Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Koot, kan jy help?
Re: Koot, kan jy help? [boodskap #65391] Ma, 12 Augustus 2002 07:02 na volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Drom,
Ek het die naweek in die Hogsback gaan dwaal en algaande al swaarder aan die
juk van "taalmens" en "digmens" begin dra.

Ek het nie pretensies dat ek 'n hogere digter of kenner van die digkuns is
nie. Noem my maar 'n skaap in wolfsklere. Ek is miskien soos jy in die opsig
dat 'n vers my kan gryp met 'n elegante of fyn manier om 'n gedagte te
verwoord, of selfs deur 'n slimmerige woordespel. Ek is, soos jy seker
gesien het, ook nie immuun vir 'n goeie skoot sentiment, liefde of hartseer
nie. Gelukkig is dit ook so min of meer ook die kriteria wat hulle by Litnet
gebruik vir die keuse van verse om te publiseer...

Ek self sal nooit die digte, ekonomiese skryf van Van Wyk Louw of daai ouens
kan of wil takel nie. Waardeer, ja, maar skryf, nee. Ek het maar bloot die
"affliksie" geërf om ryme met ritme te kan maak - iets wat in my geskiedenis
gewoonlik meer van 'n verleentheid was as 'n vreugde. Dis eers nou, op my
"oudag", dat ek agterkom dat dit my tog vreugde en bevrediging kan gee om my
eie sê te sê. Ek wil nie die agnostici affronteer nie, maar ek het so 'n
sluipende gevoel dat ek moet kan woeker met 'n gawe, hoewel beskeie, bloot
omdat dit 'n gawe is en nie iets wat ekself aangekweek het nie.

Maar 'n digter? Miskien volgende jaar...

Koot
Sorrie, Gloudina. Sorrie, Wouter.

> Ek lees 'n gedig as ek hom sien, dan of hou ek daarvan, of staan
> neutraal daarteenoor, of hou nie daarvan nie. Dis sover my
> waardering/kritiek van gedigte strek Dis iets ver buite my gebied en
> kennisveld. My gunstelinge op die ng van die laaste maand of wat? Koos
> Doep se "Huistoepad" oor die ongelooflike ritme wat hy met woorde kon
> skep, "Oom Sampie se afskeidlied" van George Weideman omdat dit mooi
> en baie hartseer is en dan hierdie een van Petra Müller omdat dit, vir
> my altans, 'n baie diep verbloemde hartseer ten toon stel.
>
> Groete, Drom
Re: Koot, kan jy help? [boodskap #65409 is 'n antwoord op boodskap #65391] Ma, 12 Augustus 2002 20:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Koot
Ek het maar bloot die "affliksie" geërf om ryme met ritme te kan
maak - iets wat in my geskiedenis gewoonlik meer van 'n verleentheid
was as 'n vreugde. Dis eers nou, op my "oudag", dat ek agterkom dat
dit my tog vreugde en bevrediging kan gee om my eie sê te sê. Ek wil
nie die agnostici affronteer nie, maar ek het so 'n sluipende gevoel dat
ek moet kan woeker met 'n gawe, hoewel beskeie, bloot omdat dit
'n gawe is en nie iets wat ekself aangekweek het nie.

Maar 'n digter? Miskien volgende jaar...
Sorrie, Gloudina. Sorrie, Wouter.

Wouter
Ek het ook op my oudag vir die eerste keer begin rym en verstaan
dus presies wat jy sê, Koot. Maar waarom jy my om verskoning
vra, dit verstaan ek glad nie.
Re: Koot, kan jy help? [boodskap #65434 is 'n antwoord op boodskap #65409] Wo, 14 Augustus 2002 07:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Ek het ook op my oudag vir die eerste keer begin rym en verstaan
> dus presies wat jy sê, Koot. Maar waarom jy my om verskoning
> vra, dit verstaan ek glad nie.
>

"Force of habit"...?

Wouter, kan jy my op 'n manier van jou verse laat bekom om te lees?

