Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Konfoesing Nuwe Plekname
Konfoesing Nuwe Plekname [boodskap #64244] Wo, 26 Junie 2002 12:41 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Kry dit van 'n ander kol - dankie JB vir die genotvolle inligting:

Ek het getrek maar ek bly nog op dieselfde plek - maar hoe verduidelik ek
dit vir mense soos sekretaresses in ander provinsies?

Ek wil 'n boodskap laat vir 'n kollega in Mpumalanga. "Vra asseblief hy moet
my in Polokwane skakel", sê ek."Waar??" vra sy en sy klink narerig, asof sy
'n mufgroen pasteitjie uit die pakkie gehaal het. "Polokwane". "Waar is
dit?" "Tussen Mokopane en Makhado in Limpopo".

Ek kan hoor sy dink ek is of van lotjie getik of het êrens ontsnap. "Waar is
dit?" hou sy geduldig vol. Wel, beduie ek, jy ry van Tswane af, verby
Bela-Bela en Modimolle. Ry deur die tolhek en hou reguit verby Mokopane,
maar hou jou spoed dop want die spiedies maak geld uit jou uit as jy daar te
vinnig ry. Polokwane is net na Mokopane en net voor Makhado.

Ek verstaan nie mooi waarom ek die pad moet verduidelik as ek wil hê iemand
moet my bel nie. "Nee wag meneer" sê sy. "Waar is dié Makhado?" "Tussen
Polokwane en Musina" probeer ek hulpvaardig wees.

"En waar is dit?" vra sy nou duidelik erg verward."Musina is tussen Makhado
en Harare" help ek so goed as wat ek kan. "Bly jy in Zimbabwe?" vra sy asof
daar skielik 'n lig vir haar opgaan. "Nee", sê ek. "Ek beduie net vir jou
waar Polokwane is."

"In Zimbabwe?" vra sy hoopvol. "Nee, in Limpopo" help ek haar reg. Sy sug
moedeloos en sê: "Kom ons begin voor." Ek dink sy wonder of dit nie Leon
Schuster is wat haar met 'n slapriem probeer vang vir een of ander
advertensie nie. "Waar is Tswane?" "Dis maklik" sê ek. "Tussen Bela-Bela en
Egoli"."Nee meneer, ek bedoel die dorp". "Ek ok" sê ek.

Ek kan hoor sy
is nou by sepies terwyl ek nog by pad beduie is. "Egoli is anderkant Tswane
as jy van Bela-Bela se kant af kom" sê ek. "Meneer", vra sy, "is jy getrek?"
"Nee", sê ek. "Ek het nie getrek nie, hulle het net die naam verander". "Wat
bedoel jy hulle het jou naam verander?"."Nie my naam nie, die dorp se naam"
help ek haar reg. "Watter dorp se naam?"

"Pietersburg". "Bly jy in Pietersburg?" vra sy en ek kan hoor daar gaan nou
'n helder lig vir haar op. "Nee", sê ek "ek bly in Polokwane maar dit was
voorheen Pietersburg." "Wragtig?" sê-vra sy. "Wragtig" sê-bevestig ek. "So,
jy skakel van Pietersburg af wat nou Polokwane is?". "Einste", sê ek.

"Nou watter ander name het jy dan genoem?" vra sy en ek kan aanvoel dié vrou
het 'n erge behoefte om iets oor die toekomsgeskiedenis van die land
te wete te kom. Toe verduidelik ek: "Egoli was eers Johannesburg. Tshwane is
Pretoria. As jy dan Noord ry kom jy by Bela-Bela wat eers Warmbad was,
daarna by Modimolle wat Nylstroom was en Potgietersrus wat nou Mokopane is.
Na Mokopane kry jy Polokwane wat Pietersburg was en daarna Louis Trichardt
wat Makhado geword het. Verby Makhado kry jy Musina wat eers Messina was."
"En Messina is by die Limpopo!" jubel sy. "Ja" sê ek, "maar die Limpopo
waarvan ek praat is die provinsie". "Nou wat noem julle die rivier?" vra sy.

"Limpopo" sê ek. "Meneer?" vra sy, "stook jy mampoer?"

