Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Skuilname en 'n voorbarige nuweling
Die Universiteit van die Lewe [boodskap #63787 is 'n antwoord op boodskap #63756] So, 16 Junie 2002 07:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Daar is net een graad wat die moeite werd is, Ferdi.
> Jy kry hom by Die Universiteit van die Lewe en sy naam
> is Ondervinding. En 'n paar ander dinge

LeswinLaubscher
Nee - veel eerder "Leer uit Ondervinding". Ondervinding self
het min mense gekeer om dieselfde foute en enge vooroordele
weer en weer en weer te maak.

Wouter
Ek verskil nie van jou sentimente nie, Leswin. Maar daardie
graad se naam is Ondervinding. En 'n paar ander dinge,
wat noodwendig leerervaring ook insluit. Anders as 'n
gewone universiteit, bring Die Universiteit van die Lewe
jou hard grond toe as jy nie uit jou foute leer nie.

Aan jou vooroordele moet jy self werk, jou optrede is
belangriker as jou vooroordele. Sommige mense kom
hulle vooroordele te bowe sonder om werklik daarvan
ontslae te raak.

Van die mees geronde mense wat ek ken het nie grade
nie, maar hulle het almal die vermoë om uit hulle
ervarings te leer.
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63816 is 'n antwoord op boodskap #63775] So, 16 Junie 2002 12:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chrisjolette  is tans af-lyn  Chrisjolette
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Ag tante,ek en die oom is nie so vreemd vir mekaar as wat tante dink
nie. So van macho gepraat, as hy daardie bril van hom opsit kan hy
darem ernstig lyk.
Oor Afrikaanse digters weet ek nie veel nie, maar van Haiku-digters
glo ek kan ons almal iets leer. Soos tante elders geskryf het die
Boeddhisme (en dan daarmee saam haiku)maak mens se kop nogal oop vir
dinge wat vroeër nie verstaan is nie. Soos die Buddha gesê het: "Rely
upon yourself: do not depend upon anyone else. Make my teachings your
light. Rely upon them: do not depend upon any other teaching."
Sorry vir die platvoerse gesprekke tot hier, ek sal rêrig poog om meer
wetenskaplik te wees, maar tante moet onthou hier is ander mense wat
ook hier lees en hulle sal nie verstaan as ons twee begin gesels oor
Nichiren Daishonin se wonderlik, verligtende werke nie.

> Hy het ook nie vreemde vrouens nodig
> om hom macho te laat voel nie.
> Kom, praat met my oor iets
> wat my sal interesseer. Soos wie jou geliefkoosde
> Afrikaanse digter is, en hoekom.
>
> Tant Hessie van Litnet
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63817 is 'n antwoord op boodskap #63421] So, 16 Junie 2002 12:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chrisjolette  is tans af-lyn  Chrisjolette
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Hy is nie so `n groentjie nie, behalwe as jy sy plasings van ten
minste die laaste 3 jaar as "nuut" sien.
Gmf, nooit gedink ek sou `n goeie woord oor die mansmens te sê hê nie.

"Hantamkind"
> Ek wonder wat is Johan Bornman se hangup met skuilname? Hy is duidelik 'n
> groentjie wat nuusgroepe aanbetref.
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63819 is 'n antwoord op boodskap #63428] So, 16 Junie 2002 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chrisjolette  is tans af-lyn  Chrisjolette
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Voltaire = Francios Arouet
Duke of Wellington = Arthur Wellesley (1769 - 1852)
Katryn
> Kom ons kyk gou iets...
> Wie weet wat was Voltaire se regte naam?
> En wat van die Duke of Wellington?
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63835 is 'n antwoord op boodskap #63816] Ma, 17 Junie 2002 02:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Chrisjolette wrote:

as ons twee begin gesels oor
> Nichiren Daishonin se wonderlik, verligtende werke

Hier sal jy maar vir tannie moet
vertel waarna jy verwys. Tannie
is nie vreeslik kundig oor Japanese
en Sjinese ontwikkelings van
Boeddhisme nie. Ons studeer hoof-
saaklik Tibetaanse Buddhisme, meer
bepaald die Nyingma tak daarvan.
(Die huidige Dalai Lama behoort nie
aan hierdie groep nie. Hy is 'n
Gelug. Daar is teologiese verskille
tussen Gelug en Nyingma.)
Maar is die Nichiren skool nie
'n vreeslike nasionalistiese vorm van
Japanese Buddhisme nie?

Tant Hessie van Helsdingen, wat glo
in die agterste tantras.
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63845 is 'n antwoord op boodskap #63835] Ma, 17 Junie 2002 09:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chrisjolette  is tans af-lyn  Chrisjolette
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
So tante is saam met Steven Seagal. Hy is mos die reïnkarnasie van `n
15de eeuse lama. Ek sal later as ek meer tyd het skryf oor ons
geloofstandpunte, dit sal nogal radical wees vir party mense op die
ng. Veral vir die wat glo dat daar iets soos `n "god" is. Ander sal
weer baie tuis voel al het hulle nooit voorheen van ons gehoor nie,
dit is nou as ek so na hulle argumente kyk en sien hoe hulle presies
Nichiren Shoshu standpunte handhaaf. Dit gaan tog vir ons almal
uiteindelik oor dieselfde ding: hoe om materiële vooruitgang en geluk
te vind.

