Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die Ekonomie
Re: Die Ekonomie [boodskap #6357] Ma, 29 April 1996 00:00 na volgende boodskap
joh...  is tans af-lyn  joh...
Boodskappe: 25
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
bri...@risc6.unisa.ac.za (Dr. J.A Brink) wrote:
> Freek skryf:
>
>> Ek wonder waar is al die beleggers wat ons in 'n JA-stem in gedreig
>> het met ons ekonomie wat kamstif so swak gaan wees (met 'n NEE-stem)
>> nou. Ek sien die rand het vandag al by R4.58 vir 'n dollar gedraai. Ek
>> wonder of dit dalk iets is wat ons geagte minister van Finansies gesê
het.
>
> 'n `Swak ekonomie' beteken meer as net die waarde van die Rand. Daar is
> ander meer positiewe faktore darem ook aanwesig. Ons het bv 'n positiewe
> groeikoers van 3%, iets wat ons in jare nie gehad het nie.
>
> Johan
>
'n Swakker Rand beteken meer geld uit MY eie persoonlikke sak. Petrol kos
14c per litter meer, wat alle ander goed se pryse ook sal opjaag. Die
rentekoerse is pas met 1% verhoog.

Groeikoers? Ek weet nie eers wat dit beteken nie. Dus, vanuit my
persoonlike oogpunt gesien is die ekonomie nie net besig om te verswak
nie, dit is klaar moer toe!


--
Johan Kriel
NAC Faure SA
(joh...@nac.ac.za)
Re: Die Ekonomie [boodskap #6358 is 'n antwoord op boodskap #6357] Ma, 29 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius von dem Bussche  is tans af-lyn  Julius von dem Bussche
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article bri...@risc6.unisa.ac.za (Dr. J.A Brink) writes:
> From: bri...@risc6.unisa.ac.za (Dr. J.A Brink)
> Subject: Re: Die Ekonomie
> Date: 29 Apr 1996 13:07:45 +0200

> Die inflasiekoers is ook vir die eerste keer in meer as 20 jaar onder 10%.
> En dit is op die oomblik goed onder 10%.

> So die ekonomie is nie orals slegte nuus nie ...

Alternately, you could say "Theonly good news in the economy now-a-days is
Chris Stals.

Julius


> Johan
Re: Die Ekonomie [boodskap #6359 is 'n antwoord op boodskap #6357] Ma, 29 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Theo Scott  is tans af-lyn  Theo Scott
Boodskappe: 5
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
> Johan skryf:
>
>> 'n `Swak ekonomie' beteken meer as net die waarde van die Rand.
>> ander meer positiewe faktore darem ook aanwesig. Ons het bv 'n
>> groeikoers van 3%, iets wat ons in jare nie gehad het nie.

Vandat ek kan ek kan onthou het die Rand net gesak en gesak en gesak...
(15 jaar gelede al ?) Vir my beteken dit dat buitelanders Suid-Afrika
sien as 'n laer produktiewe land, waarin hulle nie veel vertroue het
nie. Ons het dit te danke aan regering se filosofie: "Herverdeling van
welvaart" in plaas van 'n filosofie soos "Skepping van meer welvaart".


--
============================================================ ===========
Theo Scott, http://www.advantage.co.za/~scotty
Re: Die Ekonomie [boodskap #6368 is 'n antwoord op boodskap #6357] Di, 30 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Freek skryf:

> Ja, dit is die pad wat Suid-Afrika vanaf 1948 tot 1966 in die afgrond
> in laat verarm het. Of het die "sosialisme" eers daarna begin?

Inderdaad. Japan en Suid-Afrika het ongeveer op dieselfde tydstip, aan
die einde van die 19de eeu, begin industrialiseer. Vandag is Japan, 'n
klein, "oorbevolkte" eilandnasie met bykans geen natuurlike hulpbronne
nie, 'n ekonomiese reus, terwyl Suid-Afrika, 'n land met bykans
onbeperkte natuurlike hulpbronne, 'n middelslag ekonomie het wat ons in
dieselfde liga as Meksiko plaas. Dit is grootliks die gevolg van die
Nasionaliste, en tot 'n mate hul voorgangers, se ekonomiese beleide.
Lees gerus Walter Williams se "South Africa's War Against Capitalism",
of William Hutt se geskrifte, of die verskeie uitstekende boeke wat
deur die Vryemarkstigting uitgegee word.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: Die Ekonomie [boodskap #6369 is 'n antwoord op boodskap #6357] Di, 30 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Johan Brink skryf:

> Stem heeltemal saam. Ongelukkig het die hudige bewindhebbers nie die
> allenreg op `stupid' uitsprake wat op die ekonomie slaan nie. Onthou julle
> nog die PW Botha `Rubicon'-toespraak van 10 jaar gelede? Dit is daar waar
> die Rand sy afwaartse gly begin het, wat nou nog aangaan.

En laat ons nie vergeet dat die vorige Nasionale Party regering ook 'n
'n spul sosialiste was wat ook die myne, ens. wou nasionaliseer.
Die werklikheid het hulle ook gedwing om van hierdie planne af te sien,
alhoewel hul sosialistiese beheer oor, en inmenging in, die ekonomie nog
steeds ontsaglik was. Hulle het ons op die pad na 'n "derdewêreldse"
ekonomie geplaas.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: Die Ekonomie [boodskap #6370 is 'n antwoord op boodskap #6357] Di, 30 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
bri...@risc6.unisa.ac.za (Dr. J.A Brink) wrote:

> [/color]
>> Ons ekonomie is egter so klein en so aangewese op buitelanders dat uitsprake en
>> besluite soos die afgelope twee maande s'n, die hele groeiproses kan stuit.
>> Kadar Asmal het glo gesê dat buitelandse beleggers na hul maai kan vlieg. Geen
>> regering maak sulke uitsprake nie. Mandela het ook ge^e dat die staking voort
>> sal gaan. Geen regering maak sulke uitsprake nie (al steun die regering die
>> staking) --- regerings steun net nie stakings in die openbaar nie!!!!!
>>

> Stem heeltemal saam. Ongelukkig het die hudige bewindhebbers nie die
> allenreg op `stupid' uitsprake wat op die ekonomie slaan nie. Onthou julle
> nog die PW Botha `Rubicon'-toespraak van 10 jaar gelede? Dit is daar waar
> die Rand sy afwaartse gly begin het, wat nou nog aangaan.>>>

Die kwessie is seker: 1. Wil 'n mens die ideale werklikheid
argumenteer. Indien wel, dan kan jy se 'n regering moet nie 'n
staking steun nie (hoewel baie dit seker as goed sou bestempel het
as die Oos-Duitse regering in die laaste jare van Oos-Duitsland 'n
staking teen kommunisme sou gesteun het).
2. Wil 'n mens die werklikheid van SA argumenteer; Dan kan jy nie
die steun vir die staking bespreek sonder om sekere dwingende
werklikhede van die verlede en die noue verband tussen Cosatu en die
ANC ook ten minste te noem nie.

En dan: Se nou Mandela het Cosatu sleg in sy moer gestuur. Sou dit
nie ook druk op die Rand geplaas het nie?
Dit sou mos gedui het op ernstige probleme of rondom Mandela se
aanvaarbaarheid vir sy steunbasis, of wat betref spanninge in die
enigste entiteit sterk genoeg om die land met die soort vertroue te
regeer wat hom in staat sal stel om langtermyn te dink of rondom die
ANC-regering se vermoe in die medium termyn om die vakbonde te
beinvloed?







> Johan
Re: Die Ekonomie [boodskap #6371 is 'n antwoord op boodskap #6357] Di, 30 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
mar...  is tans af-lyn  mar...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
At 11:15 AM 30/4/96 SAT, you wrote:
> Reinier skryf:
>


Hendrik skribbel:

Daar is baie klagtes oor Trev Manuel, die ANC en die wyse waarop die rand in
vry-val verkeer. Ongetwyfeld is daar 'n verbintenis..... en ongetwyfeld kan
buitelande beleggers se "confidence" in die ekonomie nie geignoreer word
nie. Maar sê nou maar die Nasionale Party, of die PAC of iets anders kom
aan bewind: sou dit "investor confidence" laat styg? Ek dink nie so nie: vra
enige belegger of hy eerder 'n ander party aan bewind wil sien, en hy sal
waarskynlik NEE sê. Dink bietjie daaroor.