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
Re: Konfoesing Nuwe Plekname [boodskap #64250 is 'n antwoord op boodskap #64244] Wo, 26 Junie 2002 17:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LeswinLaubscher  is tans af-lyn  LeswinLaubscher
Boodskappe: 47
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek het altyd gewonder, gegee die emosie, tragedie, hartbeuk van die
suid-afrikaanse oorlog/anglo-boere-oorlog en algemene renons in die engelse
(piet cillie het mos gese afrikaners was die eerste anti-imperialiste op
afrika-bodem), waarom sekere plekname wat na regte nare mense vernoem is, nooit
verander was nie (milnerton, lady frere, worcester, kom onmiddellik na vore, en
daar is nog talle). Mens sou dink dat afrikaner, afrikaan, afrikaanse,
suid-afrikaan almal van die name ontslae wou raak.
Re: Konfoesing Nuwe Plekname [boodskap #64261 is 'n antwoord op boodskap #64250] Do, 27 Junie 2002 04:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kom ons, probeer ten minste, vergeet van die politieke konnotasies wat aan
plekname geheg word. Dit is belangrik om daardie name te behou bloot sodat
dit (die name) 'n storie het om te vertel. Of jy nou van die storie hou of
nie, dit bestaan, en moet vertel word. So ook met persoonlike
voornaamwoorde - daar is 'n geskiedenis, 'n storie.
Jy gaan die geskiedenis nie verander deur die name te wysig nie - luister so
'n bietjie na Laurika se "Hotgates"....

"LeswinLaubscher" skryf in boodskap news:20020626130437.21862.00000240@mb-ml.news.cs.com...
> Ek het altyd gewonder, gegee die emosie, tragedie, hartbeuk van die
> suid-afrikaanse oorlog/anglo-boere-oorlog en algemene renons in die engelse
> (piet cillie het mos gese afrikaners was die eerste anti-imperialiste op
> afrika-bodem), waarom sekere plekname wat na regte nare mense vernoem is, nooit
> verander was nie (milnerton, lady frere, worcester, kom onmiddellik na vore, en
> daar is nog talle). Mens sou dink dat afrikaner, afrikaan, afrikaanse,
> suid-afrikaan almal van die name ontslae wou raak.
Re: Konfoesing Nuwe Plekname [boodskap #64266 is 'n antwoord op boodskap #64250] Do, 27 Junie 2002 06:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Jy maak niks reg deur die geskiedenis te herskryf net om jou politieke
voorkeure te pas nie.......

"LeswinLaubscher" skryf in boodskap news:20020626130437.21862.00000240@mb-ml.news.cs.com...
> Ek het altyd gewonder, gegee die emosie, tragedie, hartbeuk van die
> suid-afrikaanse oorlog/anglo-boere-oorlog en algemene renons in die engelse
> (piet cillie het mos gese afrikaners was die eerste anti-imperialiste op
> afrika-bodem), waarom sekere plekname wat na regte nare mense vernoem is, nooit
> verander was nie (milnerton, lady frere, worcester, kom onmiddellik na vore, en
> daar is nog talle). Mens sou dink dat afrikaner, afrikaan, afrikaanse,
> suid-afrikaan almal van die name ontslae wou raak.
Re: Konfoesing Nuwe Plekname [boodskap #64274 is 'n antwoord op boodskap #64250] Do, 27 Junie 2002 09:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
LeswinLaubscher skryf in boodskap news:20020626130437.21862.00000240@mb-ml.news.cs.com...
> Ek het altyd gewonder, gegee die emosie, tragedie, hartbeuk van die
> suid-afrikaanse oorlog/anglo-boere-oorlog en algemene renons in die engelse
> (piet cillie het mos gese afrikaners was die eerste anti-imperialiste op
> afrika-bodem), waarom sekere plekname wat na regte nare mense vernoem is, nooit
> verander was nie (milnerton, lady frere, worcester, kom onmiddellik na vore, en
> daar is nog talle). Mens sou dink dat afrikaner, afrikaan, afrikaanse,
> suid-afrikaan almal van die name ontslae wou raak.

Ek dink om plekname te verander a.g.v. die konnotasie daaraan, weerspieël
baie van jou eie klein ego'tjie. Dis so belaglik soos om al die meubels van
jou nuwe man weg te gee en te verkoop, omdat hy dit saam met sy vorige vrou
gebruik het.

