Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Response voor BB
Re: Response voor BB [boodskap #6251] Ma, 15 April 1996 00:00 na volgende boodskap
mar...  is tans af-lyn  mar...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Bernard skrijf:

>> Ik zelf heb zo'n driehonderd non-fictie boeken in mijn
>> boeken-kasten staan. Vele ervan zijn naslag-werken.

Ek het eenmaal 'n ou geken wat oor enige litere^re werk kon saampraat....
Dit het my be"indruk, tot ek agtergekom het dat hy net die flaptekste gelees
het!
(Die boeke het almal ook op in sy 'boeken-kasten' gestaan...) :->

Hendrik


**************************************************

"Mel's Space Programme"

**************************************************
Re: Response voor BB [boodskap #6252 is 'n antwoord op boodskap #6251] Ma, 15 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bernhard Bezemer  is tans af-lyn  Bernhard Bezemer
Boodskappe: 74
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
At 11:13 15-04-96 SAT, Hendrik wrote:

>> Bernard skrijf:
>> Ik zelf heb zo'n driehonderd non-fictie boeken in mijn
>> boeken-kasten staan. Vele ervan zijn naslag-werken.
>
> Hendrik:
> Ek het eenmaal 'n ou geken wat oor enige litere^re werk kon saampraat....
> Dit het my be"indruk, tot ek agtergekom het dat hy net die flaptekste gelees
> het!
> (Die boeke het almal ook op in sy 'boeken-kasten' gestaan...) :->
>

Voor zover ik kan nagaan, ben ik de enige die plichts-
getrouw aangeeft, dat hij citeert. En die bovendien ook
nog vermeldt: schrijver, titel, druk, plaats, uitgever en
jaartal. In die volgorde.
Mijn opstel over Gerard Reve bijvoorbeeld is volledig uit
mijn eigen 'koker' gekomen. En zo ook de andere.

Bernhard
Re: Response voor BB [boodskap #6253 is 'n antwoord op boodskap #6251] Ma, 15 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 15 Apr 1996, Eric J. C. Vriends wrote:

>> 6. Petron. 57. "In alio peduclum" etc.
> (Frank, was dat standaard latijn?)

Lyk my 'n paar van Bernhard se boodskappe verskyn nie op my "inbox" nie:
Leendert het een aangehaal ("stiekem"), en nou haal Eric een aan, wat ek
nie ontvang het nie. Half snaaks.

Wat die Latyn betref: Die aanhaling, soos Bernhard siteer, kom uit
Petronius se Satyricon, dus uit die eerste eeu NC. Die Latyn is heel
klassiek, al is Petronius dikwels moeilik, omdat hy volksterme en
-konstruksies gebruik wat nie klassiek is nie. Ek het ongelukkig die
aanhaling uitgevee, maar onthou die woorde was "ricinum" en "peduclum".

Altwee terme is redelik "onstandaard". Die sinskonstruksie wat ek onthou,
was heel standaard, maar minder "periodiek" as Cicero-styl.
Eenvoudige sinne met obskure woordeskat: dis Petronius. "Peduclum" is die
voorwerpvorm van "peduclus" wat 'n afwyking is van "peduculus", wat weer
'n afwyking is van "pediculus": 'n luis.

"ricinus" verwys na 'n groot bosluis-soort wat skape en honde gehad het,
en Lewis & Short siteer glad vir Petr 57 as 'n voorbeeld [!]

Die idee is dus: kyk eers na die groot bosluis op jouself voor jy die
klein luisie op iemand anders wil afhaal. 'n Baie interessante variasie
van die "splinter-balk" wysheid waarmee Bernhard ons vermaak het.

Ek het ongelukkig, behalwe vir Lewis & Short [dankie tog!] geen van my
verwysingsboeke hier by my nie. Ek sou graag die Vulgaat weergawe van die
"balk"-versie wou sien. Ek weet daar is 'n volledige Vulgaatteks op die
internet, maar dit is 'n pes om die ding te "download". Bernhard?

Groete
Frank
Re: Response voor BB [boodskap #6282 is 'n antwoord op boodskap #6251] Di, 16 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
mar...  is tans af-lyn  mar...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
>>> Bernard skrijf:
>
> Voor zover ik kan nagaan, ben ik de enige die plichts-
> getrouw aangeeft, dat hij citeert. En die bovendien ook
> nog vermeldt: schrijver, titel, druk, plaats, uitgever en
> jaartal. In die volgorde.
> Mijn opstel over Gerard Reve bijvoorbeeld is volledig uit
> mijn eigen 'koker' gekomen. En zo ook de andere.

Ek het so agtergekom, en gevolglik gedink jy is 'n akademikus: dis net op
universiteit dat ek my bronne getrou met selfs bladsy en ISDN nommer moes
aanhaal. Nou sê ek maar net "volgens ingeligte bronne"....;->

Hendrik

**************************************************

"Mel's Space Programme"

**************************************************
Vorige onderwerp: Lidmaatskap van poslys
Volgende onderwerp: Petronius bosluis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:48:16 MGT 2024