Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Beeld, Burger en Van Wyk Louw
Beeld, Burger en Van Wyk Louw [boodskap #64031] Do, 20 Junie 2002 14:55 na volgende boodskap
LeswinLaubscher  is tans af-lyn  LeswinLaubscher
Boodskappe: 47
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Lees eergister 'n analise oor Van Wyk Louw en die uitval met Verwoerd oor die
Pluimsaad waai ver. Wat ek toe interressant (hoe spel mens die woord) vind, is
die lou, versigtige, en trapsuutjie response van Die Burger teenoor die manier
waarop Beeld heel heldhaftig, kaalvuis, en onbeskroomd in die debat ingeduik
het. EK wonder toe - siende dat ek in die Kaap grootgeword het, en toegang
gehad het tot die burger, is die manier van reageer heel in pas met my ervaring
van die koerant as NP-Spreekbuis (Lees die Burger en lieg saam). Maar Beeld
ken ek nie, en ek wonder wat Beeld se rol, wat Beeld se storie (narrative), se
verhouding was tot die Apartheidsjare en die NP meer spesifiek. Wie het Beeld
gelees? Wie was sy gehoor? En hoe is Beeld en Burger tans (post-Apartheid)
eenders/anders?
Re: Beeld, Burger en Van Wyk Louw [boodskap #64081 is 'n antwoord op boodskap #64031] Vr, 21 Junie 2002 13:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

LeswinLaubscher wrote:

> Lees eergister 'n analise oor Van Wyk Louw en die uitval met Verwoerd oor die
> Pluimsaad waai ver. Wat ek toe interressant (hoe spel mens die woord) vind, is
> die lou, versigtige, en trapsuutjie response van Die Burger teenoor die manier
> waarop Beeld heel heldhaftig, kaalvuis, en onbeskroomd in die debat ingeduik
> het.

Ek het teruggegaan na die biografie van
NP geskryf deur J.C. Steyn om my geheue
te verfris oor die "Pluimsaad waai ver"
se twis. Die stuk gaan hoofsaaklik oor
President Steyn van die Vrystaat en is
in 1966 op die planke gebring. Verwoerd
het glo die eerste vertoning bygewoon
en besware gehad teenoor die manier waarop
President Steyn deur NP uitgebeeld is.
Verwoerd het daarna op 'n feesrede verklaar
dat hy hoop dat die Republiek digters en
skrywers sal oplewer wat nie sal vra
"wat is 'n volk..." nie, maar wat sal uit-
jubel "dit is my volk."
Hierna het daar glo 'n storm losgebars
in Afrikaanse kringe, want dit was duidelik
dat Verwoerd na NP verwys het.
Sover ek egter kan uitmaak, Leswin,
was dit Piet Cillie van die Burger wat eerste
die vuurtjie begin stook het. Dis egter Beeld,
deur Rykie van Reenen, wat die saak toe wyer
begin bespreek het, en kort voor lank was daar
'n hele bohaai oor die stuk, en oor hoe "lojaal"
NP nou is as Afrikaner.
Ek lag in my mou vir hierdie soort ding. As
mens NP se biografie lees, en sien hoe 'n eng
Broederbonder hy was op sy dae, en hoe hatig teen
Jan Smuts en dié se ideale vir SA, dan het hy
gekry wat hom toekom - die slang het teruggebyt.

Gloudina
Re: Beeld, Burger en Van Wyk Louw [boodskap #64082 is 'n antwoord op boodskap #64081] Vr, 21 Junie 2002 14:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Ek gaan toe ook terug na Opperman se biografie
( deur Kannemeyer) oor die Pluimsaad-waai-ver
episode. Blykbaar was Opperman erg geirriteerd
deur die mense wat skielik vir NP begin aanval
het. Kannemeyer dui aan dat Opperman byvoorbeeld
by Elize en Johan Botha vir 'n partytjie was,
waar slegs regter Kowie Marais bereid was om die
stuk te verdedig. Die ander het die stuk veroordeel
"omdat dit niks van die konsentrasiekampe sê nie."
Ek wonder nog altyd oor die rol wat Elize Botha in
die apartheidsregime gespeel het en wat sy in die
post-apartheid periode regkry. As mens onthou dat
sy die skoonsuster was van Pik Botha, dan kan jy
verstaan van die rol gedurende apartheid ( maar
mens sidder nog as jy dink dat een van haar seuns
blykbaar 'n hand gehad het in die aap-fetus wat
in Bishop Tutu se voortuin opgehang is.) Maar hoe
het sy dit reggekry om haar in te wurm in die
post-apartheid scéne? Was sy nie deel van die komitee
wat oor die nuwe vlag moes besluit nie. En is sy nie
nou rektor van die Universiteit van Stellenbosch nie?
En dan het sy NP veroordeel oor sy "verraad" teen die
"Republiek." As daar nou nog ooit 'n tweegatjakkals
was, dan is dit dié dame.

Tant Hessie van Waterval-Boven
Re: Beeld, Burger en Van Wyk Louw [boodskap #64084 is 'n antwoord op boodskap #64082] Vr, 21 Junie 2002 14:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina vra oor Elize B
Maar hoe het sy dit reggekry om haar in te wurm in die
post-apartheid scéne? Was sy nie deel van die komitee
wat oor die nuwe vlag moes besluit nie.

Wouter
Ja, sy was. Maar ek dink sy het eerder die establishment daar
verteenwoordig, alhoewel dit natuurlik nie uitgespel is nie.
Sy was nog nooit onder ANC-invloed nie.

Gloudina:
En is sy nie nou rektor van die Universiteit van Stellenbosch nie?

