Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bekentenis (bloos!)
Bekentenis (bloos!) [boodskap #64775] Vr, 12 Julie 2002 18:56 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dagsê Almal,

Ek was bietjie lanklaas hier. Eers vir 'n rukkie weg, toe nogal besig
(eksamens) en toe vir die laaste agt dae in die hospitaal. En hoekom?
Eerstend voel ek nogal skaam om te sê hoekom, maar dan aan die ander
kant is ek nogal heel trots op myself. Julle sien, ek suip nou al vir
'n hele ruk; soms min, soms meer, soms heelwat en soms baie. Gelukkig
(?) was dit nooit so erg dat dit my normale dagtake beïnvloed het nie.
Toe, so ses weke gelede, breek alle hel los en begin ek suip asof dit
uit uit die mode gaan raak. Alles het gaan staan. Ek wou niks doen tot
die volgende dop op die horison verskyn nie. Op 2 Julie het ek myself
toe vir detoks/uitdroog gaan aanmeld en is eegiser ontslaan. Hopelik
sal dit werk. Soos die Engelse sal sê, almal van julle, "raak hout."
asseblief. Dit mag nooit weer gebeur nie. "Relaps" is glo nogal
maklik.

Eintlik voel ek nogal embarrassed om hierdie topic hier op te haal,
maar ek beskou (meeste van?) julle as internetvriende en dalk kan my
raad dat dit nie moeilik is nie iemand van
soc.culture.south-africa.afrikaans of hulle vriende/kennisse help.
Mens besef nie altyd hoe groot die probleem is nie.

Groete, Drom

Daar was woeste strorms hier in die Oos-Kaap en toe word ek nog op die
koudste dag van die jaar ontslaan :-). Genoeg om enige mens te laat
suip :))))
Re: Bekentenis (bloos!) [boodskap #64780 is 'n antwoord op boodskap #64775] Vr, 12 Julie 2002 19:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

breek alle hel los

> uit uit die mode gaan raak.
> toe vir detoks/uitdroog

Snaaks genoeg, my mees intieme aanraking
met mense met dié probleem was juis in die
Oos-Kaap, op Healdtown. Een van die Afrikaanse
onderwysers daar het vir ons verduidelik dat
hy nie 'n druppel mag drink nie, anders begin
die proses weer. En ons het 'n ander outjie,
'n Engelse outjie gehad wat die Kerk glo daarnatoe
gestuur het vir detoks, en hy het vir ons vertel
dat hy blackouts kry en glad nie kan onthou wat
gebeur het nie. Ek dink dus jy is baie wys om
die probleem in die gesig te staar. Die storie
is glo dat "alkoholiste" hulle alkohol anders
metaboliseer as meeste mense, en dit word
oorgesit in 'n baie addiktiewe chemikaal in jou
wat jou dan aan ontrekkings-simptome laat ly
as jy dit nie gereeld kry nie.

Gloudina
Re: Bekentenis (bloos!) [boodskap #64781 is 'n antwoord op boodskap #64775] Vr, 12 Julie 2002 21:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
loes&patrick  is tans af-lyn  loes&patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Haai Drom,
Dankies vir jou berig oor jou gesuip en dat dit
nou virby is. My vrou en ek wens jou baie sterkte
om vir nou en in die toekoms droog te bly.
Ons weet uit eie omgewing dis baie moelik maar
as jy jou gedagtes omtrent de booze kan uitskakel
en daarvan oortuig bly dat jy nooit nie meer
alkohol sal gebruik nie sal jy segevier.
Ons wens jou sterkte!
Met groete van Nederland - Patrick & Louise
Re: Bekentenis (bloos!) [boodskap #64782 is 'n antwoord op boodskap #64775] Sa, 13 Julie 2002 01:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

Hopelik
> sal dit werk.

Ek glo vas dat 'n intensiewe dieet van groente
in alle vorms, dranksug teenwerk. My man is nie
'n geheelonthouer nie, en sal alkohol drink as
dit sosiaal aangewese is, en kon dit ook goed
wegslaan toe hy nog jonger was, maar lyk dit my
het nou 'n teensin vir alkohol ontwikkel. Ek neem
aan die feit dat hy 'n vegetariër is, het iets
daarmee te doen. Kry vir jou groente-bouillon
cubes en drink dit gereeld so tussen die tee en
die koffie, en as jy tyd het, sny stukkies lae
kalorie-groente daarin, vir 'n lekker warm drankie
vir die koue wintersaande.

