Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Baie
Baie [boodskap #65499] Vr, 16 Augustus 2002 19:59 na volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Haai almal,

Ek het sit wonner of enig iemand die oorsprong van die woordjie 'baie' kan
verklaar. Op die Web kan ek nie baie hieroor vind nie.

Ek vra dit omdat ek netnou die Star Wars DVD (episode 1) het gekyk en die
ondertitels vertaal die uitspraak van Jarjar Ninks 'missa very, very scared'
met 'ikka bar, bar bang'. Dit het my doen besef dat ons woordjie 'bar' en
julle woordjie 'baie' beide 'heel erg' is. Ek het dit nog nie eerder raak
gesien nie. Is dit moontlik dat 'baie' uit 'bar' ontstaan is of dat 'baie'
en 'bar' die selfde oorsprong het?

Groete,
Arthur
Re: Baie [boodskap #65501 is 'n antwoord op boodskap #65499] Vr, 16 Augustus 2002 21:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Arthur wrote:
> Is dit moontlik dat 'baie' uit 'bar' ontstaan is of dat 'baie'
> en 'bar' die selfde oorsprong het?

Dit word algemeen aangeneem dat "baie"
uit Maleis oorgeneem is. ( Volgens die
Dictionary of South African English van
die Maleise woord banyak - a lot.) Miskien
het die teenwoordigheid van "bar" alreeds
in Nederlands die oorname van "banyak"
vergemaklik.
Kan jy vir ons "bar" in 'n paar sinne
gebruik? Dit het nog nooit my aandag in
Nederlands getrek nie. Is dit ongeveer slang?

Gloudina
Re: Baie [boodskap #65503 is 'n antwoord op boodskap #65499] Sa, 17 Augustus 2002 03:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Arthur, sover ek weet is die taal wat in Star Wars gebruik word slegs gebore
uit die vrugbare verbeelding van die skrywers - die ooreenkoms is dus slegs
heel toevallig.
Baie is een van die baie woorde wat ons aangeneem het vanaf die Maleise
slawe.
Annette

"Arthur" skryf in boodskap news:ajjlnm$20at$1@news.kabelfoon.nl...
> Haai almal,
>
> Ek het sit wonner of enig iemand die oorsprong van die woordjie 'baie' kan
> verklaar. Op die Web kan ek nie baie hieroor vind nie.
>
> Ek vra dit omdat ek netnou die Star Wars DVD (episode 1) het gekyk en die
> ondertitels vertaal die uitspraak van Jarjar Ninks 'missa very, very scared'
> met 'ikka bar, bar bang'. Dit het my doen besef dat ons woordjie 'bar' en
> julle woordjie 'baie' beide 'heel erg' is. Ek het dit nog nie eerder raak
> gesien nie. Is dit moontlik dat 'baie' uit 'bar' ontstaan is of dat 'baie'
> en 'bar' die selfde oorsprong het?
>
> Groete,
> Arthur
>
Re: Baie [boodskap #65504 is 'n antwoord op boodskap #65501] Sa, 17 Augustus 2002 07:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Kan jy vir ons "bar" in 'n paar sinne
> gebruik? Dit het nog nooit my aandag in
> Nederlands getrek nie. Is dit ongeveer slang?

Het is hier bar gezellig. Gisteren was het weer bar slecht. Het water is bar
koud. Ik kom daar niet zo bar vaak.

Ek weet nie seker of dit 'slang' is nie. Miskien kan die andere
Nederlandstaliges hier sê of hulle ook die woord 'bar' gebruik.

Onder 'bar' in my woordeboek staan oorigens wel : 't is bar koud vandaag,
erg.

Groete,
Arthur
Re: Baie [boodskap #65506 is 'n antwoord op boodskap #65503] Sa, 17 Augustus 2002 07:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" schreef...
> Arthur, sover ek weet is die taal wat in Star Wars gebruik word slegs gebore
> uit die vrugbare verbeelding van die skrywers - die ooreenkoms is dus slegs
> heel toevallig.

