Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Koos du Plessis MP3's?
Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62141] Wo, 15 Mei 2002 17:41 na volgende boodskap
Rhenier  is tans af-lyn  Rhenier
Boodskappe: 5
Geregistreer: Mei 2002
Karma: 0
Junior Lid
Hi daar.

Het iemand al uitgevind waar 'n mens Koos du Plessis MP3's
kan download?

TIA

Rhenier Labuschagne
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62155 is 'n antwoord op boodskap #62141] Wo, 15 Mei 2002 21:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
jij kan KaZaa of audiogalaxy probeer.
veral audiogalaxy het baie Afrikaanse musiek.

Gr.rico
"Rhenier" skryf in boodskap news:3ce29dd0.0@news1.mweb.co.za...
> Hi daar.
>
> Het iemand al uitgevind waar 'n mens Koos du Plessis MP3's
> kan download?
>
> TIA
>
> Rhenier Labuschagne
>
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62200 is 'n antwoord op boodskap #62141] Vr, 17 Mei 2002 03:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pierre  is tans af-lyn  Pierre
Boodskappe: 19
Geregistreer: Mei 2002
Karma: 0
Junior Lid
Ek het so 'n klein CD-winkeltjie hier op 'n plattelandse
dorpie in die RSA. Hier waar dit maar kners om 'n bestaan te
maak (verál as jy boonop die reggestelde BAM-letsel dra).
Die mp3-fenomeen is vinnig besig om eerlike, hardwerkende,
ekonomies onafhanklike mense op hul knieë te dwing met
CD-verkope wat teen 'n tempo van ca. 20% per jaar daal.

Ek veroordeel nie die gebruik van mp3's nie, maar dink tog
volgende wanneer jy dit so gerieflik van AudioGalaxy óf
Grokster óf KaZaa óf MusicCity óf wáár ookal aflaai, nie aan
die groot musiekkonglomorate óf die kunstenaars wat jy dalk
so verneuk nie, maar aan die gewone ou op straat wat sy
brood verdien uit die verkoop van CD's. Gesinsmense nét soos
jy en jy..

As julle ouens, wat reeds daar vér in die wêreld nesgeskrop
het, volgende keer terugverlang na 'n stukkie egte
Afrikaanse (óf ander Suid-Afrikaanse) musiek, stuur eerder
vir my 'n epos en bestel die CD by my, wat ek beloof ek baie
moeite sal doen om vir jou in die hande te kry. Jou nuwe
geldeenheid frommel ons armsalige ou Randjie tog so gemaklik
op, dat jy nie eers die verskil aan jou gatsak sal voel
nie..

Groete van huis tot huis aan ieder en elk in die buiteland
:)

Pierre

======================================

"Rhenier" skryf in boodskap news:3ce29dd0.0@news1.mweb.co.za...
> Hi daar.
>
> Het iemand al uitgevind waar 'n mens Koos du Plessis MP3's
> kan download?
>
> TIA
>
> Rhenier Labuschagne
>
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62227 is 'n antwoord op boodskap #62200] Vr, 17 Mei 2002 18:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 17 May 2002 05:52:31 +0200, "Pierre"
wrote:

>
> Ek veroordeel nie die gebruik van mp3's nie, maar dink tog
> volgende wanneer jy dit so gerieflik van AudioGalaxy óf
> Grokster óf KaZaa óf MusicCity óf wáár ookal aflaai, nie aan
> die groot musiekkonglomorate óf die kunstenaars wat jy dalk
> so verneuk nie, maar aan die gewone ou op straat wat sy
> brood verdien uit die verkoop van CD's. Gesinsmense nét soos
> jy en jy..
>
>
> Groete van huis tot huis aan ieder en elk in die buiteland
> :)
>
> Pierre
>

En heelwaarskynlik verneuk jy Jan Taks met BTW, Pierre.
Wanneer jy dit weer doen, dink dan nie aan die regering nie
maar aan die arme man op straat wat 'n groot gedeelte van sy
swaar verdiende inkomste moet afstaan aan persoonlik belasting
en dan met die klaar belaste geld weer BTW op CD's ook betaal,
wat an weer 'n moerske vraag laat hoeveel daarvan in Jan Taks se sak
beland.

Groete van huis tot huis aan ieder en elk in die buite en binneland.

DD
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62233 is 'n antwoord op boodskap #62200] Vr, 17 Mei 2002 19:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
JD Bothma  is tans af-lyn  JD Bothma
Boodskappe: 9
Geregistreer: Mei 2002
Karma: 0
Junior Lid
Al bly ek in engeland kos alles wat ek koop soveel duurder. die uliesie (ek
weet ak kan nie spel nie ;-)) van dat mens soveel ryker is wanner mens in 'n
ander land bly is gemors. ja, met die sakgeld wat ek hoer moet verdien om
self klere, lekkergoed, skryfbehoefdes, ens. ens. ens. te koop sal ek elke
maand meer Cd's kan koop in SA as wat ek musiek kan en wil download.

om 'n CD veilig van SA te pos tot hier sal beina net soveel kos soos die CD.
Ek verstaan Pierre se posisie maar die feit dat ek of wie-ook-al in 'n verre
land bly beteken regtig nie veel nie.

groete van hier na almal waar dit nou weer winter is van hier waar dit
"somer" word.
;-)

JD

"The difference between good and excellent is just a tad extra effort"
-Duffy Daugherty