Mens kan nie die nare herinneringe 'wegvee' deur name te verander nie. Ek
dink dit wys juis hoe 'n 'groot' persoon jy juis is, deur te kan saamleef
met dit wat was.
Re: Konfoesing Nuwe Plekname [boodskap #64280 is 'n antwoord op boodskap #64274] Do, 27 Junie 2002 11:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Mooi so - sê hulle ....;-))

"Kekkelbek" skryf in boodskap news:3d1adce7.0@news1.mweb.co.za...
>
> LeswinLaubscher wrote in message
> news:20020626130437.21862.00000240@mb-ml.news.cs.com...
>> Ek het altyd gewonder, gegee die emosie, tragedie, hartbeuk van die
>> suid-afrikaanse oorlog/anglo-boere-oorlog en algemene renons in die
> engelse
>> (piet cillie het mos gese afrikaners was die eerste anti-imperialiste op
>> afrika-bodem), waarom sekere plekname wat na regte nare mense vernoem
is,
> nooit
>> verander was nie (milnerton, lady frere, worcester, kom onmiddellik na
> vore, en
>> daar is nog talle). Mens sou dink dat afrikaner, afrikaan, afrikaanse,
>> suid-afrikaan almal van die name ontslae wou raak.
>
> Ek dink om plekname te verander a.g.v. die konnotasie daaraan, weerspieël
> baie van jou eie klein ego'tjie. Dis so belaglik soos om al die meubels van
> jou nuwe man weg te gee en te verkoop, omdat hy dit saam met sy vorige vrou
> gebruik het.
>
> Mens kan nie die nare herinneringe 'wegvee' deur name te verander nie. Ek
> dink dit wys juis hoe 'n 'groot' persoon jy juis is, deur te kan saamleef
> met dit wat was.
>
Re: Konfoesing Nuwe Plekname [boodskap #64291 is 'n antwoord op boodskap #64274] Do, 27 Junie 2002 13:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja, in Swakopmund in ons land het die klomp Swapo politici besluit die
'Duitse atmosfeer' is te erg vir hulle en dit moet waai. Toe word van die
belangrikste Duitse straatname verwyder en vervang met die van die
Swapo-bere s'n. Maak nie saak dat die dorp sy ontstaan gehad het heel
onafhanklik van enige ander nasie [dit sluit Boer en Engelsman in!] en alles
wat ooit daar was, juis dan Duits is. Die geboue, alles, weerspieël die
Duitse atmosfeer en dit is wat die dorp uniek maak. Die toeriste is mal
daaroor. Miskien is DIT die probleem? Sodra iets mos goed gaan, moet
dit verander word om die politici te pas?

"Kekkelbek" skryf in boodskap news:3d1adce7.0@news1.mweb.co.za...
>
> LeswinLaubscher wrote in message
> news:20020626130437.21862.00000240@mb-ml.news.cs.com...
>> Ek het altyd gewonder, gegee die emosie, tragedie, hartbeuk van die
>> suid-afrikaanse oorlog/anglo-boere-oorlog en algemene renons in die
> engelse
>> (piet cillie het mos gese afrikaners was die eerste anti-imperialiste op
>> afrika-bodem), waarom sekere plekname wat na regte nare mense vernoem
is,
> nooit
>> verander was nie (milnerton, lady frere, worcester, kom onmiddellik na
> vore, en
>> daar is nog talle). Mens sou dink dat afrikaner, afrikaan, afrikaanse,
>> suid-afrikaan almal van die name ontslae wou raak.
>
> Ek dink om plekname te verander a.g.v. die konnotasie daaraan, weerspieël
> baie van jou eie klein ego'tjie. Dis so belaglik soos om al die meubels van
> jou nuwe man weg te gee en te verkoop, omdat hy dit saam met sy vorige vrou
> gebruik het.
>
> Mens kan nie die nare herinneringe 'wegvee' deur name te verander nie. Ek
> dink dit wys juis hoe 'n 'groot' persoon jy juis is, deur te kan saamleef
> met dit wat was.
>
Re: Konfoesing Nuwe Plekname [boodskap #64323 is 'n antwoord op boodskap #64261] Do, 27 Junie 2002 20:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LeswinLaubscher  is tans af-lyn  LeswinLaubscher
Boodskappe: 47
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
> Kom ons, probeer ten minste, vergeet van die politieke konnotasies wat aan
> plekname geheg word. Dit is belangrik om daardie name te behou bloot sodat
> dit (die name) 'n storie het om te vertel. Of jy nou van die storie hou of
> nie, dit bestaan, en moet vertel word. So ook met persoonlike
> voornaamwoorde - daar is 'n geskiedenis, 'n storie.
> Jy gaan die geskiedenis nie verander deur die name te wysig nie -