NOTA: ek steun geen politieke party nie

**************************************************

"Mel's Space Programme"

**************************************************
Re: Die Ekonomie [boodskap #6372 is 'n antwoord op boodskap #6357] Di, 30 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gys Dubbeld  is tans af-lyn  Gys Dubbeld
Boodskappe: 21
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article de...@aqua.ccwr.ac.za (Reinier de Vos) writes:
> From: de...@aqua.ccwr.ac.za (Reinier de Vos)
> Subject: Re: Die Ekonomie
> Date: 30 Apr 1996 12:39:46 +0200

> Freek skryf:

>> Ja, dit is die pad wat Suid-Afrika vanaf 1948 tot 1966 in die afgrond
>> in laat verarm het. Of het die "sosialisme" eers daarna begin?

> Inderdaad. Japan en Suid-Afrika het ongeveer op dieselfde tydstip, aan
> die einde van die 19de eeu, begin industrialiseer. Vandag is Japan, 'n
> klein, "oorbevolkte" eilandnasie met bykans geen natuurlike hulpbronne
> nie, 'n ekonomiese reus, terwyl Suid-Afrika, 'n land met bykans
> onbeperkte natuurlike hulpbronne, 'n middelslag ekonomie het wat ons in
> dieselfde liga as Meksiko plaas. Dit is grootliks die gevolg van die
> Nasionaliste, en tot 'n mate hul voorgangers, se ekonomiese beleide.
> Lees gerus Walter Williams se "South Africa's War Against Capitalism",
> of William Hutt se geskrifte, of die verskeie uitstekende boeke wat
> deur die Vryemarkstigting uitgegee word.

> --
> Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
> Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
> c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
> Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
> My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
> ------------------------------------------------------------ -----------
> Ons spaar die duiwel baie moeite
> - C J Langenhoven

Gekyk na die hele gesprek oor die ekonomie.

Ek dink darem daar sit effens meer daaragter:

Vir die grootste gedeelte van hierdie eeu het Suid Afrika bloot
staatgemaak op basiese grondstowwe. Nywerheidsontwikkelling en
mannekragopleiding was daar ter wille van die mynbedryf en invoer-
vervanging. Deur seker te maak dat die grootste gedeelte van ons
bevolking relatief onopgelei is (onthou Bantoe onderwys) kon ons
verseker dat daar hope goedkoop arbeid was wat noodsaaklik was vir
die goedkoop ontginning van basiese grondstowwe en vir 'n rukkie het
sowel Afrikaner Nasionaliste as Engelsprekende Kapitaliste hieronder
floreer.

Niks is dus gedoen om te beplan vir die dag dat die wereld
belangstelling sou verloor (danksy die nuwe nywerheidsrewolusie) in
ons grondstowwe en dat dit bonop so duur sou word om hulle te herwin
(die goedkoopste bronne is almal al byna uitgeput) dat ons dit skaars
nog ekonomies kan bemark. In kontras met Japan en die Asiatiese
Tiere produseer ons byna geen nywerheidsartikels wat ekonomies
uitgevoer kan word nie teen die 1980's sit ons
toe met die gebakte pere en met ons hande in die hare: Skielik het
ons geen keuse meer gehad nie: ons het agtergekom dat ons skielik
deel van die wereld moes word om te oorleef, en as blankes kon ons
dit nie op ons eie doen nie. Eers maar probeer in 1984 probeer om die
kleurling en Indiers to ko-opteer en toe dit nie werk nie vir die
Zoeloes (wydverspreide ondergrandse steun vir Inkatha vanaf 1886) en
toe dit ook nie werk nie die voorheen ondenkbare: 'n ooreenkoms met
die ANC.
Ongelukkig werk dit ook nie: As die Nasionale Party in 1960 in
plaas van 1990 sou probeer het om 'n ooreenkoms met die ANC te
bereik sou ons die saak tot onderlinge voordeel kon gered het. Nou
is ons egter gedoem om maar aan te bly sukkel.

Dinge is darem tog nie so erg as wat die Randwaarde suggereer nie:
Ek vermoed dat iemand iewers die Rand manipuleer (die VSA oor kontak
met Kuba? "Big-Business" oor die Konstitutionele kwessie? wie weet)
en hoogswaarskynlik behoort die Rand binnekort tog tot 'n mate te
herstel.

