Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Laaste enetjie
Laaste enetjie [boodskap #6193 is 'n antwoord op boodskap #6194] Do, 11 April 1996 00:00 na volgende boodskap
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Hallo mense.
Ek wil Bernhard se vriendelike raad volg. Dit sal dus 'n kort boodskap
wees. Die sinne is duidelik verkort. Die paragrawe is klein.

Dankie Leendert en Reinier vir julle interessante bydraes. Julle het
beide reg. Ek wil nie weer alles herhaal wat ek oor die politieke bagasie
in die "Afrikanerbeeld" gesê het nie. Ek wil darem aan Leendert stel dat
ek die standardiseringsproses van Afrikaans nie "verafsku" nie. Ek is per
slot van rekening bly dat my moedertaal 'n volwaardige wetenskaplike en
akademiese taal is. Ek hou egter vol dat die proses vir Afrikaans meer
polities en doelbewus gemanipuleer is, en eng met die nasionalistiese
politiek saamgehang het, veral na die dertiger jare.

"Eurosentriese starheid?" Miskien 'n reaksion^ere teenrevolusie, in die
skadu van die multiculti propaganda. :-)

Jammer, Bernhard, ek het ophou tel.

Baai
Frank
Re: Laaste enetjie [boodskap #6194 is 'n antwoord op boodskap #6193] Do, 11 April 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Frank skryf:

[knip]

> akademiese taal is. Ek hou egter vol dat die proses vir Afrikaans meer
> polities en doelbewus gemanipuleer is, en eng met die nasionalistiese
> politiek saamgehang het, veral na die dertiger jare.

Ongetwyfeld, maar wat daarvan? Tydens die Engelse en Amerikaanse
revolusies is ook uitgevaar teen die "effeminate rhetorick" van die
teenrevolusionêres se hogere Engels, en gevra vir "playne speeche",
in wese 'n vereenvoudiging van taal. Die Sirilliese alfabet het na die
Russiese revolusie van 1917 ook veranderings ondergaan, en die
Afrikanerrevolusie van 1948 sou ook onvermydelik 'n noue verbintenis
met onwikkelings op taalgebied gehad het. Sien W A de Klerk se
"The Puritans in Africa" vir meer besonderhede.

Ons sien nou dieselfde tendense in die grondwetskrywende proses,
waartydens daar ook aangedring word op eenvoudige taal, wat die
regsgeleerdes natuurlik die horries gee.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: Laaste enetjie [boodskap #6218 is 'n antwoord op boodskap #6194] Vr, 12 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Leendert skryf:

> Hiervoor kry die ANC drie hoera's van my.

Dit het hulle egter nie verhoed om met omslagtige taal 'n grondwetlike
klousule daar te stel wat die beginsel dat mens onskuldig is totdat jy
skuldig bevind is, omverwerp nie. Dit i.v.m. beweerde diskriminasie op
grond van ras, ens.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Vorige onderwerp: Bargoens
Volgende onderwerp: Het Nieuws Centrum.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 11:43:47 MGT 2024