Gloudina
Re: Bekentenis (bloos!) [boodskap #64784 is 'n antwoord op boodskap #64775] Sa, 13 Julie 2002 02:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Drom - Baie geluk wat jy nou al vermag het, en Sterkte vir die moeilike tye
wat voorlê.
Gebruik nou daardie koue vingers liewer om vir ons hier te skryf as om dit
op die glas te meet:)))
Annette - wat absolute volle begrip vir die siekte het.

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0207121056.551ee5a5@posting.google.com...
> Dagsê Almal,
>
> Ek was bietjie lanklaas hier. Eers vir 'n rukkie weg, toe nogal besig
> (eksamens) en toe vir die laaste agt dae in die hospitaal. En hoekom?
> Eerstend voel ek nogal skaam om te sê hoekom, maar dan aan die ander
> kant is ek nogal heel trots op myself. Julle sien, ek suip nou al vir
> 'n hele ruk; soms min, soms meer, soms heelwat en soms baie. Gelukkig
> (?) was dit nooit so erg dat dit my normale dagtake beïnvloed het nie.
> Toe, so ses weke gelede, breek alle hel los en begin ek suip asof dit
> uit uit die mode gaan raak. Alles het gaan staan. Ek wou niks doen tot
> die volgende dop op die horison verskyn nie. Op 2 Julie het ek myself
> toe vir detoks/uitdroog gaan aanmeld en is eegiser ontslaan. Hopelik
> sal dit werk. Soos die Engelse sal sê, almal van julle, "raak hout."
> asseblief. Dit mag nooit weer gebeur nie. "Relaps" is glo nogal
> maklik.
>
> Eintlik voel ek nogal embarrassed om hierdie topic hier op te haal,
> maar ek beskou (meeste van?) julle as internetvriende en dalk kan my
> raad dat dit nie moeilik is nie iemand van
> soc.culture.south-africa.afrikaans of hulle vriende/kennisse help.
> Mens besef nie altyd hoe groot die probleem is nie.
>
> Groete, Drom
>
> Daar was woeste strorms hier in die Oos-Kaap en toe word ek nog op die
> koudste dag van die jaar ontslaan :-). Genoeg om enige mens te laat
> suip :))))
Re: Bekentenis (bloos!) [boodskap #64789 is 'n antwoord op boodskap #64775] Sa, 13 Julie 2002 04:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Haai Drom
Ek is 'n nikotienverslaafde (gewees?) - wat nou al so 19 jaar nie weer
gerook het nie. So, ek kan my in die situasie indink. As jy daaroor kan
praat is die helfte van die stryd gewin - die res is selfdissipline... Moet
nie jou wilskrag oorwin nie ;-))

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0207121056.551ee5a5@posting.google.com...
> Dagsê Almal,
>
> Ek was bietjie lanklaas hier. Eers vir 'n rukkie weg, toe nogal besig
> (eksamens) en toe vir die laaste agt dae in die hospitaal. En hoekom?
> Eerstend voel ek nogal skaam om te sê hoekom, maar dan aan die ander
> kant is ek nogal heel trots op myself. Julle sien, ek suip nou al vir
> 'n hele ruk; soms min, soms meer, soms heelwat en soms baie. Gelukkig
> (?) was dit nooit so erg dat dit my normale dagtake beïnvloed het nie.
> Toe, so ses weke gelede, breek alle hel los en begin ek suip asof dit
> uit uit die mode gaan raak. Alles het gaan staan. Ek wou niks doen tot
> die volgende dop op die horison verskyn nie. Op 2 Julie het ek myself
> toe vir detoks/uitdroog gaan aanmeld en is eegiser ontslaan. Hopelik
> sal dit werk. Soos die Engelse sal sê, almal van julle, "raak hout."
> asseblief. Dit mag nooit weer gebeur nie. "Relaps" is glo nogal
> maklik.
>
> Eintlik voel ek nogal embarrassed om hierdie topic hier op te haal,
> maar ek beskou (meeste van?) julle as internetvriende en dalk kan my
> raad dat dit nie moeilik is nie iemand van
> soc.culture.south-africa.afrikaans of hulle vriende/kennisse help.
> Mens besef nie altyd hoe groot die probleem is nie.
>
> Groete, Drom
>
> Daar was woeste strorms hier in die Oos-Kaap en toe word ek nog op die
> koudste dag van die jaar ontslaan :-). Genoeg om enige mens te laat
> suip :))))
Re: Bekentenis (bloos!) [boodskap #64797 is 'n antwoord op boodskap #64775] Sa, 13 Julie 2002 07:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy's 'n dapper man. Vasbyt en probeer vergeet dat iets soos alkohol ooit
bestaan het want jy sal dit nooit weer mag drink nie. Sterkte!