'n Naam, insluitende plekname, is tog veel meer as 'n gevoellose of lukraak
plekwyser vir een of ander historiese storie. Daar is immers 'n interaksie, 'n
wisselwerking vir die mate waartoe die pleknaam mens situeer in ruimte, plek,
geskiedenis, tyd, en identiteit. Iemand is 'n "Suidwester", 'n "Kaapnaar" waar
die beskrywing 'n duidelike emosionele kateksis, 'n verweefde sin van self (en
selfs ego) in (be)naming reflekteer. Duidelik, derhalwe, gaan jy nie Auschwitz
straat kry in die voorstede van Tel Aviv nie, of Paul Krugers Town in die
Engelse hooglande nie, of Talibanlaan in 'n Amerikaanse voorstad nie, alhoewel
al hierdie name 'n (historiese) "storie" te vertelle het wat nou saamhang met
die betrokke groepe se stories. Feit is, as swart persoon wil ek nie in
Hendrik Verwoerd Straat bly nie, en elke keer as ek my adres neerskryf,
herinner word aan hoe ek mededeelsaam is in 'n naam wat my menslikheid negeer
nie. Wanneer ek dan voorstaan om die naam te verander, beteken dit nie dat die
storie verlore gaan nie - die storie van Dachau word wel onthou, in skole,
boeke, vertellings, museums, monumente, en in die publieke ruimte behoort daar
plek te wees vir die interaksie met die storie. En ek bepleit nie
naamsverandering sonder insette, insae, en riglyn nie (by die universiteit waar
ek studeer het, byvoorbeeld, was geboue nooit na lewende persone vernoem nie,
was name wat plek, ligging, natuurverskynsel of rigting aandui gesog - Noordwes
Kaap, Egoli - , was name wat konsepte belig het verkies, en was dooie persone
oor wie die meeste mense kan saamstem - Moeder Teresa Stad - verkies).
Laastens - 'n storie (en by implikasie geskiedenis) bly nie staties nie, is nie
linieer nie, en bevat nie onwrikbare waarhede nie. Daar is dus niks mee
verkeerd om name te verander wat nuwe interpretatiewe geskiedenis na vore bring
nie, wat veranderde lewensomstandighede in geheue wil sementeer, wat
skeidslyngeskiedenis wil benoem nie. Om - as Afrikaner - vir my te vertel dat
Milnerton bloot 'n "geskiedenis-storie" benaam, is om in jou eie verdrukking
mee te maak, want tot tyd en wyl ek deur Engeland reis en daar in die President
Steyn Pub 'n bier drink, of 'n trein vang op Bloemfontein Junction, is
geskiedenis (en die vertelling daarrvan in pleknaam) nie objektief gelyk nie,
blote naam nie, of immuun teen die hegemonie van mag en ideologie nie.
Re: Konfoesing Nuwe Plekname [boodskap #64324 is 'n antwoord op boodskap #64274] Do, 27 Junie 2002 20:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LeswinLaubscher  is tans af-lyn  LeswinLaubscher
Boodskappe: 47
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
> Kekkelbek" kekk...@dot.co.za

> Ek dink om plekname te verander a.g.v. die konnotasie daaraan, weerspieël
> baie van jou eie klein ego'tjie.

