Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat gaan aan?
Wat gaan aan? [boodskap #6254] Ma, 15 April 1996 00:00 na volgende boodskap
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Mense wat iets weet oor die poslys: wat gaan aan?

Ek het 'n paar boodskappe van Bernhard ("stiekem" en die een oor die WP)
slegs tweedehands deur aangehaalde stukke in replieke ontvang. Nou kry ek
'n repliek op 'n boodskap wat ek gestuur het, maar nie ontvang het nie -
van Bernhard (oor Petronius bosluis). Ek weet nie of my repliek op Eric
se "Response op BB" deurgekom het nie, want ek het dit nie ontvang nie.
Ek merk dat mense se boodskappe twee keer deurkom, wat beteken dat hulle
hulle eie boodskappe nie ontvang nie.

Die probleem het al voorheen opgeduik (Reinier was op 'n kol 'n
slagoffer). Is daar andere wat hulle eie boodskappe nie ontvang nie, of
agterkom dat daar boodskappe rondvlieg wat ander ontvang en hulle nie?

Gmpf
Frank
Re: wat gaan aan? [boodskap #6470 is 'n antwoord op boodskap #6254] Vr, 17 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leon Retief  is tans af-lyn  Leon Retief
Boodskappe: 28
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article cth...@iafrica.com writes:
> From: cth...@iafrica.com
> Subject: Re: wat gaan aan?
> Date: 17 May 1996 12:06:56 GMT

> In , le...@iafrica.com (Leon Retief) writes:
>> Ek was noodgedwonge 'n week of wat "van die lug af" en toe ek terugkom, sien
>> ek dat hierdie groep begin kwyn, ietwat soos Alice in Wonderland. Wat gaan aan?
>> Leon Retief, Bellville

> Leon, ek stem saam. Dit wil vir my voorkom asof hierdie nuusgroep
> (besprekingsgroep?) gedegenereer het na iets waar almal maar beledigend
> kan wees oor iets waarvan hy nie hou nie en skewe antwoorde gee op goed bedoelde
> vrae, in plaas van 'n opbouende bespreking van ons taal.

> Ek merk ook dat daar baie items verskyn wat regtig NIKS te doen het met
> die onderwerp van die groep nie.

> Kan ons ons maar nie asseblief hou by dit wat vir baie van ons van belang
> is nie?

> Chris Theron
> Durbanville

Stem saam. Wat my ook pla is dat daar al minder boodskappe is - mense wat
voorheen heelwat geskryf het, bv. Frank Snyckers & Leendert van Oostrum (o.a.)
is net doodeenvoudig weg. Het hulle afgestig of wat?
Leon Retief, Bellville
Re: wat gaan aan? [boodskap #6488 is 'n antwoord op boodskap #6254] Wo, 22 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gert de Beer  is tans af-lyn  Gert de Beer
Boodskappe: 8
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
Dit pla Leon Retief van Bellville dat daar al minder boodskappe
op die s.c.s-a.a nuusgroep is:

> mense wat voorheen heelwat geskryf het,
> bv. Frank Snyckers & Leendert van Oostrum (o.a.)
> is net doodeenvoudig weg. Het hulle afgestig of wat?

Frank en Leendert lewer hulle bydraes op die Afrikaanse poslys.
Iemand (ek vergeet wie, dalk 'n rekenaar, het tot onlangs al
die bydraes op die poslys outomaties na die nuusgroep ook gestuur.
Sommige nuusgroepbydraes is weer op die poslys herhaal.

Om die bydraes op die poslys te sien, moet jy lid wees.
Jy kan lid word deur die volgende epos te stuur:
If you want to subscribe, send the following message
(empty Subject:
line) to lists...@unseen.aztec.co.za:
subscribe afrikaans youremailaddress
Vervang youremailaddress met jou eie epos-adres.

Die nadeel van die poslys is dat elke bydrae aan jou
ge-e-pos (!) word. Jy kra dan baie e-pos waardeur
jy moet waad, en nie alles is pitkos nie.
Dit het egter die effek dat net die ouens wat regtig
belangstel oorbly, en gevolglik kry jy nie allerhande
snert tussen-in nie (Uitsonderings is daar natuurlik
altyd, soos Bernjardt Busymare oor en oor bewys).
Re: Wat gaan aan? [boodskap #10081 is 'n antwoord op boodskap #6254] Vr, 25 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Jonnie wrote in article
...
> Ek het die afgelope week niks ontvang op soc.culture.south-africa.afrikaans
> nie. Wat is aan die gang? Is daar dalk iets fout met my news server of het
> niemand iets gepos nie? Kry julle iets of het die nuusgroep vir julle ook

> skielik stil geword? Ek hoop nie dit is oor ek mense kwaad gemaak het
nie.

