke bevoorregting wou prysgee te doen nie, dit
>>>> > gaan oor die natuurlike reaksie wat jy sal kry as die "rule of law"
>>>> > en die grondwet by ons geïgnoreer sou word.
>>>> >
>>>> > Plaasmoorde is misdaad en dis 'n probleem. Misdaad in ons
>>>> > metropole is 'n nog groter probleem. Ons het nie tans die vermoë
>>>> > om dit hok te slaan nie, by plaasmoorde is daar moontlik ook nog
>>>> > 'n politieke wil wat wat nie na wense is nie. Dit sal noodwendig 'n
>>>> > groep mense emigrasiegedagtes gee, selfs na Namibië, wat 'n mooi
>>>> > land is en dikwels relatief vreedsamer voorkom.
>>>> >
>>>> > Maar dit het alles niks met die "rule of law" en
>>>> > eiendomsoewereiniteit te doen nie. Jy gryp na strooihalms omdat
>>>> > jy verlore geraak het in jou eie argumentasie. Droom gerus voort
>>>> > oor plaasbesettings daar by julle, dit sal dalk nog gebeur ook as
>>>> > daar genoeg mense met jou mentaliteit is.
>>>> >
>>>> > My punt is nie dat blankes die land sal destabiliseer as dinge
>>>> > te ver gaan nie (dan is daar geen wenners nie), maar dat geen
>>>> > Regering so breinloos sal wees om dinge so ver te laat gaan
>>>> > dat die natuurlike gevolg is nie. Dit het geen parallel met
>>>> > Orania of enige van jou ander ylinge nie.
>>>> >
>>>> > Die grootste verskil is dat SA 'n volhoubare ekonomiese entiteit is.
>>>> > Namibië kan dit net op 'n baie laer lewenstandaard volhou, die
>>>> > infrastruktuur wat julle van SA geërf het en oor en na
>>>> > onafhanklikheid van buite gekry het sal opgebruik word en julle het
>>>> > nie die ekonomiese vermoë om dit in stand te hou of te vervang nie.
>>>> >
>>>> > As julle dit besef en iets daaraan doen is daar hoop vir julle.
>>>> >
>>>> >
>>>> > "Suidwester" wrote in message
>>>> > news:3d6a0cb3.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > Ai, maar jy vat hard en diep, vriend. Het ek 'n senuwee geraak?
>> Jou
>>>> > woorde klink net soos uit ou PW se dae toe die blankes in SA ook
>>> gestorie
>>>> > het dat die res van Afrika sal oorgee aan die swart meerderheid,
> maar
>>>> > Suid-Afrika? Nee, daar is te veel blankes wat dit nie sal
toelaat
>> nie.
>>>> > Wat het gebeur? Sonder slag of skoot het SA ook deur sy
>> transformasie
>>>> > gegaan en wat het geword van die mense wat dit nie sou toelaat nie?
>>>> Hulle
>>>> > praat soos jy! Steeds wensdenkery.
>>>> > Dis eintlik lagwekkend want net soos voor die oorgang, het die
>>> regses
>>>> > vert�l van hulle weerstand, maar as jy daarop aandring dat hulle
> woord
>>> by
>>>> > daad moet voeg, dan raak hulle rustig en stil. Soos met Orania.
>>> Daar's
>>>> > ten minste een groep mense wat die woord by die daad gevoeg het en
>>> gedoen
>>>> > het wat hulle propageer.
>>>> > Graag sou ek van jou wou hoor wat is julle besig om te doen
ivm
>> die
>>>> > plaasmoorde? Sekerlik is julle groep dan sterk genoeg om dié
> gemors
>>> tot
>>>> 'n
>>>> > einde te bring? Hoekom laat julle dit toe? Hoekom stop julle
of
>> jul
>>>> > regering dit dan nie?
>>>> > Glo my vry, net soos die dag gaan kom dat ons plaasboere gaan
>> drama
>>>> hê,
>>>> > net so gaan julle dit ook ondervind. Nou net voor jy in jou broek,
>>>> > uh........, plaasbesettings gaan nie oor wie watter plaas gesteel
> het
>>> nie.
>>>> > Dit gaan oor politieke druk en die dag wat die ANC onder druk kom
in
>> SA,
>>>> dan
>>>> > begin die sports. Ek wens dit was nie so nie, maar ons bly in
>>>> > Afrika.........
>>>> > O en so by the way, ek wonder of jy weet hoeveel
Suid-Afrikaners
>> wil
>>>> > graag na Namibië toe emigreer as hulle net die kans sou kry oor
> julle
>>>> > massiewe misdaadsyfer daar......nog iets wat julle niks aan kan
doen
>>> nie?
>>>> > "Wouter Plaasvark" wrote in message
>>>> > news:3d69f7e7.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > > Suidwester
>>>> > > Glo dit of nie, ons stap dieselfde pad as Zimbabwe.
>>>> > > Maak nie saak of dié man en sy mense nog nooit voorheen
>>>> > > voet op daardie spesifieke stuk aarde gesit het nie, beset
>>>> > > gaan hulle hom beset, want dit is die enigste manier van
>>>> > > oorlewing in 'n land waar daar geen vooruitgang is nie.
>>>> > > Dit is net 'n kwessie van tyd, dan volg Suid-Afrika
>>>> > > ons ook........Afrika roep!
>>>> > >
>>>> > > Wouter
>>>> > > Ek verskil 'n bietjie van jou oor Namibië, maar gaan nie
>>>> > > met jou daaroor probeer argumenteer nie, want jy woon
>>>> > > daar en ek besoek dit net af en toe vir werk.
>>>> > >
>>>> > > Maar oor Suid-Afrika droom jy, daardie parallel bestaan nie.
>>>> > > Hier is baie meer blankes met baie om te verloor en nêrens
>>>> > > om heen te gaan nie. Geen Regering sal die risiko loop om
>>>> > > sommer bo-oor die blankes hier te loop nie, daar sal geen
>>>> > > wenners wees nie, nie eers op die korttermyn nie. Enige
>>>> > > iemand wat op 'n besette plaas probeer boer sal sy lewe
>>>> > > op die spel plaas. Nee man, jou wensdenkery, versugting
>>>> > > of wat dit ook al is hoort êrens anders, daar is meer
>>>> > > breinkrag as dit in die nuwe SA. Ons vang wel ook simpel
>>>> > > goed aan, maar is nie totaal breinloos nie en ons het 'n
>>>> > > ekonomiese toekoms..
>>>> > >
>>>> > > Namibië se bevolking is 88% swart en 6% wit in 'n groot
>>>> > > en baie dun bevolkte land (1,8 miljoen mense) met 'n
>>>> > > geërfde infrastruktuur wat hy nie kan bekostig om in stand
>>>> > > te hou met sy eie hulpbronne nie.
>>>> > >
>>>> > > In Suid-Afrika is die bevolking 75% swart en 14% wit.
>>>> > > 44 Miljoen mense wat in staat is om hulle eie heil uit te
>>>> > > werk en ook 'n paar vlugtelinge uit plekke soos Namibië
>>>> > > kan akkommodeer as die politieke wil daar sou wees.
>>>> > >
>>>> > > Gaan tref daardie vergelyk liewers met lande noord van julle.
>>>> > > Julle het 'n pragtige land, maar met 'n ekonomiese probleem
>>>> > > waaraan julle moet werk. Dit help niks om net te sê die
>>>> > > swartes gaan uiteindelik ons grond steel nie, doen iets.
>>>> > > Soos om hulle deel van die stelsel te maak sodat hulle
>>>> > > ook sal verloor, of wat ook al.
>
Re: Afdraend? [boodskap #65782 is 'n antwoord op boodskap #65767] Vr, 30 Augustus 2002 07:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ou antie, om vandag dinge so in nabetragting te beskou is dit maklik om die
foute uit te wys. Ook het ons vandag almal die Internet en die feite lê
oop. Doerie jare het dit wat jy gesien het seker afgehang van watter kant
van die draad jy gestaan het? Soos ek reeds in hierdie ng gesê het,
natuurlike skeiding tussen mense is feite van die lewe, jy mag dit net nie
wet maak nie. Dis egter vir die mense wat tussen die groepe gestaan het
wat nie eintlik aan enige een kan bind nie, wat die groot probleem gehad
het. Meeste Afrikaners wel reeds goed besef dat hul regering die
verkeerde storie beet het, maar tot die laat 80's het meeste vas geglo dat
die politici wel met 'n oplossing kan kom.
skryf in boodskap news:3D6E61AB.1000202@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> Dit was
>> Afrikanerbeginsels en een daarvan was definitief lojaliteit teenoor jou
>> land
>
>
> "Lojaliteit teenoor jou land," sê jy?
> Van watter land praat jy? Toe ek nog
> 'n Suid-Afrikaanse burger in SA was, het
> my land bestaan uit talle verskillende
> etniese groepe wat almal burgers van my
> land was. Ek sou intens dislojaal teenoor
> my land gewees het, as ek my geskaar het
> by die klein groepie "wit" swernoters wat
> die land oorgeneem het en daarvan 'n
> diktatorskap gemaak het. 'n Klomp van ons
> het die land verlaat, liewer as om onder
> so 'n afskuwelike diktatorskap te leef.
> Maar daar is mense wat gebly het en daarteen
> geveg het. Jy kon ook.
>
> Gloudina
>
Re: Afdraend? [boodskap #65783 is 'n antwoord op boodskap #65768] Vr, 30 Augustus 2002 07:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Vergeet die politiek, tante en glo die feite van die saak! Daar is
kilometers en kilometers van skriftelike bewyse van SA militêre optrede in
SWA op rekord en presies wat met elke kontak en elke stryd gebeur het. Dit
is 'n feit soos 'n koei dat Swapo nooit een enkele vierkante meter grond kon
beset in SWA vir 'n permannete basis nie. Die rede was eenvoudig. Die
Swapo magte was eenvoudig nie daartoe in staat om die mag van die SA weermag
te klop nie. Op daardie stadium was die SAW tot miskien op een na, die
sterkste weermag in Afrika. Dit het tot kernvermoë gehad en dit het self
die groot moonthede gedwing om SA met handskoene te hanteer.
Swapo daarenteen, het met 'n klomp politici oorse� gesit wat op die
vette van die aarde gelewe het [uit skenkings....soos jy!] terwyl hulle jong
mense na hulle dood gestuur het. Selfs na 'n politieke skikking bereik is
en vir vrede geteken is, het Sam Nujoma 'n inval beveel.....onthou jy? Die
feit dat honderde van sy soldate het nie gemaak dat hulle hom sommer aan 'n
paal opgehang het nie. Nee, hy was 'n held!
Die rede hoekom SA besluit het om die oorlog te los, was omdat sy
bondgenote uit die Westerse lande al hoe meer begin skepties raak het oor
hulle rol in Afrika en druk vanuit SA se publiek oor die geld wat gemors
word 'vir 'n ander land se verdediging', het gemaak dat hulle die oorlog tot
'n einde gebring het. Geen ander rede nie.
skryf in boodskap news:3D6E6275.9050704@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>
>> O, en moenie so hard praat van slagvelde waarop Swapokrygers geval het
>> nie. In 23 jaar van probeer kon hulle nooit enige geveg wen nie en het
>> hulle ook nie die oorlog gewen nie soos wat julle graag wil propageer nie.
>> Dis net SA wat moeg geraak het vir die speletjie.
>
>
> Ag man, hou nou maar op met die ou
> storie van hoe die diktatorskap in
> SA moeggeword het vir die "speletjie."
> En hou op om te maak asof julle die
> oorlog geveg het vir julle eie vermaak.
> Julle was die lakeie van die C.I.A.
> Julle was proxies vir die Amerikaners.
>
> Gloudina
>
Re: Afdraend? [boodskap #65784 is 'n antwoord op boodskap #65779] Vr, 30 Augustus 2002 09:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons was nog altyd magtag:))
My magtag man, Annette

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0208292300.7f41f4ba@posting.google.com...
> "Suidwester"
>> Die Damaras staan saam, so ook die
>> Hereros, die Wambos en die Basters en moer mekaar lekker, maar 'n man veg
>> vir sy soort.
>
> Gelukkig sê jy nie die blankes staan saam nie. Dit moet ek nog sien.
> Kyk maar net na die res van die gesprekke hier op die groep.
>
> ék maar goed ons staan nie saam nie, want ons sou te magtig wees.
>
> Groete
> Max________________________________________________________
Re: Afdraend? [boodskap #65785 is 'n antwoord op boodskap #65779] Vr, 30 Augustus 2002 09:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
He-he! Hulle sê mos as twee Afrikaners op 'n eiland gestrand raak, dan
gaan jy binne 'n dag 2 kerke en 2 politieke partye hê!

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0208292300.7f41f4ba@posting.google.com...
> "Suidwester"
>> Die Damaras staan saam, so ook die
>> Hereros, die Wambos en die Basters en moer mekaar lekker, maar 'n man veg
>> vir sy soort.
>
> Gelukkig sê jy nie die blankes staan saam nie. Dit moet ek nog sien.
> Kyk maar net na die res van die gesprekke hier op die groep.
>
> ék maar goed ons staan nie saam nie, want ons sou te magtig wees.
>
> Groete
> Max________________________________________________________
Re: Afdraend? [boodskap #65786 is 'n antwoord op boodskap #65781] Vr, 30 Augustus 2002 09:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink hierdie debat is nou uitgeput.

Dié wat tot hier gelees het moet maar besluit of hulle
die generaals glo of iemand wat aanmekaar op e-pos
sit en oordryf en duimsuig. Ek glo dit wat my eerstehands
meegedeel is en wat baie logies is. Gaan lees maar weer
daardie redes.

Ek moet darem net vir oulaas jou grootste enkele dwaling
hier onder uitwys. Ek skiet ook 'n ander leuen van jou in 'n
aparte boodskap af, maar los die res vir jou as huiswerk.

Jy skryf : "Kortliks, elke staatsdepartement werk 'n begroting
uit en dit word alles in een poel gegooi. Dan word vir die
groot ooms van die SA regering gesê: Groot oom, ons het
XRand aan belasting ontvang [of gaan ontvang] en nou het
ons nog soveel rand van julle nodig."

'n Hele paar dinkfoute. SWA was geen staat nie, dit was 'n
sogenaamde "territory", wat as 'n provinsie van SA hanteer
is. Die staatsdepartemente binne SWA het hulle befondsing
van die ooreenstemmende RSA-staatsdepartemente gekry.
Slegs 'n relatief klein deel van julle uitgawes was in die
begroting van die Administrateur en hy het nie seggenskap
oor die staatsdepartemente gehad nie, slegs oor die paar
territoriale (provinsiale) amptenare en uitgawes.

Hy kon daarom ook nie sê ons het/gaan soveel belasting
ontvang nie, hy het geen saak met belasting gehad nie, dit
was deur die RSA ingevorder en geadministreer. Hy kon
wel 'n raming van belasting aangevra het, maar dit was nie
regtig relevant nie, omdat 'n baie groot deel van die
SWA-uitgawes nie op sy begroting was nie.

Ek sê weer, hou by die bokke en die damme, jy het duidelik
geen idee oor hoe hierdie goed werk nie, jy herhaal net
retoriek wat deur ander onkundiges gepreek word. Maar
'n leuen word nie 'n waarheid net omdat dit oor en oor
herhaal word nie, dit bly 'n leuen.

Vriendelike varkgroete

Wouter

Suidwester skryf in boodskap news:3d6f22d2.0@news1.mweb.co.za...
Varkie, jou tipe van groet pas jou karakter, hm? Jou lang relaas wys weer
vir my jy werk op hoorsê! Jy is genooi om die grens besoek. Ek was deel
van daai operasie en weet veel meer as wat jy ooit sal kan besef. Vat tog
net vir jou 'n landkaart en kyk die grense mooi.....uh, die Egiptekant is
die bokant daarvan, hoor! Dan meet jy met 'n liniaaltjie sommer so op
gewone 1:100....uh, dis nou in mm, en dan kyk jy die verskil in grenslengte.
As jy dink wilde diere is enige beperking vir 'n soldaat, dan is jy meer
naïef as wat ek gedink het.....of dalk donners oud?
Van 'n land se begroting verstaan jy duidelik ook nie veel nie en ek
hoop regtig jy het iemand wat jou met die besigheid se boeke help!
Kortliks, elke staatsdepartement werk 'n begroting uit en dit word alles in
een poel gegooi. Dan word vir die groot ooms van die SA regering gesê:
Groot oom, ons het XRand aan belasting ontvang [of gaan ontvang] en nou het
ons nog soveel rand van julle nodig. Vark, miskien moet jy jou
maatskappyebelasting so 'n effe opswot?
Maar terug na die militêre operasie. Duidelik weet jy nie veel van die
storie nie en ook nie die ligging van die land nie. Anders as in jou
vrugbare verbeelding dat mens net op 'n hoë punt gaan sit en wag hou en dan
het jy 'n grens gedek, grens aan die belaglike. Nee dit is belaglik. As
jy 'n grens beskerm, moet jy gereed wees om in 'n rekdelike tyd te kan
optree indien daar 'n oortreding kom en dit is wat die langer grens veel
duurder maak. Plus natuurlik dat ou Gloudina se familie doer in Upington
dan op 'die grens' sou wees......soos die res van SA se noordelike en
westelike grense. Die Kubane sou sommer daar by Nakop vir julle gesit en
loer het en jou Krugerwildtuin sou nog net meerkaaie en hase oorgehad het.
Man jy praat tog stront!
Kom ek voeg vir jou nog iets by....sal jou gemoed dit kan vat? Uit SA
se oorlogspoging en die feit dat hy 'n aktiewe toetsgrond gehad het in SWA
en Angola, het hy 'n uitstekende wapenindustrie opgebou wat steeds een van
die grootste werkgewers en inkomsteverdieners vir SA is?
O, en voor ek vergeet, SWa het nooit verkies om 'n 5de provinsie van SA
te wees nie. Lees jou geskiendenis. Die mandaat is aan SA toegestaan en
hulle was nie te gelukkig daarmee nie en het net die nodigste gedoen vir die
volgende 50 jaar. Toe kom daai dom drol van 'n Verwoerd en toe moes SA
begin dink om vir sy alie te keer. Toe raak dit belangrik vir SA om geld
in SWA in te steek. Kry jou feite reg!

