Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: 100 beste Boeke
Re: 100 beste Boeke [boodskap #65376] So, 11 Augustus 2002 17:28 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On Wed, 07 Aug 2002 14:17:07 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Na reg moet daar baie meer boeke
> van JM Coetzee op hierdie lys wees.
> Veral sy vroegstes, wat van die beste
> boeke is wat ek nog ooit in my lewe
> gelees het. Elke sin is somtyds soos
> 'n geslypte diamant. Sy latere boeke
> is nie so goed soos sy eerstes nie.

Ek het nog nie die heel nuutste - Youth - gelees nie - maar ek voel hy
word al beter. Bv, Disgrace (1999) het my baie harder geslaan as
Waiting for the Barbarians (1980) - basis altwee het dieselfde
boodskap. Ek dink die nuwer een van die twee, Disgrace, is beter.
Vergelyk dit bv met Dufoe (1986).

Maar dan weer, In the Heart of the Country - (1980s?) is
puik...miskien het hy goeie vintage jare soos wyn.

Johan Bornman
Re: 100 beste Boeke [boodskap #65377 is 'n antwoord op boodskap #65376] So, 11 Augustus 2002 17:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

Ek hou nie van die lys nie. Waar's Denys Reitz se Commando?

> A Dry White Season - André Brink

Lees Dry White Season weer vandag en jy sal sien die boek is nie
klassiek nie, dis 30 jaar oud en lyk dit.

> The Life and Times of Michael K - JM Coetzee

Wel, wat kan ek sê..in die top 10/

> Die Swerfjare van Poppie Nongena - Elsa Joubert

Aag nee man.

> Cry The Beloved Country - Alan Paton

OK, tog sekerlik 'n top boek.

> Long Walk to Freedom - Nelson Mandela

Kannie wees nie. Dis seker die mees eentonigste en sleggeskryfste boek
wat ek ooit (probeer) lees het. Kon dit nie klaarmaak nie. Ek dink
hierdie boek het sy roem gekry in die Madiba-hype era en niemand wil
die waarheid erken nie.

> Die Siel van die Mier - Eugene Marais

Oulik, maar nie top 100 nie. Sekerlik moet Soul of the Ape dan ook op
die lys wees?

Johan Bornman
Re: 100 beste Boeke [boodskap #65381 is 'n antwoord op boodskap #65376] So, 11 Augustus 2002 21:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanaticondotcodotza wrote:

> Ek het nog nie die heel nuutste - Youth - gelees nie - maar ek voel hy
> word al beter. Bv, Disgrace (1999) het my baie harder geslaan as
> Waiting for the Barbarians (1980) - basis altwee het dieselfde
> boodskap. Ek dink die nuwer een van die twee, Disgrace, is beter.

> Maar dan weer, In the Heart of the Country - (1980s?) is
> puik...miskien het hy goeie vintage jare soos wyn.

Wel, ek het ook nie teveel entoesiasme vir
" Waiting for the Barbarians" of eintlik
vir enige boek wat nie in SA gesetel is nie.
Maar het jy al sy eerste een "Shadowlands"
(ek hoop ek het die titel reg) gelees. Die
tweede deel wat in Kaapland afspeel, is
absoluut asemberowend goed. Ek hou ook baie
van "In the Heart of the Country." Die latere
boeke is miskien intellektueel beter en meer
stimulerend, maar wat stilistiek en woordbeheer
betref, is daardie eerstes myle beter. Ek dink
dis soos Coetzee werklik wil skryf. Maar die mense
het hom heelwaarskynlik nie ernstig opgeneem nie,
toe het hy besluit om dinge te skryf wat aandag
trek.

Gloudina
Re: 100 beste Boeke [boodskap #65422 is 'n antwoord op boodskap #65381] Di, 13 Augustus 2002 18:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

Gloudina (wie?) skryf:

> Wel, ek het ook nie teveel entoesiasme vir
> " Waiting for the Barbarians" of eintlik
> vir enige boek wat nie in SA gesetel is nie.

Gloudina, ek stem nie saam nie. Oftewel, ek dink jy moet waiting for
the Barbarians weer lees. Dis 'n allegorie vir 'n Suid Afrikaanse
storie. Die Barbarians is die plaaslilke bevolking en die mense in die
fort, die kolonialiste. Dieselfde tema word herhaal in Disgrace.

Lees Barbarians gerus weer, dit behoort jou net so diep te tref as
Disgrace.

Johan Bornman
Re: 100 beste Boeke [boodskap #65425 is 'n antwoord op boodskap #65422] Di, 13 Augustus 2002 19:51 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanaticondotcodotza wrote:

Oftewel, ek dink jy moet waiting for
> the Barbarians weer lees. Dis 'n allegorie vir 'n Suid Afrikaanse
> storie. Die Barbarians is die plaaslilke bevolking en die mense in die
> fort, die kolonialiste. Dieselfde tema word herhaal in Disgrace.
>
> Lees Barbarians gerus weer, dit behoort jou net so diep te tref as
> Disgrace.

Ek het natuurlik binne die totale entoesiasme
wat ek vir Coetzee het gepraat, toe ek gesê het
ek is meer entoesiasties oor die boeke wat in
SA gesetel is.
Ek moet binne daardie totale entoesiasme vir
die skrywer Coetzee, egter dan ook verklaar dat
ek meer entoesiasme het vir sy vroeëre boeke
as vir sy latere boeke. Ek voel dat sy prosa
meer briljant is in daardie eerste werke, en dat
hy iets moes opgee deur meer vir die gewone man
in die straat te skryf. Dus, wanneer ek vir iemand
vertel dat die twee boeke waarvoor hy die Booker
gewen het nie noodsaaklik sy twee beste boeke is
nie, dan dink hulle ek speel. Maar "In the heart
of the country" is net eenvoudig meer briljant as
"Disgrace". Dis wanneer hy vir homself binne die
raamwerk van 18de of 19de eeuse Kaapland plaas en
dan lostrek, dat hy net eenvoudig asemberowend
skokkend-goeie prosa skryf. Waarvoor ek hoop hy
eendag die Nobel-prys sal kry. Dit sal 'n skreiende
skande wees as Nadine Gordimer alleen dit kon kry
vir haar somtyds baie slordige prosa.

Gloudina
Vorige onderwerp: SAS Durban
Volgende onderwerp: Afrikaans vir Hooligan?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 17:59:09 MGT 2024