"Pierre" skryf in boodskap news:3ce47e84$0$18850@hades.is.co.za...
> Ek het so 'n klein CD-winkeltjie hier op 'n plattelandse
> dorpie in die RSA. Hier waar dit maar kners om 'n bestaan te
> maak (verál as jy boonop die reggestelde BAM-letsel dra).
> Die mp3-fenomeen is vinnig besig om eerlike, hardwerkende,
> ekonomies onafhanklike mense op hul knieë te dwing met
> CD-verkope wat teen 'n tempo van ca. 20% per jaar daal.
>
> Ek veroordeel nie die gebruik van mp3's nie, maar dink tog
> volgende wanneer jy dit so gerieflik van AudioGalaxy óf
> Grokster óf KaZaa óf MusicCity óf wáár ookal aflaai, nie aan
> die groot musiekkonglomorate óf die kunstenaars wat jy dalk
> so verneuk nie, maar aan die gewone ou op straat wat sy
> brood verdien uit die verkoop van CD's. Gesinsmense nét soos
> jy en jy..
>
> As julle ouens, wat reeds daar vér in die wêreld nesgeskrop
> het, volgende keer terugverlang na 'n stukkie egte
> Afrikaanse (óf ander Suid-Afrikaanse) musiek, stuur eerder
> vir my 'n epos en bestel die CD by my, wat ek beloof ek baie
> moeite sal doen om vir jou in die hande te kry. Jou nuwe
> geldeenheid frommel ons armsalige ou Randjie tog so gemaklik
> op, dat jy nie eers die verskil aan jou gatsak sal voel
> nie..
>
> Groete van huis tot huis aan ieder en elk in die buiteland
> :)
>
> Pierre
>
> ======================================
>
> "Rhenier" wrote in message
> news:3ce29dd0.0@news1.mweb.co.za...
>> Hi daar.
>>
>> Het iemand al uitgevind waar 'n mens Koos du Plessis MP3's
>> kan download?
>>
>> TIA
>>
>> Rhenier Labuschagne
>>
>
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62244 is 'n antwoord op boodskap #62233] Vr, 17 Mei 2002 21:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"JD Bothma" wrote:

> om 'n CD veilig van SA te pos tot hier sal beina net soveel kos soos die CD.

As jy moes betaal vir die MP3's, sou jy dit nogsteeds afgelaai het?
Ek glo nie...:-)
So, dis nie die koste van die posgeld wat pla nie - dis sommer die
plein ou gewone suinigheid van SA'ners en Ollanners wat hier 'n rol
speel.
Dis maar net wat ek dink...
:-)))
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62245 is 'n antwoord op boodskap #62233] Vr, 17 Mei 2002 21:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 17 May 2002 20:16:15 +0100, "JD Bothma"
wrote:
> die uliesie (ek
> weet ak kan nie spel nie ;-))

Daaroor sal niemand stry nie:-(

> van dat mens soveel ryker is wanner mens in 'n
> ander land bly is gemors. ja, met die sakgeld wat ek hoer moet verdien

Eintlik is dit vrouens wat met hoer sakgeldgeld (en selfs baie meer)
kan verdien:-(

DD
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62246 is 'n antwoord op boodskap #62245] Vr, 17 Mei 2002 21:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Dalk leef ons onder `n "uliesie" en verdien die mans daar ook meer op die
manier.

"Davie Davis" skryf in boodskap news:rduaeukh6r6vv1sb3cso6lsd4aqtm3a7cc@4ax.com...
> On Fri, 17 May 2002 20:16:15 +0100, "JD Bothma"
> wrote:
>> die uliesie (ek
>> weet ak kan nie spel nie ;-))
>
> Daaroor sal niemand stry nie:-(
>
>> van dat mens soveel ryker is wanner mens in 'n
>> ander land bly is gemors. ja, met die sakgeld wat ek hoer moet verdien
>
> Eintlik is dit vrouens wat met hoer sakgeldgeld (en selfs baie meer)
> kan verdien:-(
>
> DD
>
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62248 is 'n antwoord op boodskap #62246] Sa, 18 Mei 2002 02:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis 'n "uliesie" as julle dink dit is net oorsee waar mans ook so 'n
ektratjie verdien:)))
Annette

"johanls" skryf in boodskap news:3ce5fb2f_3@batman.vip-za.com...
> Dalk leef ons onder `n "uliesie" en verdien die mans daar ook meer op die
> manier.
>
> "Davie Davis" wrote in message
> news:rduaeukh6r6vv1sb3cso6lsd4aqtm3a7cc@4ax.com...
>> On Fri, 17 May 2002 20:16:15 +0100, "JD Bothma"
>> wrote:
>>> die uliesie (ek
>>> weet ak kan nie spel nie ;-))
>>
>> Daaroor sal niemand stry nie:-(
>>
>>> van dat mens soveel ryker is wanner mens in 'n
>>> ander land bly is gemors. ja, met die sakgeld wat ek hoer moet verdien
>>
>> Eintlik is dit vrouens wat met hoer sakgeldgeld (en selfs baie meer)
>> kan verdien:-(
>>
>> DD
>>
>
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62258 is 'n antwoord op boodskap #62248] Sa, 18 Mei 2002 06:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 18 May 2002 04:56:41 +0200, "Annette" wrote:

> Dis 'n "uliesie" as julle dink dit is net oorsee waar mans ook so 'n
> ektratjie verdien:)))
> Annette
>
>
Dan moet ek wegdoen met die uliesie
en my vaardighede begin adverteer
Ek meen, 'n sakgeldjie is 'n sakgeldjie:-)))

DD
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62259 is 'n antwoord op boodskap #62258] Sa, 18 Mei 2002 07:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Presies, presies!!
Ek wag vir jou advertensie:)))
Maar Davie, julle sal moet trek - julle het mos nie 'n dok-area daar naby
nie, of hoe?
Buitendien tel daardie Transvaalse Waterfront nie, daar kan nie eers 'n
ordentlike boot op daardie water rondvaar nie.:)

Annette

"Davie Davis" skryf in boodskap news:cesbeugdbqohfos888jpog2rf1rr0hi03q@4ax.com...
> On Sat, 18 May 2002 04:56:41 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Dis 'n "uliesie" as julle dink dit is net oorsee waar mans ook so 'n
>> ektratjie verdien:)))
>> Annette
>>
>>
> Dan moet ek wegdoen met die uliesie
> en my vaardighede begin adverteer
> Ek meen, 'n sakgeldjie is 'n sakgeldjie:-)))
>
> DD
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62261 is 'n antwoord op boodskap #62244] Sa, 18 Mei 2002 09:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
JD Bothma  is tans af-lyn  JD Bothma
Boodskappe: 9
Geregistreer: Mei 2002
Karma: 0
Junior Lid
As ek oud genoeg was om 'n krediet kaart te he sou ek betaal het. om die
waarheid te sê, ek is besig om met my ma te onderhandel om dit vir my in te
betaal, sy vertrou net nie die idee van goed met 'n krediet kaart op die
internet koop nie.