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d6eb52b.0@news1.mweb.co.za...
> Suidwester
> Jinne, maar jy herhaal darem. Was jy dalk 'n politikus?
>
> Wouter
> Dis ongelukkig jy wat jou onsinnighede bly herhaal, jy
> lees nie, reageer nie as ek onsinnighede uitwys nie en
> rek hierdie debat onnodig tot vervelens toe uit.
>
> Ek het geen behoefte om SWA/Namibië te knock nie.
> Dis een van my gunstelingplekke op die aardbol, maar
> jou volhardende onkunde dwing my om te bly reageer
> sodat dit dalk kan lyk of ek 'n probleem met die
> geskiedenis het. Ek het nie en wil nie graag verder in
> die trant aangaan nie, maar ek sal nog een keer probeer
> om jou dwalinge uit te wys en reg te stel.
>
> Suidwester
> Hoe hard moet ek vir jou verduidelik en hoe moeilik is dit
> om te verstaan dat SWA wel as 'n 5de provinsie bedryf is
>
> Wouter
> Jy onthou verkeerd, dis ek wat dit by jou probeer tuisbring
> het, gaan lees gerus weer hier onder. Dis die heel eerste keer
> dat jy hierdie insig openbaar.
>
> Wat jy gesê het is dat "INFRASTRUKTUUR kom via
> belastinggeld en as al jou belastinggeld Suid-Afrika toe gaan,
> waarmee gaan jy dit bou of onderhou? DIS wat in die ou
> regime gebeur het." Nou dis snert dat SWA se belastinggeld
> na SA gegaan het, die teenoorgestelde het gebeur, net soos
> met die ander uitgestrekte en minder ontwikkelde provinsies,
> dit was 'n doodnormale situasie.
>
> Jy ignoreer ook my versoek om dit te substansieer. Die blote feit
> dat jy die leuen al 'n paar keer hier herhaal het verander nie die
> feit dat dit 'n leuen is nie. En dan vra jy of ek 'n politikus is?
> Get a life!
>
> Suidwester
> MAAR DAT DIE BEGROTING VIR DAARDIE PROVINSIE
> NA DIE SA PARLEMENT IS VIR GOEDKEURING?
>
> Wouter
> Jou gebrek aan insig is verstommend. Natuurlik is al die provinsiale
> en die territoriale (SWA) begrotings sentraal goedgekeur, daardie
> beginsel geld vandag nog in SA. Hoe dan anders? Maar jy mis die
> punt dat die SWA-administrasie 'n relatief klein deel van die uitgawes
> hanteer het, nie belangrike items soos verdediging, ens. nie. (Ek
> wil my verbeel dat selfs items soos onderwys sentraal hanteer is)
> En nog belangriker, dat SWA nie vir die inkomste-begroting
> verantwoordelik was nie, behalwe vir onbenullige items soos
> motorlisensies. Presies soos enige ander provinsie, dit werk
> vandag nog ongeveer dieselfde hier by ons. En die somme is
> jaarliks gemaak en dit het gewys dat die Kaap en veral die
> Transvaal die ander drie provinsies gesubsidieer het.
>
> Inkomstebelastinginvordering was verder beduidend swakker in
> SWA as in SA. In Ovamboland was daar bv heelwat ekonomiese
> aktiwiteit, maar effektief geen betekenisvolle belastinginvordering
> behalwe van staatsamptenare nie.
>
> Jou "onthulling", nogal in hoofletters, beskryf dus bloot 'n normale
> situasie en het presies niks te doen met die feit dat SWA vir SA
> baie meer geld gekos het as wat dit ingebring het nie.
>
> Jou geteem oor byvoorbeeld diamante wat gestroop is het, selfs as
> dit waar sou wees (en min van wat jy oor die onderwerp sê is waar),
> het ook niks met die saak te doen nie. Die maatskappye wat dit gemyn
> het, het betaal vir die prospekteerregte en die grond, hulle het die
> risiko's geloop en dit wettig gemyn en daarom het hulle ook die reg
> om die geld aan te wend waar hulle wil. As Namibië nie aantreklik
> is vir verdere beleggings nie, is dit nie hulle probleem nie en al jou
> ouvrou-gehuil oor die sogenaamde "gestroop" sal dit nie verander nie.
> Jy klink nogal baie soos die mense wat absurde regstellings eis vir
> die sondes van apartheid. Miskien moet jy ook 'n hofsaak teen die
> SA Regering aan die gang sit, dan kan jy al jou lawwe emosionele
> aansprake in 'n hof gaan toets?
>
> Suidwester
> Jy teem so oor JULLE die infrastruktuur van SWA opgebou en
> onderhou het. Kyk mooi weer as jy hier kom en kyk hoeveel
> het daai infrastruktuur met julle eie oorlogspoging te doene gehad.
>
> Wouter
> Dis presies my punt. As SWA nie daar was nie, het ons nie
> nodig gehad om daardie biljoene daar in te pomp nie en sou
> daardie infrastruktuur ook nie vandag daar gewees het nie.
> Ek het van die begin gesê dit was nie om welwillend te wees nie,
> ons het wel die gemeenskaplike belange van SA en SWA probeer
> dien en dit was onder andere om die SWA-grens te verdedig.
>
> Al was die oorlog nie primêr teen SWA gerig nie, sou julle
> nie moorde en anargie vrygespring het as die vryheidsvegters
> bv. vryelik uit Ovamboland kon opereer nie, julle was deel
> van SA. Op julle eie het julle geen militêre vermoë gehad
> om dit te voorkom nie.
>
> Suidwester
> ..dit het net tot SA se voordeel gestrek dat die oorlog
> beperk kon word tot die SWA noordgrens.....
>
> Wouter
> Tot ons voordeel, ja. Teen 'n helse prys. Maar nog meer tot die
> voordeel van die SWA-inwoners. Die destydse vyand se eerste
> teiken was SWA, hoekom dink jy het van hulle onder die naam
> SWAPO geveg?
>
> Of dink jy dalk julle sou vandag beter af gewees het as julle van
> die begin af 'n demokratiese (lees swart) regering gehad het en
> dat SA liewers nooit betrokke moes gewees het nie?
> (Dit kan 'n baie meer interessante debat wees)
>
> Suidwester
> die rede is eenvoudig vir die met 'n IK: Dié grens is net oor
> 'n 1000 km lank met 'n see langsaan waar jy nie kan land nie.
> Militêr-strategies wonderlik ivm die suidelike SWA grens,
> tesame met Botswana plus Mosambiek wat jou oor die
> 3 500km gee. Waar die grensoorlog die SA belastingbetaler
> [dis nou duidelik jou soort wat sit en bewe het onder die bed
> met sy keyboard en net kan kritiseer] seker so R2-3m per
> dag gekos het, lees R10+m per dag sou SWA uit die pad wees.
>
> Wouter
> Nog 'n direkte leuen. Bring vir my iemand wat daardie syfers
> sal bevestig. Ek dag jy weet iets van die destyds militêre operasie,
> maar jy lieg net so maklik daaroor as oor die res.
>
> In die eerste plek is jou logika totaal cock-eyed. Mosambiek
> is derduisende myle weg en het met die bosoorlog in SWA en
> Angola niks te doen nie, ons moes in elk geval daardie grens
> beskerm. (Die leeus in die Kruger-wildtuin het ons bygestaan
> daarmee.) En as dit die terroriste/vryheidsvegters gepas het
> om deur Botswana se moerasse te infiltreer kon hulle dit ook
> gedoen het sonder om deur SWA te kom.
>
> Ek is in die laat 80's deur die Weermag genooi om die grensgebied
> te besoek, jy weet dalk van daardie skakelaksie van hulle. En twee
> van die generaals van die operasionele gebied het toe bevestig dat
> hulle die suidelike grens met baie minder mense en toerusting teen
> 'n fraksie van die koste (hulle het gesê minder as 25%) baie
> meer suksesvol sou kon verdedig as die noordelike.
> Van hulle redes was:
> Die suidelike grens is oop, deels woestynagtig en met baie minder
> bome en bosse.
> Daar is nie moerastoestande wat beweging bemoeilik nie
> Dis nader aan bestaande militêre infrastruktuur in plekke
> soos Upington en Kaapstad
> Die plaaslike bevolking daar is ons soldate baie meer goedgesind.
> Hulle het baie klem daarop gelê dat die suidelike grens 'n maklike
> verdedigbare grens is, maar die noordelike grens nie.
>
> Ek is bevrees jy suig argumente en syfers uit jou duim, of weet jy
> beter as die militêre leiers? Nie 'n goeie manier om te debatteer
> nie, jy maak jou naam net al hoe meer krater. As dit nog moontlik is....
>
> Verder maak jy baie van ONS en JULLE. Daar was destyds geen
> ons en julle nie. Suidwes is as deel van SA bestuur, julle was deel
> van die familie. As dit nie so was nie, sou ons nie die bosoorlog
> daar geveg het en biljoene van ons belastinggeld daar bestee het
> nie, dit was vir enigiemand met 'n IK logies dat dit vrek baie sou kos.
>
> Ek sê weer, ek het selfs met die voordeel van terugkyk geen
> probleem daarmee nie, dit was die normale ding om te doen.
> Enige ander optrede sou beteken het dat ons julle in die rug
> sou gesteek het. Jy hoef nie hierdie debat te bly uitrek met
> 'n herhaling van dieselfde argumente en nuwe dinge wat jy
> uit jou duim suig nie.
>
> Ek het 'n eenvoudige stelling oor julle geërfde infrastruktuur
> gemaak en jy bly motiewe en argumente aan my toedig wat
> net in jou kop bestaan. Los nou liewers daardie geteem,
> dis lankal vervelig.
>
> Bly liewers by springbokke en damme, ek geniet jou stories
> daaroor en leer daaruit.
>
> Opregte varkgroete
>
> Wouter
>
>
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3d6cf883.0@news1.mweb.co.za...
>> Suidwester
>> Wat jy nie kan verstaan nie is dat INFRASTRUKTUUR kom
>> via belastinggeld en as al jou belastinggeld Suid-Afrika toe
>> gaan, waarmee gaan jy dit bou of onderhou? DIS wat in die
>> ou regime gebeur het. Hulle het die land van sy natuurlike
>> bronne kaalgestroop tot 'n groot mate.
>>
>> Wouter
>> Dis jy (wat nie verstaan wat infrastuktuur is nie) wat belasting
>> by die argument ingesleep het en jy argumenteer dus al weer
>> teen jouself. Maar ek reken jy verloor selfs teen jouself, hoor.
>>
>> In die SWA-jare (voor onafhanklikheid) is Suidwes soos 'n 5de
>> provinsie bestuur. Ek het in daardie tyd onder andere vir 'n SA
>> maatskappy gewerk wat besigheid in SWA bedryf het en het
>> ook met ons belastingopgawes gewerk. Nou ek het nuus vir
>> jou, daar was geen aparte SWA-belasting vir maatskappye
>> in daardie tyd nie, net soos daar ook nie aparte belasting vir
>> die Transvaal of die Vrystaat was nie. Daar was wel 'n som wat
>> jy moes maak om 'n deel van jou belasting aan SWA toe te
>> deel, maar dit was bloot vir statistiekdoeleindes. Volgens
>> daardie statistiek was SWA 'n bodemlose put, die belasting
>> wat daar ontstaan het kon nooit die uitgawes dek nie en dit
>> was ook 'n belangrike beweegrede om saam te werk met
>> SWA se onafhanklikheidswording. Dit het vir SA 'n pot
>> volg geld elke jaar bespaar.
>>
>> Dis algemene kennis dat julle infrastruktuur destyds grootliks
>> met SA belastinggeld gefinansier is. Net soos die huidige
>> Noord-Kaap se infrastruktuur met belastinggeld uit die huidige
>> Gauteng en Wes-Kaap gefinansier is. Dit was 'n doodnormale
>> ding om dit te doen, SWA is as 'n provinsie beskou. Ek noem
>> die Noord-Kaap omdat die ekonomies vergelykbaar is met
>> Namibië (Kimberley se ekonomie is van dieselfde orde as
>> dié van Windhoek en buite die twee hoofstede is daar in albei
>> gevalle groot wyd uitgestrekte dun bevolkte gebiede.) Ons
>> hoef dus nie daaroor te argumenteer nie, dis iets wat normaal
>> was en met onafhanklikheid verdwyn het. Nou moet julle dit
>> met julle dun belastingbasis onderhou.
>>
>> Substansieer asseblief jou stelling dat julle belastinggeld
>> na SA toe gegaan het. Ek reken dis snert. Nie dat dit enige
>> iets verander aan die oorspronklike argument nie, dis net
>> vir my komies dat jy klaarblyklik met drogredenasies teen
>> jouself besig is.
>>
>> Suidwester
>> As jy reken Namibië se paaie is nie goed nie, dan wonder
>> ek net waar jy rondry ou vriend?
>>
>> Wouter
>> Dit het ek nooit gesê nie. Ek het bloot gesê dat ek nie dink
>> dis so wonderlik nie en dat jy dus gelieg het toe jy dit aan
>> my toegedig het. Net soos jy nou lieg dat ek gesê het die
>> paaie is nie so goed nie,
>>
>> Suidwester
>> Graag sou ek wou weet as jou land my land kom opmoer vir jou eie
>> militêre voordele, dan is jy niks aan die land verskuldig nie? Is dit
>> tipies van julle tipe? Klink so!
>>
>> Wouter
>> Hoekom vra jy dit vir my? Ek het dit ook nooit gesê nie, trouens
>> ek het nooit enigiets hieroor gesê nie. Jy is die enigste een wat
>> op die punt teen jouself argumenteer. Gaan gerus voort as dit
>> jou amuseer. Uit 'n SA oogpunt het ons te lank SA belastinggeld
>> in 'n oorlog en gepaardgaande infrastruktuur ingepomp om
>> julle noordelike grens te probeer verdedig. Dit sou ekonomies
>> gesproke baie meer sin gemaak het om julle suidelike grens
>> te verdedig. Maar dit was 'n politieke besluit, waaroor ek
>> nie met die voordeel van terugkyk oor wil oordeel nie.
>>
>> En ek sê weer, ek hou van Namibië, nes ek van Suidwes
>> gehou het. Ek het nie lus om hierdie koeie op te grawe net
>> omdat jy met hardkoppige nonsens bly volhard nie.
>>
>> Suidwester
>> .....en so 'by the way', los bietjie vir my julle misdaadprobleem
>> op soos wat jy gaan keer dat die plaasbesettings nie gaan plaasvind
>>
>> Wouter
>> Jy lees baie sleg, ons het die punt al uitgeput. Plaasbesettings
>> is nie misdaad nie, dis moontlik om dit heel wettig te doen.
>> En ek het saamgestem dat SA tans meer probleme as
>> Namibië het en dat misdaad 'n helse groot probleem is,
>> maar dit het steeds niks uit te waai met die nonsens
>> wat jy gepraat het en wat ek aan jou uitgewys het nie.
>>
>>
>>
>>
>> "Wouter Plaasvark" wrote in message
>> news:3d6c9de6.0@news1.mweb.co.za...
>>> Suidwester
>>> Laat ek jou 'n bietjie gooi. Daai wonderlike infrastruktuur waaroor jy
>>> so teem.
>>>
>>> Wouter
>>> As jy dink dis wonderlik is dit goed. Ek dink nie so nie en het dit ook
>>> nie gesê nie, dis juis besig om te verswak. So gooi liewers jouself,
>>> want jy argumenteer oor jou eie opinie.
>>>
>>> Suidwester
>>> Vandag trap die 18-wheelers uit SA die uitstekende padstruktuur van
>>> Namibië in sy moer in.......
>>>
>>> Wouter
>>> Dit is juis my punt. Onthou? Ek het dit net nie uitstekend genoem nie,
>>> dis weer jy wat voel dat dit wonderlik is.
>>>
>>> Suidwester
>>> Self lees jy darem ook nie te lekker nie, want hoekom vertel jy my nie
>>> van die feit dat die groot gros van die mynwese, die visnywerheid,
ens.
> se
>>> belastinggeld na die RSA gegaan het. Is dit nodig om vir jou te
vertel
>> dat
>>> die grootste diamantbron in die wêreld naas Rusland in Nam is? Dit is
>>> gerape, peplunder deur jou mense en jy reken julle het genoeg
> teruggegee?
>>
>>>
>>> Wouter
>>> Jy reken ek lees nie lekker nie! Ek het reeds gesê wat ek met
>>> infrastruktuur bedoel, maar jy bly karring met mynwese, diamante
>>> en die visbedryf. Ek het gesê julle kan nie die infrastruktuur in stand
>>> hou wat julle geërf het nie, niks van enige bedryf nie. En jy bly
>>> teem oor bedrywe, jy argumenteer alweer teen jouself.
>>>
>>> Gaan lees 'n slag in 'n woordeboek wat infrastruktuur is:
>>> in�frastruktuur, ..ture. Alles wat nodig is vir die vestiging van
>> industrie�
>>> of die ontginning van myne (bv. paaie, spoorweë, water, krag, huise,
>>> ens.), ondersteunende dienste, onderbou.
>>>
>>> Myne is myne, diamante is diamante, vis is vis. Maar nie een van
>>> hulle is infrastruktuur nie.
>>>
>>> Suidwester
>>> jy reken julle het ons land al daai goete uit welwillendheid geskenk?
>>>
>>> Wouter
>>> Jy lees nie, ek het die teenoorgestelde gesê. Dit staan hier onder,
>>> maar laat ek dit maar herhaal, lees gerus weer:
>>>> Ek het nooit gesê SA het Namibië bevoordeel nie. Ons
>>>> was daar om ander redes, as dit gebeur het was dit
>>>> toevallig. Ek het bloot gesê julle kan nie die geërfde
>>>> infrastruktuur in stand hou nie
>>>
>>> Jy redeneer die hele tyd oor goed wat jy aan my toedig, maar
>>> wat net in jou kop bestaan. Soos 'n kind wat sien hy het geen
>>> argument nie en nou teen homself probeer punte wen.
>>>
>>> Dis vervelig. Gaan speel liewers elders.
>>>
>>>
>>> "Wouter Plaasvark" wrote in message
>>> news:3d6b99ed.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Nogal, ironies dat jy hoog opgee en laag insit oor maniere
>>>> in dieselfde boodskap. Ek los dit daar, almal kan sien hoe
>>>> dit begin het en wie dit is wat oorreageer.
>>>>
>>>> Al jou aannames oor my is verkeerd, net soos jy oor die
>>>> meeste ander dinge waaroor jy so raas.
>>>>
>>>> Ek het nog nooit vir die staat in SA gewerk nie. Dis half
>>>> ironies dat die enigste fooie wat ek nog ooit van 'n regering
>>>> verdien het van julle regering gekom het, ten spyte daarvan
>>>> dat hulle nie graag hulp van SA inroep nie. Die meeste
>>>> van my Namibië-kliënte is egter sake-ondernemings.
>>>>
>>>> Ek het met die infrastruktuur hoofsaaklik die vervoer
>>>> (paaie, ens) bedoel. En 'n paar dorpe, en heelwat skole,
