Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Andre P Brink, Ettienne le Roux
Andre P Brink, Ettienne le Roux [boodskap #6547 is 'n antwoord op boodskap #6548] Wo, 05 Junie 1996 00:00 na volgende boodskap
hjk...  is tans af-lyn  hjk...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Goeidag

Ek skryf as iemand wat (tot my spyt) bitter min van Afrikaanse
letterkunde weet, omdat Engelse letterkunde altyd vir my meer
toeganklik was. In die afgelope paar jaar het ek 'n hele paar van die
twee genoemde skrywers se werke probeer lees. Die probleem is om verby
die eerste paar bladsye te kom. Noem my oppervlakkig, maar ek kon nog
glad nie die punt in meeste boeke van die twee here sien nie.

"Sewe dae by die Silbersteins" van Le Roux is ontsettend bisar, en, na
omtrent die 4e partytjie kon ek dit nie meer vat nie. Die punt was
verlore op my.

So kan ek aangaan. Die enigste wat ek wel geniet het was "`n Droë wit
seisoen", wat briljant geskryf is, veral die gedeelte waar Ben met die
kolonel in die veiligheidspolisie gaan gesels.

Kan enigiemand vir my nuwe lig werp op Afrikaanse letterkunde ? Daar
is briljante skrywers, maar hoe moet 'n mens hulle verstaan ?

Dankie by voorbaat
Henri-John Kock
Re: Andre P Brink, Ettienne le Roux [boodskap #6548 is 'n antwoord op boodskap #6547] Wo, 05 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gys Dubbeld  is tans af-lyn  Gys Dubbeld
Boodskappe: 21
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article hjk...@dos-lan.cs.up.ac.za writes:
> From: hjk...@dos-lan.cs.up.ac.za
> Subject: Andre P Brink, Ettienne le Roux
> Date: Wed, 05 Jun 1996 11:27:36 GMT


> Goeidag

> Ek skryf as iemand wat (tot my spyt) bitter min van Afrikaanse
> letterkunde weet, omdat Engelse letterkunde altyd vir my meer
> toeganklik was. In die afgelope paar jaar het ek 'n hele paar van die
> twee genoemde skrywers se werke probeer lees. Die probleem is om verby
> die eerste paar bladsye te kom. Noem my oppervlakkig, maar ek kon nog
> glad nie die punt in meeste boeke van die twee here sien nie.

> "Sewe dae by die Silbersteins" van Le Roux is ontsettend bisar, en, na
> omtrent die 4e partytjie kon ek dit nie meer vat nie. Die punt was
> verlore op my.

> So kan ek aangaan. Die enigste wat ek wel geniet het was "`n Droë wit
> seisoen", wat briljant geskryf is, veral die gedeelte waar Ben met die
> kolonel in die veiligheidspolisie gaan gesels.

> Kan enigiemand vir my nuwe lig werp op Afrikaanse letterkunde ? Daar
> is briljante skrywers, maar hoe moet 'n mens hulle verstaan ?

> Dankie by voorbaat
> Henri-John Kock


Probeer liewer skrywers soos Karel Schoeman, Marita van der Vyver of selfs
arzanne Leroux van der Boon. Hulle skryf nie so selfbewus "slim" nie en
veral 'n boek soos "Griet skryf 'n Sprokie" en "Dinge van 'n Kind" is
werklik en "By Fakkellig" is die moeite werd om te lees.

Gys

Gys Dubbeld
Natal University Development Foundation
University of Natal
Durban
Re: Andre P Brink, Ettienne le Roux [boodskap #6554 is 'n antwoord op boodskap #6548] Do, 06 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
dub...@admin.und.ac.za (Gys Dubbeld) wrote:

Marzanne Leroux van der Boon. Hulle skryf nie so selfbewus "slim" nie en[/color]
> veral 'n boek soos "Griet skryf 'n Sprokie" en "Dinge van 'n Kind" is
> werklik en "By Fakkellig" is die moeite werd om te lees.>>

De gustibus non diputandem est. (My Engelse spelling is vrot so die
Latyn is waarskynlik vrotter!)

Maar ek dink nie veel van Griet Kry 'n Prys nie.
Magersfontein van Leroux is wonderlik.

Die Latyn: My Latyn-juffrou vir Latyb Spes op universiteit het gesê
dit beteken: "Aangaande die smaak is daar nie te argumenteer nie."
Re: Andre P Brink, Ettienne le Roux [boodskap #6555 is 'n antwoord op boodskap #6548] Do, 06 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius P Jooste  is tans af-lyn  Marius P Jooste
Boodskappe: 9
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Probeer 'Miskien Nooit' van Brink en 1844 van Ettienne Le Roux, albei
werke wat dalk meer toeganklik is. Liefdesverhale, beide.

'Caspers en Campari's ', 'Triomf', 'Kringe in die Bos', 'Muur van die
Pes', 'Somer van 1936', almal wonderlike titels van groot skrywers.
Re: Andre P Brink, Ettienne le Roux [boodskap #6556 is 'n antwoord op boodskap #6548] Do, 06 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
avdm...  is tans af-lyn  avdm...
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article hjk...@dos-lan.cs.up.ac.za writes:
...about Ettienne le Roux en Andre P. Brink se skryfwerk...
> Henri-John Kock

Hallo Henri-John

Ja, jong. Ek moet met jou saamstem oor die twee here se werk. Ek het ook
droe" wit seisoen geniet, maar die res van Brinkie se goete is bra soos die
drome van 'n matriekseun wat met 'n paar ou uitgawes van die Scope onder sy
matras slaap...

En van le Roux kan ek net sê dat vir my lyk die keiser kaalgat.

Lees van Dalene Matthee se bosboeke: dis seker nie nobelprys materiaal nie,
maar as jy die boek neersit dan voel jou ten minste nie asof jy jou tyd gemors
het nie. Dit gee 'n venster op 'n onbekende wêreld, en sodoende verryk dit
jou eie.

Van 'n natuurwetenskaplike wat hou van lees (ongelukkig meesal ook in Ingels).
Op die oomblik "struggle" ek deur Nietsche: dit wissel van obskuur tot
briljant, en ek kon nog nie besluit of die briljante die obskure die moeite
werd maak nie...

Ek wens jou sterkte toe met jou soektog na "goeie" afr literatuur. Laat weet
so nou en dan as jy iets raakloop wat jy geniet het.

groete
andre
Re: Andre P Brink, Ettienne le Roux [boodskap #6559 is 'n antwoord op boodskap #6548] Sa, 08 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
avdm...@miningt1.csir.co.za says...
>

Wanneer julle oor die Afrikaanse letterkunde praat, kan julle
'n bietjie meer in besonderhede daaroor skryf? As julle 'n boek
noem, som sy inhoud so effens op. Vir ons mense, wat afgesny
is van daaglikse aanraking met Afrikaanse letterkunde in boek-
winkels en resensies in tydskrifte, sal dit baie interessant wees.

Ek stel ook voor dat wanneer julle 'n nuwe digbundel lees, julle
een of twee gedigte aanhaal, omring met 'n paar sinne van julle
eie opinies. Dit maak dit dan 'n "resensie", en verminder dit die
gevaar dat iemand jou sal aanval omdat jy kopiereg skend. Onthou,
baie van die lesers van hierdie nuusgroep sit buite Suid-Afrika, en
verwelkom enige nuus uit Suid-Afrika.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: SUBSCRIBE AFRIKAANS MAIL2NEWS GATEWAY
Volgende onderwerp: gunsteling Langenhoven spreuke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 15:04:26 MGT 2024