"@rogers.com"

> meer bepaald die Nyingma tak daarvan.
> (Die huidige Dalai Lama behoort nie
> aan hierdie groep nie. Hy is 'n
> Gelug. Daar is teologiese verskille
> tussen Gelug en Nyingma.)
Re: Skuilname en 'n voorbarige nuweling [boodskap #63850 is 'n antwoord op boodskap #63845] Ma, 17 Junie 2002 12:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Chrisjolette wrote:

Ander sal
> weer baie tuis voel al het hulle nooit voorheen van ons gehoor nie,
> dit is nou as ek so na hulle argumente kyk en sien hoe hulle presies
> Nichiren Shoshu standpunte handhaaf. Dit gaan tog vir ons almal
> uiteindelik oor dieselfde ding: hoe om materiële vooruitgang en geluk
> te vind.

Wel, Chrisjolette, ek wag met spanning op
jou verdere skrywe. Dit lyk vir my jy is
'n aanhanger van Nichiren Shoshu. Dit slaan
my effens dronk, want dis 'n baie Japan-
gesentreerde standpunt. Ek het nie verwag
dat iemand wat haarself Chrisjolette Vos
noem, sou glo dat Japan die middelpunt van
die "wêreld" is nie. Ek sou dink sy sou
meer 'n standpunt aangehang het wat dink dat
Athene die middelpunt van die wereld is.
Terloops, as jy dink Boeddhisme gaan oor
"materiële vooruitgang en geluk" verower, dan
slaan jy die bal ver mis. Wie wil wat verower,
anyway?

Tant Hessie Namdrolling
Re: Vir ferdi [boodskap #63907 is 'n antwoord op boodskap #63687] Di, 18 Junie 2002 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
>> KinkY: Ja, so skerp soos altyd! :-)
>> Ek weet van een CV wat n verrassing sal wees!
>> :-))
>
> 1. Soek julle werk?
>
> 2. Of is julle van daardie Afrikaners wat sertifikate wat verwerf is
> by instelling as die hoogste goed ag?
> Julle weet mos watter tipes, die wat uiteindelik 'n graad kry en dan
> dink dit maak hulle beter as ander mense.
> Of die wat meer as een graad kry en dan hul menslike status daaraan
> heg.
>
> Ek dink die regte Engelse term daarvoor is "pompous arseholes"
>
> Van watter een van die twee is julle?

Dit is nou Ferdi wat te koop loop met die feit dat hy 'n joernalis by
die Beeld is? So Ferdie wat 'n joernalis by die Beeld is - wat maak dit
dus van jou wat so te koop loop met jou 'claim to fame'? ''n ______
_____? :) Gun die ouens met hulle grade tog die reg om ook bietjie met
hulle 'claim to fame' te spog?! Nou nie dat ek dink Tobie, Wouter en
die ander lot skuilnaam gebruikers hier spog eintlik met hulle
achievements nie - hulle gebruik dan skuilname en dit sal mos hulle hele
vermoming opdinges?

>
> En dan praat ons nog ook hier van mense wat actually gedink het hulle
> het - deur vir 'n jaar gereeld te pos op 'n nuusgroep - die een of
> ander besitreg gekry op 'n openbare gesprek rakende openbare dinge -
> een wat van 'n gewone gesprek verskil bloot deurdat dit per
> telefoonlyn gestuur word.

Dit gee egter nie vir mense (soos ek en jy) wat elke nou en dan hier
pos en dan vir mense wil vertel wat hule mag doen en wat nie?

>
> Sien, hier het ons in elk geval nog 'n illustrasie van die gees van
> die Afrikaanse nuusgroep.
>
> "My pa het 'n groot chev. Wat het jou pa, huh?, huh? "

Soos in 'Ek werk vir XYZ - vir wie werk jy huh? HUH!?'

Of 'Ek is Johan Smit - wie is jy huh? Huh!'

HUH!?!
Vir Lou [boodskap #63914 is 'n antwoord op boodskap #63907] Di, 18 Junie 2002 14:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Lou:
Nou nie dat ek dink Tobie, Wouter en die ander lot
skuilnaam gebruikers hier ....

Wouter
Whouu Lou, Tobie is geen skuilnaam nie, hoor. Hy het my kom
opsoek op sy mouterbaaik en hy is so eg soos die moredou.

En ek is 'n regte (plaas)vark ook :-)

Maar met jou sentimente oor die voorbarige nuweling
kan ek nie fout vind nie :-)
Sushi [boodskap #63940 is 'n antwoord op boodskap #63845] Di, 18 Junie 2002 22:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
chrisjo...@yahoo.com (Chrisjolette) wrote:

> Ek sal later as ek meer tyd het skryf oor ons
> geloofstandpunte, dit sal nogal radical wees vir party mense op die
> ng. Veral vir die wat glo dat daar iets soos `n "god" is. Ander sal
> weer baie tuis voel al het hulle nooit voorheen van ons gehoor nie,
> dit is nou as ek so na hulle argumente kyk en sien hoe hulle presies
> Nichiren Shoshu standpunte handhaaf. Dit gaan tog vir ons almal
> uiteindelik oor dieselfde ding: hoe om materiële vooruitgang en geluk
> te vind.

