Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Vakansiebrief " deur D.J. OPPERMAN
" Vakansiebrief " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #64671] Di, 09 Julie 2002 19:58
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Vakansiebrief
D.J. Opperman

Voor my in 'n mispel kras
drie kraaie; my dae verdwyn
in stiltes soos kwartels in lang gras.

Vanoggend toe ek erdwurms soek,
raak ek oor 'n fossiel verstrooid
soos oor 'n bladsy uit 'n muf dagboek.

'n Ou meid lê langs haar skerm, die wange
weggesak, haar oë reën en sand
in holtes van 'n maalklip opgevang.

Die berg se donker lies, vars spore
van die likkewaan en kuttels van 'n bok
roer iets in my van lank tevore;

maar die tarentaal sit stom
op haar nes vol eiers - my hart broei
oor die stad: glas, sink, beton.
Vorige onderwerp: " Lied van die lappop " deur INGRID JONKER
Volgende onderwerp: " Die Toring van Babel " deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 14:08:44 MGT 2024