Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hello Gloudina
Hello Gloudina [boodskap #63231] Vr, 07 Junie 2002 13:20 na volgende boodskap
LeswinLaubscher  is tans af-lyn  LeswinLaubscher
Boodskappe: 47
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Hello Gloudina

Na 'n lang afwesigheid (twee, drie jaar?), hier ingeloer. Bly om jou nog hier
te sien (soos ook Ferdi en Swart Simon), en blyer dat jy nog die gespreksgrense
met oorgawe patrolleer en bevraagteken. Ek het so 'n paar weke waarin ek hier
kan rondkuier, en beloof 'n nuusgroep-stuiwer of twee.

Koeksi(u)stergroete

Leswin
Re: Hello Gloudina [boodskap #63235 is 'n antwoord op boodskap #63231] Vr, 07 Junie 2002 15:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

LeswinLaubscher wrote:

> Hello Gloudina
>
> Na 'n lang afwesigheid (twee, drie jaar?), hier ingeloer. Bly om jou nog hier
> te sien (soos ook Ferdi en Swart Simon), en blyer dat jy nog die gespreksgrense
> met oorgawe patrolleer en bevraagteken. Ek het so 'n paar weke waarin ek hier
> kan rondkuier, en beloof 'n nuusgroep-stuiwer of twee.
>
> Koeksi(u)stergroete

Wonderlik. Ek dink juis nou die dag
aan jou, en waar jy jou bevind. Soos
jy kan sien is swaer Leendert nou
geskiedenis hier op die nuusgroep.
Laat die stuiwers kom.

Gloudina
Re: Hello Gloudina [boodskap #63236 is 'n antwoord op boodskap #63231] Vr, 07 Junie 2002 15:11 Na vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
leswinl...@cs.com (LeswinLaubscher) wrote:

> Na 'n lang afwesigheid (twee, drie jaar?), hier ingeloer.

Hallo Leswin! Jammer om so ongevraagd hier tussen jou en Gloudina in
te val. Maar...
Nee, hoor - dit was 1 jaar gelede. Ek weet, want ek is nog nie
heeltemal 2 jaar op hierdie groep nie. En ek het jou gevra of jy dalk
so gaaf sou wees om bietjie meer te vertel oor Kulturele Sielkunde.
Ek stel nogsteeds belang. Maar sal verstaan as jy nie lus is om oor
jou vakgebied te gesels nie. (As dit wel jou vakgebied is)

> Bly om jou nog hier te sien (soos ook Ferdi en Swart Simon),

Yikes....waar is Ferdi? Hy's nie hier nie, hoor?!
:-)

> Ek het so 'n paar weke waarin ek hier
> kan rondkuier, en beloof 'n nuusgroep-stuiwer of twee.

Sien uit daarna!

Danielle
Vorige onderwerp: 'n Bielie van 'n bier
Volgende onderwerp: Nelson en sy Libiese Vriende
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 06 21:59:36 MGT 2024