Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rokery
Re: Rokery [boodskap #64387 is 'n antwoord op boodskap #64207] Sa, 29 Junie 2002 15:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 28 Jun 2002 20:12:21 +0200, "Tobie" wrote:

> hoesit Dawid?

:-)
Dave Du Plessis het gisteraand my rekenaar
gebruik Tobie. Hy deel met meer nuusgroepe
as slegs dié een. Gister was die reaksie by 'n
ander groep sò:
*
Ha die Dave,

Baie leuk jou hier te sien.
(klinkt het een beetje?) :-))
*
Net daarna maak ek die groep oop
en reageer toe daarop net so verstrooid
soos gewoonlik:-)))

Davie Davis
Re: Rokery [boodskap #64394 is 'n antwoord op boodskap #64361] Sa, 29 Junie 2002 18:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On Fri, 28 Jun 2002 08:34:54 -0700, "Suidwester"
wrote:

Oulike reaksie as die bespreking nie in jou guns draai nie.

Daars nie so 'n ding soos 'n ligte bespreking nie. As jy nonsens praat
praat jy nonsens en as dit in my veld is, vat ek jou aan.

Ek sal besluit waar ek wil speel en waar nie.

Johan Bornman

> Is ek reg as ek sê jy is seker 'n prokureur of hoop om eendag 'n prokureur
> te wees? Wat van 'n politikus. Jy het die wonderlike vermoë om 'n ligte
> bespreking 'n hooggeregshofsaak te maak. Elke woord, sin en tikfout word
> geanaliseer. Sorry my ou, gaan speel met jou maatjies......jy's glad nie
> snaaks nie. End van die redenasie. Doen my asseblief die een guns: Bly
> uit my besprekings uit weg en ek hou verby joune.
> wrote in message
> news:3d1c2937.719094@news.icon.co.za...
>> On Fri, 28 Jun 2002 00:04:49 -0700, "Suidwester"
>> wrote:

>>> Wee' jy, hierdie argument sou nooit ontstaan het nie as JY nie die een
> was
>>> wat geprotesteer het toe ons gesê het dat rook alleen nie die probleem is
>>> nie......alkohol is enige tyd net so groot en in my opinie groter en op
> die
>>> korttermyn veel dodeliker,

>> Hierdie is 'n debat, nie 'n argument nie. Maak jou punt sonder om te
>> wil wen of verloor.

>> In jou opinie is alhokol (probleme?) miskien groter maar opinies maak
>> nie die punt hier nie, maar wel feite. Ek het klaar 'n aanname gemaak
>> oor alkoholdood - vat dit aan, moenie vir my jou opninie gee nie.

>>> maar verstaan my mooi: Ek het geen probleem met
>>> die rookprotes nie! Wonderlik gedoen! Klap! Klap! ........maar
> hoekom
>>> is society so skynheilig dat hulle 'n dwelm soos alkohol wettig?

>> Solank die sukses van die rookprotes gebruik word om uit te wys dat
>> ons prioriteite opgeskroef is en mense eerder aan dit of dat moet
>> werk, beskou ek dit as 'n probleem met die rookproses. Jy is skuldig
>> of onskuldig daaraan gebasseer op wat jy hier gesê het. Gaan terug en
>> kyk.

>> Ek sou jou begenoemde stelling gekoop het (dat jy geen probleem met
>> die rookprotes het nie) maar ongelukkig het jy twee sinne met die
>> woord "maar" gekoppel, wat jou probleem reserveer en bevestig. Minor
>> point, maar ek protesteer daarteen.

>>> Laat ek
>>> dit vir jou so stel: Jy sê jy maak 'n drankie op sy tyd en jy
> protesteer
>>> so as die ouens daaraan wil vat?!

>> Waar het ek dit gesê ? Jy sit woorde in my mond.

>>> G'n wonder jul fanatici het 'n rookwet
>>> deurgekry nie! Ek kan my indink wat sou gebeur het as JY gerook
>>> het.......dan sou hulle nie 'n kans gehad het nie!

>> Waarom wil jy in my karakter probeer inklim. Wie het gesê ek is 'n
>> fanatikus? Het jy my al in aksie gesien teen rokers? Ek dink nie so
>> nie. Jou afleidings kan dalk vals wees.

