Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hankey - SA se nuwe Toerisme Vertoonvenster
Hankey - SA se nuwe Toerisme Vertoonvenster [boodskap #65263] Vr, 02 Augustus 2002 16:58 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Na die vreeslike media-hype ivm Saartjie Baartman, wie se oorblyfsels met
groot geskal hier aangekom het vanaf Parys ( Frankryk) - en dit toe twee
maande geneem het om te besluit waar sy op SA bodem begrawe sou word - het
Hankey die wonderlike trofee gewen.
Sarah ( nie meer Saartjie nie) gaan nou op Hankey bo-op 'n koppie in die
middel van die dorp begrawe word.
Die verweerde trappies word herstel, en daar word selfs 'n groot
busparkeerarea ontwikkel, om die massas toeriste te hanteer wat na Sarah se
Laaste Rusplek sal kom kyk.
Ek glo nie.

Annette
Re: Hankey - SA se nuwe Toerisme Vertoonvenster [boodskap #65318 is 'n antwoord op boodskap #65263] Ma, 05 Augustus 2002 12:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:...

> Die verweerde trappies word herstel, en daar word selfs 'n groot
> busparkeerarea ontwikkel, om die massas toeriste te hanteer wat na Sarah se
> Laaste Rusplek sal kom kyk.
> Ek glo nie.
>
> Annette

Defnitief nie as mens nog 'n lot trappe moet uitklim nie :)

Hulle moet haar liewer nou maar uitlos, sy het genoeg skades en
skandes gehad, en terloops, ek dink nie ek is verkeerd nie, kom sy
einlik hier van die boloop van die Katrivier af, daar waar Phillip en
Reid ook hulle baisse gehad het.

Drom
Re: Hankey - SA se nuwe Toerisme Vertoonvenster [boodskap #65341 is 'n antwoord op boodskap #65318] Ma, 05 Augustus 2002 18:57 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

> Hulle moet haar liewer nou maar uitlos, sy het genoeg skades en
> skandes gehad, en terloops, ek dink nie ek is verkeerd nie, kom sy
> einlik hier van die boloop van die Katrivier af, daar waar Phillip en
> Reid ook hulle baisse gehad het.

Ek verstaan sy kom van die walle van die Gamtoos-
rivier af. (Is die Katrivier een van die syriviere
van die Gamtoos, of is die Katrivier 'n aparte
rivier wat ook in die oseaan uitmond?)
Ek kan nie verstaan waarom daar so 'n antipatie
teen haar en haar laaste rusplek is nie. Sy is ten
minste meer beroemd as meeste Suid-Afrikaners.
Sy was, after all, geskilder deur die bekende Franse
skilder Gericault, en Victor Hugo het haar sien
dans.

Gloudina
Vorige onderwerp: Liegstoriekompetisie.
Volgende onderwerp: Tweegesigte?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 20:44:45 MGT 2024