Sien my reaksie op Jonas se pos - klein ego en al.
Re: Konfoesing Nuwe Plekname [boodskap #64337 is 'n antwoord op boodskap #64323] Vr, 28 Junie 2002 06:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Herre man, het jy 'n woordeboek langs jou, of haal jy aan uit 'n teksboek?
Down, Pietie, down! Miskien moet jy eers seker maak voor jy jou lang
relaas gooi? As jy 'n straat soos bv. Kaiser strasse [keiser straat in
Afrikaans vernoem na die Keiser....wie hy ook al was] vernoem na Sam Nujoma
straat in 'n dorp wat hoofsaaklik Duits is, dan tjommel jy. Jy vervang 'n
begrip met 'n politieke persoon se naam.......en dit terwyl al oor die 80%
van Namibië se hoofstrate al Sam Nujoma heet!

"LeswinLaubscher" skryf in boodskap news:20020627160829.16895.00001505@mb-fv.news.cs.com...
>> Kom ons, probeer ten minste, vergeet van die politieke konnotasies wat aan
>> plekname geheg word. Dit is belangrik om daardie name te behou bloot sodat
>> dit (die name) 'n storie het om te vertel. Of jy nou van die storie hou of
>> nie, dit bestaan, en moet vertel word. So ook met persoonlike
>> voornaamwoorde - daar is 'n geskiedenis, 'n storie.
>> Jy gaan die geskiedenis nie verander deur die name te wysig nie -
>
> 'n Naam, insluitende plekname, is tog veel meer as 'n gevoellose of lukraak
> plekwyser vir een of ander historiese storie. Daar is immers 'n interaksie, 'n
> wisselwerking vir die mate waartoe die pleknaam mens situeer in ruimte, plek,
> geskiedenis, tyd, en identiteit. Iemand is 'n "Suidwester", 'n "Kaapnaar" waar
> die beskrywing 'n duidelike emosionele kateksis, 'n verweefde sin van self (en
> selfs ego) in (be)naming reflekteer. Duidelik, derhalwe, gaan jy nie Auschwitz
> straat kry in die voorstede van Tel Aviv nie, of Paul Krugers Town in die
> Engelse hooglande nie, of Talibanlaan in 'n Amerikaanse voorstad nie, alhoewel
> al hierdie name 'n (historiese) "storie" te vertelle het wat nou saamhang met
> die betrokke groepe se stories. Feit is, as swart persoon wil ek nie in
> Hendrik Verwoerd Straat bly nie, en elke keer as ek my adres neerskryf,
> herinner word aan hoe ek mededeelsaam is in 'n naam wat my menslikheid negeer
> nie. Wanneer ek dan voorstaan om die naam te verander, beteken dit nie dat die
> storie verlore gaan nie - die storie van Dachau word wel onthou, in skole,
> boeke, vertellings, museums, monumente, en in die publieke ruimte behoort daar
> plek te wees vir die interaksie met die storie. En ek bepleit nie
> naamsverandering sonder insette, insae, en riglyn nie (by die universiteit waar
> ek studeer het, byvoorbeeld, was geboue nooit na lewende persone vernoem nie,
> was name wat plek, ligging, natuurverskynsel of rigting aandui gesog - Noordwes
> Kaap, Egoli - , was name wat konsepte belig het verkies, en was dooie persone
> oor wie die meeste mense kan saamstem - Moeder Teresa Stad - verkies).
> Laastens - 'n storie (en by implikasie geskiedenis) bly nie staties nie, is nie
> linieer nie, en bevat nie onwrikbare waarhede nie. Daar is dus niks mee
> verkeerd om name te verander wat nuwe interpretatiewe geskiedenis na vore bring
> nie, wat veranderde lewensomstandighede in geheue wil sementeer, wat
> skeidslyngeskiedenis wil benoem nie. Om - as Afrikaner - vir my te vertel dat
> Milnerton bloot 'n "geskiedenis-storie" benaam, is om in jou eie verdrukking
> mee te maak, want tot tyd en wyl ek deur Engeland reis en daar in die President
> Steyn Pub 'n bier drink, of 'n trein vang op Bloemfontein Junction, is
> geskiedenis (en die vertelling daarrvan in pleknaam) nie objektief gelyk nie,
> blote naam nie, of immuun teen die hegemonie van mag en ideologie nie.
Re: Konfoesing Nuwe Plekname [boodskap #64352 is 'n antwoord op boodskap #64337] Vr, 28 Junie 2002 11:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LeswinLaubscher  is tans af-lyn  LeswinLaubscher
Boodskappe: 47
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
> Suidwester" ock...@africaonline.com.na

> Herre man, het jy 'n woordeboek langs jou, of haal jy aan uit 'n teksboek?
> Down, Pietie, down!