--
UKRA #1256

"The difference between good and excellent is just a tad extra effort"
-Duffy Daugherty

"Katryn" skryf in boodskap news:horaeu8vuoagc65o0eliujbb6uje5hetie@4ax.com...
> "JD Bothma" wrote:
>
>> om 'n CD veilig van SA te pos tot hier sal beina net soveel kos soos die
CD.
>
> As jy moes betaal vir die MP3's, sou jy dit nogsteeds afgelaai het?
> Ek glo nie...:-)
> So, dis nie die koste van die posgeld wat pla nie - dis sommer die
> plein ou gewone suinigheid van SA'ners en Ollanners wat hier 'n rol
> speel.
> Dis maar net wat ek dink...
> :-)))
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62264 is 'n antwoord op boodskap #62261] Sa, 18 Mei 2002 09:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jou ma is 'n wyse vrou:)
Annette

"JD Bothma" skryf in boodskap news:3ce61ed4$1_2@mk-nntp-1.news.uk.worldonline.com...
> As ek oud genoeg was om 'n krediet kaart te he sou ek betaal het. om die
> waarheid te sê, ek is besig om met my ma te onderhandel om dit vir my in te
> betaal, sy vertrou net nie die idee van goed met 'n krediet kaart op die
> internet koop nie.
>
> --
> UKRA #1256
>
> "The difference between good and excellent is just a tad extra effort"
> -Duffy Daugherty
> "Katryn" wrote in message
> news:horaeu8vuoagc65o0eliujbb6uje5hetie@4ax.com...
>> "JD Bothma" wrote:
>>
>>> om 'n CD veilig van SA te pos tot hier sal beina net soveel kos soos
die
> CD.
>>
>> As jy moes betaal vir die MP3's, sou jy dit nogsteeds afgelaai het?
>> Ek glo nie...:-)
>> So, dis nie die koste van die posgeld wat pla nie - dis sommer die
>> plein ou gewone suinigheid van SA'ners en Ollanners wat hier 'n rol
>> speel.
>> Dis maar net wat ek dink...
>> :-)))
>
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62271 is 'n antwoord op boodskap #62259] Sa, 18 Mei 2002 14:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 18 May 2002 09:03:11 +0200, "Annette" wrote:

> Presies, presies!!
> Ek wag vir jou advertensie:)))
>
> Annette
>

ô... en jy gaan kwaliteitsinspektrise wees?:-))))))))

DD
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62277 is 'n antwoord op boodskap #62271] Sa, 18 Mei 2002 15:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Stuur die aanstellingsbrief;))))
Annette

in message news:76pceu0v733f0pvjbq81ht8oiu2kjvv8f5@4ax.com...
> On Sat, 18 May 2002 09:03:11 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Presies, presies!!
>> Ek wag vir jou advertensie:)))
>>
>> Annette
>>
>
> �... en jy gaan kwaliteitsinspektrise wees?:-))))))))
>
> DD
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62283 is 'n antwoord op boodskap #62227] Sa, 18 Mei 2002 16:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pierre  is tans af-lyn  Pierre
Boodskappe: 19
Geregistreer: Mei 2002
Karma: 0
Junior Lid
Mmm... hoe reageer 'n mens op sê 'n antwoord, DD? Jy begin
met 'n (onjuise) aanname oor my belastingsake - iets wat jy
absoluut géén benul van het nie - en bou dan ewe lustig
daarop voort? Nie eintlik 'n ordentlike antwoord werd nie,
sou ek sê.

Groetnis.

Pierre

==================

"Davie Davis" skryf in boodskap news:fgiaeuov7k9crnf50vlupr5a0bs85fpkmj@4ax.com...
> On Fri, 17 May 2002 05:52:31 +0200, "Pierre"
> wrote:
>
>>
>> Ek veroordeel nie die gebruik van mp3's nie, maar dink tog
>> volgende wanneer jy dit so gerieflik van AudioGalaxy óf
>> Grokster óf KaZaa óf MusicCity óf wáár ookal aflaai, nie aan
>> die groot musiekkonglomorate óf die kunstenaars wat jy dalk
>> so verneuk nie, maar aan die gewone ou op straat wat sy
>> brood verdien uit die verkoop van CD's. Gesinsmense nét soos
>> jy en jy..
>>
>>
>> Groete van huis tot huis aan ieder en elk in die buiteland
>> :)
>>
>> Pierre
>>
>
> En heelwaarskynlik verneuk jy Jan Taks met BTW, Pierre.
> Wanneer jy dit weer doen, dink dan nie aan die regering nie
> maar aan die arme man op straat wat 'n groot gedeelte van sy
> swaar verdiende inkomste moet afstaan aan persoonlik belasting
> en dan met die klaar belaste geld weer BTW op CD's ook betaal,
> wat an weer 'n moerske vraag laat hoeveel daarvan in Jan Taks se sak
> beland.
>
> Groete van huis tot huis aan ieder en elk in die buite en binneland.
>
> DD
>
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62289 is 'n antwoord op boodskap #62283] Sa, 18 Mei 2002 17:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 18 May 2002 18:13:33 +0200, "Pierre"
wrote:

> Mmm... hoe reageer 'n mens op só 'n antwoord, DD? Jy begin
> met 'n (onjuise) aanname oor my belastingsake - iets wat jy
> absoluut géén benul van het nie - en bou dan ewe lustig
> daarop voort? Nie eintlik 'n ordentlike antwoord werd nie,
> sou ek sê.
>
> Groetnis.
>
> Pierre
>

Ek gaan jou verbaas deur saam te stem dat
dit nie juis 'n ordentlike antwoord werd is nie
Pierre. Moet dus nie moeite doen nie.
Slegs was dit in reaksie op jou roekelose:

>>> Ek veroordeel nie die gebruik van mp3's nie, maar dink
> tog
>>> volgende wanneer jy dit so gerieflik van AudioGalaxy óf
>>> Grokster óf KaZaa óf MusicCity óf wáár ookal aflaai, nie
> aan
>>> die groot musiekkonglomorate óf die kunstenaars wat jy
> dalk
>>> so verneuk nie, maar aan die gewone ou op straat wat sy
>>> brood verdien uit die verkoop van CD's. Gesinsmense nét
> soos
>>> jy en jy..
>>>
>>>
>>> Groete van huis tot huis aan ieder en elk in die
> buiteland
>>> :)
En Pierre, jy veroordeel nié die aflaai van MP3's nie
maar in die selfde sin val jy dit aan! Dit vriend, is geen
ordentlike antwoord werd nie.