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0207121056.551ee5a5@posting.google.com...
> Dagsê Almal,
>
> Ek was bietjie lanklaas hier. Eers vir 'n rukkie weg, toe nogal besig
> (eksamens) en toe vir die laaste agt dae in die hospitaal. En hoekom?
> Eerstend voel ek nogal skaam om te sê hoekom, maar dan aan die ander
> kant is ek nogal heel trots op myself. Julle sien, ek suip nou al vir
> 'n hele ruk; soms min, soms meer, soms heelwat en soms baie. Gelukkig
> (?) was dit nooit so erg dat dit my normale dagtake beïnvloed het nie.
> Toe, so ses weke gelede, breek alle hel los en begin ek suip asof dit
> uit uit die mode gaan raak. Alles het gaan staan. Ek wou niks doen tot
> die volgende dop op die horison verskyn nie. Op 2 Julie het ek myself
> toe vir detoks/uitdroog gaan aanmeld en is eegiser ontslaan. Hopelik
> sal dit werk. Soos die Engelse sal sê, almal van julle, "raak hout."
> asseblief. Dit mag nooit weer gebeur nie. "Relaps" is glo nogal
> maklik.
>
> Eintlik voel ek nogal embarrassed om hierdie topic hier op te haal,
> maar ek beskou (meeste van?) julle as internetvriende en dalk kan my
> raad dat dit nie moeilik is nie iemand van
> soc.culture.south-africa.afrikaans of hulle vriende/kennisse help.
> Mens besef nie altyd hoe groot die probleem is nie.
>
> Groete, Drom
>
> Daar was woeste strorms hier in die Oos-Kaap en toe word ek nog op die
> koudste dag van die jaar ontslaan :-). Genoeg om enige mens te laat
> suip :))))
Re: Bekentenis (bloos!) [boodskap #64815 is 'n antwoord op boodskap #64780] So, 14 Julie 2002 19:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
Die storie
> is glo dat "alkoholiste" hulle alkohol anders
> metaboliseer as meeste mense, en dit word
> oorgesit in 'n baie addiktiewe chemikaal in jou
> wat jou dan aan ontrekkings-simptome laat ly
> as jy dit nie gereeld kry nie.

Gloudina

My kennis van neurochemie is omtrent nul. Dis 'n vakgebied waaroor
daar meestal by mediese fakultiete gespesialiseer word en dan lyk dit
my, is dit meestal om probleme soos depressie ens. te probeer oplos.
Hoekom sekere dinge soos alkohol (etanol), gewoontevormende middels,
rook ens. tot addiksie lei is nie altyd so goed bekend nie. Die brein
en senuweestelsel is verreweg die mees-komplekse orgaan in die
liggaam.

Glukose (6 koolstowwe), die vetsure van vette en olies (gewoonlik 16
of 18 koolstof atome) asook sekere aminosure word afgebreek tot 'n
asetielgroep (2 koostowwe) wat dan met ko-endiem A verbind om asetiel
ko-ensiem A (AcCo) te vorm. Dit word dan opgeneem in die Krebz siklus
waar energie peproduseer word en koolstofdioksied en water as laaste
afbraakprodukte gevorm word.

