Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nugter
Nugter [boodskap #65856] So, 01 September 2002 14:05 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Waar kom die woord "nugter" vandaan?
En dit het nogal vele betekenisse ook
Nugter weet - niemand weet
Hy is nugter - hy is nie besope nie
Nugter denke - oopkop.
Annette
Re: Nugter [boodskap #65859 is 'n antwoord op boodskap #65856] So, 01 September 2002 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" schreef...
> Waar kom die woord "nugter" vandaan?

Van 'nuchter' ....

> Nugter weet - niemand weet

In daardie betekenis gebruik ons hier die woord nuchter nie ...

Groete,
Arthur
Re: Nugter [boodskap #65862 is 'n antwoord op boodskap #65859] So, 01 September 2002 17:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoekom nie?:)
Annette

"Arthur" skryf in boodskap news:aktarl$tbb$1@news.kabelfoon.nl...
> "Annette" schreef...
>> Waar kom die woord "nugter" vandaan?
>
> Van 'nuchter' ....
>
>> Nugter weet - niemand weet
>
> In daardie betekenis gebruik ons hier die woord nuchter nie ...
>
> Groete,
> Arthur
>
Re: Nugter [boodskap #65865 is 'n antwoord op boodskap #65862] So, 01 September 2002 17:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" schreef...
> Hoekom nie?:)

Kweenie, ons gebruik dit net nie sê nie!

Arthur

> "Arthur" wrote...
>> "Annette" schreef...
>>> Waar kom die woord "nugter" vandaan?
>>
>> Van 'nuchter' ....
>>
>>> Nugter weet - niemand weet
>>
>> In daardie betekenis gebruik ons hier die woord nuchter nie ...
Re: Nugter [boodskap #65882 is 'n antwoord op boodskap #65865] Ma, 02 September 2002 07:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
anri schramm[1]  is tans af-lyn  anri schramm[1]
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 2002
Karma: 0
Volle Lid
In Duits is die woord 'nüchtern'. In ou hoog Duits(?) was dit 'nuohturn'
en was gebruik in kloosters en het beteken " het nog nie geeet of
gedrink nie". Die eerste godsdienste -sorry vanoggend dink my kop nog in
Duits! - het vroeg in die oggend plaasgevind; nog vóór ontbyt. In ou
hoog Duits het hulle toe die woord nocturnus(Latein) geleen en hom
gemeng met die woord in OHD vir "morgendämmerung" wat 'uohta' is. Sien,
nocturnus + uohta = nuohturn. Ens. Dan een of ander tyd het die mense
dit begin gebruik om die teenoorgestelde van dronk te beskryf en deesdae
word dit óók gebruik om iets wat vervelig of 'straight' is te beskryf.

Wat is 'morgendämmerung' in Afrikaans?? Help?!

baai
Anri

Arthur wrote:
> "Annette" schreef...
>
>> Hoekom nie?:)
>
>
> Kweenie, ons gebruik dit net nie sò nie!
>
> Arthur
>
>
>> "Arthur" wrote...

>>> "Annette" schreef...
>
>>>> Waar kom die woord "nugter" vandaan?
>
>>> Van 'nuchter' ....
>
>
>>>> Nugter weet - niemand weet
>
>>> In daardie betekenis gebruik ons hier die woord nuchter nie ...

>
Re: Nugter [boodskap #65890 is 'n antwoord op boodskap #65882] Ma, 02 September 2002 09:37 Na vorige boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
>
> Wat is 'morgendämmerung' in Afrikaans?? Help?!
>
> baai
> Anri
>

Miskien moet ek eers my woordeboek raadpleeg, maar ek het al woorde gehoor
soos oggendskemering, daglumier, moregloor, wat iets meer sê as dagbreek.

Koot
Vorige onderwerp: Etmaal
Volgende onderwerp: Aardklop...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 07:22:23 MGT 2024