>>>> polisiekantore en ander openbare geboue wat anders
>>>> nie daar sou gewees het nie. As jy dink dit maak
>>>> nie werklik saak nie, het jy nog nooit gedink hoe dit sou
>>>> wees as dit nie daar was nie. En met die bietjie belasting
>>>> wat julle in saam met die swaar staatsdiens wat julle onderhou
>>>> gaan julle dit nie in stand kan hou nie. Net een voorbeeld,
>>>> die helfte van julle persoonlike inkomstebelasting kom
>>>> van staatsamptenare (paying Peter to pay Peter).
>>>>
>>>> Ek het nooit gesê SA het Namibië bevoordeel nie. Ons
>>>> was daar om ander redes, as dit gebeur het was dit
>>>> toevallig. Ek het bloot gesê julle kan nie die geërfde
>>>> infrastruktuur in stad hou nie. Plein en simpel, ek
>>>> verstaan nie hoekom jy daaroor gal-af gaan nie. Dalk
>>>> lees jy nie lekker nie? Ek het ook nooit gesê ons het
>>>> dinge lekker onder beheer hier nie, dit sou taamlik
>>>> ver van die waarheid wees. Ons het myns insiens meer
>>>> probleme as julle, maar met een groot verskil, ons
>>>> het 'n lewensvatbare ekonomiese toekoms. As jy dit nie
>>>> verstaan nie, kyk dan maar oor so 10 jaar hoe ons twee
>>>> lande relatief tot nou lyk.
>>>>
>>>> Maar ek probeer nie Namibië slegmaak nie. Inteendeel,
>>>> ek is lief vir die land en hoop dat dinge vir julle sal uitwerk.
>>>> Ek sou maklik daar kon woon, gelukkig is die tipiese
>>>> Suidwester baie meer gemütlich as jy. Maar die ekonomie
>>>> sal die deurslag vir julle toekoms gee, nie die paar politici
>>>> waaroor jy brom nie, hulle kan die land bloot 'n knou gee.
>>>>
>>>> Jy het duidelik ook nie 'n begrip van die misdaadsitusie
>>>> hier by ons nie. Dis nie so eenvoudig soos jy dit probeer
>>>> maak nie. Armoede en werkloosheid is die teelaarde,
>>>> maar georganiseerde misdaad (wat deur gierigheid
>>>> eerder as armoede gedryf word) is die enkele groot
>>>> probleem.
>>>>
>>>> Maar dit het steeds niks te doen met jou stelling "beset
>>>> gaan hulle hom beset, want dit is die enigste manier van
>>>> oorlewing in 'n land waar daar geen vooruitgang is nie.
>>>> Dit is net 'n kwessie van tyd, dan volg Suid-Afrika ons
>>>> ook........Afrika roep!" en dis waaroor hierdie debat gaan.
>>>>
>>>> Jou sug sê ook niks nuuts nie, jy ignoreer steeds die
>>>> verskille tussen SA en namibië.
>>>>
>>>> Ek sê weer, gaan soek ander maters om jou te volg,
>>>> ons stel nie belang nie.
>>>>
>>>> Wouter
>>>>
>>>> Terloops, ek is al sedert 1980 'n belastingbetaler in Namibië.
>>>> Ek glo daaraan om terug te gee en te betaal waar jy verdien.
>>>> Ek vermoed dit het my gehelp toe ek vir staatsbesigheid
>>>> getender het
>>>>
>>>>
>>>> Suidwester wrote in message
>>>> news:3d6b28ee.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Laat ek begin deur te sê ek verstaan hoekom jou naam 'plaasvark' is
> want
>>> jy
>>>> openbaar toepaslike maniere. Dalk moet iemand vir jou vertel dat
jy
>> nie
>>>> argumente wen deur te beledig nie.....dit openbaar net jou
> mentaliteit.
>>>> Duidelik daarom dat jy nie die verskil tussen teorie en realiteit kan
>>>> waarneem nie. Sit seker daar agter jou staatgefundeerde PC [of jy
> werk
>>> vir
>>>> hulle of jy is op hulle pensioen want net 'n staatsamptenaar kan
sulke
>>> tjol
>>>> kwytraak!] en droom van dinge wat nie was nie....en ook nie gaan
wees
>> nie.
>>>> 1. Namibië - Ek wil nie graag SA beledig nie want ek hêt die land
op
>> die
>>>> sportveld verteenwoordig en ek was in sy weermag, maar oor die geërfde
>>>> infrastruktuur moet jy so 'n bietjie stadig want jy weet nie waaroor
> dit
>>>> gaan nie. Laat ek dit vir jou stadig uitspel. Diamante,
visbronne
>> [die
>>>> rykste in Afrika], alle mynregte, uitroei van wild, ens. Al die
het,
>> en
>>>> behoort steeds, aan Suid-Afrikaners.....en hulle betaal belasting in
> die
>>>> RSA. Die gevolg? Ons visbronne is basies in moer in. Die
> diamante
>> is
>>>> so uitgehaal voor onafhanklikheid dat dit wat oor is, lyk na
>>>> kinderspeletjies. Infrastruktuur sê jy? Wonderlike paaie, gee ek
>> toe.
>>>> 'n Billike treinspoor gee ek ook toe, maar wat van die dinge wat
> werklik
>>>> saak maak, soos water in 'n droë land. Nou sal 'n kringspier soos
jy
>> vir
>>>> my sê die grootste dam Hardap is gebou deur SA. Ja, maar die
>> beplanning
>>>> vir daardie dam is reeds in 1908 deur die Duitsers gedoen en die SA
>>> regering
>>>> het op daai planne gesit vir oor die 50 jaar! Toe gaan bou die dom
>>> blokke
>>>> een groot dam in 'n enkele gebied wat nie daai volume water kan
>> opgebruik
>>>> nie. Die Duitse beplanning was vir 5 oorloopdamme en 5 soortgelyke
>>>> beplantingsgebiede.
>>>> 2. Angola - Net soos Namibië se wildlewe wat swaar onder
>> Suid-Afrikaanse
>>>> jagters deurgeloop het [ministers en offisiere wat in die Kaokoveld
>>> olifante
>>>> en renosters met die Alouettes gejag het], het Suid-Angola ook onder
> die
>>>> Suid-Afrikaners deurgeloop. Olifant, renoster en hardehoutbome is
>>>> uitgeroei om vir Savinmbi en Unita se oorlogspoging te betaal [wil
jy
>> die
>>>> projeknaam weet waaruit daardie fondse direk uit die SA parlement
> gekom
>>>> het?] en die lorries het dag en nag via SWA geloop om die
>> renosterhorings
>>> en
>>>> olifanttande en boomstompe uit te smokkel na SA toe. Foei, en jy
s�
>>> julle
>>>> het SWA met 'n voordeel gelaat?
>>>> 3. Politiek - Die probleem met die Afrika-politiek is dat daar twee
>>>> groepe oorbly. Die een is die swart meerderheidsregering se lede wat
>>>> hulleself nie kan inhou nie en veel erger tekere gaan as wat die
>> politici
>>>> wat hulle vervang het, ooit sou waag om te doen. Dan is daar die
> manne
>>>> soos jy wat glo aan die sprokie dat SA immuun is teen die ergste.
> Word
>>>> wakker vriend! Mugabe het sy hele ekonomie so te sê vernietig om
sy
>> sin
>>> te
>>>> kry. Die realiteit van die saak is dat tussen bogenoemde groepe
die
>>> groep
>>>> mense is wat die politieke verandering teweeg moes bring. Dis daai
>>> verlore
>>>> geslag mense wat moes veg in die tyd wat hulle hulleself moes
> voorberei
>>> het
>>>> op 'n beter lewe sodat die politici beter kan lewe. DIS die groep
>> mense
>>>> vir wie niemand nog ooit in Afrika kon voor voorsiening maak nie en
> dis
>>> uit
>>>> hierdie groep waaruit jou misdaad kom. Solank as wat die
>> Afrikaregerings
>>>> nie daarin slaag om vir hierdie mense werk te skep nie, sal hulle
die
>> land
>>>> se probleme nooit kan oplos nie.
>>>> Ek sê weer, die dag gaan kom beide in ons land en in SA dat die
>>>> regering van die dag nie 'n oplossing het vir die probleme nie en
dan
>> die
>>>> risiko loop om die politieke mag te verloor. Dis dan wat ander
> planne
>>>> gemaak word en die maklikste een is om vir die gepeupel te vertel
dis
>> die
>>>> witmense wat hulle grond gesteel het....DIS hoekom dit sleg gaan met
>>> hulle.
>>>> As jy dit nie kan verstaan nie......sug!
>>>> So met die afsluit ou 'vriend'......Namibië het 'n
> model-konstitusie
>>> en
>>>> onafgesien van al die probleme van wanregering, staan
Suid-Afrikaners
>> que
>>> om
>>>> tog te mag trek hiernatoe. Hoekom? Dalk het die 2 miljoen mense
in
>> 'n
>>>> land wat 5/6es so groot soos SA daarmee te doene? Dalk het al die
>>>> plaasmoorde daar by julle, die feit dat die ordentlike mense dit nie
>> meer
>>> in
>>>> die middestede waag nie, dat jy nie kan waag om langs 'n pad stil te
> hou
>>> en
>>>> nie te beroof of vrekgeskiet te raak nie, iets daarmee te doene?
Vir
>> 'n
>>>> land wat JY reken julle het dinge onder beheer en 'julle sal nie
> toelaat
>>> dat
>>>> dinge skeef loop nie', slaag julle duidelik pragtig in julle doel.
> Hel
>>>> man, ek hoop mense soos jy bly eerder suid van die Gariep! Netnou
>> steek
>>> jy
>>>> ons aan!
>>>>
>>>> "Wouter Plaasvark" wrote in message
>>>> news:3d6a85f5.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > Wouter
>>>> > Nee, geen senuwee is geraak nie, behalwe dalk die een wat
>>>> > altyd opspring as iemand 'n boel snert kwytraak.
>>>> >
>>>> > Jy probeer Namibië gelykstel aan SA en ignoreer die demografiese
>>>> > verskille. Wat ek sê het presies niks te doen met 'n paar verregses
>>>> > (of PW) wat nie blanke bevoorregting wou prysgee te doen nie, dit
>>>> > gaan oor die natuurlike reaksie wat jy sal kry as die "rule of law"
>>>> > en die grondwet by ons geïgnoreer sou word.
>>>> >
>>>> > Plaasmoorde is misdaad en dis 'n probleem. Misdaad in ons
>>>> > metropole is 'n nog groter probleem. Ons het nie tans die vermoë
>>>> > om dit hok te slaan nie, by plaasmoorde is daar moontlik ook nog
>>>> > 'n politieke wil wat wat nie na wense is nie. Dit sal noodwendig 'n
>>>> > groep mense emigrasiegedagtes gee, selfs na Namibië, wat 'n mooi
>>>> > land is en dikwels relatief vreedsamer voorkom.
>>>> >
>>>> > Maar dit het alles niks met die "rule of law" en
>>>> > eiendomsoewereiniteit te doen nie. Jy gryp na strooihalms omdat
>>>> > jy verlore geraak het in jou eie argumentasie. Droom gerus voort
>>>> > oor plaasbesettings daar by julle, dit sal dalk nog gebeur ook as
>>>> > daar genoeg mense met jou mentaliteit is.
>>>> >
>>>> > My punt is nie dat blankes die land sal destabiliseer as dinge
>>>> > te ver gaan nie (dan is daar geen wenners nie), maar dat geen
>>>> > Regering so breinloos sal wees om dinge so ver te laat gaan
>>>> > dat die natuurlike gevolg is nie. Dit het geen parallel met
>>>> > Orania of enige van jou ander ylinge nie.
>>>> >
>>>> > Die grootste verskil is dat SA 'n volhoubare ekonomiese entiteit is.
>>>> > Namibië kan dit net op 'n baie laer lewenstandaard volhou, die
>>>> > infrastruktuur wat julle van SA geërf het en oor en na
>>>> > onafhanklikheid van buite gekry het sal opgebruik word en julle het
>>>> > nie die ekonomiese vermoë om dit in stand te hou of te vervang nie.
>>>> >
>>>> > As julle dit besef en iets daaraan doen is daar hoop vir julle.
>>>> >
>>>> >
>>>> > "Suidwester" wrote in message
>>>> > news:3d6a0cb3.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > Ai, maar jy vat hard en diep, vriend. Het ek 'n senuwee geraak?
>> Jou
>>>> > woorde klink net soos uit ou PW se dae toe die blankes in SA ook
>>> gestorie
>>>> > het dat die res van Afrika sal oorgee aan die swart meerderheid,
> maar
>>>> > Suid-Afrika? Nee, daar is te veel blankes wat dit nie sal
toelaat
>> nie.
>>>> > Wat het gebeur? Sonder slag of skoot het SA ook deur sy
>> transformasie
>>>> > gegaan en wat het geword van die mense wat dit nie sou toelaat nie?
>>>> Hulle
>>>> > praat soos jy! Steeds wensdenkery.
>>>> > Dis eintlik lagwekkend want net soos voor die oorgang, het die
>>> regses
>>>> > vert�l van hulle weerstand, maar as jy daarop aandring dat hulle
> woord
>>> by
>>>> > daad moet voeg, dan raak hulle rustig en stil. Soos met Orania.
>>> Daar's
>>>> > ten minste een groep mense wat die woord by die daad gevoeg het en
>>> gedoen
>>>> > het wat hulle propageer.
>>>> > Graag sou ek van jou wou hoor wat is julle besig om te doen
ivm
>> die
>>>> > plaasmoorde? Sekerlik is julle groep dan sterk genoeg om dié
> gemors
>>> tot
>>>> 'n
>>>> > einde te bring? Hoekom laat julle dit toe? Hoekom stop julle
of
>> jul
>>>> > regering dit dan nie?
>>>> > Glo my vry, net soos die dag gaan kom dat ons plaasboere gaan
>> drama
>>>> hê,
>>>> > net so gaan julle dit ook ondervind. Nou net voor jy in jou broek,
>>>> > uh........, plaasbesettings gaan nie oor wie watter plaas gesteel
> het
>>> nie.
>>>> > Dit gaan oor politieke druk en die dag wat die ANC onder druk kom
in
>> SA,
>>>> dan
>>>> > begin die sports. Ek wens dit was nie so nie, maar ons bly in
>>>> > Afrika.........
>>>> > O en so by the way, ek wonder of jy weet hoeveel
Suid-Afrikaners
>> wil
>>>> > graag na Namibië toe emigreer as hulle net die kans sou kry oor
> julle
>>>> > massiewe misdaadsyfer daar......nog iets wat julle niks aan kan
doen
>>> nie?
>>>> > "Wouter Plaasvark" wrote in message
>>>> > news:3d69f7e7.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > > Suidwester
>>>> > > Glo dit of nie, ons stap dieselfde pad as Zimbabwe.
>>>> > > Maak nie saak of dié man en sy mense nog nooit voorheen
>>>> > > voet op daardie spesifieke stuk aarde gesit het nie, beset
>>>> > > gaan hulle hom beset, want dit is die enigste manier van
>>>> > > oorlewing in 'n land waar daar geen vooruitgang is nie.
>>>> > > Dit is net 'n kwessie van tyd, dan volg Suid-Afrika
>>>> > > ons ook........Afrika roep!
>>>> > >
>>>> > > Wouter
>>>> > > Ek verskil 'n bietjie van jou oor Namibië, maar gaan nie
>>>> > > met jou daaroor probeer argumenteer nie, want jy woon
>>>> > > daar en ek besoek dit net af en toe vir werk.
>>>> > >
>>>> > > Maar oor Suid-Afrika droom jy, daardie parallel bestaan nie.
>>>> > > Hier is baie meer blankes met baie om te verloor en nêrens
>>>> > > om heen te gaan nie. Geen Regering sal die risiko loop om
>>>> > > sommer bo-oor die blankes hier te loop nie, daar sal geen
>>>> > > wenners wees nie, nie eers op die korttermyn nie. Enige
>>>> > > iemand wat op 'n besette plaas probeer boer sal sy lewe
>>>> > > op die spel plaas. Nee man, jou wensdenkery, versugting
>>>> > > of wat dit ook al is hoort êrens anders, daar is meer
>>>> > > breinkrag as dit in die nuwe SA. Ons vang wel ook simpel
>>>> > > goed aan, maar is nie totaal breinloos nie en ons het 'n
>>>> > > ekonomiese toekoms..
>>>> > >
>>>> > > Namibië se bevolking is 88% swart en 6% wit in 'n groot
>>>> > > en baie dun bevolkte land (1,8 miljoen mense) met 'n
>>>> > > geërfde infrastruktuur wat hy nie kan bekostig om in stand
>>>> > > te hou met sy eie hulpbronne nie.
>>>> > >
>>>> > > In Suid-Afrika is die bevolking 75% swart en 14% wit.
>>>> > > 44 Miljoen mense wat in staat is om hulle eie heil uit te
>>>> > > werk en ook 'n paar vlugtelinge uit plekke soos Namibië
>>>> > > kan akkommodeer as die politieke wil daar sou wees.
>>>> > >
>>>> > > Gaan tref daardie vergelyk liewers met lande noord van julle.
>>>> > > Julle het 'n pragtige land, maar met 'n ekonomiese probleem
>>>> > > waaraan julle moet werk. Dit help niks om net te sê die
>>>> > > swartes gaan uiteindelik ons grond steel nie, doen iets.
>>>> > > Soos om hulle deel van die stelsel te maak sodat hulle
>>>> > > ook sal verloor, of wat ook al.
>
Re: Heldedag [boodskap #65787 is 'n antwoord op boodskap #65770] Vr, 30 Augustus 2002 09:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, en dan is SA maar net volgende op die lys......so 'n paar jaar later?
Dis waar hierdie hele argument begin het. Ou Plaasvark reken in die RSA
kan alles uitgewerk word, maar mens lees al meer van plakkersdorpe op plase,
van werknemers wat die reg het om op grond te bly en hier by ons kus, waar
baie boere kom vakansiehou elke jaar, vertel die manne sonder ophou dat dit
nie eintlik die moeite werd is om meer te boer nie. Almal wil verkoop as
hulle net die regte prys kan kry.......en dis nou hier waar die probleem lê.
As 'n ou 'n plaas gekoop het en 'n verband daarop het en al die jare se
rente betaal het, sal hy sekerlik teen 'n prys wil verkoop sodat hy darem
nie verloor nie? Ook 'n statistiekie wat glad nie genoem word in Namibië
nie, is dat by die Suide by plekke soos Maltahöhe, Bethanie, ens. lê die
groot gros van die ongebruikte plase in ongebruik, maar dis met 'n rede.
Dis te droog en die manne wat probeer het, het uitgeboer. Baie het dorp
toe getrek [of RSA toe] om weer aan die gang te kom en nou lê die plaas
daar.
Dié gronde stel die regering nie in belang nie, al word dit aangebied.
As 'n kommersiële boer op 20 000ha nie 'n bestaan kon maak nie, wat is die
kans van bestaansboere op lappies van 1 000ha? Die geveg gaan oor ryk
Duitsers veral wat plase in die sentrale dele op noord van die land het.
Miljoen�rs wat met die swak wisselkoers vier-vyf plase aanmekaar opgekoop
het en die drade tussenin verwyder het om een groot wildplaas te maak. 'n
1 000ha op so 'n stuk aarde wat vrot van die wild is sal ek ook wil hê.
Net uit jag sal jy vir 'n hele paar jaar kan bestaan! Die feit dat daai
Duitser meeste van hierdie wilde diere self ge-stock het, maak nie vir
hierdie mense saak nie.