Vertel meer asseblief. Ek (en heel waarskynlik baie ander ook), stel
werklik belang.
Maar hou dit eenvoudig en basies om mee te begin asseblief - hierdie
Nichiren Shoshu klink te veel na die Mariners se ster baseball speler
- Ichero of so iets....
:-)
Re: Vir Lou [boodskap #63952 is 'n antwoord op boodskap #63914] Wo, 19 Junie 2002 09:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wel - maar my naam is ok mos my naam. So wat moan Ferdi en sy alter eggo
JB dan so oor mense wat skuilname gebruik?

Wouter Plaasvark wrote:
>
> Lou:
> Nou nie dat ek dink Tobie, Wouter en die ander lot
> skuilnaam gebruikers hier ....
>
> Wouter
> Whouu Lou, Tobie is geen skuilnaam nie, hoor. Hy het my kom
> opsoek op sy mouterbaaik en hy is so eg soos die moredou.
>
> En ek is 'n regte (plaas)vark ook :-)
>
> Maar met jou sentimente oor die voorbarige nuweling
> kan ek nie fout vind nie :-)
Re: Vir ferdi [boodskap #63970 is 'n antwoord op boodskap #63907] Wo, 19 Junie 2002 14:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 Jun 2002 15:12:35 +0200, Lou wrote:

> Dit is nou Ferdi wat te koop loop met die feit dat hy 'n joernalis by
> die Beeld is? So Ferdie wat 'n joernalis by die Beeld is - wat maak dit
> dus van jou wat so te koop loop met jou 'claim to fame'? ''n ______
> _____? :) Gun die ouens met hulle grade tog die reg om ook bietjie met
> hulle 'claim to fame' te spog?! Nou nie dat ek dink Tobie, Wouter en
> die ander lot skuilnaam gebruikers hier spog eintlik met hulle
> achievements nie - hulle gebruik dan skuilname en dit sal mos hulle hele
> vermoming opdinges?

Nie claim to fame nie Lou.
Bloot eerlikheid.
Putting the money where the mouth is.

Ek se waar ek werk en wie ek is.

Kan jy dieselfde doen?

Maar is dit nou dieselfde "Lou" wat so twee of drie jaar gelede reeds
my werkgewer in 'n argument teen my gegooi het - op baie onvanpaste
wyse?

Indien jy nie 'n "Nuwe Lou" is nie, dan weet jy mos lankal waar ek
werk?

In fact jy het dit laas verkondig.

Wie is jy "Lou"?
Hoekom kruip jy weg?

> Soos in 'Ek werk vir XYZ - vir wie werk jy huh? HUH!?'
>
> Of 'Ek is Johan Smit - wie is jy huh? Huh!'
>
> HUH!?!

Nwee Lou, bloot die volgende - Ene "Lou" het op 'n dag nie meer
antwoorde gehad op my argumente nie (onthou jy Lou? Laas toe jy so vir
Louis Luys gefight het, daai jare) .

Toe loods hy 'n persoonlike aanval wat my werkplek betrek.

Toe vra ek hom maar waar werk hy?

Toe weier hy om te antwoord. Onthou jy Lou?

Die kwessie gaan oor skuilname. En mense wat nie die guts het om te se
wie hulle is nie - EN dan hulle dit aanmatig om die kennis wat hulle
oor andere het, op onvanpaste wyse te gebruik.

Om 'n joernalis te wees is fokkol, ou Lou.
Die pay is swak en die toestande nie baie lekker nie.
Mens het geen status nie, maar ek doen dit nie om status te he nie.

Ek se wie ek is en waar ek werk op die goeie ou gewoonte van jouself
voorstel aan mense.

Wie is jy "Lou"?

Hoekom aanvaar jy nie nou maar my uitnodiging in 'n ander pos nie,
toe?
Re: Vir stoute Wouter [boodskap #63977 is 'n antwoord op boodskap #63914] Wo, 19 Junie 2002 18:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark"
> Lou:
> Nou nie dat ek dink Tobie, Wouter en die ander lot
> skuilnaam gebruikers hier ....
>
> Wouter:
> Whouu Lou, Tobie is geen skuilnaam nie, hoor. Hy het my kom
> opsoek op sy mouterbaaik en hy is so eg soos die moredou.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Tobias:
hmmm ... hoe mooi ... so eg soos môredou, maar nie so kou ......
ou Lou :-)
Iemand gee Wouter tog nog 'n pot heuning en 'n groter kwas asb.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>
> En ek is 'n regte (plaas)vark ook :-)
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Tobias:
daarvan kan ek getuig, met die mooiste pink wieletjie neus :-)
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>
> Maar met jou sentimente oor die voorbarige nuweling
> kan ek nie fout vind nie :-)
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Tobias:
Die jong bobbejaanmannetjie daag maar altyd die oue uit om sy
vernuf te wys aan die vroulike geslag. Gewoonlik blaas die jonge
die aftog ..... ook sy ego so bietjie.
Vriendelike groete hier vanaf Riversdal waar die veld pragtig
groen is na die reëns en Jongens se fontein weer sterk loop.
Tobias M de Villiers IV
Re: Sushi [boodskap #63982 is 'n antwoord op boodskap #63940] Wo, 19 Junie 2002 21:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:l8cvgu4hqe7mu4dk4u5hhkcd4k7g8n7qfn@4ax.com...
> chrisjo...@yahoo.com (Chrisjolette) wrote:

> Veral vir die wat glo dat daar iets soos `n >"god" is.
> Dit gaan tog vir ons almal
>> uiteindelik oor dieselfde ding: hoe om >materiële vooruitgang en geluk
>> te vind.
>
> Vertel meer asseblief. Ek (en heel waarskynlik baie ander ook), stel
> werklik belang.

