Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Is jou seun se naam Mornè?
Is jou seun se naam Mornè? [boodskap #65611] Do, 22 Augustus 2002 16:22 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vandag was daar 'n onderhoud met 'n skrydter van 'n boek oor Afrikaanse
name - sy het navorsing gedoen en die oorsprong van die name word bespreek.
Sy het ook vertel dat Dr Beyers Naudé se susters sulke interessante name
gekry het - die eerste twee kan ek nie onthou nie, maar die ander twee wel-
Himne en Ligstraal.
Dan ook modename - wat in 'n sekere tyd gewild is.
Ons weet almal van al die Morné's wat deesdae rondloop nadat Morné du
Plessis gewild geword het nadat Naas geslaan het;))
Nietemin - die naam Morné beteken:
Leeu, sonder tande, tong of kloue.:))))

Annette
Re: Is jou seun se naam Mornè? [boodskap #65614 is 'n antwoord op boodskap #65611] Do, 22 Augustus 2002 22:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette
Nietemin - die naam Morné beteken:
Leeu, sonder tande, tong of kloue.:))))

Wouter
Ek vermoed dit is net in die heraldiek wat Morne daardie betekenis
het, Annette. Op dieselfde manier sal mars dan rooi beteken

Ek weet nie hoe belangrik daardie aksentstrepie is nie, maar daarsonder:
"Morne is a Creole word for a small rounded mountain standing
alone. In French, morne also means dismal or gloomy"
Re: Is jou seun se naam Mornè? [boodskap #65619 is 'n antwoord op boodskap #65611] Vr, 23 Augustus 2002 19:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henk  is tans af-lyn  Henk
Boodskappe: 4
Geregistreer: Augustus 2002
Karma: 0
Junior Lid
moakt niks uut, kats agteruut
"Annette" skryf in boodskap news:ak33je$1fmoio$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Vandag was daar 'n onderhoud met 'n skrydter van 'n boek oor Afrikaanse
> name - sy het navorsing gedoen en die oorsprong van die name word bespreek.
> Sy het ook vertel dat Dr Beyers Naudé se susters sulke interessante name
> gekry het - die eerste twee kan ek nie onthou nie, maar die ander twee wel-
> Himne en Ligstraal.
> Dan ook modename - wat in 'n sekere tyd gewild is.
> Ons weet almal van al die Morné's wat deesdae rondloop nadat Morné du
> Plessis gewild geword het nadat Naas geslaan het;))
> Nietemin - die naam Morné beteken:
> Leeu, sonder tande, tong of kloue.:))))
>
> Annette
>
Re: Is jou seun se naam Mornè? [boodskap #65624 is 'n antwoord op boodskap #65611] So, 25 Augustus 2002 01:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Sy het ook vertel dat Dr Beyers Naudè se susters sulke interessante name
> gekry het - die eerste twee kan ek nie onthou nie, maar die ander twee wel-
> Himne en Ligstraal.

Beyers Naudé se een suster, Hymne, is later
getroud met 'n Professor Weiss. Hymne, anders
as Beyers Naude, was een van die voorste
"verkramptes" van die apartheidsera, en was
spesiaal geminag deur NP van Wyk Louw. Hymne
Weiss en haar man en 'n klompie mense wat
NP die "Transvaalse groepie" genoem het, het
aanvalle gedoen op Afrikaanse boeke wat hulle
as "boos" beskou het, en teen dinge soos sports
op Sondag en dies meer. Die groepie het besluit
dat NP nie patrioties genoeg was nie, en het
baie keer teen hom te velde getrek.
NP se tweede vrou, Truida, en die Naude kinders
het saam grootgeword of Graaff Reinet, en Beyers
Naude en NP was groot vriende, totdat Naude persona
non grata vir die Broederbonders geword het.

Gloudina
Re: Is jou seun se naam Mornè? [boodskap #65625 is 'n antwoord op boodskap #65624] So, 25 Augustus 2002 13:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
> Sy het ook vertel dat Dr Beyers Naudé se susters sulke interessante name
> gekry het - die eerste twee kan ek nie onthou nie, maar die ander twee wel-
> Himne en Ligstraal.

Gloudina
Beyers Naudé se een suster, Hymne, is later
getroud met 'n Professor Weiss.

Wouter
Ek het die Weisse so verlangs geken. Hulle het drie dogters gehad, ook
met ongewone name soos Ode en Milne, die ander een het ek vergeet.
Wyle Hymne en Ode het albei boeke en artikels geskryf. Ode het met
'n Krige getrou (ek dink familie van Uys Krige), hulle bedryf 'n
gastehuis op Stellenbosch http://www.calvilla.co.za/
Re: Is jou seun se naam Mornè? [boodskap #65649 is 'n antwoord op boodskap #65614] Ma, 26 Augustus 2002 18:08 Na vorige boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote in
message news:3d6562a2.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
> Nietemin - die naam Morné beteken:
> Leeu, sonder tande, tong of kloue.:))))
>
> Wouter
> Ek vermoed dit is net in die heraldiek wat Morne daardie betekenis
> het, Annette. Op dieselfde manier sal mars dan rooi beteken
>
> Ek weet nie hoe belangrik daardie aksentstrepie is nie, maar daarsonder:
> "Morne is a Creole word for a small rounded mountain standing
> alone. In French, morne also means dismal or gloomy"

Die strepie kan nogal 'n verskil maak. En Annette is
deurmekaar met die heil-Hitler-strepie en die
Britse-saluut-strepie.

Maar ek glo nie dat die woorde 'morne' of 'morné'
enigiets te doen het met die voornaam 'Morné' nie. Die
voornaam kom van die naam van 'n Franse edelman en
Hugenote-leier van die 16de/17de eeu: Philippe de
Mornay, Seigneur Du Plessis-marly (a.k.a. Mornay Du
Plessis).

Swart Simon
Vorige onderwerp: Dirigente
Volgende onderwerp: WSSD
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 16:23:42 MGT 2024