"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:3d6e65ac.849271@newshost.freemail.absa.co.za...
> Kyk wat sê vandag se Star - beter maar SA toe trek ou grote:
>
> Windhoek - Namibian President Sam Nujoma, who has backed Zimbabwean
> President Robert Mugabe's land redistribution and other policies,
> sounded a warning to white Namibian farmers still holding on to vast
> tracts of land.
>
> Opening the third congress of the ruling Swapo party in the Namibian
> capital, Nujoma said on Wednesday: "Although we enjoy peace and
> stability in our country, up to now more than 70 percent of our arable
> land is still in the hands of the minority white farmers.
>
> "In accordance with our constitution, the land reform programme in
> Namibia is based on the principles of willing buyer, willing seller.
>
> "I call upon the white farm owners to cease the deliberate policy of
> inflating the prices of land. The white landowners must know that the
> majority landless citizens of this country are daily becoming
> impatient," Nujoma said.
>
> At the weekend, Nujoma appealed to Namibians to throw their weight
> behind Zimbabwe and defeat the forces of imperialism. "We cannot allow
> imperialism to take over our continent again. We must defend
> ourselves,"
> Nujoma told delegates to a civil service workers union congress at
> Swakopmund.
>
> "Today it is Zimbabwe, tomorrow it is Namibia or any other country. We
> must unite and support Zimbabwe. What is happening in Zimbabwe is
> British imperialism," he said.
>
> Nujoma made the remarks as Zimbabwe arrested more than 100 farmers and
> started to forcibly remove them from their farms.
>
> About 243 000 landless black Namibians are still waiting for land and
> to
> resettle them the government needs about R1,1-billion to buy 9,5
> million
> hectares.
>
> Namibia has 4 045 commercial farms. About 30,5 million ha is owned by
> white farmers and 22 million ha by black farmers. Nujoma's government
> is
> concerned by the slow pace of the willing seller, willing buyer policy
> of acquiring land for resettlement and said it would consider other
> means of acquiring land.
>
> Lands Minister Hifikepunye Pohamba appealed to white farmers to "be
> serious and co-operate with the government" in its efforts to make
> land
> available to the majority blacks. Since independence in 1990, the
> Namibian government has acquired 105 commercial farms, of 599 077 ha,
> and re-settled just over 30 000 people. - Independent.
>
>
> On Mon, 26 Aug 2002 09:16:07 +0100, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Dis vandag Heldedag in Namibië en die inwyding van die nuwe Heldeakker in
>> Windhoek vind vandag plaas. 'n Moerse lot miljoene dollars verder [wat die
>> land eintlik nie kan bekostig nie en die werk is gedoen deur buitelanders
>> terwyl werkloosheid hier by ons ongelooflik hoog is] word hiermee hulde
>> gebring aan die helde van die vryheidstryd van Namibië. Waar die fondse
>> vandaan kom, kan mens seker oor net spekuleer, maar onsself kan dié monument
>> nie bekostig nie. So, die buiteland moet seker maar die geld skenk? Mens
>> bly egter wonder of die geld nie beter aangewend sou wees om die lot van die
>> gewone man op straat te verlig nie?
>> Glo dit of nie, ons stap dieselfde pad as Zimbabwe. Mooi stories word
>> gepraat dat ons grondwet 'n model ene is en dat dit individuele eiendomsreg
>> beskerm, maar die dag gaan kom dat die buiteland nie meer genoeg gaan skenk
>> om Namibië se kop bo water te hou nie. Werkloosheid gaan vererger en dan
>> gaan die politici vir die mense vertel dat die oorsaak van al hul elende is
>> die boere op die plase wat hulle grond gesteel het. Maak nie saak of di�
>> man en sy mense nog nooit voorheen voet op daardie spesifieke stuk aarde
>> gesit het nie, beset gaan hulle hom beset, want dit is die enigste manier
>> van oorlewing in 'n land waar daar geen vooruitgang is nie. Hulle kan
>> eintlik nie anders nie!
>> Hoe anders kan mens die feit vertolk dat ou Mugabe se vrou vir haarself
>> 'n plaas toe-eien? Haar man is een van die rykste mense ter wêreld
>> .....uit sy mense se goed steel. Nou doe sy maar so voort. Wat van die
>> feit dat omtrent elke minister in ons land een plaas of meer het.....dat Sam
>> Nujoma 'n stuk of sewe plase het? Niemand eis dat hy sy plase moet verkoop
>> of weggee nie!
>> Dit is net 'n kwessie van tyd, dan volg Suid-Afrika ons
>> ook........Afrika roep!
>>
>> --
>> This message contains information intended for the perusal, and/or use [if
>> so stated], of the addressee[s] only. The information is confidential and
>> priviledged. If you are not an intended recipient, do not peruse, use,
>> disseminate, distribute, copy or in any manner rely upon the information
>> contained in this message [directly or indirectly]. The sender shall not
>> be held accountable in the event this prohibition is disregarded. If you
>> receive this message in error, notify the sender immediately by e-mail, fax
>> or telephone and/or destroy the original message. The views or
>> representations contained in this message, whether expressed or implied, are
>> those of the sender only.
>>
>
Re: Afdraend? [boodskap #65788 is 'n antwoord op boodskap #65785] Vr, 30 Augustus 2002 10:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy is verkeerd hoor? 3 politieke partye, 4 kerke.:))
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3d6f3c91.0@news1.mweb.co.za...
> He-he! Hulle sê mos as twee Afrikaners op 'n eiland gestrand raak, dan
> gaan jy binne 'n dag 2 kerke en 2 politieke partye hê!
> "Max" wrote in message
> news:e720f1c7.0208292300.7f41f4ba@posting.google.com...
>> "Suidwester"
>>> Die Damaras staan saam, so ook die
>>> Hereros, die Wambos en die Basters en moer mekaar lekker, maar 'n man
> veg
>>> vir sy soort.
>>
>> Gelukkig sê jy nie die blankes staan saam nie. Dit moet ek nog sien.
>> Kyk maar net na die res van die gesprekke hier op die groep.
>>
>> ék maar goed ons staan nie saam nie, want ons sou te magtig wees.
>>
>> Groete
>> Max________________________________________________________
>
Re: Afdraend? [boodskap #65790 is 'n antwoord op boodskap #65781] Vr, 30 Augustus 2002 11:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Toe kom daai dom drol van 'n Verwoerd en toe moes SA
> begin dink om vir sy alie te keer. Toe raak dit belangrik vir SA om geld
> in SWA in te steek. Kry jou feite reg!