Gys

Gys Dubbeld
Natal University Development Foundation
University of Natal
Durban
My views are strictly my own and not those of my employer
Re: Die Ekonomie [boodskap #6382 is 'n antwoord op boodskap #6357] Wo, 01 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
de...@aqua.ccwr.ac.za (Reinier de Vos) wrote:

die einde van die 19de eeu, begin industrialiseer....ens....>>>[/color]

Iets waarvan ek graag meer sal wil weet, is wat na die die Tweede
Wereldoorlog in Japan gedoen is.
Die New Scientist het verlede jaar in 'n hoofartikel wat verwys het
die gemors in Rwanda (as ek die verwysing reg onthou) in die verbygaan
na Japan as voorbeeld verwys.
Die NS het toe gese aan die einde van die Tweede Wereldoorlog het die
VSA die besittersklas in Japan tot groot mate van sy grond en amper
monopolistiese mag i.t.v. ekonomiese bemagtiging ontneem en 'n
herverdeling toegepas (van "staatskant" dus) en daarmee een van die
grondslae gele vir die ontwikkeling van die moderne Japan.
Dan moet 'n mens sekerlik verwys na die feit dat Japan 'n geletterde
en opgeleide bevolking gehad het na die TWO.
En dan kom die hele ding van staatsonderwys natuurlik is wat nie vir
jou 'n aangename onderwerp is nie.
Dit moet egter genoem word.
Was die Japs geletterd en opgelei?
Het dit 'n rol in die ontwikkeling van hul ekonomie gespeel?
Wie het hulle opgelei?
.a.w. Waar het hulle skool gegaan, wie het daarvoor betaal?
En dan ook: Het die VSA aan hulle geld gegee na die Tweede WO en het
die VSA aan hulle spesiale behandeling gegee?
Re: Die Ekonomie [boodskap #6389 is 'n antwoord op boodskap #6357] Do, 02 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Antonie skryf:

>> En laat ons nie vergeet dat die vorige Nasionale Party regering ook 'n
>> 'n spul sosialiste was wat ook die myne, ens. wou nasionaliseer.
>> Die werklikheid het hulle ook gedwing om van hierdie planne af te sien,
>> alhoewel hul sosialistiese beheer oor, en inmenging in, die ekonomie nog
>> steeds ontsaglik was. Hulle het ons op die pad na 'n "derdewêreldse"
>> ekonomie geplaas.
>
> Nie heeltemal waar nie. Enige klein ontwikkelende land het
> staatsinmenging nodig. Die Oosterse `tiere' het dit so gedoen. In 'n
> klein land is daar gewoonlik nie genoeg geld om groot nywerhede te
> begin nie. Die staat het egter die geld en kan dit doen. Die
> voorwaarde is dat die nywerhede later geprivatiseer sal word. Klein
> lande moet ook hul geldeenhede en binnelandse bedrywe beskerm totdat
> hulle kan meeding met hul buitelandse eweknie"e. Dit is wat in die
> Ooste aan die gang is. 'n Land soos Japan beskerm sy bedrywe agressief
> deur invoere te beperk met heffings en belastings (dit is waaroor
> Amerika so boos is).
> Sjina is 'n goeie voorbeeld waar die regering sy binnelandse bedrywe
> beskerm en dan help om hierdie bedrywe sterk te maak. Die beskerming
> sal eers verslap word indien hul kan meeding met die buitelandse
> bedrywe.

'n Uiters aanvegbare standpunt. Ek kon nog nooit enige sin in die
"beskerming" van plaaslike bedrywe nie. Die enigste mense wat voordeel
trek uit tariefbeskerming en ander vorms van beskerming teen
buitelandse kompetisie, is die binnelandse produsent van die
"beskermde" bedryf. Die gebruikers, en die land se ekonomie in die
geheel, ly skade.

As een of ander oorsese land sekere produkte goedkoper kan vervaardig
as wat binnelandse produsente dit kan doen, maak dit veel meer sin om
die goedere in te voer, *veral* as een of ander dwase buitelandse
regering die produksie van die goedere gesubsideer het, en die pryse
sodoende verlaag het. Dan betaal die buitelandse belastingbetaler die
prys van regeringsinmenging, en nie die binnelandse gebruiker nie.

