Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaner/Afrikaansprekende
Afrikaner/Afrikaansprekende [boodskap #63205] Vr, 07 Junie 2002 06:20
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gistermiddag op RSG 'n "bespreking" tussen Max du Preez en Prof Piet Strauss
oor Afrikaans en Die Afrikaner. Max het gevra en Piet het gepraat.

Selfs na 45 minute kon Max nog steeds nie van Piet kry wat nou eintlik 'n
Afrikaner is nie - daar is darem konsensus bereik dat die term nie
gesteriotipeer kan word nie, sodat sekere mense nie uitgesluit kan word en
ander 'n eksklusiewe status bekom nie.

Dit lyk al of , afhangende van die persoon, daar sekere aanhangsels gemaak
word wat die terme vir daardie persoon aanvaarbaar maak.
Vir sommige mense is 'n Afrikaner iemand wat Afrikaans as huistaal het en
blank is.
Ek stem nie daarmee saam nie.
Vir ander is 'n Afrikaner iemand wat Afrikaans praat en 'n Christen is.
Daarmee stem ek ook nie saam nie.
Ander wil die "stryd" om Afrikaans te praat en die "stryd" vir die behoud
van die Afrikaner skei, en selfs kultuur en geloof uit die gesprek om
Afrikaans hou, maar dit inbring by die begrip Afrikaner.
Daarmee stem ek ook nie saam nie.

So, ek hoop JohanIs het darem tot 'n punt iewers gekom in sy taak.

Annette
Vorige onderwerp: San-Marie se gebed
Volgende onderwerp: M&G Poster vandag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 06:29:04 MGT 2024