Ha, ha, ha, ha, hieeeeeee.
Ek lag my 'n papie.

Tant Hessie van Onseepkans.
Re: Afdraend? [boodskap #65792 is 'n antwoord op boodskap #65786] Vr, 30 Augustus 2002 11:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee ou antie, noudat jou masker af is.....of is jy oom-Gloudina? Nog 'n
lafaard wat weggehol het? JY lees nie lekker nie. Ek sê maar weer, as
maatskappye nie belasting in SWA betaal nie omdat hulle in die RSA
geregistreer is, waar dink jy gaan hulle geldjies heen? Miskien moet julle
tweetjies maar eerder by gediggies hou?

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d6f3dad.0@news1.mweb.co.za...
> Ek dink hierdie debat is nou uitgeput.
>
> Dié wat tot hier gelees het moet maar besluit of hulle
> die generaals glo of iemand wat aanmekaar op e-pos
> sit en oordryf en duimsuig. Ek glo dit wat my eerstehands
> meegedeel is en wat baie logies is. Gaan lees maar weer
> daardie redes.
>
> Ek moet darem net vir oulaas jou grootste enkele dwaling
> hier onder uitwys. Ek skiet ook 'n ander leuen van jou in 'n
> aparte boodskap af, maar los die res vir jou as huiswerk.
>
> Jy skryf : "Kortliks, elke staatsdepartement werk 'n begroting
> uit en dit word alles in een poel gegooi. Dan word vir die
> groot ooms van die SA regering gesê: Groot oom, ons het
> XRand aan belasting ontvang [of gaan ontvang] en nou het
> ons nog soveel rand van julle nodig."
>
> 'n Hele paar dinkfoute. SWA was geen staat nie, dit was 'n
> sogenaamde "territory", wat as 'n provinsie van SA hanteer
> is. Die staatsdepartemente binne SWA het hulle befondsing
> van die ooreenstemmende RSA-staatsdepartemente gekry.
> Slegs 'n relatief klein deel van julle uitgawes was in die
> begroting van die Administrateur en hy het nie seggenskap
> oor die staatsdepartemente gehad nie, slegs oor die paar
> territoriale (provinsiale) amptenare en uitgawes.
>
> Hy kon daarom ook nie sê ons het/gaan soveel belasting
> ontvang nie, hy het geen saak met belasting gehad nie, dit
> was deur die RSA ingevorder en geadministreer. Hy kon
> wel 'n raming van belasting aangevra het, maar dit was nie
> regtig relevant nie, omdat 'n baie groot deel van die
> SWA-uitgawes nie op sy begroting was nie.
>
> Ek sê weer, hou by die bokke en die damme, jy het duidelik
> geen idee oor hoe hierdie goed werk nie, jy herhaal net
> retoriek wat deur ander onkundiges gepreek word. Maar
> 'n leuen word nie 'n waarheid net omdat dit oor en oor
> herhaal word nie, dit bly 'n leuen.
>
> Vriendelike varkgroete
>
> Wouter
>
>
>
> Suidwester wrote in message
> news:3d6f22d2.0@news1.mweb.co.za...
> Varkie, jou tipe van groet pas jou karakter, hm? Jou lang relaas wys weer
> vir my jy werk op hoorsê! Jy is genooi om die grens besoek. Ek was deel
> van daai operasie en weet veel meer as wat jy ooit sal kan besef. Vat tog
> net vir jou 'n landkaart en kyk die grense mooi.....uh, die Egiptekant is
> die bokant daarvan, hoor! Dan meet jy met 'n liniaaltjie sommer so op
> gewone 1:100....uh, dis nou in mm, en dan kyk jy die verskil in grenslengte.
> As jy dink wilde diere is enige beperking vir 'n soldaat, dan is jy meer
> naïef as wat ek gedink het.....of dalk donners oud?
> Van 'n land se begroting verstaan jy duidelik ook nie veel nie en ek
> hoop regtig jy het iemand wat jou met die besigheid se boeke help!
> Kortliks, elke staatsdepartement werk 'n begroting uit en dit word alles in
> een poel gegooi. Dan word vir die groot ooms van die SA regering gesê:
> Groot oom, ons het XRand aan belasting ontvang [of gaan ontvang] en nou het
> ons nog soveel rand van julle nodig. Vark, miskien moet jy jou
> maatskappyebelasting so 'n effe opswot?
> Maar terug na die militêre operasie. Duidelik weet jy nie veel van die
> storie nie en ook nie die ligging van die land nie. Anders as in jou
> vrugbare verbeelding dat mens net op 'n hoë punt gaan sit en wag hou en dan
> het jy 'n grens gedek, grens aan die belaglike. Nee dit is belaglik. As
> jy 'n grens beskerm, moet jy gereed wees om in 'n rekdelike tyd te kan
> optree indien daar 'n oortreding kom en dit is wat die langer grens veel
> duurder maak. Plus natuurlik dat ou Gloudina se familie doer in Upington

