Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dames en gholf
Dames en gholf [boodskap #65188] Di, 30 Julie 2002 18:09
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lees toe nou vandag in gister se Roekeloos dat Tiger Woods geen
probleem daarmee het dat vrouens nie aan die Augusta Gholfklub mag
behoort nie. Daar's nog vele ander ook waar dit die geval is, dalk nog
by St Andrew's ook.

Laat my toe dink aan 'n storie wat gebeur het by 'n gholfklub waar
dames nie eers in die klubhuis toegelaat was nie. Daar was 'n redelike
groot kompetisie aan die gang, die Lords en lede sit bo op 'n toe
balkon en onder in die sitkamer en gholf kyk terwyl die
damestoeskouers maar buite moet staan. Die sitkamervensters het van
daai seil canopies oorgehad wat die son uithou. Ewe skielik sak daar
toe 'n lekker harde reënbui uit en om nie nat te word nie vlug die
dames maar onder die canopies in. Dis toe dat 'n Lord strammerig van
sy gemakstoel, vanwaar hy 'n goeie uitsig oor die agtiende putjie
gehad het, opstaan, venster toe loop, dit oopmaak en heel ordentlik
vir die dames vra om asseblief eenkant toe te staan want hy kan nie
sien wat op die baan aangaan nie.

Iets wat mens nog in reg en geregtigheid laat glo nè? :-))

Drom
Vorige onderwerp: Liriekeraai
Volgende onderwerp: Ben Tune - 'n ware Australianer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 12:12:12 MGT 2024