Nee, nee, en up, Pietie, up.
Re: Konfoesing Nuwe Plekname [boodskap #64370 is 'n antwoord op boodskap #64244] Vr, 28 Junie 2002 18:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
JP Holtzkampf  is tans af-lyn  JP Holtzkampf
Boodskappe: 17
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Junior Lid
Ek woon in Makado ( Louis Trichardt).Die HF Verwoerd tonnels hier naby sal
seker een van die mooi dae Mbeki se gat word.

"Annette" skryf in boodskap news:afccvl$da4ib$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Kry dit van 'n ander kol - dankie JB vir die genotvolle inligting:
>
> Ek het getrek maar ek bly nog op dieselfde plek - maar hoe verduidelik ek
> dit vir mense soos sekretaresses in ander provinsies?
>
> Ek wil 'n boodskap laat vir 'n kollega in Mpumalanga. "Vra asseblief hy moet
> my in Polokwane skakel", sê ek."Waar??" vra sy en sy klink narerig, asof sy
> 'n mufgroen pasteitjie uit die pakkie gehaal het. "Polokwane". "Waar is
> dit?" "Tussen Mokopane en Makhado in Limpopo".
>
> Ek kan hoor sy dink ek is of van lotjie getik of het êrens ontsnap. "Waar is
> dit?" hou sy geduldig vol. Wel, beduie ek, jy ry van Tswane af, verby
> Bela-Bela en Modimolle. Ry deur die tolhek en hou reguit verby Mokopane,
> maar hou jou spoed dop want die spiedies maak geld uit jou uit as jy daar te
> vinnig ry. Polokwane is net na Mokopane en net voor Makhado.
>
> Ek verstaan nie mooi waarom ek die pad moet verduidelik as ek wil hê iemand
> moet my bel nie. "Nee wag meneer" sê sy. "Waar is dié Makhado?" "Tussen
> Polokwane en Musina" probeer ek hulpvaardig wees.
>
> "En waar is dit?" vra sy nou duidelik erg verward."Musina is tussen Makhado
> en Harare" help ek so goed as wat ek kan. "Bly jy in Zimbabwe?" vra sy asof
> daar skielik 'n lig vir haar opgaan. "Nee", sê ek. "Ek beduie net vir jou
> waar Polokwane is."
>
> "In Zimbabwe?" vra sy hoopvol. "Nee, in Limpopo" help ek haar reg. Sy sug
> moedeloos en sê: "Kom ons begin voor." Ek dink sy wonder of dit nie Leon
> Schuster is wat haar met 'n slapriem probeer vang vir een of ander
> advertensie nie. "Waar is Tswane?" "Dis maklik" sê ek. "Tussen Bela-Bela en
> Egoli"."Nee meneer, ek bedoel die dorp". "Ek ok" sê ek.
>
> Ek kan hoor sy
> is nou by sepies terwyl ek nog by pad beduie is. "Egoli is anderkant Tswane
> as jy van Bela-Bela se kant af kom" sê ek. "Meneer", vra sy, "is jy getrek?"
> "Nee", sê ek. "Ek het nie getrek nie, hulle het net die naam verander". "Wat
> bedoel jy hulle het jou naam verander?"."Nie my naam nie, die dorp se naam"
> help ek haar reg. "Watter dorp se naam?"
>
> "Pietersburg". "Bly jy in Pietersburg?" vra sy en ek kan hoor daar gaan nou
> 'n helder lig vir haar op. "Nee", sê ek "ek bly in Polokwane maar dit was
> voorheen Pietersburg." "Wragtig?" sê-vra sy. "Wragtig" sê-bevestig ek. "So,
> jy skakel van Pietersburg af wat nou Polokwane is?". "Einste", sê ek.
>
> "Nou watter ander name het jy dan genoem?" vra sy en ek kan aanvoel dié vrou
> het 'n erge behoefte om iets oor die toekomsgeskiedenis van die land
> te wete te kom. Toe verduidelik ek: "Egoli was eers Johannesburg. Tshwane is
> Pretoria. As jy dan Noord ry kom jy by Bela-Bela wat eers Warmbad was,
> daarna by Modimolle wat Nylstroom was en Potgietersrus wat nou Mokopane is.
> Na Mokopane kry jy Polokwane wat Pietersburg was en daarna Louis Trichardt
> wat Makhado geword het. Verby Makhado kry jy Musina wat eers Messina was."
> "En Messina is by die Limpopo!" jubel sy. "Ja" sê ek, "maar die Limpopo
> waarvan ek praat is die provinsie". "Nou wat noem julle die rivier?" vra sy.
>
> "Limpopo" sê ek. "Meneer?" vra sy, "stook jy mampoer?"
>
>
> --
> Groetnis,
> Annette. ann...@ctnet.co.za
> Happiness is a State of Mind
>
Re: Konfoesing Nuwe Plekname [boodskap #64405 is 'n antwoord op boodskap #64352] So, 30 Junie 2002 12:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

