Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " 'n Private ding " deur ROSA KEET
" 'n Private ding " deur ROSA KEET [boodskap #65083] Vr, 26 Julie 2002 14:59
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Rosa Keet
'n Private ding

vir Ann

en as ek dan nou móét doodgaan
begrawe my op 'n sandduin
tussen bossies met 'n uitsig oor die see
'n liter coke 'n karton sigarette
en 'n boek of twee
ek is nie baie windmakerig nie
maar 'n donskombers en 'n opblaasmatras
sal ook welkom wees

en anders as in die massagrafte by ur of dachau
(waar hulle die plek volprop)
dink ek 'n graf is 'n private ding
en is ek boon-op te egosentries
vir 'n grafskrif soos:
hier lê piet en jan en alleman en sy vrou en ensovoorts ensovoorts
buitendien kan ek, wanneer ek eensaam voel

altyd by iemand as gás gaan spook
Vorige onderwerp: Sade Vir Vrede
Volgende onderwerp: UKkasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 12 13:49:01 MGT 2024