Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Koot:
Vir Koot: [boodskap #64934] Vr, 19 Julie 2002 04:17 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoekom vertel jy ons nie van julle wonderlike vakansie in die Kaap nie - en
hoe het die lodge toe gebly?
Annette
Re: Vir Koot: [boodskap #64945 is 'n antwoord op boodskap #64934] Vr, 19 Julie 2002 11:30 Na vorige boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Iesj, dit was toe nie so wonderlik nie. Vrou ontwikkel toe 'n siekte wat ek
nog nooit van gehoor het nie - labirintitis, en daar is sy so dronk sy moet
in die Leipoldt-hospitaal gaan lê. Dit beteken toe ek moet tyddeel tussen
die fênsie simposium en die vermaak van drie verveelde kinders. Ek het
nêrens juis goeie punte gekry nie...

Die lodge (Loevensteyn) was heerlik. Die Kaap is mooi, net nie meer so
Hollands as wat ek onthou nie. Ek wil nie weer soontoe gaan nie - dit maak
jou ontevrede met jou eie tuisdorp.

Ek het sowat vyftien keer afritte swetsend misgery a.g.v. die simpel beleid
om straatname pleks van voorstede op die bordjies te wys. Miskien is dit
hoekom vrou se ore ingegee het.

Dankie vir die belangstelling.
K

"Annette" skryf in boodskap news:ah840c$racku$4@ID-92016.news.dfncis.de...
> Hoekom vertel jy ons nie van julle wonderlike vakansie in die Kaap nie - en
> hoe het die lodge toe gebly?
> Annette
>
Vorige onderwerp: Re: Must Read !! (Racism & other myths)
Volgende onderwerp: afkondigings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 08:51:00 MGT 2024