Miskien is dit die spreekwoordelike stilte voor die storm.

Maar miskien het jy tog iets anders beet. Internet (die
hardeware) en sy dienste (die sagteware) soos die web
en die nuusgroepe is nie sommer vanself daar nie. Internet
is 'n groot web wat met groot sorg aan die gang gehou
moet word. Kyk na 'n spinnekop in die veld en hoe sorgvuldig
hy dit doen.

Ek het al lankal die vermoede dat alles hier in Suid Afrika nie
pluis is nie. Daar is vier of vyf instansies wat die IBP (Internet
Backbone Providers) genoem kan word. Telkom is een van
hulle. Hulle skakel direk met die res van Internet oorsee. Dis
onder hulle wat die Internet dienste verdeel moet word. AS daar
'n lamlendigheid onder een van hulle is, sit ons met die
gebakte pere. Maar omdat hierdie IBPs so diep in die
agtergrond werk, is dit baie moeilik om hulle lamlendigheid
na te speur.

Die IBPs verdeel hulle toegang tot internet in kleiner stukke
wat hulle dan aan die ISP (Internet Service Providers) verkoop.
Die ISPs is die mense wat direk met die publiek handel dryf.
Die ISPs is dus eintlik die mense wat lamlendigheid by die
IBS moet naspeur. Maar die ISPs sall ook nie weet wanneer
iets skort mie, tensy hulle kliente hulle daarop bedag maak.

Met ander woorde, ons moet 'n manier kry om seker te maak
dat ons wereldwyd gelees word. Wat van 'n maandelikse
Roukol ("Roll Call"). Ons skryf ons name ABC, DEF, GIH, ...
op 'n lys wat iemand dan elke maand op hierdie NG pos.
Sodra die persoon haar naam DEF op die lys sien, word
'n baie kort epos briefie ("Ek is hier") privaat aan die lyshouer
gepos wat die naam afmerk. Na 'n week pos die lyshouer
die afgemerkete lys sodat almal kan sien wat aangaan.

Of het julle 'n ander voorstel. Of moet ons maar met
die onsekerheid voortleef. Of is dit regtig die stilte voor
die groot storm.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Wat gaan aan? [boodskap #10082 is 'n antwoord op boodskap #6254] Vr, 25 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bur...  is tans af-lyn  bur...
Boodskappe: 33
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Jonnie wrote:

> Ek het die afgelope week niks ontvang op
> soc.culture.south-africa.afrikaans
> nie. Wat is aan die gang? . . .

Dit was maar stillerig op die nuusgroep, maar nie heeltemal so stil
nie. Ek ondervind ook soms dat nuus vir 'n paar dae op 'n keer glad nie
deurkom nie. Die probleem het nog elke keer by die "nuus-bediener" wat
ek gebruik gelê. 'n Boodskap aan die betrokke instansie se pos- of
webmeester mag help.

Sybrand
Re: Wat gaan aan? [boodskap #10083 is 'n antwoord op boodskap #6254] Vr, 25 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ad schreef ...
> Jonnie wrote ...
>> Ek het die afgelope week niks ontvang op
>> soc.culture.south-africa.afrikaans nie.

> Ek het al lankal die vermoede dat alles hier in Suid Afrika nie
> pluis is nie.

> ons moet 'n manier kry om seker te maak dat ons wereldwyd
> gelees word. Wat van 'n maandelikse Roukol ("Roll Call").
> Ons skryf ons name ABC, DEF, GIH, ... op 'n lys wat iemand
> dan elke maand op hierdie NG pos.
> Sodra die persoon haar naam DEF op die lys sien, word
> 'n baie kort epos briefie ("Ek is hier") privaat aan die lyshouer
> gepos wat die naam afmerk. Na 'n week pos die lyshouer
> die afgemerkete lys sodat almal kan sien wat aangaan.
>
> Of het julle 'n ander voorstel. Of moet ons maar met
> die onsekerheid voortleef. Of is dit regtig die stilte voor
> die groot storm.
>
> Alles van die beste
> At de Lange

Hoi, ik heb ook wel eens perioden gehad waarin ik een tijd lang niets
ontving en dan plotseling op een dag een hele berg berichten
binnenkreeg van de dagen daarvoor. Soms ook krijg ik het antwoord van
��n van jullie op een ander z'n bericht eerder binnen dan het bericht
waarop geantwoord werd. Ik kan niet bepalen waar het probleem zit, maar
ik kan wel vertellen dat het mij nog nooit opgevallen is op één van de
andere nieuwsgroepen die ik volg.

