Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Wie het die "Witborskraai" geskryf?
Re: Wie het die "Witborskraai" geskryf? [boodskap #65600] Wo, 21 Augustus 2002 20:41
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

l&p wrote:

> Weet enig iemand van julle WIE die grappie
> verhaaltjie van die Witborskraai geskryf het, en het
> enig iemand nog die teks? En sal iemand my verduidelik
> of die teks enig politieke betekenis het??

Ek neem aan jy praat van die tradisionele
Afrikaanse volkswysie " Aai, Aai, die witbors-
kraai." Volgens die FAK Volkssangbundel is dit
"tradisioneel en C.J. Langenhoven vers 1,2,3."
Die tradisionele woorde is die volgende:

Aai, aai, die witborskraai!
Hiervandaan na Mosselbaai -
Oompie wil na Tannie vry,
maar Tannie trek haar neus opsy.
Oompie wil na Tannie vry,
maar Tannie, Tannie,
Tannie trek haar neus opsy.
hoog gevlieg, by die, by die,
by die groot see omgedraai.
tier gaan skiet, nooit nie,
nooit nie, nooit nie weer daar omgedraai.
met sy perd daad'lik,
daad'lik weer daar omgedraai.

Gloudina
Vorige onderwerp: Ek word gek van advertensies...
Volgende onderwerp: Hoekom blaf die honne ....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 02:08:00 MGT 2024