Groetnis nog 'n keer

DD
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62293 is 'n antwoord op boodskap #62283] Sa, 18 Mei 2002 18:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Pierre, hoe lank ken jy vir DD? ;-)
--
"Pierre"
> Mmm... hoe reageer 'n mens op sê 'n antwoord, DD?
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62294 is 'n antwoord op boodskap #62283] Sa, 18 Mei 2002 18:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Pierre, ek het begrip vir jou dilemma, maar ongelukkig is dit iets wat nie
omgekeer kan word nie.
Dus, die beste voorstel wat ek kan maak is dat jy jou onderneming uitbrei om
produkte te verkoop wat meer gerig is op die plaaslike nie-internet mark, of
om CD's of plate te bemark en te verkoop wat nie beskikbaar is by die groot
CD winkels of op die internet nie.
Annette

> met 'n (onjuise) aanname oor my belastingsake - iets wat jy
> absoluut géén benul van het nie - en bou dan ewe lustig
> daarop voort? Nie eintlik 'n ordentlike antwoord werd nie,
> sou ek sê.
>
> Groetnis.
>
> Pierre
>
> ==================
> "Davie Davis" wrote in message
> news:fgiaeuov7k9crnf50vlupr5a0bs85fpkmj@4ax.com...
>> On Fri, 17 May 2002 05:52:31 +0200, "Pierre"
>> wrote:
>>
>>>
>>> Ek veroordeel nie die gebruik van mp3's nie, maar dink
> tog
>>> volgende wanneer jy dit so gerieflik van AudioGalaxy óf
>>> Grokster óf KaZaa óf MusicCity óf wáár ookal aflaai, nie
> aan
>>> die groot musiekkonglomorate óf die kunstenaars wat jy
> dalk
>>> so verneuk nie, maar aan die gewone ou op straat wat sy
>>> brood verdien uit die verkoop van CD's. Gesinsmense nét
> soos
>>> jy en jy..
>>>
>>>
>>> Groete van huis tot huis aan ieder en elk in die
> buiteland
>>> :)
>>>
>>> Pierre
>>>
>>
>> En heelwaarskynlik verneuk jy Jan Taks met BTW, Pierre.
>> Wanneer jy dit weer doen, dink dan nie aan die regering
> nie
>> maar aan die arme man op straat wat 'n groot gedeelte van
> sy
>> swaar verdiende inkomste moet afstaan aan persoonlik
> belasting
>> en dan met die klaar belaste geld weer BTW op CD's ook
> betaal,
>> wat an weer 'n moerske vraag laat hoeveel daarvan in Jan
> Taks se sak
>> beland.
>>
>> Groete van huis tot huis aan ieder en elk in die buite en
> binneland.
>>
>> DD
>>
>
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62317 is 'n antwoord op boodskap #62293] Sa, 18 Mei 2002 21:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pierre  is tans af-lyn  Pierre
Boodskappe: 19
Geregistreer: Mei 2002
Karma: 0
Junior Lid
> Pierre, hoe lank ken jy vir DD? ;-)

..lyk my ek gaan hom goed leer ken ;)

Pierre
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62322 is 'n antwoord op boodskap #62289] Sa, 18 Mei 2002 21:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pierre  is tans af-lyn  Pierre
Boodskappe: 19
Geregistreer: Mei 2002
Karma: 0
Junior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:234deucmsa3mu45v9lin3nkdrs6iv9098v@4ax.com...
> On Sat, 18 May 2002 18:13:33 +0200, "Pierre"

> En Pierre, jy veroordeel nié die aflaai van MP3's nie
> maar in die selfde sin val jy dit aan! Dit vriend, is geen
> ordentlike antwoord werd nie.

Ja-nee, jy't my uitgeklop. Ek was beslis dubbelsinnig in my
stelling oor die gebruik van mp3. Mens raak maar sê as jy
iewers gevat word waar dit seermaak... Ek kon dit sekerlik
meer eufimisties gestel het, maar die argelose trant van die
opmerking het my laat oorreageer.

Ek kan myle uitwei oor MP3 en gelyksoortige
musiekkompressietegnieke, soos bv. Musepack (MPC), AAC, OGG
Vorbis, Monkeys Audio en vele andere, maar dit sal boekdele
vul. Wat ek wél kan sê is dat die groot musiekverspreiders
(sg. "labels") gladnie in voeling is met die algemene
publiek / musiekliefhebber se behoeftes nie (hoor ek iemand
saamstem?), daarom dat mense musiek so ondermekaar "deel".
Die grootste gros musiek wat sê versprei word, is egter
totale gemors omdat dit met minderwaardige enkodeerders
gekrimp word na mp3. Maar, enigiets is OK as die deler dit
in die eerste plek nie gehad het nie en in die tweede plek
nog boonop verniet kry :). Ek het al aan die RIAA se
uitvoerende hoof in die VSA geskryf om oplossings aan te
bied, maar watwou, hulle antwoord my nie eers nie. Napster
is weliswaar op pad uit, maar Hydra se koppe is
onvernietigbaar...

Die gesprek is oop. Wie is volgende op die seepkis?

Groetnis

-Pierre
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62329 is 'n antwoord op boodskap #62294] Sa, 18 Mei 2002 22:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pierre  is tans af-lyn  Pierre
Boodskappe: 19
Geregistreer: Mei 2002
Karma: 0
Junior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:ac66n1$mo2ri$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Pierre, ek het begrip vir jou dilemma, maar ongelukkig is dit iets wat nie
> omgekeer kan word nie.
> Dus, die beste voorstel wat ek kan maak is dat jy jou onderneming uitbrei om
> produkte te verkoop wat meer gerig is op die plaaslike nie-internet mark, of
> om CD's of plate te bemark en te verkoop wat nie beskikbaar is by die groot
> CD winkels of op die internet nie.
> Annette

Annette,

Ons doen darem al die volgende bykomende dinge:

1] Die digitale oorklanking van mense se ou kort- en
langspeelplaatversamelings na CD.