En hier verskil ek dramaties baie van jou, Katryn. Ek stel beslis nie
belang in nog 'n ateïstiese gesprek nie. Haai, en ek is een van daai
onnosele mense wat nog glo dat God wel bestaan - en ek is sommer baie aan
Hom verskuldig. Enigiemand wat glo dat dit vir almal gaan om "materiële
vooruitgang" het nog baie om uit die lewe te leer.

Die twee stellings wat hierbo aangehaal is, sê vir my alles wat ek nodig het
om te weet van die persoon wat die stellings gemaak het. Miskien kan julle
(en ander wat belang stel) daaroor privaat kommunikeer?
Re: Sushi [boodskap #63984 is 'n antwoord op boodskap #63982] Wo, 19 Junie 2002 21:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"me & bobby magee" wrote:

> En hier verskil ek dramaties baie van jou, Katryn. Ek stel beslis nie
> belang in nog 'n ateïstiese gesprek nie.

Ek aanvaar en respekteer jou siening, Bobby.
Jy is eintlik heeltemal reg - dit sal beter wees as Chrisjollette my
privaat kontak oor sy/haar sieninge as sy/hy wil. My belangstelling
was meer akademies in elkgeval.

Ek neem aan dat die meeste mense wat hier deelneem is Christene, en ek
weet dat ek nie altyd die nodige sensitiwiteit/respek teenoor
gelowiges betoon nie. My fout en ek vra nederig omverskoning.
Nee, natuurlik is dit nie dom om in God te glo nie - ek hoop rerig nie
dis hoe ek oorgekom het nie?
Re: Sushi [boodskap #63989 is 'n antwoord op boodskap #63982] Wo, 19 Junie 2002 22:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Veldmuis  is tans af-lyn  Veldmuis
Boodskappe: 22
Geregistreer: November 2003
Karma: 0
Junior Lid
On Thu, 20 Jun 2002 07:44:46 +1000, "me & bobby magee"
wrote:

>
> "Katryn" wrote in message
> news:l8cvgu4hqe7mu4dk4u5hhkcd4k7g8n7qfn@4ax.com...
>> chrisjo...@yahoo.com (Chrisjolette) wrote:
>

Danielle se teleurstellende reaksie:
>> Vertel meer asseblief. Ek (en heel waarskynlik baie ander ook), stel
>> werklik belang.
>

En Me se verwagte reaksie:
> En hier verskil ek dramaties baie van jou, Katryn. Ek stel beslis nie
> belang in nog 'n ateïstiese gesprek nie. Haai, en ek is een van daai
> onnosele mense wat nog glo dat God wel bestaan - en ek is sommer baie aan
> Hom verskuldig. Enigiemand wat glo dat dit vir almal gaan om "materiële
> vooruitgang" het nog baie om uit die lewe te leer.
>
> Die twee stellings wat hierbo aangehaal is, sê vir my alles wat ek nodig het
> om te weet van die persoon wat die stellings gemaak het. Miskien kan julle
> (en ander wat belang stel) daaroor privaat kommunikeer?
>
>
> En hier verskil ek dramaties baie van jou, Katryn.
> En hier verskil ek dramaties baie van jou, Katryn.
> En hier verskil ek dramaties baie van jou, Katryn.
> Die twee stellings wat hierbo aangehaal is, sê vir my alles wat ek nodig het
> om te weet van die persoon wat die stellings gemaak het. Miskien kan julle
> (en ander wat belang stel) daaroor privaat kommunikeer?

Baie dankie vir die brief van jou waaruit weer lig skyn M&B.
Jou reaksie op die snert hierbo kan werklik dien as motivering
vir my om weer meer aktief deel te neem. Die ateïsme wat die
afgelope tyd kop uitsteek maak die groep werklik afbrekend.
Soos jy sê, kan die kring van spotters mos privaat hulle swart
verf aan mekaar smeer.

DD
Re: Sushi [boodskap #63990 is 'n antwoord op boodskap #63989] Wo, 19 Junie 2002 22:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Veldmuis wrote:

> Baie dankie vir die brief van jou waaruit weer lig skyn M&B.
> Jou reaksie op die snert hierbo kan werklik dien as motivering
> vir my om weer meer aktief deel te neem. Die ateïsme wat die
> afgelope tyd kop uitsteek maak die groep werklik afbrekend.
> Soos jy sê, kan die kring van spotters mos privaat hulle swart
> verf aan mekaar smeer.

