Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog Antjie
Nog Antjie [boodskap #65496] Vr, 16 Augustus 2002 17:59 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Onlangs was daar heelwat oor Antjie Krog hier gepos, nie alles altyd
baie vleiend nie, alhoewel daar erken is dat sy met haar digkuns
maklik die eerstespan sal haal. Ek pos net die twee stukkies hieronder
om te wys dat daar 'n kant van haar is waarvan baie dalk nie weet nie.

Liedboek van die Kerk, Lied 16 (tweede weergawe), Strofe 2

Alles wat ek hier ontvang,
spreek van sorg, van U belang.
Pragtig is die deel, ek weet,
wat U sorgsaam vir my meet.
Elke insig vorm U;
snags vind ek: U praat met my.
Nooit sal ek weer struikel nie.
Altyd, voor my, sien ek U.

Lied 19 (tweede wergawe), Strofe 5

My sondes bring ek nou, / ook wat onwetend klou,
o spreek my daarvan vry!
Ek bid: Laat my nie dwaal, / vergeef my andermaal.
Heers U alleen oor my!
Die woorde van my mond, / my hart se diepste grond -
maak dit aanneemlik, Redder.
Ek het op U gebou; / my aan U toevertrou,
my Rots, ja, my bevryder.

Drom
Re: Nog Antjie [boodskap #65497 is 'n antwoord op boodskap #65496] Vr, 16 Augustus 2002 18:23 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

> Liedboek van die Kerk, Lied 16 (tweede weergawe), Strofe 2
>
> Alles wat ek hier ontvang,
> spreek van sorg, van U belang.
> Pragtig is die deel, ek weet,
> wat U sorgsaam vir my meet.

Dankie Drom.
Gloudina
Vorige onderwerp: Breinoefeninge
Volgende onderwerp: Re: UNITED STAES THE BEST COUNTRIE IN THE WORLD
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 13:52:21 MGT 2024