LeswinLaubscher wrote:

>> Suidwester" ock...@africaonline.com.na

>> Herre man, het jy 'n woordeboek langs jou, of haal jy aan uit 'n teksboek?
>> Down, Pietie, down!

>
> Nee, nee, en up, Pietie, up.

Ja-nee, Ockie man, dis darem baie ironies
dat die man wat die puikste Afrikaans met
soepelheid kan praat, nie deur jou as 'n
"Afrikaner" erken sal word nie. Ek weet nou
nie of Leswin 'n sogenaamde "Afrikaner" genoem
wíl word nie. Maar as gevolg van die feit
dat Leswin se Khoi en heelwaarskynlik baie
ander bloed vir hom en sy mense eintlik meer
die reg gee om eintlik "Afrikaners" genoem te
word, dink jy nie dis tyd dat ons nageslagte
van Europeërs dié erenaam opgee aan die regte
eienaars van die term "Afrikaners" nie, of anders
die term so wyd maak dat dit álmal insluit wat
in Suid-Afrika bly?

Gloudina
Re: Konfoesing Nuwe Plekname [boodskap #64414 is 'n antwoord op boodskap #64405] Ma, 01 Julie 2002 07:48 Na vorige boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ou antie, ek dog toe wragtag ek's ontslae van jou, maar kan jy dalk vir my
inlig hoe bring jy dié storie oor die Afrikaner by 'n straatnaamverandering
uit? Of is jy verveeld en soek geselskap? Sover dit my aangaan is 'n
Afrikaner iemand wat Afrikaans as sy voertaal aanwend. Dit werk egter nie
prakties so nie, want soos jy sê wil nie alle Afrikaanssprekendes Afrikaners
genoem word nie. 'n Baster wil om die dood toe nie 'n Afrikaner wees nie.
So ook nie enige van die ander groepe nie. Dit lyk vir my of die enigste
groep mense wat hulleself Afrikanerdom wil toedig, juis blanke,
Afrikaanssprekende mense is! So waaroor jou gesanik?
skryf in boodskap news:3D1EFA28.5070303@rogers.com...
>
> LeswinLaubscher wrote:
>
>>> Suidwester" ock...@africaonline.com.na
>
>>> Herre man, het jy 'n woordeboek langs jou, of haal jy aan uit 'n teksboek?
>>> Down, Pietie, down!
>
>>
>> Nee, nee, en up, Pietie, up.
>
> Ja-nee, Ockie man, dis darem baie ironies
> dat die man wat die puikste Afrikaans met
> soepelheid kan praat, nie deur jou as 'n
> "Afrikaner" erken sal word nie. Ek weet nou
> nie of Leswin 'n sogenaamde "Afrikaner" genoem
> wél word nie. Maar as gevolg van die feit
> dat Leswin se Khoi en heelwaarskynlik baie
> ander bloed vir hom en sy mense eintlik meer
> die reg gee om eintlik "Afrikaners" genoem te
> word, dink jy nie dis tyd dat ons nageslagte
> van Europeërs dié erenaam opgee aan die regte
> eienaars van die term "Afrikaners" nie, of anders
> die term so wyd maak dat dit álmal insluit wat
> in Suid-Afrika bly?
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: RADIO KIERIEMAN
Volgende onderwerp: Blyplek innie Kaap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 16:05:02 MGT 2024