Etanol bevat ook twee koolstowwe, maar wat baie gereduseerd is. Om dit
om te skakel na 'n asetielgroep is twee oksidasie reaksies nodig. As
iets geoksideer word, word die saak wat dit doen geredureer. Dus, as
jy massas etanol inneem produseer jy massas gereduseerde ko-ensieme en
dis waar die eerste probleem inkom. Dit forseer sekere van jou
metaboliese reaksies in teenoorgestelde rigtings en een van die
ernstigste gevolge hiervan is lae bloedsuiker, wat ek sal glo tot
blackouts kan lei omdat jou brein geheel en al van glukose afhanklik
is vir energie.

Die tweede probleem is dat jou Krebz siklus nie die massas AcCo kan
hanteer nie. Dit word dan in 'n ander rigting gestuur en vorm die sg.
"ketone bodies" (ek ken nie die Afrikaans daarvoor nie). wat lei tot
ketose (ketotic acidosis). Dit beteken dat jou liggaam se
suurheidsgraad (pH) daal en dit kan baie ernstige pobleme veroorsaak.

Of al hierdie te doen het met etanol afhanklikheid weet ek nie.
Hopelik gee dit jou darem 'n idee hoekom alkohol sleg is vir jou,
behalwe sat dit jou oor die algemeen stupid maak.

Jammer oor die lesing, veral oor dit maar feeble was.

Groete, Drom
Re: Bekentenis (bloos!) [boodskap #64816 is 'n antwoord op boodskap #64781] So, 14 Julie 2002 19:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
l&p skryf in boodskap news:...

> Ons wens jou sterkte!
> Met groete van Nederland - Patrick & Louise

Patrick & Louise

Baie dankie vir die bemoedigende woorde. Dit word baie hoog op prys gestel.

Groete, Drom
Re: Bekentenis (bloos!) [boodskap #64817 is 'n antwoord op boodskap #64789] So, 14 Julie 2002 19:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:...

Jonas

Baie dankie! Dis nou darem al vyf dae, so effe minder as jou 19 jaar :)

Groete, Drom
Re: Bekentenis (bloos!) [boodskap #64818 is 'n antwoord op boodskap #64782] So, 14 Julie 2002 19:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
>
>
> Ek glo vas dat 'n intensiewe dieet van groente
> in alle vorms, dranksug teenwerk.
>

Gloudina

Dalk.Ek weet nie. As wat ek weet is dat sekere Suis-Afrikaanse
eetgewoontes nogal drankmisbruik in die hand kan werk. Dink nou maar
aan braaivleis en potjiekos :-)

Drom
Re: Bekentenis (bloos!) [boodskap #64819 is 'n antwoord op boodskap #64797] So, 14 Julie 2002 20:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:...

Sterkte!

Dankie Suidwes my maat. Heelwaarskynlik sal ek dit nodig kry. Ouens
wat 'n relapse ondergaan is gewoonlik tien keer erger as tevore.
Dankie vir die goeie woorde.
Drom
Re: Bekentenis (bloos!) [boodskap #64820 is 'n antwoord op boodskap #64815] So, 14 Julie 2002 23:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

> Of al hierdie te doen het met etanol afhanklikheid weet ek nie.

> Jammer oor die lesing, veral oor dit maar feeble was.

Nee, dis baie interessant. Soos jy meer
uitvind, pos dit hier en deel die kennis
met ons.
Ek is ook gefassineer met die feit dat
mens aan enige kos verslaaf kan raak, sodat
dit mens later irriteer as jy dit nie op
dieselfde tyd kry nie. Ek het dit opgemerk
toe ek in 'n hospitaal gewerk het en elke
oggend vir tee 'n raisin bran muffin ge-eet
het. Ek lees toe later die goed is darem baie
hoog in vet en kalorieë, en ek probeer toe
die gewoonte stop. En ek was verbaas oor hoe
geirriteerd en omgekrap ek was oor die feit dat
ek nou nie die muffin kan kry vir tee nie. Ek
het besluit dat ek fisies daaraan verslaaf moes
geraak het.
Die ander idee wat ek het is die belangrikheid
van trace minerals, en waar mens soms gaan as jy
'n gebrek daaraan het. Hulle sê as honde dinge opeet
soos skoene of gordyne, is dit omdat hulle sekere
trace minerals nodig het wat hulle dan kry waar hulle
dit kan kry. Dieselfde is glo die verduideliking oor
hoekom sekere klein kindertjies die inhoud van hulle
neuse probeer konsumeer. ( Dank die vader ek het nie
een van dáárdies gehad nie.) So dis baie belangrik
om wyd te eet, sodat mens die maksimale hoeveelheid
trace minerals kan kry. Ek dink die beste bron is nog
'n groot varieëteit in die groentes en peulvrugte wat
jy eet.

