Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bridgeway Motors 2
Bridgeway Motors 2 [boodskap #646] Sa, 07 Junie 2003 19:54 na volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis wrote:
> On 7 Jun 2003 11:12:53 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda)
> wrote:
>
>>>
>>
>> Het jy aandele in Bridgeway Motors, of is dit die HOOFKANTOOR?
>>
>> Lorinda
>
> Bridgeway motors cc, Lorinda, is 'n BK (beslote koöperasie((bàie
> geslote)) )
> Dit is die hoof (maar ondergrondse natuurlik) tak. Dit dien
> as beplanningssentrum, skuiling vir wanneer oorspronklike
> eienaars kapsie maak teen wat hulle as 'n nie billike onderhandeling
> beskou, of selfs eienaars wat nie wil voortgaan met die verandering
> van eiendomsreg nie. Dit dien as reeknaarsentrum want hier (binne
> 'n karwrak) is my pc opgestel, dit dien as uitsoekpunt vir nuwe
> fabrikate, wat reg bò die sentrum ten toon getsel word...
>
> Speedy
> ''n heel trotse een
>

Ek het dit gewèèt. Ons is terug by daardie berugte brug langs die
mynhope. Wat gebeur wanneer oorspronklike eienaars kapsie maak teen
wat hulle as 'n nie billike onderhandeling beskou en hulle jou na 'n
lang en gevaarlike soektog opspoor?

Lorinda (wat wil hê jy moet weet ons is bekommerd oor jou)
Re: Bridgeway Motors 2 [boodskap #649 is 'n antwoord op boodskap #646] Sa, 07 Junie 2003 20:34 Na vorige boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On 7 Jun 2003 12:54:16 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:


>>
>
> Ek het dit gewèèt. Ons is terug by daardie berugte brug langs die
> mynhope. Wat gebeur wanneer oorspronklike eienaars kapsie maak teen
> wat hulle as 'n nie billike onderhandeling beskou en hulle jou na 'n
> lang en gevaarlike soektog opspoor?
>
> Lorinda (wat wil hê jy moet weet ons is bekommerd oor jou)


Baie dankie vir julle bekommernis. Ek het in elk geval
twee mense in my kliënte diens afdeling. Die eerste is
Mike the buldozer en dan is daar Bill, alias 'the Hook'.

Mike het sy naam as gevolg van die werklike goeie
diens wat hy met sy groot liggaam lewer deur
kliënte se probleme weg te vee asof met 'n padskraper,
Die Haak weer, het sy naam op 'n ander, maar nie
minder aanskoulike manier gekry.

The Hook het net een been, een hand en een oog.
As matroos het hy sy been verloor in 'n geveg teen
die polisie wat hom as 'n skelm aangesien het.
Sy hand is op 'n ander geleentheid deur die polisie
afgeskiet ook terwyl hy nog 'n matroos was. Dit was toe
hy ongelukkig in die pad was toe hulle op bankrowers
geviuur het.
Sy oog, vra jy? Dit was terug op die skip toe 'n seemeeu
in sy regteroog gemis het terwyl hy besig was om op te kyk.
Hy het die mis uitgevee, en vergeet dat hy kort tevore
sy hand met 'n haak vervang het.


Speedy
Vorige onderwerp: This gun's for hire..
Volgende onderwerp: Vraag van die dark side
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 01:50:28 MGT 2024