2] Die verkope van rekenaars, sagteware, die herstel en
onderhoud daarvan en basiese opleiding.

3] Grafiese en webontwerp.

.. en binnekort begin ek met die bemarking van my eie
Maroelalikeur (dit is is eintlik hierdie NG se gesprek oor
Amarula wat aanvanklik my oog gevang het, want ek het
gewonder hoe SAners oorsee dit sou ontvang. Ek het lank
gesoek en geproef aan 'n inheemse produk om uit te voer. Sal
iewers in Augustusmaand vir jou 'n proeseltjie stuur vir
evaluasie- as jy belangstel. Ek soek bemarkingsgeleenthede
en is tans besig om na verpakkingsopsies te kyk.

As julle dalk aan oulike/gepaste name vir so 'n produk kan
dink, gooi my maar toe daarmee :))

Baie groete,

-Pierre
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62331 is 'n antwoord op boodskap #62322] Sa, 18 Mei 2002 22:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 18 May 2002 23:32:22 +0200, "Pierre"
wrote:

> Die grootste gros musiek wat só versprei word, is egter
> totale gemors omdat dit met minderwaardige enkodeerders
> gekrimp word na mp3. Maar, enigiets is OK as die deler dit
> in die eerste plek nie gehad het nie en in die tweede plek
> nog boonop verniet kry :).

Ek spandeer ure (en nòg ure!) met die oorsit van LP's
na CDA formaat Pierre. Ek het LP's wat myns insiens
(nog) nie op CD beskikbaar is nie, en wat meer is, is dat ek
dit geniet. Ek geniet dit om te sien hoe skoon ek dit kan
kry met so min as moontlik afbreek aan die musiek.
(en wanneer dit baie goed klink, waag ek dit steeds nie om
dit met oorfone te luister nie!)
> Die gesprek is oop. Wie is volgende op die seepkis?
Tweedens het ek eenmaal 'n CD by 'n bilioteek uitgeneem
en dit na verskeie boekwinkels geneem om dit vir my te bestel.
Niemand kon dit vir my kry nie. Ek het dit oorgesit op kasset
en daarna oip CD en is baie teleurgestel. Ek soek dit in enige
formaat steeds, en soek werklik maar kry dit nie. (Dit was voor ek
'n CD skrywer gehad het.)
Die CD se naam is 'De Schönsten Jodler Der Berge' en
verskeie kunstenaars neem deel. Ek het later die CD by die
biblioteek gaan soek maar iemand het dit laat wegraak. Dit is iets
wat ek sal aflaai sonder om eers aan julle te dink - of kan jy dit vir
my kry? Net miskien is dit opgeneem in Oostenryk.

Groetnis

DD

>

>
> Groetnis
>
> -Pierre
>
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62333 is 'n antwoord op boodskap #62329] Sa, 18 Mei 2002 22:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 19 May 2002 00:06:48 +0200, "Pierre"
wrote:

>
> 1] Die digitale oorklanking van mense se ou kort- en
> langspeelplaatversamelings na CD.
>

>
> -Pierre
>

Interessant dat jy en ek dieselfde tyd
daaroor gepraat het. Watter program
genbruik jy daarvoor?

DD
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62336 is 'n antwoord op boodskap #62333] Sa, 18 Mei 2002 23:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pierre  is tans af-lyn  Pierre
Boodskappe: 19
Geregistreer: Mei 2002
Karma: 0
Junior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:mdldeuo3hdnvikrk4b67rppesp08fqd52j@4ax.com...
> On Sun, 19 May 2002 00:06:48 +0200, "Pierre"

> Interessant dat jy en ek dieselfde tyd
> daaroor gepraat het. Watter program
> genbruik jy daarvoor?

Omtrent interessant, is dit nie? Ek gebruik CoolEdit2000,
ClickFlix en Wave Repair. Nog maar 'n groentjie, maar ek hou
*baie* daarvan. Begin eers met my eie plate wat nie op CD
verkrygbaar is nie, maar het darem al 'n paar vir (baie
tevrede ;)) klante opgeneem. Ek herwin ook erg gekrapte CD's
met Exact Audio Copy. Soos jy sê- die lekker lê eintlik
daarin om die musiek nie te veel te versnipper nie..

Sal ook my plaaslike katalogusse raadpleeg i.v.m 'De
Schönsten Jodler Der Berge'. Ek kry nêrens op Gracenote
(cddb) 'n verwysing daarna nie. Was dit eers op langspeler
beskikbaar? Ek is toevallig ook dol oor jodelmusiek. Hou bv.
baie van Mary Schneider..

-Pierre
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62342 is 'n antwoord op boodskap #62329] So, 19 Mei 2002 05:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou vir wat het jy dan gekla?:))))

Ek sal eers moet proe voordat ek 'n naam sal kan visualiseer:))
Die naam sal anders moet lyk of klink as Amarula, anders is daar weer
hofsake.