Wouter:
Nee, sy is die Kanselier. Dis 'n bloot seremoniële pos, sy moes
uit die Raad bedank om die nodige afstand te kry toe sy as
Kanselier aangestel is.

Gloudina
En dan het sy NP veroordeel oor sy "verraad" teen die
"Republiek." As daar nou nog ooit 'n tweegatjakkals
was, dan is dit dié dame.

Wouter
Ek ken nie dié geskiedenis nie. Maar haar geloofwaardigheid
word nie bevraagteken nie. Die komitee wat die vlag en ander
simbole hanteer het, het goeie werk gedoen en hulle het haar
rol daarin hoog opgegee.
Re: Beeld, Burger en Van Wyk Louw [boodskap #64119 is 'n antwoord op boodskap #64081] Sa, 22 Junie 2002 15:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
Hierna het daar glo 'n storm losgebars
in Afrikaanse kringe, want dit was duidelik
dat Verwoerd na NP verwys het.
Sover ek egter kan uitmaak, Leswin,
was dit Piet Cillie van die Burger wat eerste
die vuurtjie begin stook het. Dis egter Beeld,
deur Rykie van Reenen, wat die saak toe wyer
begin bespreek het ..

Wouter
Ek ken glad nie hierdie geskiedenis nie. Maar was Rykie van
Reenen by Beeld? Ongeveer watter jaar sou dit gewees het?
Jy bedoel nie dalk die Sondagkoerant "Die Beeld" nie? Ek vra
dit omdat Rykie lank by Die Beeld se opvolger, Rapport, was.
As ek reg onthou was sy later adjunk-redakteur van Rapport.
Re: Beeld, Burger en Van Wyk Louw [boodskap #64137 is 'n antwoord op boodskap #64119] Sa, 22 Junie 2002 23:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Ek ken glad nie hierdie geskiedenis nie. Maar was Rykie van
> Reenen by Beeld? Ongeveer watter jaar sou dit gewees het?
> Jy bedoel nie dalk die Sondagkoerant "Die Beeld" nie? Ek vra
> dit omdat Rykie lank by Die Beeld se opvolger, Rapport, was.
> As ek reg onthou was sy later adjunk-redakteur van Rapport.

Ek het teruggegaan na die NP biografie van
J.C. Steyn. Daar word van "Die Beeld" gepraat.
Ek was nie bewus dat daar 'n verskil was tussen
"Die Beeld" en "Beeld" nie. Nogal verwarrend, nè?

Gloudina
Re: Beeld, Burger en Van Wyk Louw [boodskap #64162 is 'n antwoord op boodskap #64137] So, 23 Junie 2002 12:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
> Ek ken glad nie hierdie geskiedenis nie. Maar was Rykie van
> Reenen by Beeld? Ongeveer watter jaar sou dit gewees het?
> Jy bedoel nie dalk die Sondagkoerant "Die Beeld" nie? Ek vra
> dit omdat Rykie lank by Die Beeld se opvolger, Rapport, was.
> As ek reg onthou was sy later adjunk-redakteur van Rapport.

Gloudina
Ek het teruggegaan na die NP biografie van
J.C. Steyn. Daar word van "Die Beeld" gepraat.
Ek was nie bewus dat daar 'n verskil was tussen
"Die Beeld" en "Beeld" nie. Nogal verwarrend, nê?

Wouter
Ja, dit kan vandag seker verwarrend wees. Maar Die Beeld was
darem al baie jare geskiedenis toe Beeld begin het.
Re: Beeld, Burger en Van Wyk Louw [boodskap #64198 is 'n antwoord op boodskap #64031] Ma, 24 Junie 2002 17:25 Na vorige boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Beeld was maar lekker "nassenaal", maar het op 'n stadium 'n kentering
ondergaan en eintlik as wegbereider vir die nuwe denke begin dien. Daar is
omtrent 'n parallel tussen Beeld se visie en die van die Broederbond, wat
ook op 'n stadium as 'n vernuwer in Afrikanerdenke begin optree het, nadat
dit lank die beskerm"heer" van die ou denke was. Beeld se lesers was later
hoofsaaklik die sg. "verligte" Afrikaner. Deesdae is ek nie seker of hulle
grootliks die NP volg en of hulle 'n onafhanklike opinie huldig nie. Ek het
nogal respek vir hulle gehad en kan hier in die Baai nie juis vat aan die
Burger kry nie.

Koot

"LeswinLaubscher" skryf in boodskap news:20020620105526.06723.00001552@mb-ci.news.cs.com...
> Lees eergister 'n analise oor Van Wyk Louw en die uitval met Verwoerd oor die
> Pluimsaad waai ver. Wat ek toe interressant (hoe spel mens die woord) vind, is
> die lou, versigtige, en trapsuutjie response van Die Burger teenoor die manier
> waarop Beeld heel heldhaftig, kaalvuis, en onbeskroomd in die debat ingeduik
> het. EK wonder toe - siende dat ek in die Kaap grootgeword het, en toegang
> gehad het tot die burger, is die manier van reageer heel in pas met my ervaring
> van die koerant as NP-Spreekbuis (Lees die Burger en lieg saam). Maar Beeld
> ken ek nie, en ek wonder wat Beeld se rol, wat Beeld se storie (narrative), se
> verhouding was tot die Apartheidsjare en die NP meer spesifiek. Wie het Beeld
> gelees? Wie was sy gehoor? En hoe is Beeld en Burger tans (post-Apartheid)
> eenders/anders?
Vorige onderwerp: Boeddhisme op NG.
Volgende onderwerp: Oor Kombuise en Kerkorrels
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 11:04:36 MGT 2024