Weet jy Dave - dit is nou eenmaal een ding wat ek nog nooit kon
verstaan nie. Waarom moet ek as 'n "spotter" uitgekryt word as ek
verkies om as 'n agnostikus deur die lewe te gaan?
Waarom voel jy, en andere wat soos jy redeneer dat ek minder mens is
net omdat ek nie meer wil glo soos julle nie? Mag ek nie ook die
nodige respek vra wat ek probeer om aan julle te bied nie?
NOOIT *OOIT* het ek al bewustelik ander mense gespot oor hulle geloof
nie. Ek het alreeds erken dat ek onsensitief opgetree het, en het
omverskoning gevra. Ek wonder of jy dieselfde respek aan my sal kan
betoon, en omverskoning vra omdat jy my onmiddellik in 'n "kring van
spotters" geplaas het? Ek sal nie my asem ophou nie....:-(
Ek is nie iemand wat daarvan hou om met swart verf te speel nie...
Re: Sushi [boodskap #63993 is 'n antwoord op boodskap #63990] Do, 20 Junie 2002 05:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek stem nie saam met Chrisjolette se stelling waaroor dit maar vir almal
gaan nie - dit mag miskien vir hom/haar en die mense wat soos sy/hy dink
waar wees - maar oppervlakkig beskou lyk dit maar vir my na 'n oppervlakkige
tipe van geloof.
Aan die ander kant dink ek ook nie dit is gepas om enigiemand wat nie 'n
christen is nie, as 'n ateis te veroordeel of af te skryf nie.
Ter wille van die blootlegging verdraagsaamheid ( of nie) is dit miskien
beter om geloofsgesprekke wel per privaatpos te bespreek

Annette

"Katryn" skryf in boodskap news:gg22hu0l94a1hvo8jhapda9fnsrhv6ekna@4ax.com...
> Veldmuis wrote:
>
>> Baie dankie vir die brief van jou waaruit weer lig skyn M&B.
>> Jou reaksie op die snert hierbo kan werklik dien as motivering
>> vir my om weer meer aktief deel te neem. Die ateïsme wat die
>> afgelope tyd kop uitsteek maak die groep werklik afbrekend.
>> Soos jy sê, kan die kring van spotters mos privaat hulle swart
>> verf aan mekaar smeer.
>
> Weet jy Dave - dit is nou eenmaal een ding wat ek nog nooit kon
> verstaan nie. Waarom moet ek as 'n "spotter" uitgekryt word as ek
> verkies om as 'n agnostikus deur die lewe te gaan?
> Waarom voel jy, en andere wat soos jy redeneer dat ek minder mens is
> net omdat ek nie meer wil glo soos julle nie? Mag ek nie ook die
> nodige respek vra wat ek probeer om aan julle te bied nie?
> NOOIT *OOIT* het ek al bewustelik ander mense gespot oor hulle geloof
> nie. Ek het alreeds erken dat ek onsensitief opgetree het, en het
> omverskoning gevra. Ek wonder of jy dieselfde respek aan my sal kan
> betoon, en omverskoning vra omdat jy my onmiddellik in 'n "kring van
> spotters" geplaas het? Ek sal nie my asem ophou nie....:-(
> Ek is nie iemand wat daarvan hou om met swart verf te speel nie...
>
Re: Sushi [boodskap #64000 is 'n antwoord op boodskap #63982] Do, 20 Junie 2002 07:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hmm nog 'n kwasi-moderator - as jy nie hou van die dinge waaroor mense
skryf nie - ignoreer die thread - sit die ouense op jou kill lys, moenie
dit lees nie.

Maklik huh? :)

me & bobby magee wrote:
>
>
> Die twee stellings wat hierbo aangehaal is, sê vir my alles wat ek nodig het
> om te weet van die persoon wat die stellings gemaak het. Miskien kan julle
> (en ander wat belang stel) daaroor privaat kommunikeer?
Re: Sushi [boodskap #64001 is 'n antwoord op boodskap #63993] Do, 20 Junie 2002 07:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek lees self nie juis indiepte gesprekke van agnostici en ateïste
(oor geloof) nie, maar as Christen het ek 'n probleem met die
onverdraagsaamheid met mense wat anders dink. Ek verstaan
nie hoekom sulke gesprekke nie hier kan plaasvind nie.

My ervaring is dat ateïste en agnostici baie meer verdraagsaam
is as Christene. Gelukkig is dit 'n veralgemening.

Wouter

"Annette" skryf in boodskap news:aerqqj$9etru$1@ID-92016.news.dfncis.de...
Ek stem nie saam met Chrisjolette se stelling waaroor dit maar
vir almal gaan nie - dit mag miskien vir hom/haar en die mense
wat soos sy/hy dink waar wees - maar oppervlakkig beskou
lyk dit maar vir my na 'n oppervlakkige tipe van geloof.
Aan die ander kant dink ek ook nie dit is gepas om enigiemand wat
nie 'n christen is nie, as 'n ateis te veroordeel of af te skryf nie.
Ter wille van die blootlegging verdraagsaamheid ( of nie) is dit miskien
beter om geloofsgesprekke wel per privaatpos te bespreek