Dit is wel so dat die "Tiere" van Asië 'n mate van regeringsinmenging
het, maar dis nog belangriker om te besef dat daar veel minder
regeringsinmenging is as in die lande met laer ekonomiese groeikoerse.
Die ekonomiese sukses van hierdie lande is nie aan die klein mate van
regeringsinmenging te danke nie, maar aan die groot mate van ekonomiese
vryheid. Mens kan net so maklik redeneer dat hierdie lande nog beter
sal vaar as die laaste bietjie regeringsinmenging uitgeskakel word.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: Die Ekonomie [boodskap #6390 is 'n antwoord op boodskap #6357] Do, 02 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Theo Scott wrote:


(15 jaar gelede al ?) Vir my beteken dit dat buitelanders Suid-Afrika[/color]
> sien as 'n laer produktiewe land, waarin hulle nie veel vertroue het
> nie. Ons het dit te danke aan regering se filosofie: "Herverdeling van
> welvaart" in plaas van 'n filosofie soos "Skepping van meer welvaart".>>>

Ek aanvaar die regering met die filosofie van "herverdeling van
welvaart" waarna jy verwys is die ANC-regering.
Indien wel, wil ek jou net daarop wys dat hulle nog net twee jaar
regeer. Nie 15 jaar nie.
Re: Die Ekonomie [boodskap #6419 is 'n antwoord op boodskap #6357] Ma, 06 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henry Flint  is tans af-lyn  Henry Flint
Boodskappe: 21
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
fe...@is.co.za (Koos) wrote:

> Theo Scott wrote:


> gesak...
>> (15 jaar gelede al ?) Vir my beteken dit dat buitelanders Suid-Afrika
>> sien as 'n laer produktiewe land, waarin hulle nie veel vertroue het
>> nie. Ons het dit te danke aan regering se filosofie: "Herverdeling van
>> welvaart" in plaas van 'n filosofie soos "Skepping van meer welvaart".>>>

> Ek aanvaar die regering met die filosofie van "herverdeling van
> welvaart" waarna jy verwys is die ANC-regering.
> Indien wel, wil ek jou net daarop wys dat hulle nog net twee jaar
> regeer. Nie 15 jaar nie.

Julle ouens moet tog maar versigtig wees hou julle julself
uitdruk. Koos raak baie opgewonde as hy enigiets sien wat
lyk na kritiek teen die regering. Moet hom nie onnodig
ontstuimig maak nie. :)





Henry Flint

Home: http://www.oocities.org/SunsetStrip/1712/index.html
PGP public key available on home page and key servers
or send email with "send public key" as subject.
-------------------- END -----------------------------
Re: Die Ekonomie [boodskap #6437 is 'n antwoord op boodskap #6357] Sa, 11 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
h...@wcomp.gov.za (Henry Flint) wrote:



> gesak...[/color]
>>> (15 jaar gelede al ?) Vir my beteken dit dat buitelanders Suid-Afrika
>>> sien as 'n laer produktiewe land, waarin hulle nie veel vertroue het
>>> nie. Ons het dit te danke aan regering se filosofie: "Herverdeling van
>>> welvaart" in plaas van 'n filosofie soos "Skepping van meer welvaart".>>>

>> Ek aanvaar die regering met die filosofie van "herverdeling van
>> welvaart" waarna jy verwys is die ANC-regering.
>> Indien wel, wil ek jou net daarop wys dat hulle nog net twee jaar
>> regeer. Nie 15 jaar nie.

> Julle ouens moet tog maar versigtig wees hou julle julself
> uitdruk. Koos raak baie opgewonde as hy enigiets sien wat
> lyk na kritiek teen die regering. Moet hom nie onnodig
> ontstuimig maak nie. :)>>>

Ag jirre ou Henrik......
Probeer die feitlike stelling raaksien in plaas daarvan om insinuasies
te gooi.
Dit kan relevant wees, die feite.

Soos dat daar aangevoer word dat die NP sedert 1980 'n beleid van
herverdeling van welvaart voorgestaan het. 'n Baie interresante
stelling waarvan ek beslis meer sal wil weet.

