Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Name in Oz
Re: Name in Oz [boodskap #6211] Vr, 12 April 1996 00:00 na volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
At 12:09 PM 12/4/96 SAT, Dirk hept gesegt:
> Vandag se Beeld bevat 'n beriggie van 'n Ierse immigrant in Australië
> wat toestemming geweier is om sy seun Ciar'an te noem (dws met 'n
> akuutaksent op die tweede a). Onder die baie Afrikaners in Oz moet...

Ja jy het reg gehoor! Dit het in Wes Asyralie" gebeur. Die ander state
skut maar net die kop.

Die verskoning wat die burokarate aangegee het was dat hulle rekenaar
stelsel nie 'n Europese letter stel ("character set) gebruik nie en die aksente troef hulle.

Dit is egter nie so erg soos die Dene nie. Volgens berigte hier mag jy in Denemarke
jou kroos net 'n naam gee wat op die amptelike goedgekeurde naamlys gepubliseer is.
Nou dis rof!

Dit herinner my ook aan n wêreld kongres van kartograwe so 'n jaar of 5
(of was dit langer ?) gelede waar daar geargumenteer was dat alle plekname op
internasionale kaarte in Engels moet wees omdat Engels vry van aksent tekens
is.
Onnodig om te sê; almal het nie saamgestem nie. Wanneer laas het almal
saamgestem oor enige iets ? Berhard stem nie eers elke dag met homself saam
nie!

Snail mail : Julius Bergh, 32 Koola Dr, Nerang QLD 4211, Australia
Email. . . : jbe...@onthenet.com.au
URL. . . . : http://www.onthenet.com.au/~jbergh
Re: Name in Oz [boodskap #6228 is 'n antwoord op boodskap #6211] Sa, 13 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Leendert skryf:
> Dis redelik algemeen in Europese lande (ek verstaan dis die geval in
> Frankryk en Belgie") dat jy net name mag gebruik wat uit 'n amptelike
> register kom. Die Franse laat jou wel to om verbuigings in te bring
> soos "Henriette", wat nie op die lys voorkom nie, vir "Henri", wat
> wel daar is.

Ai! Dit lyk so half asof die volgende stap gaan wees dat die regering
strepieskodes ipv name voorskryf. Ek raai maar dat die Afrikaans vir
"barcodes" strepieskodes is.

Wat noem n mens n "telemarketer" in Afrikaans ?

Wel, (dis nou soos Ronald Regan sy stories begin het), wel, nou die dag vra
n telemaketer aan n klient (oor die foon natuurlik) wat sy rekeningnommer
is. Die klient lees toe die "barcode" nommer:

"Vet lyn, maar lyn, maar lyn, maar lyn, kort lyn, vet lyn".

OK dis nie n goeie grap nie, maar dis laat.

Groete.
Snail mail : Julius Bergh, 32 Koola Dr, Nerang QLD 4211, Australia
Email. . . : jbe...@onthenet.com.au
URL. . . . : http://www.onthenet.com.au/~jbergh
Re: Name in Oz [boodskap #6265 is 'n antwoord op boodskap #6211] Ma, 15 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Sandilands  is tans af-lyn  Robert Sandilands
Boodskappe: 12
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
-----BEGIN PGP SIGNED MESSAGE-----

On Sat, 13 Apr 1996, Julius Bergh wrote:
> Wat noem 'n mens 'n "telemarketer" in Afrikaans ?
>

Iritasie :) Ek dink telefoon smous.

____________________________________________________________ _____________
Ek kan nie vir iemand anders praat nie. Ek verstaan myself dan nie eens,
hoe kan iemand anders my dan verstaan sodat ek hulle kan verteenwoordig ?
- ------------------------------------------------------------ -------------
Robert Sandilands - 'n Mal Ingenieur en Virus Moordenaar
Senior Virus Analis : WNNR Virus Beskermings Dienste
Tel: +27-12-841-2106, Fax: +27-12-841-3037, E-pos: rob...@vps.cis.co.za
- ------------------------------------------------------------ -------------
Vorige onderwerp: Birds and the Bees
Volgende onderwerp: Re: Censuur op Internet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 01:32:34 MGT 2024