Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Katolieke Hoge se bedanking
Katolieke Hoge se bedanking [boodskap #65041] Wo, 24 Julie 2002 08:51
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Biskop? Cawcutt ( verskoon tog, en is nie goed met titels nie) het toe
bedank na druk agv sy betrokkenheid by die gay-webwerf van katolieke
priesters.( Fallen Angels?)

Nou word daar vertel dat hulle nie seker is of hy sy eie CV op daardie werf
geplaas het nie - maar as ek op 'n webwerf iets lees oor my wat ek
veronderstel was om self te plaas, en ek het nie, dan sal ek mos heftig
daarteen beswaar aanteken, of hoe?
Hy was blykbaar heel gelukkig met sy bekendstelling daar.

Ek het glad nie 'n probleem met hom, sy geloof en sy seksuele voorkeure nie,
hy is ook maar net mens met 'n pens. Maar dan moet hy nie lieg of valshede
suggereer net om sy posisie in die kerk of die samelewing te kan behou nie.

Sjeim - dat dit nou hy moes wees wat die media se aandag geniet, terwyl die
ander priesters om daardie webwerf vrolik voortgaan om hul godsdiens
ongestoord te kan bedryf.

Annette
Vorige onderwerp: Liegstorie
Volgende onderwerp: Ertjies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 02:27:26 MGT 2024