Nee, JarJar Binks praat 'n oulike soort Engels. In die ondertitels is dit
vertaal in 'n oulike soort Nederlands.

> Baie is een van die baie woorde wat ons aangeneem het vanaf die Maleise
> slawe.

Of van Nederlanders wat die woorde in die Oos geleer het en in hulle
daaglikse taalgebruik is gaan gebruik; ons het ook baie Maleisiese woorde,
maar die slawe is hier nooit gewees nie ..... sien ook die diskussie
'Afrikaanse canon' in maart http://tinyurl.com/11v2 .

Groete,
Arthur
Re: Baie [boodskap #65510 is 'n antwoord op boodskap #65506] Sa, 17 Augustus 2002 12:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek wonder nou waar die Maleiers vandaan gekom het, want ek het drie jaar in
Maleisie gewoon, en baie van die woorde wat ons gedink het kom van Maleis
het hulle nie geken nie (ons het eendag n lys woorde gemaak van wat ons
gedink het ons kry van Maleisie, en toe ons n local daarom vra, het sy net
drie of vier woorde uit sowat tien kon herken as n Maleisiese woord). In
Maleisie praat hulle Bahasa Maleisies, in Indonesie n verskillende dialek,
ek het n sterk vermoede ons Kaapse Maleiers kom uit Indonesie, en nie
Maleisie nie. Ek mag natuurlik verkeerd wees :-)

"Arthur" skryf in boodskap news:ajkum1$47r$1@news.kabelfoon.nl...
> "Annette" schreef...
>> Arthur, sover ek weet is die taal wat in Star Wars gebruik word slegs gebore
>> uit die vrugbare verbeelding van die skrywers - die ooreenkoms is dus slegs
>> heel toevallig.
>
> Nee, JarJar Binks praat 'n oulike soort Engels. In die ondertitels is dit
> vertaal in 'n oulike soort Nederlands.
>
>> Baie is een van die baie woorde wat ons aangeneem het vanaf die Maleise
>> slawe.
>
> Of van Nederlanders wat die woorde in die Oos geleer het en in hulle
> daaglikse taalgebruik is gaan gebruik; ons het ook baie Maleisiese woorde,
> maar die slawe is hier nooit gewees nie ..... sien ook die diskussie
> 'Afrikaanse canon' in maart http://tinyurl.com/11v2 .
>
> Groete,
> Arthur
>
Re: Baie [boodskap #65511 is 'n antwoord op boodskap #65510] Sa, 17 Augustus 2002 15:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

pop wrote:

> Ek wonder nou waar die Maleiers vandaan gekom het
> ek het n sterk vermoede ons Kaapse Maleiers kom uit Indonesie, en nie
> Maleisie nie. Ek mag natuurlik verkeerd wees :-)

Die verskillende politieke entiteite in
daardie deel van die wêreld het eers in
die twintigste eeu ontstaan. In die
sewentiende, agtiende eeu was daardie hele
streek van eilande seker bekend as Maleisië.
Vandaar die benaming Maleis-Portugees wat
taalwetenskaplikes al in die twee vorige eeue
gebruik het vir die skeepstaal in omgang op
skepe van veral die H.O.I.C.

Gloudina
Re: Baie [boodskap #65512 is 'n antwoord op boodskap #65510] Sa, 17 Augustus 2002 16:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"pop" schreef...
> Ek wonder nou waar die Maleiers vandaan gekom het, want ek het drie jaar in
> Maleisie gewoon, en baie van die woorde wat ons gedink het kom van Maleis
> het hulle nie geken nie

Ja, as julle woorde soos 'kombuis' ook op daardie lys sit :)

Het jy die lys nog iewers?

