Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hare op die tande
Hare op die tande [boodskap #65759] Do, 29 Augustus 2002 14:44 na volgende boodskap
Rachel Couch  is tans af-lyn  Rachel Couch
Boodskappe: 45
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Iemand wat hare op sy tande het, het baie deursettingsvermoë en durf.
Die herkoms van hierdie gesegde is duister. Een skoot in daardie
duister is dat die Switsers die eerste bekende huursoldate was en dat
hulle by enige leër sou aansluit as die besoldiging reg was. In
teenstelling met hul neutrale beeld van vandag as koekoekklokmakers,
was hulle kranige krygers wat vanweë hulle onverskrokkenheid gevrees
is. Om hierdie beeld verder te bevorder, het hulle woeste snorre
gekweek wat hul lippe grotendeels verberg het. Dit het die vyand laat
besluit dat iemand wat hare op sy tande het nie vir die duiwel sou
stuit nie.

En ek het soms hare op my tande nodig vir hierdie nuusgroep! ;-))
Re: Hare op die tande [boodskap #65760 is 'n antwoord op boodskap #65759] Do, 29 Augustus 2002 15:03 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie!! En daar dog ek dit kom van as mens 'n hond terugbyt;)))

Hare op die tande hier? Nee wat - net 'n baaaaaie dik vel:)
Annette

"Rachel Couché" skryf in boodskap news:b832399c.0208290644.577498fd@posting.google.com...
> Iemand wat hare op sy tande het, het baie deursettingsvermoë en durf.
> Die herkoms van hierdie gesegde is duister. Een skoot in daardie
> duister is dat die Switsers die eerste bekende huursoldate was en dat
> hulle by enige le�r sou aansluit as die besoldiging reg was. In
> teenstelling met hul neutrale beeld van vandag as koekoekklokmakers,
> was hulle kranige krygers wat vanweë hulle onverskrokkenheid gevrees
> is. Om hierdie beeld verder te bevorder, het hulle woeste snorre
> gekweek wat hul lippe grotendeels verberg het. Dit het die vyand laat
> besluit dat iemand wat hare op sy tande het nie vir die duiwel sou
> stuit nie.
>
> En ek het soms hare op my tande nodig vir hierdie nuusgroep! ;-))
Vorige onderwerp: Nog vreemde woorde
Volgende onderwerp: Re: The state of South African hospitals today. . .
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 20 12:32:51 MGT 2024