> dan op 'die grens' sou wees......soos die res van SA se noordelike en
> westelike grense. Die Kubane sou sommer daar by Nakop vir julle gesit en
> loer het en jou Krugerwildtuin sou nog net meerkaaie en hase oorgehad het.
> Man jy praat tog stront!
> Kom ek voeg vir jou nog iets by....sal jou gemoed dit kan vat? Uit SA
> se oorlogspoging en die feit dat hy 'n aktiewe toetsgrond gehad het in SWA
> en Angola, het hy 'n uitstekende wapenindustrie opgebou wat steeds een van
> die grootste werkgewers en inkomsteverdieners vir SA is?
> O, en voor ek vergeet, SWa het nooit verkies om 'n 5de provinsie van SA
> te wees nie. Lees jou geskiendenis. Die mandaat is aan SA toegestaan en
> hulle was nie te gelukkig daarmee nie en het net die nodigste gedoen vir die
> volgende 50 jaar. Toe kom daai dom drol van 'n Verwoerd en toe moes SA
> begin dink om vir sy alie te keer. Toe raak dit belangrik vir SA om geld
> in SWA in te steek. Kry jou feite reg!
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3d6eb52b.0@news1.mweb.co.za...
>> Suidwester
>> Jinne, maar jy herhaal darem. Was jy dalk 'n politikus?
>>
>> Wouter
>> Dis ongelukkig jy wat jou onsinnighede bly herhaal, jy
>> lees nie, reageer nie as ek onsinnighede uitwys nie en
>> rek hierdie debat onnodig tot vervelens toe uit.
>>
>> Ek het geen behoefte om SWA/Namibië te knock nie.
>> Dis een van my gunstelingplekke op die aardbol, maar
>> jou volhardende onkunde dwing my om te bly reageer
>> sodat dit dalk kan lyk of ek 'n probleem met die
>> geskiedenis het. Ek het nie en wil nie graag verder in
>> die trant aangaan nie, maar ek sal nog een keer probeer
>> om jou dwalinge uit te wys en reg te stel.
>>
>> Suidwester
>> Hoe hard moet ek vir jou verduidelik en hoe moeilik is dit
>> om te verstaan dat SWA wel as 'n 5de provinsie bedryf is
>>
>> Wouter
>> Jy onthou verkeerd, dis ek wat dit by jou probeer tuisbring
>> het, gaan lees gerus weer hier onder. Dis die heel eerste keer
>> dat jy hierdie insig openbaar.
>>
>> Wat jy gesê het is dat "INFRASTRUKTUUR kom via
>> belastinggeld en as al jou belastinggeld Suid-Afrika toe gaan,
>> waarmee gaan jy dit bou of onderhou? DIS wat in die ou
>> regime gebeur het." Nou dis snert dat SWA se belastinggeld
>> na SA gegaan het, die teenoorgestelde het gebeur, net soos
>> met die ander uitgestrekte en minder ontwikkelde provinsies,
>> dit was 'n doodnormale situasie.
>>
>> Jy ignoreer ook my versoek om dit te substansieer. Die blote feit
>> dat jy die leuen al 'n paar keer hier herhaal het verander nie die
>> feit dat dit 'n leuen is nie. En dan vra jy of ek 'n politikus is?
>> Get a life!
>>
>> Suidwester
>> MAAR DAT DIE BEGROTING VIR DAARDIE PROVINSIE
>> NA DIE SA PARLEMENT IS VIR GOEDKEURING?
>>
>> Wouter
>> Jou gebrek aan insig is verstommend. Natuurlik is al die provinsiale
>> en die territoriale (SWA) begrotings sentraal goedgekeur, daardie
>> beginsel geld vandag nog in SA. Hoe dan anders? Maar jy mis die
>> punt dat die SWA-administrasie 'n relatief klein deel van die uitgawes
>> hanteer het, nie belangrike items soos verdediging, ens. nie. (Ek
>> wil my verbeel dat selfs items soos onderwys sentraal hanteer is)
>> En nog belangriker, dat SWA nie vir die inkomste-begroting
>> verantwoordelik was nie, behalwe vir onbenullige items soos
>> motorlisensies. Presies soos enige ander provinsie, dit werk
>> vandag nog ongeveer dieselfde hier by ons. En die somme is
>> jaarliks gemaak en dit het gewys dat die Kaap en veral die
>> Transvaal die ander drie provinsies gesubsidieer het.
>>
>> Inkomstebelastinginvordering was verder beduidend swakker in
>> SWA as in SA. In Ovamboland was daar bv heelwat ekonomiese
>> aktiwiteit, maar effektief geen betekenisvolle belastinginvordering
>> behalwe van staatsamptenare nie.
>>
>> Jou "onthulling", nogal in hoofletters, beskryf dus bloot 'n normale
>> situasie en het presies niks te doen met die feit dat SWA vir SA
>> baie meer geld gekos het as wat dit ingebring het nie.
>>
>> Jou geteem oor byvoorbeeld diamante wat gestroop is het, selfs as
>> dit waar sou wees (en min van wat jy oor die onderwerp sê is waar),
>> het ook niks met die saak te doen nie. Die maatskappye wat dit gemyn
>> het, het betaal vir die prospekteerregte en die grond, hulle het die
>> risiko's geloop en dit wettig gemyn en daarom het hulle ook die reg
>> om die geld aan te wend waar hulle wil. As Namibië nie aantreklik
>> is vir verdere beleggings nie, is dit nie hulle probleem nie en al jou
>> ouvrou-gehuil oor die sogenaamde "gestroop" sal dit nie verander nie.
>> Jy klink nogal baie soos die mense wat absurde regstellings eis vir
>> die sondes van apartheid. Miskien moet jy ook 'n hofsaak teen die
>> SA Regering aan die gang sit, dan kan jy al jou lawwe emosionele
>> aansprake in 'n hof gaan toets?
>>
>> Suidwester
>> Jy teem so oor JULLE die infrastruktuur van SWA opgebou en
>> onderhou het. Kyk mooi weer as jy hier kom en kyk hoeveel
>> het daai infrastruktuur met julle eie oorlogspoging te doene gehad.
>>
>> Wouter
>> Dis presies my punt. As SWA nie daar was nie, het ons nie
>> nodig gehad om daardie biljoene daar in te pomp nie en sou
>> daardie infrastruktuur ook nie vandag daar gewees het nie.
>> Ek het van die begin gesê dit was nie om welwillend te wees nie,
>> ons het wel die gemeenskaplike belange van SA en SWA probeer
>> dien en dit was onder andere om die SWA-grens te verdedig.
>>
>> Al was die oorlog nie primêr teen SWA gerig nie, sou julle
>> nie moorde en anargie vrygespring het as die vryheidsvegters
>> bv. vryelik uit Ovamboland kon opereer nie, julle was deel
>> van SA. Op julle eie het julle geen militêre vermoë gehad
>> om dit te voorkom nie.
>>
>> Suidwester
>> ..dit het net tot SA se voordeel gestrek dat die oorlog
>> beperk kon word tot die SWA noordgrens.....
>>
>> Wouter
>> Tot ons voordeel, ja. Teen 'n helse prys. Maar nog meer tot die
>> voordeel van die SWA-inwoners. Die destydse vyand se eerste
>> teiken was SWA, hoekom dink jy het van hulle onder die naam
>> SWAPO geveg?
>>
>> Of dink jy dalk julle sou vandag beter af gewees het as julle van
>> die begin af 'n demokratiese (lees swart) regering gehad het en
>> dat SA liewers nooit betrokke moes gewees het nie?
>> (Dit kan 'n baie meer interessante debat wees)
>>
>> Suidwester
>> die rede is eenvoudig vir die met 'n IK: Dié grens is net oor
>> 'n 1000 km lank met 'n see langsaan waar jy nie kan land nie.
>> Militêr-strategies wonderlik ivm die suidelike SWA grens,
>> tesame met Botswana plus Mosambiek wat jou oor die
>> 3 500km gee. Waar die grensoorlog die SA belastingbetaler
>> [dis nou duidelik jou soort wat sit en bewe het onder die bed
>> met sy keyboard en net kan kritiseer] seker so R2-3m per
>> dag gekos het, lees R10+m per dag sou SWA uit die pad wees.
>>
>> Wouter
>> Nog 'n direkte leuen. Bring vir my iemand wat daardie syfers
>> sal bevestig. Ek dag jy weet iets van die destyds militêre operasie,
>> maar jy lieg net so maklik daaroor as oor die res.
>>
>> In die eerste plek is jou logika totaal cock-eyed. Mosambiek
>> is derduisende myle weg en het met die bosoorlog in SWA en
>> Angola niks te doen nie, ons moes in elk geval daardie grens
>> beskerm. (Die leeus in die Kruger-wildtuin het ons bygestaan
>> daarmee.) En as dit die terroriste/vryheidsvegters gepas het
>> om deur Botswana se moerasse te infiltreer kon hulle dit ook
>> gedoen het sonder om deur SWA te kom.
>>
>> Ek is in die laat 80's deur die Weermag genooi om die grensgebied
>> te besoek, jy weet dalk van daardie skakelaksie van hulle. En twee
>> van die generaals van die operasionele gebied het toe bevestig dat
>> hulle die suidelike grens met baie minder mense en toerusting teen
>> 'n fraksie van die koste (hulle het gesê minder as 25%) baie
>> meer suksesvol sou kon verdedig as die noordelike.
>> Van hulle redes was:
>> Die suidelike grens is oop, deels woestynagtig en met baie minder
>> bome en bosse.
>> Daar is nie moerastoestande wat beweging bemoeilik nie
>> Dis nader aan bestaande militêre infrastruktuur in plekke
>> soos Upington en Kaapstad
>> Die plaaslike bevolking daar is ons soldate baie meer goedgesind.
>> Hulle het baie klem daarop gelê dat die suidelike grens 'n maklike
>> verdedigbare grens is, maar die noordelike grens nie.
>>
>> Ek is bevrees jy suig argumente en syfers uit jou duim, of weet jy
>> beter as die militêre leiers? Nie 'n goeie manier om te debatteer
>> nie, jy maak jou naam net al hoe meer krater. As dit nog moontlik is....
>>
>> Verder maak jy baie van ONS en JULLE. Daar was destyds geen
>> ons en julle nie. Suidwes is as deel van SA bestuur, julle was deel
>> van die familie. As dit nie so was nie, sou ons nie die bosoorlog
>> daar geveg het en biljoene van ons belastinggeld daar bestee het
>> nie, dit was vir enigiemand met 'n IK logies dat dit vrek baie sou kos.
>>
>> Ek sê weer, ek het selfs met die voordeel van terugkyk geen
>> probleem daarmee nie, dit was die normale ding om te doen.
>> Enige ander optrede sou beteken het dat ons julle in die rug
>> sou gesteek het. Jy hoef nie hierdie debat te bly uitrek met
>> 'n herhaling van dieselfde argumente en nuwe dinge wat jy
>> uit jou duim suig nie.
>>
>> Ek het 'n eenvoudige stelling oor julle geërfde infrastruktuur
>> gemaak en jy bly motiewe en argumente aan my toedig wat
>> net in jou kop bestaan. Los nou liewers daardie geteem,
>> dis lankal vervelig.
>>
>> Bly liewers by springbokke en damme, ek geniet jou stories
>> daaroor en leer daaruit.
>>
>> Opregte varkgroete
>>
>> Wouter
>>
>>
>> "Wouter Plaasvark" wrote in message
>> news:3d6cf883.0@news1.mweb.co.za...
>>> Suidwester
>>> Wat jy nie kan verstaan nie is dat INFRASTRUKTUUR kom
>>> via belastinggeld en as al jou belastinggeld Suid-Afrika toe
>>> gaan, waarmee gaan jy dit bou of onderhou? DIS wat in die
>>> ou regime gebeur het. Hulle het die land van sy natuurlike
>>> bronne kaalgestroop tot 'n groot mate.
>>>
>>> Wouter
>>> Dis jy (wat nie verstaan wat infrastuktuur is nie) wat belasting
>>> by die argument ingesleep het en jy argumenteer dus al weer
>>> teen jouself. Maar ek reken jy verloor selfs teen jouself, hoor.
>>>
>>> In die SWA-jare (voor onafhanklikheid) is Suidwes soos 'n 5de
>>> provinsie bestuur. Ek het in daardie tyd onder andere vir 'n SA
>>> maatskappy gewerk wat besigheid in SWA bedryf het en het
>>> ook met ons belastingopgawes gewerk. Nou ek het nuus vir
>>> jou, daar was geen aparte SWA-belasting vir maatskappye
>>> in daardie tyd nie, net soos daar ook nie aparte belasting vir
>>> die Transvaal of die Vrystaat was nie. Daar was wel 'n som wat
>>> jy moes maak om 'n deel van jou belasting aan SWA toe te
>>> deel, maar dit was bloot vir statistiekdoeleindes. Volgens
>>> daardie statistiek was SWA 'n bodemlose put, die belasting
>>> wat daar ontstaan het kon nooit die uitgawes dek nie en dit
>>> was ook 'n belangrike beweegrede om saam te werk met
>>> SWA se onafhanklikheidswording. Dit het vir SA 'n pot
>>> volg geld elke jaar bespaar.
>>>
>>> Dis algemene kennis dat julle infrastruktuur destyds grootliks
>>> met SA belastinggeld gefinansier is. Net soos die huidige
>>> Noord-Kaap se infrastruktuur met belastinggeld uit die huidige
>>> Gauteng en Wes-Kaap gefinansier is. Dit was 'n doodnormale
>>> ding om dit te doen, SWA is as 'n provinsie beskou. Ek noem
>>> die Noord-Kaap omdat die ekonomies vergelykbaar is met
>>> Namibië (Kimberley se ekonomie is van dieselfde orde as
>>> dié van Windhoek en buite die twee hoofstede is daar in albei
>>> gevalle groot wyd uitgestrekte dun bevolkte gebiede.) Ons
>>> hoef dus nie daaroor te argumenteer nie, dis iets wat normaal
>>> was en met onafhanklikheid verdwyn het. Nou moet julle dit
>>> met julle dun belastingbasis onderhou.
>>>
>>> Substansieer asseblief jou stelling dat julle belastinggeld
>>> na SA toe gegaan het. Ek reken dis snert. Nie dat dit enige
>>> iets verander aan die oorspronklike argument nie, dis net
>>> vir my komies dat jy klaarblyklik met drogredenasies teen
>>> jouself besig is.
>>>
>>> Suidwester
>>> As jy reken Namibië se paaie is nie goed nie, dan wonder
>>> ek net waar jy rondry ou vriend?
>>>
>>> Wouter
>>> Dit het ek nooit gesê nie. Ek het bloot gesê dat ek nie dink
>>> dis so wonderlik nie en dat jy dus gelieg het toe jy dit aan
>>> my toegedig het. Net soos jy nou lieg dat ek gesê het die
>>> paaie is nie so goed nie,
>>>
>>> Suidwester
>>> Graag sou ek wou weet as jou land my land kom opmoer vir jou eie
>>> militêre voordele, dan is jy niks aan die land verskuldig nie? Is dit
>>> tipies van julle tipe? Klink so!
>>>
>>> Wouter
>>> Hoekom vra jy dit vir my? Ek het dit ook nooit gesê nie, trouens
>>> ek het nooit enigiets hieroor gesê nie. Jy is die enigste een wat
>>> op die punt teen jouself argumenteer. Gaan gerus voort as dit
>>> jou amuseer. Uit 'n SA oogpunt het ons te lank SA belastinggeld
>>> in 'n oorlog en gepaardgaande infrastruktuur ingepomp om
>>> julle noordelike grens te probeer verdedig. Dit sou ekonomies
>>> gesproke baie meer sin gemaak het om julle suidelike grens
>>> te verdedig. Maar dit was 'n politieke besluit, waaroor ek
>>> nie met die voordeel van terugkyk oor wil oordeel nie.
>>>
>>> En ek sê weer, ek hou van Namibië, nes ek van Suidwes
>>> gehou het. Ek het nie lus om hierdie koeie op te grawe net
>>> omdat jy met hardkoppige nonsens bly volhard nie.
>>>
>>> Suidwester
>>> .....en so 'by the way', los bietjie vir my julle misdaadprobleem
>>> op soos wat jy gaan keer dat die plaasbesettings nie gaan plaasvind
>>>
>>> Wouter
>>> Jy lees baie sleg, ons het die punt al uitgeput. Plaasbesettings
>>> is nie misdaad nie, dis moontlik om dit heel wettig te doen.
>>> En ek het saamgestem dat SA tans meer probleme as
>>> Namibië het en dat misdaad 'n helse groot probleem is,
>>> maar dit het steeds niks uit te waai met die nonsens
>>> wat jy gepraat het en wat ek aan jou uitgewys het nie.
>>>
>>>
>>>
>>>
>>> "Wouter Plaasvark" wrote in message
>>> news:3d6c9de6.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Suidwester
>>>> Laat ek jou 'n bietjie gooi. Daai wonderlike infrastruktuur
waaroor
> jy
>>>> so teem.
>>>>
>>>> Wouter
>>>> As jy dink dis wonderlik is dit goed. Ek dink nie so nie en het dit
> ook
>>>> nie gesê nie, dis juis besig om te verswak. So gooi liewers jouself,
>>>> want jy argumenteer oor jou eie opinie.
>>>>
>>>> Suidwester
>>>> Vandag trap die 18-wheelers uit SA die uitstekende padstruktuur van
>>>> Namibië in sy moer in.......
>>>>
>>>> Wouter
>>>> Dit is juis my punt. Onthou? Ek het dit net nie uitstekend genoem nie,
>>>> dis weer jy wat voel dat dit wonderlik is.
>>>>
>>>> Suidwester
>>>> Self lees jy darem ook nie te lekker nie, want hoekom vertel jy my nie
>>>> van die feit dat die groot gros van die mynwese, die visnywerheid,
> ens.
>> se
>>>> belastinggeld na die RSA gegaan het. Is dit nodig om vir jou te
> vertel
>>> dat
>>>> die grootste diamantbron in die wêreld naas Rusland in Nam is? Dit
> is
>>>> gerape, peplunder deur jou mense en jy reken julle het genoeg
>> teruggegee?
>>>
>>>>
>>>> Wouter
>>>> Jy reken ek lees nie lekker nie! Ek het reeds gesê wat ek met
>>>> infrastruktuur bedoel, maar jy bly karring met mynwese, diamante
>>>> en die visbedryf. Ek het gesê julle kan nie die infrastruktuur in
> stand
>>>> hou wat julle geërf het nie, niks van enige bedryf nie. En jy bly
>>>> teem oor bedrywe, jy argumenteer alweer teen jouself.
>>>>
>>>> Gaan lees 'n slag in 'n woordeboek wat infrastruktuur is:
>>>> in�frastruktuur, ..ture. Alles wat nodig is vir die vestiging van
>>> industrie�
>>>> of die ontginning van myne (bv. paaie, spoorweë, water, krag, huise,
>>>> ens.), ondersteunende dienste, onderbou.
>>>>
>>>> Myne is myne, diamante is diamante, vis is vis. Maar nie een van
>>>> hulle is infrastruktuur nie.
>>>>
>>>> Suidwester
>>>> jy reken julle het ons land al daai goete uit welwillendheid geskenk?
>>>>
>>>> Wouter
>>>> Jy lees nie, ek het die teenoorgestelde gesê. Dit staan hier onder,
>>>> maar laat ek dit maar herhaal, lees gerus weer:
>>>> > Ek het nooit gesê SA het Namibië bevoordeel nie. Ons
>>>> > was daar om ander redes, as dit gebeur het was dit
>>>> > toevallig. Ek het bloot gesê julle kan nie die geërfde
>>>> > infrastruktuur in stand hou nie
>>>>
>>>> Jy redeneer die hele tyd oor goed wat jy aan my toedig, maar
>>>> wat net in jou kop bestaan. Soos 'n kind wat sien hy het geen
>>>> argument nie en nou teen homself probeer punte wen.
>>>>
>>>> Dis vervelig. Gaan speel liewers elders.
>>>>
>>>>
>>>> "Wouter Plaasvark" wrote in message
>>>> news:3d6b99ed.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > Nogal, ironies dat jy hoog opgee en laag insit oor maniere
>>>> > in dieselfde boodskap. Ek los dit daar, almal kan sien hoe
>>>> > dit begin het en wie dit is wat oorreageer.
>>>> >
>>>> > Al jou aannames oor my is verkeerd, net soos jy oor die
>>>> > meeste ander dinge waaroor jy so raas.
>>>> >
>>>> > Ek het nog nooit vir die staat in SA gewerk nie. Dis half
>>>> > ironies dat die enigste fooie wat ek nog ooit van 'n regering
>>>> > verdien het van julle regering gekom het, ten spyte daarvan
>>>> > dat hulle nie graag hulp van SA inroep nie. Die meeste
>>>> > van my Namibië-kliënte is egter sake-ondernemings.
>>>> >
>>>> > Ek het met die infrastruktuur hoofsaaklik die vervoer
>>>> > (paaie, ens) bedoel. En 'n paar dorpe, en heelwat skole,
>>>> > polisiekantore en ander openbare geboue wat anders
>>>> > nie daar sou gewees het nie. As jy dink dit maak
>>>> > nie werklik saak nie, het jy nog nooit gedink hoe dit sou
>>>> > wees as dit nie daar was nie. En met die bietjie belasting
>>>> > wat julle in saam met die swaar staatsdiens wat julle onderhou
>>>> > gaan julle dit nie in stand kan hou nie. Net een voorbeeld,
>>>> > die helfte van julle persoonlike inkomstebelasting kom
>>>> > van staatsamptenare (paying Peter to pay Peter).
>>>> >
>>>> > Ek het nooit gesê SA het Namibië bevoordeel nie. Ons
>>>> > was daar om ander redes, as dit gebeur het was dit
>>>> > toevallig. Ek het bloot gesê julle kan nie die geërfde
>>>> > infrastruktuur in stad hou nie. Plein en simpel, ek
>>>> > verstaan nie hoekom jy daaroor gal-af gaan nie. Dalk
>>>> > lees jy nie lekker nie? Ek het ook nooit gesê ons het
>>>> > dinge lekker onder beheer hier nie, dit sou taamlik
>>>> > ver van die waarheid wees. Ons het myns insiens meer
>>>> > probleme as julle, maar met een groot verskil, ons
>>>> > het 'n lewensvatbare ekonomiese toekoms. As jy dit nie
>>>> > verstaan nie, kyk dan maar oor so 10 jaar hoe ons twee
>>>> > lande relatief tot nou lyk.
>>>> >
>>>> > Maar ek probeer nie Namibië slegmaak nie. Inteendeel,
>>>> > ek is lief vir die land en hoop dat dinge vir julle sal uitwerk.
>>>> > Ek sou maklik daar kon woon, gelukkig is die tipiese
>>>> > Suidwester baie meer gemütlich as jy. Maar die ekonomie
>>>> > sal die deurslag vir julle toekoms gee, nie die paar politici
>>>> > waaroor jy brom nie, hulle kan die land bloot 'n knou gee.
>>>> >
>>>> > Jy het duidelik ook nie 'n begrip van die misdaadsitusie
>>>> > hier by ons nie. Dis nie so eenvoudig soos jy dit probeer
>>>> > maak nie. Armoede en werkloosheid is die teelaarde,
>>>> > maar georganiseerde misdaad (wat deur gierigheid
>>>> > eerder as armoede gedryf word) is die enkele groot
>>>> > probleem.
>>>> >
>>>> > Maar dit het steeds niks te doen met jou stelling "beset
>>>> > gaan hulle hom beset, want dit is die enigste manier van
>>>> > oorlewing in 'n land waar daar geen vooruitgang is nie.
>>>> > Dit is net 'n kwessie van tyd, dan volg Suid-Afrika ons
>>>> > ook........Afrika roep!" en dis waaroor hierdie debat gaan.
>>>> >
>>>> > Jou sug sê ook niks nuuts nie, jy ignoreer steeds die
>>>> > verskille tussen SA en namibië.
>>>> >
>>>> > Ek sê weer, gaan soek ander maters om jou te volg,
>>>> > ons stel nie belang nie.
>>>> >
>>>> > Wouter
>>>> >
>>>> > Terloops, ek is al sedert 1980 'n belastingbetaler in Namibië.
>>>> > Ek glo daaraan om terug te gee en te betaal waar jy verdien.
>>>> > Ek vermoed dit het my gehelp toe ek vir staatsbesigheid
>>>> > getender het
>>>> >
>>>> >
>>>> > Suidwester wrote in message
>>>> > news:3d6b28ee.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > Laat ek begin deur te sê ek verstaan hoekom jou naam 'plaasvark'
is
>> want
>>>> jy
>>>> > openbaar toepaslike maniere. Dalk moet iemand vir jou vertel dat
> jy
>>> nie
>>>> > argumente wen deur te beledig nie.....dit openbaar net jou
>> mentaliteit.
>>>> > Duidelik daarom dat jy nie die verskil tussen teorie en realiteit
> kan
>>>> > waarneem nie. Sit seker daar agter jou staatgefundeerde PC [of
jy
>> werk
>>>> vir
>>>> > hulle of jy is op hulle pensioen want net 'n staatsamptenaar kan
> sulke
>>>> tjol
>>>> > kwytraak!] en droom van dinge wat nie was nie....en ook nie gaan
> wees
>>> nie.
>>>> > 1. Namibië - Ek wil nie graag SA beledig nie want ek hêt die
land
> op
>>> die
>>>> > sportveld verteenwoordig en ek was in sy weermag, maar oor die
> geërfde
>>>> > infrastruktuur moet jy so 'n bietjie stadig want jy weet nie
waaroor
>> dit
>>>> > gaan nie. Laat ek dit vir jou stadig uitspel. Diamante,
> visbronne
>>> [die
>>>> > rykste in Afrika], alle mynregte, uitroei van wild, ens. Al die
> het,
>>> en
>>>> > behoort steeds, aan Suid-Afrikaners.....en hulle betaal belasting
in
>> die
>>>> > RSA. Die gevolg? Ons visbronne is basies in moer in. Die
>> diamante
>>> is
>>>> > so uitgehaal voor onafhanklikheid dat dit wat oor is, lyk na
>>>> > kinderspeletjies. Infrastruktuur sê jy? Wonderlike paaie, gee
ek
>>> toe.
>>>> > 'n Billike treinspoor gee ek ook toe, maar wat van die dinge wat
>> werklik
>>>> > saak maak, soos water in 'n droë land. Nou sal 'n kringspier
soos
> jy
>>> vir
>>>> > my sê die grootste dam Hardap is gebou deur SA. Ja, maar die
>>> beplanning
>>>> > vir daardie dam is reeds in 1908 deur die Duitsers gedoen en die SA
>>>> regering
>>>> > het op daai planne gesit vir oor die 50 jaar! Toe gaan bou die dom
>>>> blokke
>>>> > een groot dam in 'n enkele gebied wat nie daai volume water kan
>>> opgebruik
>>>> > nie. Die Duitse beplanning was vir 5 oorloopdamme en 5 soortgelyke
>>>> > beplantingsgebiede.
>>>> > 2. Angola - Net soos Namibië se wildlewe wat swaar onder
>>> Suid-Afrikaanse
>>>> > jagters deurgeloop het [ministers en offisiere wat in die Kaokoveld
>>>> olifante
>>>> > en renosters met die Alouettes gejag het], het Suid-Angola ook
onder
>> die
>>>> > Suid-Afrikaners deurgeloop. Olifant, renoster en hardehoutbome is
>>>> > uitgeroei om vir Savinmbi en Unita se oorlogspoging te betaal [wil
> jy
>>> die
>>>> > projeknaam weet waaruit daardie fondse direk uit die SA parlement
>> gekom
>>>> > het?] en die lorries het dag en nag via SWA geloop om die
>>> renosterhorings
>>>> en
>>>> > olifanttande en boomstompe uit te smokkel na SA toe. Foei, en jy
> sê
>>>> julle
>>>> > het SWA met 'n voordeel gelaat?
>>>> > 3. Politiek - Die probleem met die Afrika-politiek is dat daar
> twee
>>>> > groepe oorbly. Die een is die swart meerderheidsregering se lede
> wat
>>>> > hulleself nie kan inhou nie en veel erger tekere gaan as wat die
>>> politici
>>>> > wat hulle vervang het, ooit sou waag om te doen. Dan is daar die
>> manne
>>>> > soos jy wat glo aan die sprokie dat SA immuun is teen die ergste.
>> Word
>>>> > wakker vriend! Mugabe het sy hele ekonomie so te sê vernietig om
> sy
>>> sin
>>>> te
>>>> > kry. Die realiteit van die saak is dat tussen bogenoemde groepe
> die
>>>> groep
>>>> > mense is wat die politieke verandering teweeg moes bring. Dis daai
>>>> verlore
>>>> > geslag mense wat moes veg in die tyd wat hulle hulleself moes
>> voorberei
>>>> het
>>>> > op 'n beter lewe sodat die politici beter kan lewe. DIS die
groep
>>> mense
>>>> > vir wie niemand nog ooit in Afrika kon voor voorsiening maak nie
en
>> dis
>>>> uit
>>>> > hierdie groep waaruit jou misdaad kom. Solank as wat die
>>> Afrikaregerings
>>>> > nie daarin slaag om vir hierdie mense werk te skep nie, sal hulle
> die
>>> land
>>>> > se probleme nooit kan oplos nie.
>>>> > Ek sê weer, die dag gaan kom beide in ons land en in SA dat die
>>>> > regering van die dag nie 'n oplossing het vir die probleme nie en
> dan
>>> die
>>>> > risiko loop om die politieke mag te verloor. Dis dan wat ander
>> planne
>>>> > gemaak word en die maklikste een is om vir die gepeupel te vertel
> dis
>>> die
>>>> > witmense wat hulle grond gesteel het....DIS hoekom dit sleg gaan met
>>>> hulle.
>>>> > As jy dit nie kan verstaan nie......sug!
>>>> > So met die afsluit ou 'vriend'......Namibië het 'n
>> model-konstitusie
>>>> en
>>>> > onafgesien van al die probleme van wanregering, staan
> Suid-Afrikaners
>>> que
>>>> om
>>>> > tog te mag trek hiernatoe. Hoekom? Dalk het die 2 miljoen
mense
> in
>>> 'n
>>>> > land wat 5/6es so groot soos SA daarmee te doene? Dalk het al die
>>>> > plaasmoorde daar by julle, die feit dat die ordentlike mense dit
nie
>>> meer
>>>> in
>>>> > die middestede waag nie, dat jy nie kan waag om langs 'n pad stil
te
>> hou
>>>> en
>>>> > nie te beroof of vrekgeskiet te raak nie, iets daarmee te doene?
> Vir
>>> 'n
>>>> > land wat JY reken julle het dinge onder beheer en 'julle sal nie
>> toelaat
>>>> dat
>>>> > dinge skeef loop nie', slaag julle duidelik pragtig in julle doel.
>> Hel
>>>> > man, ek hoop mense soos jy bly eerder suid van die Gariep!
Netnou
>>> steek
>>>> jy
>>>> > ons aan!
>>>> >
>>>> > "Wouter Plaasvark" wrote in message
>>>> > news:3d6a85f5.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > > Wouter
>>>> > > Nee, geen senuwee is geraak nie, behalwe dalk die een wat
>>>> > > altyd opspring as iemand 'n boel snert kwytraak.
>>>> > >
>>>> > > Jy probeer Namibië gelykstel aan SA en ignoreer die demografiese
>>>> > > verskille. Wat ek sê het presies niks te doen met 'n paar
> verregses
>>>> > > (of PW) wat nie blanke bevoorregting wou prysgee te doen nie, dit
>>>> > > gaan oor die natuurlike reaksie wat jy sal kry as die "rule of
> law"
>>>> > > en die grondwet by ons geïgnoreer sou word.
>>>> > >
>>>> > > Plaasmoorde is misdaad en dis 'n probleem. Misdaad in ons
>>>> > > metropole is 'n nog groter probleem. Ons het nie tans die vermoë
>>>> > > om dit hok te slaan nie, by plaasmoorde is daar moontlik ook nog
>>>> > > 'n politieke wil wat wat nie na wense is nie. Dit sal noodwendig
> 'n
>>>> > > groep mense emigrasiegedagtes gee, selfs na Namibië, wat 'n mooi
>>>> > > land is en dikwels relatief vreedsamer voorkom.
>>>> > >
>>>> > > Maar dit het alles niks met die "rule of law" en
>>>> > > eiendomsoewereiniteit te doen nie. Jy gryp na strooihalms omdat
>>>> > > jy verlore geraak het in jou eie argumentasie. Droom gerus voort
>>>> > > oor plaasbesettings daar by julle, dit sal dalk nog gebeur ook as
>>>> > > daar genoeg mense met jou mentaliteit is.
>>>> > >
>>>> > > My punt is nie dat blankes die land sal destabiliseer as dinge
>>>> > > te ver gaan nie (dan is daar geen wenners nie), maar dat geen
>>>> > > Regering so breinloos sal wees om dinge so ver te laat gaan
>>>> > > dat die natuurlike gevolg is nie. Dit het geen parallel met
>>>> > > Orania of enige van jou ander ylinge nie.
>>>> > >
>>>> > > Die grootste verskil is dat SA 'n volhoubare ekonomiese entiteit
> is.
>>>> > > Namibië kan dit net op 'n baie laer lewenstandaard volhou, die
>>>> > > infrastruktuur wat julle van SA geërf het en oor en na
>>>> > > onafhanklikheid van buite gekry het sal opgebruik word en julle
> het
>>>> > > nie die ekonomiese vermoë om dit in stand te hou of te vervang
> nie.
>>>> > >
>>>> > > As julle dit besef en iets daaraan doen is daar hoop vir julle.
>>>> > >
>>>> > >
>>>> > > "Suidwester" wrote in message
>>>> > > news:3d6a0cb3.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > > Ai, maar jy vat hard en diep, vriend. Het ek 'n senuwee
geraak?
>>> Jou
>>>> > > woorde klink net soos uit ou PW se dae toe die blankes in SA ook
>>>> gestorie
>>>> > > het dat die res van Afrika sal oorgee aan die swart meerderheid,
>> maar
>>>> > > Suid-Afrika? Nee, daar is te veel blankes wat dit nie sal
> toelaat
>>> nie.
>>>> > > Wat het gebeur? Sonder slag of skoot het SA ook deur sy
>>> transformasie
>>>> > > gegaan en wat het geword van die mense wat dit nie sou toelaat
> nie?
>>>> > Hulle
>>>> > > praat soos jy! Steeds wensdenkery.
>>>> > > Dis eintlik lagwekkend want net soos voor die oorgang, het die
>>>> regses
>>>> > > vert�l van hulle weerstand, maar as jy daarop aandring dat hulle
>> woord
>>>> by
>>>> > > daad moet voeg, dan raak hulle rustig en stil. Soos met Orania.
>>>> Daar's
>>>> > > ten minste een groep mense wat die woord by die daad gevoeg het en
>>>> gedoen
>>>> > > het wat hulle propageer.
>>>> > > Graag sou ek van jou wou hoor wat is julle
Re: Afdraend? [boodskap #65793 is 'n antwoord op boodskap #65790] Vr, 30 Augustus 2002 11:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lag vir jou eie arschloch antie. Soort soek soort. !oeis!
skryf in boodskap news:3D6F5165.8050503@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> Toe kom daai dom drol van 'n Verwoerd en toe moes SA
>> begin dink om vir sy alie te keer. Toe raak dit belangrik vir SA om geld
>> in SWA in te steek. Kry jou feite reg!
>
>
> Ha, ha, ha, ha, hieeeeeee.
> Ek lag my 'n papie.
>
> Tant Hessie van Onseepkans.
>
Die aap hou nie op om sy naam g*t te maak nie [boodskap #65799 is 'n antwoord op boodskap #65792] Vr, 30 Augustus 2002 16:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester
Ek sê maar weer, as maatskappye nie belasting in SWA betaal
nie omdat hulle in die RSA geregistreer is, waar dink jy gaan
hulle geldjies heen?