Annette

"Katryn" skryf in boodskap news:gg22hu0l94a1hvo8jhapda9fnsrhv6ekna@4ax.com...
> Veldmuis wrote:
>
>> Baie dankie vir die brief van jou waaruit weer lig skyn M&B.
>> Jou reaksie op die snert hierbo kan werklik dien as motivering
>> vir my om weer meer aktief deel te neem. Die ateïsme wat die
>> afgelope tyd kop uitsteek maak die groep werklik afbrekend.
>> Soos jy sê, kan die kring van spotters mos privaat hulle swart
>> verf aan mekaar smeer.
>
> Weet jy Dave - dit is nou eenmaal een ding wat ek nog nooit kon
> verstaan nie. Waarom moet ek as 'n "spotter" uitgekryt word as ek
> verkies om as 'n agnostikus deur die lewe te gaan?
> Waarom voel jy, en andere wat soos jy redeneer dat ek minder mens is
> net omdat ek nie meer wil glo soos julle nie? Mag ek nie ook die
> nodige respek vra wat ek probeer om aan julle te bied nie?
> NOOIT *OOIT* het ek al bewustelik ander mense gespot oor hulle geloof
> nie. Ek het alreeds erken dat ek onsensitief opgetree het, en het
> omverskoning gevra. Ek wonder of jy dieselfde respek aan my sal kan
> betoon, en omverskoning vra omdat jy my onmiddellik in 'n "kring van
> spotters" geplaas het? Ek sal nie my asem ophou nie....:-(
> Ek is nie iemand wat daarvan hou om met swart verf te speel nie...
Re: Sushi [boodskap #64002 is 'n antwoord op boodskap #64001] Do, 20 Junie 2002 09:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Walter, natuurlik is dit die keuse van elkeen om oor enige onderwerp hier te
praat.
Ek het net geskryf om 'n redelike voorstel te ondersteun.

Dit is interessant om van ander gelowe en leefwyses hier te lees - maar ek
dink nie dit is die doel van enige skrywer om enige ander pesoon tot hul
oortuiging oor te haal nie.
Indien iemand wel agv die inligting hier verskaf meer sou belangstel, is
dit seker tog iets op 'n meer persoonlike vlak wat per e-pos gedoen kan
word.

Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d1186dc.0@news1.mweb.co.za...
> Ek lees self nie juis indiepte gesprekke van agnostici en ateïste
> (oor geloof) nie, maar as Christen het ek 'n probleem met die
> onverdraagsaamheid met mense wat anders dink. Ek verstaan
> nie hoekom sulke gesprekke nie hier kan plaasvind nie.
>
> My ervaring is dat ateïste en agnostici baie meer verdraagsaam
> is as Christene. Gelukkig is dit 'n veralgemening.
>
> Wouter
>
> "Annette" wrote in message
> news:aerqqj$9etru$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek stem nie saam met Chrisjolette se stelling waaroor dit maar
> vir almal gaan nie - dit mag miskien vir hom/haar en die mense
> wat soos sy/hy dink waar wees - maar oppervlakkig beskou
> lyk dit maar vir my na 'n oppervlakkige tipe van geloof.
> Aan die ander kant dink ek ook nie dit is gepas om enigiemand wat
> nie 'n christen is nie, as 'n ateis te veroordeel of af te skryf nie.
> Ter wille van die blootlegging verdraagsaamheid ( of nie) is dit miskien
> beter om geloofsgesprekke wel per privaatpos te bespreek
>
> Annette
>
> "Katryn" wrote in message
> news:gg22hu0l94a1hvo8jhapda9fnsrhv6ekna@4ax.com...
>> Veldmuis wrote:
>>
>>> Baie dankie vir die brief van jou waaruit weer lig skyn M&B.
>>> Jou reaksie op die snert hierbo kan werklik dien as motivering
>>> vir my om weer meer aktief deel te neem. Die ateïsme wat die
>>> afgelope tyd kop uitsteek maak die groep werklik afbrekend.
>>> Soos jy sê, kan die kring van spotters mos privaat hulle swart
>>> verf aan mekaar smeer.
>>
>> Weet jy Dave - dit is nou eenmaal een ding wat ek nog nooit kon
>> verstaan nie. Waarom moet ek as 'n "spotter" uitgekryt word as ek
>> verkies om as 'n agnostikus deur die lewe te gaan?
>> Waarom voel jy, en andere wat soos jy redeneer dat ek minder mens is
>> net omdat ek nie meer wil glo soos julle nie? Mag ek nie ook die
>> nodige respek vra wat ek probeer om aan julle te bied nie?
>> NOOIT *OOIT* het ek al bewustelik ander mense gespot oor hulle geloof
>> nie. Ek het alreeds erken dat ek onsensitief opgetree het, en het
>> omverskoning gevra. Ek wonder of jy dieselfde respek aan my sal kan
>> betoon, en omverskoning vra omdat jy my onmiddellik in 'n "kring van
>> spotters" geplaas het? Ek sal nie my asem ophou nie....:-(
>> Ek is nie iemand wat daarvan hou om met swart verf te speel nie...
>
Re: Vir ferdi [boodskap #64011 is 'n antwoord op boodskap #63907] Do, 20 Junie 2002 11:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf (gecopy van dejanews - my nuusbediener is half dood):

On Tue, 18 Jun 2002 15:12:35 +0200, Lou wrote:

> Dit is nou Ferdi wat te koop loop met die feit dat hy 'n joernalis by
> die Beeld is? So Ferdie wat 'n joernalis by die Beeld is - wat maak dit
> dus van jou wat so te koop loop met jou 'claim to fame'? ''n ______
> _____? :) Gun die ouens met hulle grade tog die reg om ook bietjie met
> hulle 'claim to fame' te spog?! Nou nie dat ek dink Tobie, Wouter en
> die ander lot skuilnaam gebruikers hier spog eintlik met hulle
> achievements nie - hulle gebruik dan skuilname en dit sal mos hulle hele
> vermoming opdinges?