Annette

"Pierre" skryf in boodskap news:3ce6d07a$0$18843@hades.is.co.za...
>
> "Annette" wrote in message
> news:ac66n1$mo2ri$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Pierre, ek het begrip vir jou dilemma, maar ongelukkig is
> dit iets wat nie
>> omgekeer kan word nie.
>> Dus, die beste voorstel wat ek kan maak is dat jy jou
> onderneming uitbrei om
>> produkte te verkoop wat meer gerig is op die plaaslike
> nie-internet mark, of
>> om CD's of plate te bemark en te verkoop wat nie
> beskikbaar is by die groot
>> CD winkels of op die internet nie.
>> Annette
>
> Annette,
>
> Ons doen darem al die volgende bykomende dinge:
>
> 1] Die digitale oorklanking van mense se ou kort- en
> langspeelplaatversamelings na CD.
>
> 2] Die verkope van rekenaars, sagteware, die herstel en
> onderhoud daarvan en basiese opleiding.
>
> 3] Grafiese en webontwerp.
>
> .. en binnekort begin ek met die bemarking van my eie
> Maroelalikeur (dit is is eintlik hierdie NG se gesprek oor
> Amarula wat aanvanklik my oog gevang het, want ek het
> gewonder hoe SAners oorsee dit sou ontvang. Ek het lank
> gesoek en geproef aan 'n inheemse produk om uit te voer. Sal
> iewers in Augustusmaand vir jou 'n proeseltjie stuur vir
> evaluasie- as jy belangstel. Ek soek bemarkingsgeleenthede
> en is tans besig om na verpakkingsopsies te kyk.
>
> As julle dalk aan oulike/gepaste name vir so 'n produk kan
> dink, gooi my maar toe daarmee :))
>
> Baie groete,
>
> -Pierre
>
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62349 is 'n antwoord op boodskap #62336] So, 19 Mei 2002 08:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Pierre" se tweede brief eerste:

> DD. Met verwysing na my vorige pos: Ek het die album toe op
> Gracenote opgespoor. Kon dit aanvanklik nie kry nie, want
> die titel, soos by hulle op rekord, is waarskynlik verkeerd
> gespel:

> Is hierdie besonderhede korrek?

Disc Info:
Various Artists / Die schoensten (sic) Jodler
der Berge - Folge 3

Tracks on this CD

1 - 24

Wederom,

-Pierre

Die einste Pierre! Persies! Én soos jy sê
is die titel verkeerd gespel. Is dit van êrens
af verkrygbaar? Die snitte is al daai genoemde 24.

> . Watter program
>> genbruik jy daarvoor?
>
> Omtrent interessant, is dit nie? Ek gebruik CoolEdit2000,
> ClickFlix en Wave Repair

Voorstel Pierre:
Laai Cool Edit Pro 2.0 af. Daar is selfs
'n CD Burner plugin daarvoor beskikbaar.
Daar is wel 'n probleem met die program
in die opsig dat dit te solied gebou is en
tòg 'n kraak moet hê (ter wille van die eggo:-)
maar daarmee kan ek jou help.

knip
knip
knip
> Was dit eers op langspeler
> beskikbaar?
Weet nie mar die enigste weergawe daarvan
(wat ek in my huis gehad het) was op CD.

> Ek is toevallig ook dol oor jodelmusiek. Hou bv.
> baie van Mary Schneider..
>
> -Pierre
>
Ek dink dat Charles Jacobie meer eer verdien
as wat hy kry. Ek wil nie eers snitte uitsonder
nie want dit sal onregverdig wees.
Wat het van Slim Whitman(n?) geword? Sy
jodel talent was natuurlik van dié hoogste gehalte
op die rakke.

Raai wie se searchmachine soek al reeds na gracenote:-)

Groetnis allie pad
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62352 is 'n antwoord op boodskap #62349] So, 19 Mei 2002 08:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink Slim is doodgejodel:))
Ek het hier nog 'n ou 78 van Slim Whitman.
Annette

"Davie Davis" skryf in boodskap news:dtleeug6h1n4bnfv9rcp77qdljt80bp34i@4ax.com...
>
> "Pierre" se tweede brief eerste:
>
>> DD. Met verwysing na my vorige pos: Ek het die album toe op
>> Gracenote opgespoor. Kon dit aanvanklik nie kry nie, want
>> die titel, soos by hulle op rekord, is waarskynlik verkeerd
>> gespel:
>
>> Is hierdie besonderhede korrek?
>
> Disc Info:
> Various Artists / Die schoensten (sic) Jodler
> der Berge - Folge 3
>
> Tracks on this CD
>
> 1 - 24
>
> Wederom,
>
> -Pierre
>
>
> Die einste Pierre! Persies! 'n soos jy sê
> is die titel verkeerd gespel. Is dit van êrens
> af verkrygbaar? Die snitte is al daai genoemde 24.
>
>
>
>> . Watter program
>>> genbruik jy daarvoor?
>>
>> Omtrent interessant, is dit nie? Ek gebruik CoolEdit2000,
>> ClickFlix en Wave Repair
>
> Voorstel Pierre:
> Laai Cool Edit Pro 2.0 af. Daar is selfs
> 'n CD Burner plugin daarvoor beskikbaar.
> Daar is wel 'n probleem met die program
> in die opsig dat dit te solied gebou is en
> tóg 'n kraak moet hê (ter wille van die eggo:-)
> maar daarmee kan ek jou help.
>
> knip
> knip
> knip
>> Was dit eers op langspeler
>> beskikbaar?
> Weet nie mar die enigste weergawe daarvan
> (wat ek in my huis gehad het) was op CD.
>
>> Ek is toevallig ook dol oor jodelmusiek. Hou bv.
>> baie van Mary Schneider..
>>
>> -Pierre
>>
> Ek dink dat Charles Jacobie meer eer verdien
> as wat hy kry. Ek wil nie eers snitte uitsonder
> nie want dit sal onregverdig wees.
> Wat het van Slim Whitman(n?) geword? Sy
> jodel talent was natuurlik van dié hoogste gehalte
> op die rakke.
>
>
> Raai wie se searchmachine soek al reeds na gracenote:-)
>
>
> Groetnis allie pad
>
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62355 is 'n antwoord op boodskap #62352] So, 19 Mei 2002 09:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 19 May 2002 10:31:57 +0200, "Annette" wrote:

> Ek dink Slim is doodgejodel:))
> Ek het hier nog 'n ou 78 van Slim Whitman.
> Annette
>
>

Probleem met daardie selfde ou 78spoed
is dat hy soveel krappe en klieks in het.
Dit is waarvan Pierre en ek netnou gepraat
het. Wanneer jy krappe, klieks en suisgeluide
uithaal, verwyder jy ook musiek wat op daardie
selfde toonhoogte is.

DD
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62361 is 'n antwoord op boodskap #62355] So, 19 Mei 2002 09:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pierre  is tans af-lyn  Pierre
Boodskappe: 19
Geregistreer: Mei 2002
Karma: 0
Junior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:47qeeu0n2ja9490lrapcljj3348ufcmjro@4ax.com...