Wouter
In die dae voor SWA se onafhanklikheid is alle belasting deur SA
gevorder, met 'n "notional" toedeling aan SWA volgens waar jou
inkomste verdien is. Waar jy geregistreer was het niks met die
saak te doen gehad nie.

Na onafhanklikheid is daar in beide SA en Namibië belasting
volgens bron gehef, dus waar jy dit verdien het. Die belasting is
dus in Namibië betaal, dis nou as daar 'n wins gemaak is..

SA het pas sy stelsel verander dat jy ook belasting op inkomste
uit ander lande moet betaal, met aanpassings vir sommige belasting
wat reeds in die ander land betaal is. Maar dit verander nie die
beginsel en die feit dat inkomste uit Namibië eerstens in Namibië
belasbaar is nie, maak nie saak wie jy is of waar jy geregistreer
is nie.

Annette is 'n belastingkonsultant en sal dit vir jou mooi stadig kan
verduidelik as jy dit nie so vinnig kan verstaan nie.

So die antwoord op daardie vraag is maklik. Beslis nie in SA nie.

Gesels liewer oor bokke en damme, jy is totaal uit jou diepte uit.
En dan sien jy nog kans om van paloekas te praat wat hulle in
gebiede plaas waar hulle niks van weet nie!!

Tjeez, party mense se kinders is nie net domastrant nie, maar
boonop erg onnosel!!
Re: Heldedag [boodskap #65802 is 'n antwoord op boodskap #65787] Vr, 30 Augustus 2002 18:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Die geveg gaan oor ryk
> Duitsers veral wat plase in die sentrale dele op noord van die land het.
> Miljoenêrs wat met die swak wisselkoers vier-vyf plase aanmekaar opgekoop
> het en die drade tussenin verwyder het om een groot wildplaas te maak. 'n
> 1 000ha op so 'n stuk aarde wat vrot van die wild is sal ek ook wil hê.
> Net uit jag sal jy vir 'n hele paar jaar kan bestaan!

Ja, ek kan nou ook sien dat Namibië ryp is
vir plaasbesettings. Duitsers en Afrikaners
het vir hulle al baie lank verryk oor die
verarmde en verhongerde bestaan van die
plaaslike bevolkings. In die hoërskool op
Kakamas waar ek skoolgegaan het, was al die
kinders uit Suid-Wes se ouers skat skat ryk.
So ook die studente in Stellenbosch wat uit
SWA daar kom studeer het, veral die Duitsers.
Dis 'n skreiende skande dat net wittes nog
op soveel van die bewerkbare grond in suidelike
Afrika sit. Net soos in Zimbabwe.

Gloudina
Re: Afdraend? [boodskap #65803 is 'n antwoord op boodskap #65792] Vr, 30 Augustus 2002 18:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Nee ou antie, noudat jou masker af is.....of is jy oom-Gloudina? Nog 'n
> lafaard wat weggehol het? JY lees nie lekker nie. Ek sê maar weer, as
> maatskappye nie belasting in SWA betaal nie omdat hulle in die RSA
> geregistreer is, waar dink jy gaan hulle geldjies heen? Miskien moet julle
> tweetjies maar eerder by gediggies hou?

Jy sal vir Wouter Plaasvark 'n aanval
laat kry, as jy dink dat hy en ek
een en dieselfde is.

Tant Hessie van Ais-Ais.
Re: Heldedag [boodskap #65806 is 'n antwoord op boodskap #65802] Vr, 30 Augustus 2002 19:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
schreef in bericht news:3D6FB43B.2040904@rogers.com...

> Dis 'n skreiende skande dat net wittes nog
> op soveel van die bewerkbare grond in suidelike
> Afrika sit. Net soos in Zimbabwe.
>
> Gloudina

Gloudina, meen jy dit nou of is dit net om Suidwester te terg ??
Hilda.
Oorlog (was eers Afdraend?) [boodskap #65811 is 'n antwoord op boodskap #65757] Vr, 30 Augustus 2002 22:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Vanoggend op n radiopraatjie het hulle n onderhoud gevoer met n vrou in Camp
Lejeune North Carolina, wie se man nou vir ses maande uitgestuur gaan word
vir " peacekeeping" misies, eers in Kosovo, en dan in Afghanistan. Sy
praat toe van haar pa, wat destyds in Vietnam geveg het, en wat terug huis
toe moes sluip, want die Amerikaanse nasie het hom verag, want almal was so
teen die oorlog in Nam. Sy sê hierdie keer is dit anders, sy voel, soos
die soldate in WW1, trots dat haar man gaan veg vir sy land, die soldate is
gretig om te gaan veg vir hulle land, en die mense tuis ondersteun hulle
100%. OK, 92% :-)

Maar dis n ander storie met Irak, omtrent niemand wat ek ken wil h^e
Amerika moet by Irak betrokke wees nie, dis te duur, en dis simpel om n hele
land op te voes vir net een scoundrel soos Hoessein. Iemand vertel my hoeka
dat Houssein glo d rie dubbels het, sodat hy nie n teiken kan wees vir n
skerpskutter nie.

Pop

"Suidwester" skryf in boodskap news:3d6e2c7c.0@news1.mweb.co.za...
> Ou tante, vir 'n kind wat uit 'n huis kom van stoere Afrikaners met ouers
> wat geglo het in wat die Afrikaner en SA doen, het ek my diensplig verrig
> soos dit van enige lojale Suid-Afrikaanse burger verwag word. In doerie
> jare was die terroristeoorlog ook nog aan sy aanvang, met die insypelings
> ver en wyd uitmekaar en meer die weermag wat nog die polisie ondersteun het.
> Ek was nooit in volle samestemming met die regering se beleid nie, maar daar
> is net geen manier wat 'n kind uit ons huis eers sou waag om sy land te
> verraai nie. Jy moet onthou, hierdie was 'n politieke beleid en na die
> verkiesing verby is, dan kom jou land en sy pligte eerste en ons het ons
> plig gedoen. Vandag lyk dit simpel, maar in daardie jare het daai vraag
> nooit eers opgekom nie.
> Jare later, soos die storie gevorder het en mens dieper na die storie
> begin kyk het, het die realiteit jou getref dat hierdie tipe van
> afsonderlike ontwikkeling glad nie prakties moontlik is nie en dat daar geen
> toekoms in so 'n beleid kan wees nie. Dis toe dat na alternatoiewe gesoek
> is en ander insigte gekry is. Ek is nie skaam om te erken dat ek 'n
> dienspligsoldaat was nie. Ek is ook nie skaam om te erken dat ek my land
> na die beste van my vermoë gedien het nie, want dit is wat enige lojale
> burger verwag word.....of jy altyd van die opdrag hou of nie.
> Jy sal jou verstom in ons land hoe die gewone oud-Swapo soldate en die
> oud-SAW's vir mekaar glimlag en erken want geen mens in sy normale verstand
> hou van oorlog nie. Ons is aan 'n verloorkant van 'n stryd waar ons 'n
> beleid verdedig het wat, hoe verder die jare gevorder het hoe moeiliker
> moreel regverdigbaar het dit geword.....en hulle het geveg vir hulle
> vryheid....soos jy graag sou wou sê ou antie, en hoe hulle ook aanvanklik
> gedink het. Maar dit gaan g'n niks oor vryheid nie! Die wit politieke
> base is vervang met swart politieke base en die mense op die grond het
> steeds niks nie. Ja, almal mag nou stem, maar werklike vryheid kom net as
> elke man se maag elke aand vol is en hy 'n dak oor sy kop kan hê. Nie
> geskenk nie! Nee, ek wil dit deur die sweet van my arbeid verdien en so
> sal ek elke ander man in die oë kan kyk.
> Dit het nie gebeur nie! Die mense waarvoor baklei is, is slegter af as
> ooit. Nou vra mens jou die vraag: Was alles die moeite werd? Of dien
> ons maar net ons politieke base se giere? Ja! Jy ook!
> skryf in boodskap news:3D6E1207.9030300@rogers.com...
>>
>> Suidwester wrote:
>>
>>
>> Wat laat jou dink dat SWA werklik verkies het om
>>> saam met SA die paadjie te loop? Dit was afgedwing. Duidelik het
jy
> nie
>>> 'n idee van wat aangegaan het gedurende die 'vryheidsoorlog' nie!
> Waarom
>>> dink jy het daar 'n Wêreldhof verskeie kere gesit om SA se mandaat in
> SWA te
>>> betwis?
>>> Die eerste punt is dat die terroriste baklei het teen die onnosel
> beleid
>>> van SA, en nie teen die bevolking van SWA nie. Dan, dit het net tot
> SA se
>>> voordeel gestrek dat die oorlog beperk kon word tot die SWA
>>> noordgrens....
>>> So vriend, nie alleen het julle ons land misbruik en die hele
>>> Owambobevolking in die skootvak geplaas vir julle drakoniese politieke
>>> beleid nie, julle het sommer ook die land verkrag. Dit gestroop van sy
>>> minerale en visbronne en dit sommer gebruik ook as deurgang om Angola
> ook te
>>> verkrag. En jy sê julle het ONS grens kom verdedig? Julle het die
> oorlog
>>> begin! J U L L E ! ! !
>>
>>
>> So, Suidwester, met jou duidelike siening
>> van wat aangegaan het, het jy toe die wapens
>> opgeneem teen die swernoters van SA wat jou
>> land so sit en verkrag het? Het jy saam met
>> jou SWAPO makkers geveg vir die vrymaking van
>> jou land? Ek sou jou respekteer as jy dit
>> gedoen het.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Oorlog (was eers Afdraend?) [boodskap #65814 is 'n antwoord op boodskap #65811] Sa, 31 Augustus 2002 02:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

pop wrote:

> Maar dis n ander storie met Irak, omtrent niemand wat ek ken wil h^e
> Amerika moet by Irak betrokke wees nie, dis te duur, en dis simpel om n hele
> land op te voes vir net een scoundrel soos Hoessein. Iemand vertel my hoeka
> dat Houssein glo d rie dubbels het, sodat hy nie n teiken kan wees vir n
> skerpskutter nie.

Wel, ek hoop die Amerikaners is besig om
intense "sabre rattling" te doen, en dat
hulle net wil skrikmaak. Maar iets snaaks
gaan aan as Bush en Cheney so agiteer vir
oorlogmaak, en 'n hele klomp Republikeine
uit die eerste George Bush se administrasie
"waarsku" dat hulle nie oorlog moet maak
nie. Wie wil hulle probeer oortuig van
wat?

Gloudina
Re: Die aap hou nie op om sy naam g*t te maak nie [boodskap #65821 is 'n antwoord op boodskap #65799] Sa, 31 Augustus 2002 07:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Maar ou varkie, jy het jouself dan sopas weerspreek? Foeitog, ek verstaan
jy is al so effe oor die muur dus is die ou brein ook al effe flou? Dit
help nie om vir 'n klip te verduidelik nie........ghoebaai!!

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d6f9763.0@news1.mweb.co.za...
> Suidwester
> Ek sê maar weer, as maatskappye nie belasting in SWA betaal
> nie omdat hulle in die RSA geregistreer is, waar dink jy gaan
> hulle geldjies heen?
>
> Wouter
> In die dae voor SWA se onafhanklikheid is alle belasting deur SA
> gevorder, met 'n "notional" toedeling aan SWA volgens waar jou
> inkomste verdien is. Waar jy geregistreer was het niks met die
> saak te doen gehad nie.
>
> Na onafhanklikheid is daar in beide SA en Namibië belasting
> volgens bron gehef, dus waar jy dit verdien het. Die belasting is
> dus in Namibië betaal, dis nou as daar 'n wins gemaak is..
>
> SA het pas sy stelsel verander dat jy ook belasting op inkomste
> uit ander lande moet betaal, met aanpassings vir sommige belasting
> wat reeds in die ander land betaal is. Maar dit verander nie die
> beginsel en die feit dat inkomste uit Namibië eerstens in Namibië
> belasbaar is nie, maak nie saak wie jy is of waar jy geregistreer
> is nie.
>
> Annette is 'n belastingkonsultant en sal dit vir jou mooi stadig kan
> verduidelik as jy dit nie so vinnig kan verstaan nie.
>
> So die antwoord op daardie vraag is maklik. Beslis nie in SA nie.
>
> Gesels liewer oor bokke en damme, jy is totaal uit jou diepte uit.
> En dan sien jy nog kans om van paloekas te praat wat hulle in
> gebiede plaas waar hulle niks van weet nie!!
>
> Tjeez, party mense se kinders is nie net domastrant nie, maar
> boonop erg onnosel!!
>
Re: Afdraend? [boodskap #65822 is 'n antwoord op boodskap #65803] Sa, 31 Augustus 2002 07:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Seker maar verkeerd gestel.......julle lees maar net dieselfde.
skryf in boodskap news:3D6FB570.5010102@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Nee ou antie, noudat jou masker af is.....of is jy oom-Gloudina? Nog 'n
>> lafaard wat weggehol het? JY lees nie lekker nie. Ek sê maar weer, as
>> maatskappye nie belasting in SWA betaal nie omdat hulle in die RSA
>> geregistreer is, waar dink jy gaan hulle geldjies heen? Miskien moet julle
>> tweetjies maar eerder by gediggies hou?
>
>
> Jy sal vir Wouter Plaasvark 'n aanval
> laat kry, as jy dink dat hy en ek
> een en dieselfde is.
>
> Tant Hessie van Ais-Ais.
>
Re: Heldedag [boodskap #65824 is 'n antwoord op boodskap #65802] Sa, 31 Augustus 2002 07:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ou antie, jy en P..svark heul nou lekker saam, en julle modus operandi is
dieselfde....ewe stupid. Volgens die tjol wat jy nou kwytraak beteken dit
dat maar net weereens dat jy jou eerder maar by gediggies moet hou en logika
moet los vir die wat kan. Ek het vir gesê die rede waarom daar met groot
oë na die grond van hierdie plaaseienaars gekyk word, is juis omdat daar so
baie dinge is daarop wat gestroop kan word. Dis wat die gepeupel wil hê.
Gee vir hulle 'n stuk grond waarop niks is en waarop hulle moet werk vir 'n
bestaan, dan stel hulle nie belang nie.
Ek reken nie die Duitser, SA'er, of wie ook al wat die geld neergesit
het om sy plaas te koop, moet van sy grond afgesit word nie. As enige
persoon grond gekoop het en betaal het dan's dit sy eiendom. Schluss. As
jy plase vat, hoekom nie mense met meer as een huis aanvat nie? Wat van 'n
ou wat meer as een besigheid het? Klink na 'n Gloudina-demokraie op sy
beste.....met P..svark as President!
Kakamas.....ai, antie. Steeds praat jy stront. Wat is meer logies
dat as 'n kind RSA toe aangery kan word, dan sal sy ouers dit kan bekostig?
Net so ook die ou wat sy kind na 'n universiteit kan stuur. Wat van dié
wat dit nie kan bekostig nie. Windhoek het vele hoërskole wat jou Kakamas
se skool na 'n piepiewatertjie laat lyk.
Ten laaste, wat is die skande daaraan dat 'n mens 'n stuk grond gekoop
het en betaal het, daarop sit en werk en produseer? Bliksem antie, begin
jy daar in Kanada bietjie met 'n aksie waarin jy protesteer oor mense wat sê
'n 100 jaar gelede huise kon koop en nou wil hulle te veel geld daarvoor hê
en jy kan nie meer vaste eiendom bekostig nie. Hoe kan hulle so baie vra?
Dis 'n simpel idee, maar net so is jy en jou 'Vark ook!
skryf in boodskap news:3D6FB43B.2040904@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>
> Die geveg gaan oor ryk
>> Duitsers veral wat plase in die sentrale dele op noord van die land het.
>> Miljoen�rs wat met die swak wisselkoers vier-vyf plase aanmekaar opgekoop
>> het en die drade tussenin verwyder het om een groot wildplaas te maak. 'n
>> 1 000ha op so 'n stuk aarde wat vrot van die wild is sal ek ook wil hê.
>> Net uit jag sal jy vir 'n hele paar jaar kan bestaan!
>
>
> Ja, ek kan nou ook sien dat Namibië ryp is
> vir plaasbesettings. Duitsers en Afrikaners
> het vir hulle al baie lank verryk oor die
> verarmde en verhongerde bestaan van die
> plaaslike bevolkings. In die hoërskool op
> Kakamas waar ek skoolgegaan het, was al die
> kinders uit Suid-Wes se ouers skat skat ryk.
> So ook die studente in Stellenbosch wat uit
> SWA daar kom studeer het, veral die Duitsers.
> Dis 'n skreiende skande dat net wittes nog
> op soveel van die bewerkbare grond in suidelike
> Afrika sit. Net soos in Zimbabwe.
>
> Gloudina
>
Re: Heldedag [boodskap #65835 is 'n antwoord op boodskap #65824] Sa, 31 Augustus 2002 12:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Kakamas.....ai, antie. Steeds praat jy stront. Wat is meer logies
> dat as 'n kind RSA toe aangery kan word, dan sal sy ouers dit kan bekostig?
> Net so ook die ou wat sy kind na 'n universiteit kan stuur. Wat van dié
> wat dit nie kan bekostig nie. Windhoek het vele hoërskole wat jou Kakamas
> se skool na 'n piepiewatertjie laat lyk.

