Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » WSSD
WSSD [boodskap #65627] Ma, 26 Augustus 2002 06:05 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die bergspits( summit) begin vandag - glo - en mens sal maar moet sien wat
die gevolge is - Vrydag se M&G se Madam en Eve spotprent het nogal 'n punt
daar beet:))
Nietemin, Pahad het al klaar verklaar dat SA nie al toelaat dat Zimbabwe
bespreek sal word nie. Zuma weer weier om joernaliste in te lig of daar al
wel oor die finale besprekingspunte besin is, en indien wel, wat dit is.
Die betogers is almal vreeslik verbaas oor die hardhandige optrede van die
polisie teenoor die betogers.
Switserland eis beter veiligheid omdat 2 lede in hul hotelkamer aangeval en
beroof is.
Dit is natuurlik onmoontlik want al die veiligheid is op een kol
saamgetrek - nou weet ons gewone mense ook daar is darem van hulle.
Nou hoor ek dat Broer Leier ook weer op pad is.
Soos ek gesê het - hierdie hele sirkus kan net sports wees.
Ek wonder net hoe ryk die prossies gaan word - enige mense hier wat
Porsche-handelaars is?:)
Annette
Re: WSSD [boodskap #65641 is 'n antwoord op boodskap #65627] Ma, 26 Augustus 2002 13:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 26 Aug 2002 08:05:11 +0200, "Annette"
served the following to the group:

> Die bergspits( summit) begin vandag - glo - en mens sal maar moet sien wat
> die gevolge is - Vrydag se M&G se Madam en Eve spotprent het nogal 'n punt
> daar beet:))
> Nietemin, Pahad het al klaar verklaar dat SA nie al toelaat dat Zimbabwe
> bespreek sal word nie. Zuma weer weier om joernaliste in te lig of daar al
> wel oor die finale besprekingspunte besin is, en indien wel, wat dit is.
> Die betogers is almal vreeslik verbaas oor die hardhandige optrede van die
> polisie teenoor die betogers.
> Switserland eis beter veiligheid omdat 2 lede in hul hotelkamer aangeval en
> beroof is.

hoe dit kon gebeur weet die nugter alleen. sekuriteit by alle hotelle
is baie streng, tot by die in pretoria. as jy wil ingaan moet jy eers
`n boek teken, dan word jou kar deursoek en die spieeltjie word onder
die kar ingestoot. daarna moet jy deur `n metal detector met twee
polisie mense aan alke kant. daar is `n gemiddeld van 4 highway patrol
karre aan elke kan van die ben schoeman elke dag. soos ek vir die
inspekteur se wat verskoning maak omdat hy my weer nou saterdag
deursoek, 'dis nice dat hulle dit doen, maar dit sal nicer wees as ek
eendag kan weet hulle doen dit omdat hulle besorg is oor my, die lands
burger, se veiligheid'. ek dink so by myself dat die meeste van die
spietkops op die highway seker vir die eerste keer sien hoe dit daar
lyk, ek in elke geval het hulle nog nooit onder die blou hemel gesien
nie.

die polisie en spietkops het selfs kampe by elke hotel waarvandaan
hulle konvooi ry met die delegate in tou.

solank hulle dit geniet

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: WSSD [boodskap #65651 is 'n antwoord op boodskap #65627] Ma, 26 Augustus 2002 20:43 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Die bergspits( summit) begin vandag - glo - en mens sal maar moet sien wat
> die gevolge is

Zuma weer weier om joernaliste in te lig of daar al
> wel oor die finale besprekingspunte besin is, en indien wel, wat dit is.

> Soos ek gesê het - hierdie hele sirkus kan net sports wees.

Wanneer ek so jou pontifikasie sit en
bestudeer, wonder ek net: weet jy eintlik
waaroor dit alles gaan? Weet jy hoe hierdie
byeenkomste gereël word? Weet jy wat die
vorige byeenkoms in Rio se rekord was, wat
besluit was, hoeveel eenheid daar was, watter
opinies oor Rio uitgespreek is? Dit klink vir
my jy dink dit het iets met Zuma te doen,
en dat die sukses of faal van die beraad iets
te doen het met Suid-Afrika spesifiek.Dis
natuurlik nie so nie. Net soos die vorige
byeenkoms in Rio bloedweinig met Brasilië
se politiek te doen gehad het, en meer te
doen gehad het met die weiering van die VSA
om sekere ooreenkomste te ondersteun.

Gloudina
Vorige onderwerp: Is jou seun se naam Mornè?
Volgende onderwerp: Kilimandjaro
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 07:43:33 MGT 2024