>> Verder, jy weet nie eers of ek 'n roker is of nie. Dit het niks met
>> die redenasie te doen nie. Ek redeneer bloot dat rook ongesond is en
>> dat mense die reg het om nie onwillekeurig te rook nie (tweedehandse
>> rook).

>>> Net oor die ou wat so lank gerook het sonder om verslaaf te
>>> raak......moet alles nie op gesigswaarde oordeel nie. Hierdie oom het
> in
>>> die week nooit gerook maar op die naweek, dan het hy hierdie Kubaanse dik
>>> sigaar uitgerol saam met 'n whiskey of twee by sy gebruiklike braai na 'n
>>> week se harde werk. Hy het egter nooit die rook ingetrek nie. So gaan
>>> dit ook met baie manne wat pyp rook. Hulle pomp en pomp, maar trek maar
>>> weinig in. Die dag as hy moet los, dan los hy.

>> Soos ek gesê het, anektodies is daar baie getuis van Oom dit en
>> tannie Dat. Anekdotes het geen plek in so 'n debat nie tensy ons
>> hierdie mense medies kan ondersoek.

>> Dit daargelaat om 'n punt te maak van rook intrek of nie intrek nie.
>> Hierdie Clinton storie hou nie water nie. Nikotien gaan die lyf ook
>> binne deur slymvliese in die mond en studies het gewys dat mense wat
>> sigare en pype (en natuurlik sigrets ook) rook deur nie in te haal
>> nie, ook nikotien in hulle bloed kry. Dis dan juis waarom hulle dit
>> doen, hulle kry iets daaruit.


>>> Maar ek stem saam met jou dat rook verslawend is.....maar so is
> alkohol
>>> ook.

>> Hier gaan ons weer....."maar." Hierdie thread se naam is rokery. Begin
>> 'n alkohol thread.

>>> Vat maar die manne se gereelde bier weg en kyk wat maak hy?

>> Nee ek weet nie, vertel ons wat hy maak.

>>> Verder bly ek egter staan op my punt dat rook se gevolge oor die
> langtermyn is [en
>>> sekerlik is alle verwante siektes nie net te wyte aan tabakrook
> nie.....wat
>>> van plekke soos Sasol, Iscor en ander plekke wat rook maak?

>> Wat is hierdie langtermyn/korttermyn punt wat jy maak? As iemand vir
>> jare lank drink en eers op 80-jarige ouderdom 'n kind in 'n pram
>> doodry, is dit 'n lang of korttermyn gevolg van alkohol.

>> As iemand na jare se alkohol misbruik 'n harde lewer kry en begin geel
>> word, is dit 'n kort-termyn issue want hy het eers gister begin geel
>> word?

>> Liggaamsskade van altwee is ophopend en 'n funksie van beide
>> kwantiteit en periode.

>> Op die Sasol en Iscor issue, dis nog 'n ding wat altyd opgebring word
>> as 'n tipiese prioriteits redenasie wat ek elders aangespreek het. Jy
>> hiet daai punt nie so duidelik gestel nie so ek sal jou nie as 'n
>> voorbeeld gebruik nie. Dir storie gaan so: "Ja, julle baklei heeldag
>> met ons rokers maar wat van Iscor en Sasol?" As die roker in Durban
>> bly is die sondebok Engen en as hulle in Richardsbaai bly is dit
>> Culumbus Stainless. Waar ek bly is Samancor die sondebok.

>> Daar is geen twyfel dat industrieele besoedeling 'n gesondheids risiko
>> is nie en dat dit nie aangenaam is nie. Om dit met tabakrook te
>> vergelyk maak nie sin nie. Ek is seker jy sal die verskille kan
>> insien.

>>> Ek weet van 'n ou hier by ons wat aan emfiseem en longkanker dood is
> omdat hy 'n sandput
>>> bedryf het terwyl alkohol op die kort termyn groot kak kan maak.

>> Jou anekdotiese voorbeeld maak nie juis 'n punt nie want dit
>> demonstreer nie eintlik wat ek dink jy probeer sê nie.


>> Johan Bornman
>
Vorige onderwerp: Re: 20 Percent of South Africe Infected with AIDS
Volgende onderwerp: shosholoza in UK klaskamer!!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 12:14:36 MGT 2024