Of dit kan blyk dat daar geteer word op 'n persepsie dat die ANC
verantwoordelik is vir alles wat 'n mens nie van hou nie, terwyl daar
terselfdertyd gese word die verrotting het reeds 15 jaar gelede
ingetree en deurentyd voortgeduur.
Dit sal die oorspronklike argument kleur.

Verstaan jy? Ek kan verder verduidelik as dit nog onduidelik vir jou
is.
Of gee jy nie om vir feite as jy argumenteer nie?
Of nog verder, verstaan jy nie dat hier geargumenteer word nie....?
Re: Die Ekonomie [boodskap #6452 is 'n antwoord op boodskap #6357] Di, 14 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskap
Henry Flint  is tans af-lyn  Henry Flint
Boodskappe: 21
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
fe...@is.co.za (Koos) wrote:

> h...@wcomp.gov.za (Henry Flint) wrote:

> >> gesak...
>>>> (15 jaar gelede al ?) Vir my beteken dit dat buitelanders Suid-Afrika
>>>> sien as 'n laer produktiewe land, waarin hulle nie veel vertroue het
>>>> nie. Ons het dit te danke aan regering se filosofie: "Herverdeling van
>>>> welvaart" in plaas van 'n filosofie soos "Skepping van meer welvaart".>>>

>>> Ek aanvaar die regering met die filosofie van "herverdeling van
>>> welvaart" waarna jy verwys is die ANC-regering.
>>> Indien wel, wil ek jou net daarop wys dat hulle nog net twee jaar
>>> regeer. Nie 15 jaar nie.
============================================================
>> Julle ouens moet tog maar versigtig wees hou julle julself
>> uitdruk. Koos raak baie opgewonde as hy enigiets sien wat
>> lyk na kritiek teen die regering. Moet hom nie onnodig
>> ontstuimig maak nie. :)>>>
============================================================
> Ag jirre ou Henrik......
> Probeer die feitlike stelling raaksien in plaas daarvan om insinuasies
> te gooi.
> Dit kan relevant wees, die feite.

> Soos dat daar aangevoer word dat die NP sedert 1980 'n beleid van
> herverdeling van welvaart voorgestaan het. 'n Baie interresante
> stelling waarvan ek beslis meer sal wil weet.

> Of dit kan blyk dat daar geteer word op 'n persepsie dat die ANC
> verantwoordelik is vir alles wat 'n mens nie van hou nie, terwyl daar
> terselfdertyd gese word die verrotting het reeds 15 jaar gelede
> ingetree en deurentyd voortgeduur.
> Dit sal die oorspronklike argument kleur.

> Verstaan jy? Ek kan verder verduidelik as dit nog onduidelik vir jou
> is.
> Of gee jy nie om vir feite as jy argumenteer nie?
> Of nog verder, verstaan jy nie dat hier geargumenteer word nie....?

Koos,
Ek het myself sleg uitgedruk. Wat ek bedoel het, is dat die
oorspronklike skrywer se argument nie water hou nie, dat daar
iets kort tussen sy stelling dat die rand vir 15 jaar al daal en
dat die oorsaak daarvan die herverdeling van rykdom is. Hy moes
'n paar ander redes tussenin gesit het om 'n geldige argument te
stel. Daarom het ek opgemerk dat hy homself beter moet uitdruk.

My interpretasie van wat hy geskryf het was dat hy wou stel dat
die proses wat 15 jaar gelede begin het steeds voortduur. As ek
die ding nou weer lees lyk dit vir my of jou interpretasie tog
reg is. Ek vra verskoning.

So terloops, as jy die name van mense heeltemaal uitwis behoort
jy ook die dele wat hulle geskryf het te verwyder. Soos jy die
aanhaling nou verander het lyk dit of ek die hele ding geskryf
het, my bydrae is net die deel tussen die lyne (=====). Die
oorspronlike skrywer was Theo Scott .


Henry Flint

Home: http://www.oocities.org/SunsetStrip/1712/index.html
PGP public key available on home page and key servers
or send email with "send public key" as subject.
-------------------- END -----------------------------
Vorige onderwerp: Re: Test on South Africa
Volgende onderwerp: Sabie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 09:06:23 MGT 2024