Nie claim to fame nie Lou.
Bloot eerlikheid.
Putting the money where the mouth is.

Ek se waar ek werk en wie ek is.

Kan jy dieselfde doen?

LOU: Nee Ferdi want ek het mos al verduidelik dat dit makliker is om 'n
mening te lig as jy nie soos jy die t wil kwalifiseer met wie jy is nie.

Maar is dit nou dieselfde "Lou" wat so twee of drie jaar gelede reeds
my werkgewer in 'n argument teen my gegooi het - op baie onvanpaste
wyse?

LOU: Hmm - jy lyk soos die regte Ferdi - al weer besig om die waarheid
te verdraai? En as ek dit reg gekry het om jou so van balans te kry,
herhinner my weer wat dit was - duidelik het dit 'n moerse impak gehad
:)

Indien jy nie 'n "Nuwe Lou" is nie, dan weet jy mos lankal waar ek
werk?

In fact jy het dit laas verkondig.

Lou: Nou wat sê ek daar bo - duidelik weet ek waar jy werk - want jy
hou aan om ons te vertel.

Wie is jy "Lou"?
Hoekom kruip jy weg?

Lou: Het die tegniek al met iemand gewerk Ferdi? Nie? Probeer dan iets
anders toe?

> Soos in 'Ek werk vir XYZ - vir wie werk jy huh? HUH!?'
>
> Of 'Ek is Johan Smit - wie is jy huh? Huh!'
>
> HUH!?!

Nwee Lou, bloot die volgende - Ene "Lou" het op 'n dag nie meer
antwoorde gehad op my argumente nie (onthou jy Lou? Laas toe jy so vir
Louis Luys gefight het, daai jare) .

Lou: Tut Tut - weereens verdraai jy die waarheid - en soos meeste op die
nuusgroep jou ken - lei jy aan 'n vreeslik selektiewe geheue. Ek begin
ook nie mense vloek of verdwyn van die nuusgroep as my argumente opraak
nie.

Toe loods hy 'n persoonlike aanval wat my werkplek betrek.

LOU: Sjoe - maar jy sukkel maar met die waarheid? So jou werkplek is jy?
Hmm - interesante punt ...

Toe vra ek hom maar waar werk hy?

Toe weier hy om te antwoord. Onthou jy Lou?

Lou: Jy is besig om jou eerste en derde persoon op te mix. En my
standpunt aangaande skuilname is lankal bekend - joune ook - ek druk
egter nie my standpunt in ander se kele af nie -

Die kwessie gaan oor skuilname. En mense wat nie die guts het om te se
wie hulle is nie - EN dan hulle dit aanmatig om die kennis wat hulle
oor andere het, op onvanpaste wyse te gebruik.

Lou: Dit is interesant - dit is nou soos in Wouter Sadie? En soos in jou
aanmerking oor mense se kwalifikasies in die vorige pos.

Om 'n joernalis te wees is fokkol, ou Lou.
Die pay is swak en die toestande nie baie lekker nie.
Mens het geen status nie, maar ek doen dit nie om status te he nie.

Lou: Hmm - ek't nuus vir jou. (pardon the pun :) ).

Ek se wie ek is en waar ek werk op die goeie ou gewoonte van jouself
voorstel aan mense.

Wie is jy "Lou"?

Lou: Jy raak vervelig. Maak gou 'n opname - hoeveel mense in die
nuusgroep skryf onder skuilname? So wat is die status quo? Meeste mense
gee nie om wie jy is nie - net jy en jou alter eggo JB!

Hoekom aanvaar jy nie nou maar my uitnodiging in 'n ander pos nie,
toe?

Lou: Watter uitnodiging? Jammer my nuusbediener is siek - ek het nie die
uitnodiging vir lunch en 'n paar biere by julle kaffeteria gekry nie :)
Re: Sushi [boodskap #64030 is 'n antwoord op boodskap #63989] Do, 20 Junie 2002 14:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Baie dankie vir die brief van jou waaruit weer lig skyn M&B.
> Jou reaksie op die snert hierbo kan werklik dien as motivering
> vir my om weer meer aktief deel te neem. Die ateïsme wat die
> afgelope tyd kop uitsteek maak die groep werklik afbrekend.
> Soos jy sê, kan die kring van spotters mos privaat hulle swart
> verf aan mekaar smeer.
>
> DD

DD, het jy dalk 'n geldelike (geld) belang daarby dat mense in god glo ,

Sien jy nie watter negatiewe woorde jy gebruik vir ateïste nie ? "snert"
"afbrekend" "swart verf".
My ervaring is dat maatskappye waar godsdiens nie meer belangrik is nie,
baie menseliker geword het en baie meer 'voeling' het met die swakkes in die
maatskappy.
Die probleem met godsdienste is dat hulle altyd ander mense se lewe wil reel
en vanalles wil voorskryf en dit is gewoonlik net om mag uit te oefen oor
andere.
Ek het g'n probleem daarmee dat jy en ander mense in 'n god glo nie en dat
jy 'n godsdiens het, maar ek verwag wel dat jy ook aanvaar dat ek anders is.
Ek het goeie vriende wat baie gelowig is, ek het g'n probleem daarmee nie en
hulle met my ateïsme ook nie.