> Probleem met daardie selfde ou 78spoed
> is dat hy soveel krappe en klieks in het.
> Dit is waarvan Pierre en ek netnou gepraat
> het. Wanneer jy krappe, klieks en suisgeluide
> uithaal, verwyder jy ook musiek wat op daardie
> selfde toonhoogte is.

Jip, maar ek moet sê as die musiek nie té erg verinneweer
word nie, is dit altyd die moeite werd. Terloops DD, ek sal
eers teen môre se kant deur ons plaaslike katalogusse kan
werk vir .. ' Jodel Der Berge . As ek iets kry, sal ek weer
hier pos.

Geniet julle dag,

-Pierre

Ps. Die naam Davie Davis laat my terugdink aan my kinderjare
en my ou gunstelingstasie, vergange se LM Radio, waarin
David Davies en Esmé Euvrard die jongste treffers aangebied
het.. :). Tja, dit was die dae vóór TV, toe ons nog na die
"Du Plooys van Soetmelksvlei" geluister het, "Donkermaan
Oor Daspoort" , die "Mielieblaarklub" ...en
staatsbegrafnisse, alles op radio..
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62363 is 'n antwoord op boodskap #62361] So, 19 Mei 2002 10:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 19 May 2002 11:52:32 +0200, "Pierre"
wrote:

> -Pierre sê so:
>
> Ps. Die naam Davie Davis laat my terugdink aan my kinderjare
> en my ou gunstelingstasie, vergange se LM Radio, waarin
> David Davies en Esmé Euvrard die jongste treffers aangebied
> het.. :). Tja, dit was die dae vóór TV, toe ons nog na die
> "Du Plooys van Soetmelksvlei" geluister het, "Donkermaan
> Oor Daspoort" , die "Mielieblaarklub" ...en
> staatsbegrafnisse, alles op radio..
>
>

en Davie Davis antwoord hom toe baie eerlik:
(eerliker as gewoonlik!)

Dis waarvandaan ek ook die naam onthou Pierre.
(Dink jy dit is plagiaties:-)
My werklik naam is anders en by tye het ek geneig
om die hoofrol te speel by 'Police File'. My baard het
ek intussen afgeskeer maar vertrou steeds nie die
vrede nie. Daar kan van iewers 'n té verbeeldeingryke
cop uitkruip wat die hoofrol wil speel in 'Law and Order'
of so iets.

Davie Davis
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62369 is 'n antwoord op boodskap #62363] So, 19 Mei 2002 11:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pierre  is tans af-lyn  Pierre
Boodskappe: 19
Geregistreer: Mei 2002
Karma: 0
Junior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:qdteeu0illh2mcq2pevgkmg9cl4icj9euv@4ax.com...

> Dis waarvandaan ek ook die naam onthou Pierre.
> (Dink jy dit is plagiaties:-)

Ek dink die oorspronklike DD sou maar te bly wees om te hoor
sy naam bly "voortleef", nevermaaind plagiaties.. :))

_Pierre
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62370 is 'n antwoord op boodskap #62349] So, 19 Mei 2002 11:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD,
ek net juis op KaZaa 'n liedjie van die Slim afgelaai, hij het daarop nie
gejodel nie, maar hy het my baie laat lach, man dis tog nie musiek om trots
op te wees nie.

en die liedjie het nog ruis ook, ek dink dis van 'n LP oorgeneem en op die
net gesit.

Nie my favoriete mannetjie nie :-)))

Gr.Rico
"Davie Davis" skryf in boodskap news:dtleeug6h1n4bnfv9rcp77qdljt80bp34i@4ax.com...
>
> "Pierre" se tweede brief eerste:
>
>> DD. Met verwysing na my vorige pos: Ek het die album toe op
>> Gracenote opgespoor. Kon dit aanvanklik nie kry nie, want
>> die titel, soos by hulle op rekord, is waarskynlik verkeerd
>> gespel:
>
>> Is hierdie besonderhede korrek?
>
> Disc Info:
> Various Artists / Die schoensten (sic) Jodler
> der Berge - Folge 3
>
> Tracks on this CD
>
> 1 - 24
>
> Wederom,
>
> -Pierre
>
>
> Die einste Pierre! Persies! 'n soos jy sê
> is die titel verkeerd gespel. Is dit van êrens
> af verkrygbaar? Die snitte is al daai genoemde 24.
>
>
>
>> . Watter program
>>> genbruik jy daarvoor?
>>
>> Omtrent interessant, is dit nie? Ek gebruik CoolEdit2000,
>> ClickFlix en Wave Repair
>
> Voorstel Pierre:
> Laai Cool Edit Pro 2.0 af. Daar is selfs
> 'n CD Burner plugin daarvoor beskikbaar.
> Daar is wel 'n probleem met die program
> in die opsig dat dit te solied gebou is en
> tóg 'n kraak moet hê (ter wille van die eggo:-)
> maar daarmee kan ek jou help.
>
> knip
> knip
> knip
>> Was dit eers op langspeler
>> beskikbaar?
> Weet nie mar die enigste weergawe daarvan
> (wat ek in my huis gehad het) was op CD.
>
>> Ek is toevallig ook dol oor jodelmusiek. Hou bv.
>> baie van Mary Schneider..
>>
>> -Pierre
>>
> Ek dink dat Charles Jacobie meer eer verdien
> as wat hy kry. Ek wil nie eers snitte uitsonder
> nie want dit sal onregverdig wees.
> Wat het van Slim Whitman(n?) geword? Sy
> jodel talent was natuurlik van dié hoogste gehalte
> op die rakke.
>
>
> Raai wie se searchmachine soek al reeds na gracenote:-)
>
>
> Groetnis allie pad
>
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62372 is 'n antwoord op boodskap #62369] So, 19 Mei 2002 11:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 19 May 2002 13:00:33 +0200, "Pierre"
wrote:

> "Davie Davis" wrote in message
> news:qdteeu0illh2mcq2pevgkmg9cl4icj9euv@4ax.com...
>
>> Dis waarvandaan ek ook die naam onthou Pierre.
>> (Dink jy dit is plagiaties:-)
>
> Ek dink die oorspronklike DD sou maar te bly wees om te hoor
> sy naam bly "voortleef", nevermaaind plagiaties.. :))
>
> _Pierre
>

ha ha... Pierre, as jy nie verstaan het
wat ek gesê het van Cool Edit Pro 2
nie, lees dit stadig weer:-)
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62373 is 'n antwoord op boodskap #62370] So, 19 Mei 2002 12:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 19 May 2002 13:38:09 +0200, "Rico" wrote:

> DD,
> ek net juis op KaZaa 'n liedjie van die Slim afgelaai, hij het daarop nie
> gejodel nie, maar hy het my baie laat lach, man dis tog nie musiek om trots
> op te wees nie.
>
> en die liedjie het nog ruis ook, ek dink dis van 'n LP oorgeneem en op die
> net gesit.
>
> Nie my favoriete mannetjie nie :-)))
>

Kan ek raai Rico, dat jou gunsteling mannetjie
dalk Paul De Leeuw is:-)
Grappie, ek hou van sy sang en het 'n paar
snitte (Flappie, Ein vriendlijk woord, ens.) van hom

DD
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62374 is 'n antwoord op boodskap #62373] So, 19 Mei 2002 12:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" schreef...
> Kan ek raai Rico, dat jou gunsteling mannetjie
> dalk Paul De Leeuw is:-)
> Grappie, ek hou van sy sang en het 'n paar
> snitte (Flappie, Ein vriendlijk woord, ens.) van hom

Flappie? Dis wreed!

Ek moet die uit-knoppie nou eintlik gaan indruk. Ek sien julle weer volgende
maand :)

Arthur
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62377 is 'n antwoord op boodskap #62372] So, 19 Mei 2002 16:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pierre  is tans af-lyn  Pierre
Boodskappe: 19
Geregistreer: Mei 2002
Karma: 0
Junior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:944feuk68rhff03jc1v8fanchnn2vu0ioq@4ax.com...

> ha ha... Pierre, as jy nie verstaan het
> wat ek gesê het van Cool Edit Pro 2
> nie, lees dit stadig weer:-)

He he he, nou is ek lekker verleë, want ek sowaar nie die
deel van jou pos re CE PRO gelees nie (het nie vér genoeg
afgeblaai om te sien dat jou berig verder strek nie) en sien
met die terugkeerslag ook die deel oor Slim raak..

Ja, ek dit nou stadig gelees en daai kraak in program die
mondering is duidelik sigbaar, maar vir eers bly ek staan by
CE 2000, want ek het nog té veel om te leer voordat ek kan
"opgradeer". Met 'n PRO soos jy sal ek vér kom, lyk dit
my.. ;). Sal jou laat weet as ek hulp nodig het.

Wat Slim Whitman betref, jy sal verbaas wees om te sien hoe
goed die enkele beskibare gospel CD van hom hier verkoop.
Gewoonlik aan mense wat jou eenkant toe roep en agter 'n
bakhand fluister dat hulle *baie* van sy musiek hou, maar
nie dood daarmee saam gesien wil word nie...'

Gracenote het die grootste databasis van CD's en
daarnaas/eweknie sou ek reken Freedb (freedb.org d.i. die
oorspronklike Gracenote). Ek gebruik dit vir naslaanwerk
wanneer 'n klant navraag by die winkeltjie doen en die
plaaslike jokels (lees musiekmaatkappye) nie lus is om diens
te lewer nie (wat natuurlik gewoonlik die geval is). Verbeel
jou, hulle kan/wil ons handelaars se rekenaars nie eers met
hulle s'n se databasisse (wat hulle glo wél op rekenaar het)
koppel sodat ons vinnige soeke na musiek/voorraad te doen
nie. 'n Paar honderd mense - wat in elk geval nie werk nie -
sal dan waarskynlik sonder 'n werk sit, raai ek..

Ek dink ons sal 'n nuwe NG string moet begin, want hierdie
een raak al sê lank dat ek al hoe meer die draad begin
verloor :)

Klop disselboom vir jou.

-Pierre
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62391 is 'n antwoord op boodskap #62361] So, 19 Mei 2002 19:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
is jy dan al so oud Pierre? Jy en Anette moet dan dieselle
ouderdom wees, altwee 'golden oldies' ......... heheheh
--
"Pierre"
> Ps. Die naam Davie Davis laat my terugdink aan my kinderjare
> en my ou gunstelingstasie, vergange se LM Radio, waarin
> David Davies en Esmé Euvrard die jongste treffers aangebied
> het.. :)
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62393 is 'n antwoord op boodskap #62391] So, 19 Mei 2002 19:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 19 May 2002 21:54:57 +0200, "Tobie" wrote:

> is jy dan al so oud Pierre? Jy en Anette moet dan dieselle
> ouderdom wees, altwee 'golden oldies' ......... heheheh

Eintlik Tobie, is ek en jy bietjie
voor op die wa hier tussen die
grootmense:-)

klein dawie
Re: Koos du Plessis MP3's? [boodskap #62396 is 'n antwoord op boodskap #62391] So, 19 Mei 2002 20:13 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Pierre kan miskien Goud wees, maar Silwer pas my beter:))
Miskien is Pierre nog ouer, want ek kan net vir aantie Esmé onthou met Jan
( van vergeet) om 4nm op Springbok.
LM was in my vormingsjare, en ek was nie toegelaat om daarna te luister nie,
omdat ek vreemde idees sou kry:))
Annette

"Tobie" skryf in boodskap news:ac8vng$ali$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> is jy dan al so oud Pierre? Jy en Anette moet dan dieselle
> ouderdom wees, altwee 'golden oldies' ......... heheheh
> --
> "Pierre"
>> Ps. Die naam Davie Davis laat my terugdink aan my kinderjare
>> en my ou gunstelingstasie, vergange se LM Radio, waarin
>> David Davies en Esmé Euvrard die jongste treffers aangebied
>> het.. :)
>
Vorige onderwerp: "Na- Apartheid Lag" deur ROBERT PEARCE
Volgende onderwerp: Re: South African "undevelopable"? Is the ANC like Hitler?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 08:20:16 MGT 2024