Gloudina
Re: Bekentenis (bloos!) [boodskap #64824 is 'n antwoord op boodskap #64820] Ma, 15 Julie 2002 06:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek wonder nou net wat mens vir die ou kindertjies kan gee sodat hulle kan
ophou snot eet.
Annette

skryf in boodskap news:3D320724.6060004@rogers.com...
>
> Drom wrote:
>
>
>> Of al hierdie te doen het met etanol afhanklikheid weet ek nie.
>
>> Jammer oor die lesing, veral oor dit maar feeble was.
>
>
> Nee, dis baie interessant. Soos jy meer
> uitvind, pos dit hier en deel die kennis
> met ons.
> Ek is ook gefassineer met die feit dat
> mens aan enige kos verslaaf kan raak, sodat
> dit mens later irriteer as jy dit nie op
> dieselfde tyd kry nie. Ek het dit opgemerk
> toe ek in 'n hospitaal gewerk het en elke
> oggend vir tee 'n raisin bran muffin ge-eet
> het. Ek lees toe later die goed is darem baie
> hoog in vet en kalorieë, en ek probeer toe
> die gewoonte stop. En ek was verbaas oor hoe
> geirriteerd en omgekrap ek was oor die feit dat
> ek nou nie die muffin kan kry vir tee nie. Ek
> het besluit dat ek fisies daaraan verslaaf moes
> geraak het.
> Die ander idee wat ek het is die belangrikheid
> van trace minerals, en waar mens soms gaan as jy
> 'n gebrek daaraan het. Hulle sê as honde dinge opeet
> soos skoene of gordyne, is dit omdat hulle sekere
> trace minerals nodig het wat hulle dan kry waar hulle
> dit kan kry. Dieselfde is glo die verduideliking oor
> hoekom sekere klein kindertjies die inhoud van hulle
> neuse probeer konsumeer. ( Dank die vader ek het nie
> een van dáárdies gehad nie.) So dis baie belangrik
> om wyd te eet, sodat mens die maksimale hoeveelheid
> trace minerals kan kry. Ek dink die beste bron is nog
> 'n groot varie�teit in die groentes en peulvrugte wat
> jy eet.
>
> Gloudina
>
Re: Bekentenis (bloos!) [boodskap #64836 is 'n antwoord op boodskap #64824] Ma, 15 Julie 2002 11:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Ek wonder nou net wat mens vir die ou kindertjies kan gee sodat hulle kan
> ophou snot eet.

Gebalanseerde maaltye, met genoeg sout
daarin.

Tant Hessie de Kok
Re: Bekentenis (bloos!) [boodskap #64837 is 'n antwoord op boodskap #64836] Ma, 15 Julie 2002 12:03 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons word gereeld vertel dat die sout wat klaar in die kosse is genoeg is -
maar ek voel altyd mens het so 'n titseltjie ekstra sout nodig - nou hoor ek
dis nie so baie goed vir die mense wat hoë bloeddruk het nie.
Gelukkig het ek nie daardie probleempie nie

Annette

skryf in boodskap news:3D32B5CB.7000306@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>> Ek wonder nou net wat mens vir die ou kindertjies kan gee sodat hulle kan
>> ophou snot eet.
>
>
> Gebalanseerde maaltye, met genoeg sout
> daarin.
>
> Tant Hessie de Kok
>
Vorige onderwerp: Krieketprobleempies
Volgende onderwerp: Nog Hulp om die Spammers op hul plek te sit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 03:22:00 MGT 2024