Nog 'n bewys dat jy eintlik nie die afmetings
en geografiese werklikhede van jou "eie" land
verstaan nie. Namibië is so groot dat die
kinders in die suide baie nader aan die hoërskole
op Kakamas en Upington was as die skole in die
groter dorpe hoërop. En as jy jou kinders nou
na 'n koshuis moes stuur, stuur hom dan na die
naaste een. Kakamas se hoërskool was in my skool-
dae as 'n baie gerespekteerde skool beskou. Ek het
dit eers besef toe ek Stellenbosch toe is en
tot my verbasing hoor dat daar baie mense is wat
van sy reputasie weet.
Vandag is die skool hopelik oop vir alle rasse.

Gloudina
Re: Die aap hou nie op om sy naam g*t te maak nie [boodskap #65837 is 'n antwoord op boodskap #65821] Sa, 31 Augustus 2002 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Suidgrenster
Maar ou varkie, jy het jouself dan sopas weerspreek?

Wouter
Nee, ek het nie. Ek het net nog van jou strooi ontbloot vir wat dit is.

Suidgrenster
Ag vriend, van landskaarte en wat bo op ons grense gebeur het,
weet jy duidelik f.kol, so hou nou maar verby? Net soos 'n
dumkopf soos jy nie kan begryp wat op landsgrense aangaan nie,
so wat help dit?

Wouter
Jaaa boet, jy wys dat 'n mens nie hoef te weet hoe om dummkopf
te spel om een te wees nie, né. Jy en jou naam is uiteindelik so diep
in die gat wat jy vir jouself gegrawe het dat jy nie nog leuens wil
fabriseer om verder mee te argumenteer nie. Dis die eerste intelligente
ding wat jy in hierdie debat doen, hoor. Die eerste en die enigste...

Baai Suidgrenster.

gie gie gie :-)

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d6f9763.0@news1.mweb.co.za...
> Suidwester
> Ek sê maar weer, as maatskappye nie belasting in SWA betaal
> nie omdat hulle in die RSA geregistreer is, waar dink jy gaan
> hulle geldjies heen?
>
> Wouter
> In die dae voor SWA se onafhanklikheid is alle belasting deur SA
> gevorder, met 'n "notional" toedeling aan SWA volgens waar jou
> inkomste verdien is. Waar jy geregistreer was het niks met die
> saak te doen gehad nie.
>
> Na onafhanklikheid is daar in beide SA en Namibië belasting
> volgens bron gehef, dus waar jy dit verdien het. Die belasting is
> dus in Namibië betaal, dis nou as daar 'n wins gemaak is..
>
> SA het pas sy stelsel verander dat jy ook belasting op inkomste
> uit ander lande moet betaal, met aanpassings vir sommige belasting
> wat reeds in die ander land betaal is. Maar dit verander nie die
> beginsel en die feit dat inkomste uit Namibië eerstens in Namibië
> belasbaar is nie, maak nie saak wie jy is of waar jy geregistreer
> is nie.
>
> Annette is 'n belastingkonsultant en sal dit vir jou mooi stadig kan
> verduidelik as jy dit nie so vinnig kan verstaan nie.
>
> So die antwoord op daardie vraag is maklik. Beslis nie in SA nie.
>
> Gesels liewer oor bokke en damme, jy is totaal uit jou diepte uit.
> En dan sien jy nog kans om van paloekas te praat wat hulle in
> gebiede plaas waar hulle niks van weet nie!!
>
> Tjeez, party mense se kinders is nie net domastrant nie, maar
> boonop erg onnosel!!
Re: Die aap hou nie op om sy naam g*t te maak nie [boodskap #65841 is 'n antwoord op boodskap #65799] Sa, 31 Augustus 2002 16:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote in
message news:3d6f9763.0@news1.mweb.co.za...

> Gesels liewer oor bokke en damme, jy is totaal uit jou diepte uit.
> En dan sien jy nog kans om van paloekas te praat wat hulle in
> gebiede plaas waar hulle niks van weet nie!!

Hallo daar, Suidwester!

Ek dink jy kan maar 'n bietjie oor minimum-lone gesels
ook, hoor. Ek is seker Wouter sal dit interessant
vind.

Hoe lyk dit, het die kommuniste dit toe daar by julle
ook ingevoer?

Swart Simon
Re: Die aap hou nie op om sy naam g*t te maak nie [boodskap #65847 is 'n antwoord op boodskap #65841] Sa, 31 Augustus 2002 21:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Gesels liewer oor bokke en damme, jy is totaal uit
> jou diepte uit.

Swart Simon
Hallo daar, Suidwester!
Ek dink jy kan maar 'n bietjie oor minimum-lone gesels
ook, hoor. Ek is seker Wouter sal dit interessant vind.

Wouter
Hallo Swart Simon!

Dis lekker om weer van jou te hoor. Ek is bly dat jy nog
so getrou lees en dat jy hier met niks van my verskil nie,
hoor. :-)

Verder hou ek van jou humorsin, dis baie soos jou naam....
Re: Heldedag [boodskap #65850 is 'n antwoord op boodskap #65835] So, 01 September 2002 07:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Kakamas se mense betaal net belasting om die '...amas' in sy naam te behou.
Vir jou inligting, dis net die ver suide se kinders wat dalk soontoe is.
Keetmanshoop se hoërskool is ook veel beter as wat op Kakamas was. En, as
jy die ryk boere van SWA soek, is dit eerder na die oostekant toe ou koek!
skryf in boodskap news:3D70B88F.7050001@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>
>> Kakamas.....ai, antie. Steeds praat jy stront. Wat is meer logies
>> dat as 'n kind RSA toe aangery kan word, dan sal sy ouers dit kan bekostig?
>> Net so ook die ou wat sy kind na 'n universiteit kan stuur. Wat van di�
>> wat dit nie kan bekostig nie. Windhoek het vele hoërskole wat jou Kakamas
>> se skool na 'n piepiewatertjie laat lyk.
>
>
> Nog 'n bewys dat jy eintlik nie die afmetings
> en geografiese werklikhede van jou "eie" land
> verstaan nie. Namibië is so groot dat die
> kinders in die suide baie nader aan die hoërskole
> op Kakamas en Upington was as die skole in die
> groter dorpe hoërop. En as jy jou kinders nou
> na 'n koshuis moes stuur, stuur hom dan na die
> naaste een. Kakamas se hoërskool was in my skool-
> dae as 'n baie gerespekteerde skool beskou. Ek het
> dit eers besef toe ek Stellenbosch toe is en
> tot my verbasing hoor dat daar baie mense is wat
> van sy reputasie weet.
> Vandag is die skool hopelik oop vir alle rasse.
>
> Gloudina
>
Re: Die aap hou nie op om sy naam g*t te maak nie [boodskap #65851 is 'n antwoord op boodskap #65837] So, 01 September 2002 07:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
So jy en ou Gloudsie is maar uit dieselfde hout gesny? Daai lafaardbome
wat orals groei waar hulle val, hê? As my naam in 'n gat is soos jy met
jou flentertjie IK probeer voorgee, dan is die hele...........wag, amper hêt
jy my gehad!

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d70bd1d.0@news1.mweb.co.za...
> Suidgrenster
> Maar ou varkie, jy het jouself dan sopas weerspreek?
>
> Wouter
> Nee, ek het nie. Ek het net nog van jou strooi ontbloot vir wat dit is.
>
> Suidgrenster
> Ag vriend, van landskaarte en wat bo op ons grense gebeur het,
> weet jy duidelik f.kol, so hou nou maar verby? Net soos 'n
> dumkopf soos jy nie kan begryp wat op landsgrense aangaan nie,
> so wat help dit?
>
> Wouter
> Jaaa boet, jy wys dat 'n mens nie hoef te weet hoe om dummkopf
> te spel om een te wees nie, né. Jy en jou naam is uiteindelik so diep
> in die gat wat jy vir jouself gegrawe het dat jy nie nog leuens wil
> fabriseer om verder mee te argumenteer nie. Dis die eerste intelligente
> ding wat jy in hierdie debat doen, hoor. Die eerste en die enigste...
>
> Baai Suidgrenster.
>
> gie gie gie :-)
>
>
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3d6f9763.0@news1.mweb.co.za...
>> Suidwester
>> Ek sê maar weer, as maatskappye nie belasting in SWA betaal
>> nie omdat hulle in die RSA geregistreer is, waar dink jy gaan
>> hulle geldjies heen?
>>
>> Wouter
>> In die dae voor SWA se onafhanklikheid is alle belasting deur SA
>> gevorder, met 'n "notional" toedeling aan SWA volgens waar jou
>> inkomste verdien is. Waar jy geregistreer was het niks met die
>> saak te doen gehad nie.
>>
>> Na onafhanklikheid is daar in beide SA en Namibië belasting
>> volgens bron gehef, dus waar jy dit verdien het. Die belasting is
>> dus in Namibië betaal, dis nou as daar 'n wins gemaak is..
>>
>> SA het pas sy stelsel verander dat jy ook belasting op inkomste
>> uit ander lande moet betaal, met aanpassings vir sommige belasting
>> wat reeds in die ander land betaal is. Maar dit verander nie die
>> beginsel en die feit dat inkomste uit Namibië eerstens in Namibië
>> belasbaar is nie, maak nie saak wie jy is of waar jy geregistreer
>> is nie.
>>
>> Annette is 'n belastingkonsultant en sal dit vir jou mooi stadig kan
>> verduidelik as jy dit nie so vinnig kan verstaan nie.
>>
>> So die antwoord op daardie vraag is maklik. Beslis nie in SA nie.
>>
>> Gesels liewer oor bokke en damme, jy is totaal uit jou diepte uit.
>> En dan sien jy nog kans om van paloekas te praat wat hulle in
>> gebiede plaas waar hulle niks van weet nie!!
>>
>> Tjeez, party mense se kinders is nie net domastrant nie, maar
>> boonop erg onnosel!!
>
Re: Die aap hou nie op om sy naam g*t te maak nie [boodskap #65852 is 'n antwoord op boodskap #65841] So, 01 September 2002 07:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Net so vinnig.....hoe klink die feit dat die groot Ramatex-fabriek in
Windhoek mense aangestel het teen 'n vergoeding wat hulle in staat sou
gestel het om 'n billike salaris te verdien. Nou het hulle kennis gekry
dat hulle loongeld verminder gaan word sodat 'n vrou vir 'n maand se werk
net so om en by R350 sal kry. Dis 'n verlaging van oor die 80%! En op
daai direksie sit Swapo's. Wat van 'n oumenspensioen in ons land van net
R350? Hoe kan enige mens daarop leef? Maar hulle bou monumente en
paleise en elke minister vlieg omtrent met sy eie vliegtuig rond.

"Swart Simon" skryf in boodskap news:3d70f1fa.0@news1.mweb.co.za...
> "Wouter Plaasvark" wrote in
> message news:3d6f9763.0@news1.mweb.co.za...
>
>> Gesels liewer oor bokke en damme, jy is totaal uit
> jou diepte uit.
>> En dan sien jy nog kans om van paloekas te praat wat
> hulle in
>> gebiede plaas waar hulle niks van weet nie!!
>
>
> Hallo daar, Suidwester!
>
> Ek dink jy kan maar 'n bietjie oor minimum-lone gesels
> ook, hoor. Ek is seker Wouter sal dit interessant
> vind.
>
> Hoe lyk dit, het die kommuniste dit toe daar by julle
> ook ingevoer?
>
> Swart Simon
>
Re: Afdraend? [boodskap #65891 is 'n antwoord op boodskap #65793] Ma, 02 September 2002 09:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Sinvolle antwoord!

"Suidwester" skryf in boodskap news:...
> Lag vir jou eie arschloch antie. Soort soek soort. !oeis!
> skryf in boodskap news:3D6F5165.8050503@rogers.com...
>>
>> Suidwester wrote:
>>
>> Toe kom daai dom drol van 'n Verwoerd en toe moes SA
>>> begin dink om vir sy alie te keer. Toe raak dit belangrik vir SA om
> geld
>>> in SWA in te steek. Kry jou feite reg!
>>
>>
>> Ha, ha, ha, ha, hieeeeeee.
>> Ek lag my 'n papie.
>>
>> Tant Hessie van Onseepkans.
>>
>>
Re: Oorlog (was eers Afdraend?) [boodskap #65917 is 'n antwoord op boodskap #65811] Ma, 02 September 2002 14:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Pop, nou verstaan ek nie, Om Afganistan op te voes vir Bin Laden is
ok, maar om Irak op te voes vir Hoessein is te duur...?

Daai klein kokkie mannetjie wat Amerika rule moet maar vir hom ook
dubbelgangers kry. Die res van die wêreld dink nie hy's snaaks nie...

Begin Amerika al regmaak vir die herdenking volgende week? Ongelooflik
hoe die tyd verbyvlieg.

Max___________________________________________________

"pop" skryf in boodskap news:...
> Vanoggend op n radiopraatjie het hulle n onderhoud gevoer met n vrou in Camp
> Lejeune North Carolina, wie se man nou vir ses maande uitgestuur gaan word
> vir " peacekeeping" misies, eers in Kosovo, en dan in Afghanistan. Sy
> praat toe van haar pa, wat destyds in Vietnam geveg het, en wat terug huis
> toe moes sluip, want die Amerikaanse nasie het hom verag, want almal was so
> teen die oorlog in Nam. Sy sê hierdie keer is dit anders, sy voel, soos
> die soldate in WW1, trots dat haar man gaan veg vir sy land, die soldate is
> gretig om te gaan veg vir hulle land, en die mense tuis ondersteun hulle
> 100%. OK, 92% :-)
>
> Maar dis n ander storie met Irak, omtrent niemand wat ek ken wil h^e
> Amerika moet by Irak betrokke wees nie, dis te duur, en dis simpel om n hele
> land op te voes vir net een scoundrel soos Hoessein. Iemand vertel my hoeka
> dat Houssein glo d rie dubbels het, sodat hy nie n teiken kan wees vir n
> skerpskutter nie.
>
> Pop
Re: Oorlog (was eers Afdraend?) [boodskap #65920 is 'n antwoord op boodskap #65917] Ma, 02 September 2002 14:35 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Afganistan was weerwraak vir die Twin Towers, ons kon dit nie daar gelaat
het nie, daar is meer as 3 000 mense dood - onskuldige mense. Die Northern
Alliance EN Pakistan het aangebied om ons te help, so ook meeste van die
Westerste lande, niemand was n groter vriend as Tony Blair nie. Nou is ons
die slegte mense, omdat ons
euwel wil uitroei.

Ek is teen oorlog, maar die land belewe nou n samehorigheid soos nog nooit
tevore nie. Dis saamstaan en n patriotiese atmosfeer wat ek nie kan beskryf
nie. Ek het nog nooit in n land gewoon waar mense so patrioties is nie,
dit gee my koue rillings :-)

Ek hoop maar ons bly uit Irak, dit lyk my nie Tony Blair en ander is gretig
om iets te doen nie.

Pop

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0209020614.41f8f532@posting.google.com...
> Pop, nou verstaan ek nie, Om Afganistan op te voes vir Bin Laden is
> ok, maar om Irak op te voes vir Hoessein is te duur...?
>
> Daai klein kokkie mannetjie wat Amerika rule moet maar vir hom ook
> dubbelgangers kry. Die res van die wêreld dink nie hy's snaaks nie...
>
> Begin Amerika al regmaak vir die herdenking volgende week? Ongelooflik
> hoe die tyd verbyvlieg.
>
> Max___________________________________________________
>
>
> "pop" wrote in message
news:...
>> Vanoggend op n radiopraatjie het hulle n onderhoud gevoer met n vrou in Camp
>> Lejeune North Carolina, wie se man nou vir ses maande uitgestuur gaan word
>> vir " peacekeeping" misies, eers in Kosovo, en dan in Afghanistan. Sy
>> praat toe van haar pa, wat destyds in Vietnam geveg het, en wat terug huis
>> toe moes sluip, want die Amerikaanse nasie het hom verag, want almal was so
>> teen die oorlog in Nam. Sy sê hierdie keer is dit anders, sy voel, soos
>> die soldate in WW1, trots dat haar man gaan veg vir sy land, die soldate is
>> gretig om te gaan veg vir hulle land, en die mense tuis ondersteun hulle
>> 100%. OK, 92% :-)
>>
>> Maar dis n ander storie met Irak, omtrent niemand wat ek ken wil h^e
>> Amerika moet by Irak betrokke wees nie, dis te duur, en dis simpel om n hele
>> land op te voes vir net een scoundrel soos Hoessein. Iemand vertel my hoeka
>> dat Houssein glo d rie dubbels het, sodat hy nie n teiken kan wees vir n
>> skerpskutter nie.
>>
>> Pop
Vorige onderwerp: Kennetjie
Volgende onderwerp: Skuinskoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 16:52:37 MGT 2024