Vriendelijke groeten
Arthur
Re: Wat gaan aan? [boodskap #10101 is 'n antwoord op boodskap #6254] Ma, 28 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
S J Burger wrote in article
...

> Ek moet saamstem.
> Diensverskaffers is dikwels onbewus van enige
> probleme en maak op gebruikers staat om dit aan
> te meld eerder as om hul diens deurlopend te
> monitor (of is dit moniteer?).
> Hierdie vertragings veroorsaak
> heelwat frustrasie en soms ook 'n bietjie verleentheid.
> Ek het al meermale ewe vriendelik op 'n boodskap
> reageer, net om later te sien dat dit reeds lankal
> beantwoord is en sommer baie deegliker as my eie
> beskeie poging.

Daar is definitief fout iewers.

Of dit is die groot stilte voor die storm.

Kon ons kyk watter een.

'n Afrikaner is iemand wat net nie begaan kan wees
oor die toekoms van Afrikaanssprekendes nie.

Beste wense.
At de Lange
Re: Wat gaan aan? [boodskap #10128 is 'n antwoord op boodskap #6254] Wo, 30 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vyg  is tans af-lyn  Vyg
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek kry al vir maande nie al die artikels op die
nuusgroep nie, en is baie ontevrede daaroor.

Ek het my server al baie gepes daaroor maar
dit hou net aan.

Vyg
Re: Wat gaan aan? [boodskap #10196 is 'n antwoord op boodskap #6254] So, 03 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Vyg Fynbos wrote in article
...
> Ek kry al vir maande nie al die artikels op die
> nuusgroep nie, en is baie ontevrede daaroor.
>
> Ek het my server al baie gepes daaroor maar
> dit hou net aan.

Iewers is beslis 'n skroef los. Miskien is daar op
baie plekke baie skroewe los. Dalk het die
tegnologiese deurbraak genoem Internet net
sulke kleivoete as die res.

Hoe sal ons weet as ons nie 'n plan maak nie.
Laat ons 'n plan maak.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Wat gaan aan? [boodskap #10223 is 'n antwoord op boodskap #6254] Ma, 04 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
AM de Lange.
So verbaas om 'n kort nota van jou af te sien.
Dit is nie jy nie.

Nuus i.v.m. afstuur van briewe aan nuusgroepe:
Elke pos wat afgestuur word, beland 5 uit tien keer by die
nuusgroep waar dit bedoel was om heen te gaan.
Die res beland oral rond.

Het ondervinding gehad met 'n Duitse pos wat op apfpy beland
het.
Moet sê die Duitsers was baie behulpsaam om vir my die boodskap te
vertaal, en te verseker dat dit nie Australiese Engels is nie.
Wonderlike dinge gebeur op die Internet.
Annette.

AM de Lange wrote in article
...
> Vyg Fynbos wrote in article
> ...
>> Ek kry al vir maande nie al die artikels op die
>> nuusgroep nie, en is baie ontevrede daaroor.
>>
>> Ek het my server al baie gepes daaroor maar
>> dit hou net aan.
>
> Iewers is beslis 'n skroef los. Miskien is daar op
> baie plekke baie skroewe los. Dalk het die
> tegnologiese deurbraak genoem Internet net
> sulke kleivoete as die res.
>
> Hoe sal ons weet as ons nie 'n plan maak nie.
> Laat ons 'n plan maak.
>
> Alles van die beste
> At de Lange
>
Re: Wat gaan aan? [boodskap #10283 is 'n antwoord op boodskap #6254] Vr, 08 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote in article
...
> AM de Lange.
> So verbaas om 'n kort nota van jou af te sien.
> Dit is nie jy nie. Hm?
> Nuus i.v.m. afstuur van briewe aan nuusgroepe:
> Elke pos wat afgestuur word, beland 5 uit tien keer by die
> nuusgroep waar dit bedoel was om heen te gaan.
> Die res beland oral rond.

Let op stoortyd van NG s.c.s-a.a by jou ISP.
Vra langer tyd.

> Het ondervinding gehad met 'n Duitse pos wat op apfpy beland
> het.
> Moet sê die Duitsers was baie behulpsaam om vir my die boodskap te
> vertaal, en te verseker dat dit nie Australiese Engels is nie.
> Wonderlike dinge gebeur op die Internet.

Kunsmatige lewe (AL)

At
Vorige onderwerp: Onderrig van AFRIKAANS
Volgende onderwerp: Wat is 'n Afrikaner?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 11:57:43 MGT 2024