Koot
"Laasnag het ek gedroom..." deur WOUTER PLAASVARK [boodskap #65441 is 'n antwoord op boodskap #65434] Wo, 14 Augustus 2002 15:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Koot
Wouter, kan jy my op 'n manier van jou verse laat bekom om te lees?

Wouter
Ek dra hierdie een aan jou op, Koot :-)

LAASNAG HET EK GEDROOM....
Wouter Plaasvark

Laasnag het ek gedroom
Ek is Pieter van Potchefstroom
Ek drink 'n groot kis bier
Toe moer ek 'n stupid Ier

Dit was eintlik 'n ongeluk
Ek wou hom net effens pluk
Toe donner AJ en McCaw die ou
Ek is onskuldig, sê ek jou

Ek is Pieter van Potchefstroom
Ek wou net tackle in daardie droom
Sodat die bokke se telling kan rol
Hoekom sê hulle ek is 'n .... ?

Onregverdig, die Bokke verloor
Toe kom 'n Engelsman ons ook boor
Ek wou hom ook gaan kry
Die vangwa het my weggery

In die tronk het ek verder gedroom
Ek is Pieter van Potchefstroom
Ek voel vandag steeds broos
Ek is ons nasionale ....

Hulle maak 'n groot mistyk
Hulle dink ek sal nie weer gaan kyk
Miskien sal sifdraad my kan keer
Anders moer ek daai outjie weer

Want in daardie droom
Is ek Pieter van Potchefstroom
'n Vetgat sonder brein
Sonder my sal rugby kwyn

-----Wouter-----14 Aug 2002-----
Re: "Laasnag het ek gedroom..." deur WOUTER PLAASVARK [boodskap #65451 is 'n antwoord op boodskap #65441] Do, 15 Augustus 2002 09:06 Na vorige boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wouter, lyk my jy sal nog 'n paar verse oor die man moet byskryf. Hierdie
jafel is blykbaar 'n baie interessanter karakter as wat dit lyk. Lyk my hy
was selfs op 'n tyd hier by ons in die Oos-Kaap.

Ek sien moontlikhede vir die skryf van 'n nuwe Raka. Dink net...

Koot

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d5a7724.0@news1.mweb.co.za...
> Koot
> Wouter, kan jy my op 'n manier van jou verse laat bekom om te lees?
>
> Wouter
> Ek dra hierdie een aan jou op, Koot :-)
>
>
> LAASNAG HET EK GEDROOM....
> Wouter Plaasvark
>
> Laasnag het ek gedroom
> Ek is Pieter van Potchefstroom
> Ek drink 'n groot kis bier
> Toe moer ek 'n stupid Ier
>
> Dit was eintlik 'n ongeluk
> Ek wou hom net effens pluk
> Toe donner AJ en McCaw die ou
> Ek is onskuldig, sê ek jou
>
> Ek is Pieter van Potchefstroom
> Ek wou net tackle in daardie droom
> Sodat die bokke se telling kan rol
> Hoekom sê hulle ek is 'n .... ?
>
> Onregverdig, die Bokke verloor
> Toe kom 'n Engelsman ons ook boor
> Ek wou hom ook gaan kry
> Die vangwa het my weggery
>
> In die tronk het ek verder gedroom
> Ek is Pieter van Potchefstroom
> Ek voel vandag steeds broos
> Ek is ons nasionale ....
>
> Hulle maak 'n groot mistyk
> Hulle dink ek sal nie weer gaan kyk
> Miskien sal sifdraad my kan keer
> Anders moer ek daai outjie weer
>
> Want in daardie droom
> Is ek Pieter van Potchefstroom
> 'n Vetgat sonder brein
> Sonder my sal rugby kwyn
>
> -----Wouter-----14 Aug 2002-----
>
Vorige onderwerp: Pietertjie van Potch
Volgende onderwerp: " villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik " deur TOM GOUWS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 18:00:23 MGT 2024