Hilda.
Re: Sushi [boodskap #64056 is 'n antwoord op boodskap #63993] Do, 20 Junie 2002 21:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 20 Jun 2002 07:55:09 +0200, "Annette" wrote:

> Ter wille van die blootlegging verdraagsaamheid ( of nie) is dit miskien
> beter om geloofsgesprekke wel per privaatpos te bespreek
>
> Annette

So interessant en insiggewend Annette, dat jy met die brief
slegs my brief saambring en nié die van Crisjolette wat die
gesprek laat ontkiem het nie. Die strekking van jou brief
dui daarop dat jy my brief as 'n geloofsgesprek beskou het
en nie die van Crisjolette nie. Verduidelik asseblief.
En dan sê jy jou waarlikwaar dat dit nie gepas is om 'n
nie-Christen 'n ateïs te noem nie. Die betrokke skrywer
het sy/haar ongeloof uitgespreek. En jy sê dat mens nie
so een 'n ateïs kan noem nie. Weet jy wat die woord
ateïs beteken Annette?
Re: Sushi [boodskap #64060 is 'n antwoord op boodskap #63984] Do, 20 Junie 2002 21:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:mru1huct9rjdd4bsr3gmoeor18h6p7ct0m@4ax.com...

> My belangstelling
> was meer akademies in elkgeval.

Ek weet dit, Katryn - ek en jy ken mekaar mos goed genoeg om presies te weet
wat die ander een se motiewe is. My pos was eintlik 'n reaksie op die ander
persoon se stellings, waarin sy ook die veronderstelling gemaak het dat ons
onnosele mense op die nuusgroep nie sal verstaan waaroor sy praat nie.

> Ek neem aan dat die meeste mense wat hier deelneem is Christene, en ek
> weet dat ek nie altyd die nodige sensitiwiteit/respek teenoor
> gelowiges betoon nie. My fout en ek vra nederig omverskoning.
> Nee, natuurlik is dit nie dom om in God te glo nie - ek hoop rerig nie
> dis hoe ek oorgekom het nie?
>
Ek weet nie of die meeste mense hier wel Christene is of nie. En jy het nog
altyd met respek en sensitiwiteit geskryf - geen verskonings nodig nie. Jy
vra vrae, waarop ander mense dan reageer - dis waaroor die nuusgroep gaan.
En weereens, nee, dis nie jy wat geïnsinueer het dat Christene dom is nie -
ek weet mos hoe jy voel en dink. Ek voel net dat die bespreking van een of
ander Japanese Buddhis se werke miskien nie pas op 'n SA kultuur nuusgroep
nie.

Maar dis natuurlik nie my keuse nie - ek het net my gevoel oorgedra, en
probeer beslis nie voorskryf wat hier gedoen of nie gedoen moet word nie.
Dis in elk geval nie so belangrik in my lewe wat hier gebeur of nie.
Re: Sushi [boodskap #64094 is 'n antwoord op boodskap #64060] Sa, 22 Junie 2002 02:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"me & bobby magee" wrote:

> "Katryn" wrote in message

>> My belangstelling
>> was meer akademies in elkgeval.
>
> Ek weet dit, Katryn - ek en jy ken mekaar mos goed genoeg om presies te weet
> wat die ander een se motiewe is.

Ook waar! :-))
(Ek het 'n vollediger antwoord in epos gestuur) :-)

> Dis in elk geval nie so belangrik in my lewe wat hier gebeur of nie.

Haai nooit!! :-))
Re: Vir ferdi [boodskap #64125 is 'n antwoord op boodskap #64011] Sa, 22 Junie 2002 16:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 20 Jun 2002 13:44:30 +0200, Lou wrote:

Lou: Watter uitnodiging? Jammer my nuusbediener is siek - ek het nie
die
> uitnodiging vir lunch en 'n paar biere by julle kaffeteria gekry nie :)

Jy se ek en Johan is dieselfde mens.
Kom ons ontmoet vir koffie. Ek, Johan (ek is seker ek sal hom kan
oortuig) en jy. Ons bring al drie on ID's en dan kan jy mos sien.
Re: Vir ferdi [boodskap #64243 is 'n antwoord op boodskap #64011] Wo, 26 Junie 2002 10:31 Na vorige boodskap
USPAUL  is tans af-lyn  USPAUL
Boodskappe: 27
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi:
> Toe vra ek hom maar waar werk hy?
>
> Toe weier hy om te antwoord. Onthou jy Lou?

Paul:
Wat het enigiemand se werkgewer te doen met sy persoonlike opinie?

Hoekom wil jy weet waar mense werk wat met jou verskil?

As jy so onosel is om jou persoonlike inligting op 'n nuusgroep uit te
blaker, verdien jy die kritiek wat jou toekom.
Vorige onderwerp: Rom Rom Rom - Die Koue Kom!!
Volgende onderwerp: Annette
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 04:59:45 MGT 2024