> In Maleisie praat hulle Bahasa Maleisies, in Indonesie n verskillende
> dialek, ek het n sterk vermoede ons Kaapse Maleiers kom uit Indonesie,
> en nie Maleisie nie. Ek mag natuurlik verkeerd wees :-)

Bahasa Malaya en Bahasa Indonesia verskil inderdaad van mekaar (amper soos
Nederlands en Afrikaans). Maar hulle werk nou aktief om die beide tale weer
na mekaar te laat groei ....

Groete,
Arthur
Re: Baie [boodskap #65516 is 'n antwoord op boodskap #65506] Sa, 17 Augustus 2002 20:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Arthur skryf in boodskap news:ajkum1$47r$1@news.kabelfoon.nl...
> "Annette" schreef...
>> Arthur, sover ek weet is die taal wat in Star Wars gebruik word slegs gebore
>> uit die vrugbare verbeelding van die skrywers - die ooreenkoms is dus slegs
>> heel toevallig.
>
> Nee, JarJar Binks praat 'n oulike soort Engels. In die ondertitels is dit
> vertaal in 'n oulike soort Nederlands.
>
>> Baie is een van die baie woorde wat ons aangeneem het vanaf die Maleise
>> slawe.
>
> Of van Nederlanders wat die woorde in die Oos geleer het en in hulle
> daaglikse taalgebruik is gaan gebruik; ons het ook baie Maleisiese woorde,
> maar die slawe is hier nooit gewees nie ..... sien ook die diskussie
> 'Afrikaanse canon' in maart http://tinyurl.com/11v2 .

Sien:

http://216.239.51.100/search?q=cache:d192fekBUl8C:mille
nnium.arts.kuleuven.ac.be/Afrikaans/les6.doc+banja+afri
kaans+-luka&hl=en&ie=UTF-8

Hier is 'n uittreksel:

Quote:

'n Maleise herkoms vir die woord baie

Met die gegewens tans tot beskikking lyk dit asof
banjak en (die latere) banjang naastenby die
voorgangers van die Afrikaanse woord baie aan die Kaap
was. Die woord banjak word in dieselfde betekenis
gebruik as die Nederlandse woorde zeer, erg,veel..

Dit is opmerklik dat daar in Afrikaans soms één
woord gebruik word waar Standaardnederlands meer woorde
vir dieselfde betekenis het.

Om stilistiese redes kan veel met baie afwissel,
en omdat veel sintakties minder dubbelsinnig is as
baie, is dit moontlik dat veel soms in Afrikaans
gebruik kan word om meerduidigheid te vermy.

Die ouer Afrikaans spellingvorme lyk soos volg:
banja, banjang, banje, bajan, bajang, baiing, bai (Vgl.
Raidt 1985).

Unquote

Swart Simon
Re: Baie [boodskap #65565 is 'n antwoord op boodskap #65504] Di, 20 Augustus 2002 19:02 Na vorige boodskap
Marten  is tans af-lyn  Marten
Boodskappe: 11
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Junior Lid
Arthur heeft geschreven:
> Gloudina schreef...
>
>> Kan jy vir ons "bar" in 'n paar sinne
>> gebruik? Dit het nog nooit my aandag in
>> Nederlands getrek nie. Is dit ongeveer slang?
>
>
> Het is hier bar gezellig. Gisteren was het weer bar slecht. Het water is bar
> koud. Ik kom daar niet zo bar vaak.
>
> Ek weet nie seker of dit 'slang' is nie. Miskien kan die andere
> Nederlandstaliges hier s? of hulle ook die woord 'bar' gebruik.

Het weer is bar en boos vandaag.
Je andere voorbeelden geven het gebruik van 'bar' goed weer. Het is
seker geen 'slang' nie. En dan is er nog het woord 'bar' voor een cafe
of drinkgelegenheid (overgeneem uit it Engels).

Marten
Vorige onderwerp: Re: Earth Summit in JHB
Volgende onderwerp: Moet nir vergeet nie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 09:04:02 MGT 2024