Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uit: Met Woorde Soos Met Kerse - Antjie Krog
Uit: Met Woorde Soos Met Kerse - Antjie Krog [boodskap #63662] Vr, 14 Junie 2002 03:34
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
moratuwa - geliefde
K.E. NTSANE (1920 - 1983)

sy sit daar oorkant, nie so ver nie
onlangs nog het ek haar teer aan die ore gevat en gesoen
ek staan wydsbeen in die pad
wydsbeen soos n roofvoël wat iets gevang het
ek hamer aanhoudend op my bors
my hart rys uit hoewel dit nie deeg is nie

Berg Qeme, moenie uitrys en sag word nie
ek sien die gloeiende rooi-kalfie-kleurige meisie, suster van Sesomo
sy, die suster van Jobo, sit in die oopte
sy speel tromme hoewel sy nie n sangoma is nie
waarom weerklink tromme by die plek van Tilane?
liefdestromme vibreer in die bosse van my geliefde

die meisies van Leribe is bang
die meisies van Leribe - wat maak hulle bang?
die leeuwyfie het n boodskap van Bongalla gestuur
sy slaan die lyn na die Matshekgas by die Sepolos
wat sê: "verwag my, ek kom, Mokwena
sê vir die buffelkoei sy moet padgee
- belangrike dinge is geskryf op die lei van die wittes

"****************
K.E. Ntsane word beskou as die Langenhoven van Suid-Sotho - hy het sy
mense onderrig en laat lees. Nadat hy n BA by Unisa verwerf het, kry
hy n beurs na London waarop n kleurryke onderwysloopbaan volg. Later
word hy sekretaris van Leabua Jonathan, wat in n stadium onder die
beskerming van die apartheidsregering geregeer het, en nog later word
Ntsane redakteur van Lesotho se Hansard. Hy publiseer altesaam agt
boeke. In die boonste liefdesgedig verbind hy die siel wat van iemand
n mans maak, die "skaduweesiel"(in die gedig in die gestalte van die
voorvader Tilane, die towane-grashoed en Moshoeshoe se pa Mokhachae),
met die liggaamsiel (hart en longe)
Vorige onderwerp: Vir die Manne
Volgende onderwerp: Gat-oor-kop spul
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 11:36:31 MGT 2024