Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » afkondigings
afkondigings [boodskap #64951] Vr, 19 Julie 2002 14:21 na volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
oud maar nog steeds classic-

'n Paar blapse uit kerke se afkondigingslyste:

Vir alle ma's wat klein kindertjies het en dit nie weet nie - ons het
'n moederskamer net langs die kerk.

Die blomme in die kerk sal geskenk word aan diegene wat siek is na die
erediens.

Volgende week word die kerkraadsvergadering Woensdag om sewe-uur
gehou, en die predikant van Sondag is in die konsistorie opgeplak.

Basaarafkondiging: Almal welkom! Kom gerus as jy niks aan het nie en
kom deel in die pret.

Ons gemeente gaan vanaand lekker melkskommels in die kerksaal drink,
Sal alle vroue wat melk skenk asseblief reeds om 18h00 daar wees.

Ten tye van die predikant se siekte : Die Here is goed, ons predikant
is beter.

Ons het vanaand 'n byeenkoms in beide die oostelike vleuel en die
westelike vleuel van ons kerkgebou. Babas sal beide kante gedoop word.

Alle vrouelidmate kom Woensdag die elfde in die biblioteeksaal
bymekaar vir 'n praatjie oor die hemel. Hoe jy daar kan kom? Vervoer
is beskikbaar om 19h00 vanaf die bushalte oorkant die hotel.

Eerskomende Sondag sal daar 'n spesiale kooruitvoering wees, waarna
die kerk gesluit sal wees vir herstelwerk.

'n Nuwe luidsprekersisteem is in die kerk geinstalleer. Dit is 'n
geskenk deur een van ons gemeentelede ter herinnering aan sy vrou...

Weight Watchers het weer vanaand hulle byeenkoms in die saal. Gebruik
asseblief die dubbeldeure van die syingang.

November die negentiende om tienuur. Oggenddiens: Ds. Bruwer - Die
wereld se grootste probleem

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: afkondigings [boodskap #64953 is 'n antwoord op boodskap #64951] Vr, 19 Julie 2002 14:41 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Threeships Mcduck wrote:

> 'n Paar blapse uit kerke se afkondigingslyste:

Dankie. Alhoewel ek meeste van hierdie
goed al 'n paar keer onder die oë gehad
het, het ek weer gelag. Dis so lekker
tipies.
En dankie dat jy in Afrikaans pos.

Gloudina
Vorige onderwerp: Vir Koot:
Volgende onderwerp: Re: Cold Wave Linked to Temperatures
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 10:06:27 MGT 2024