Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vliegtuig tref die Empire State gebou
Re: Australië [boodskap #61556 is 'n antwoord op boodskap #61550] So, 05 Mei 2002 13:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

me & bobby magee wrote:

> As jy beter ingelig was, sou jy geweet het dat realisme een van my sterk
> punte is, en dat ek altyd sal reageer as iemand óf te negatief, óf te
> positief is. Want dit is onrealisties. En so terloops, rassisme is baie
> lewendig Hier Onder - ek werk elke dag daarmee.

Dis nou 'n bietjie lank terug, maar ek het
'n vriend gehad (oorspronklik van Engeland)
maar wat in SA, en die VSA en Kanada klas-
gegee het aan universiteite, en hy was vol
lof oor die goeie kwaliteit van die studente
wat uit die hoërskole in Australië kom, in
vergelyking met veral Noord-Amerika.
Ek dink ons het 'n Perth-sindroom daar
in Australië. So baie Afrikaners "vlug"
daarheen, en hulle sit daar, afgesonderd van
die res van Australië, en hulle sit en drink
in hulle groepies oor hulle boerewors wat hulle
Afrikaner-slagters vir hulle maak, en hulle kom
Sondae saam in hulle Afrikaanse kerke, en hulle
dink hulle leef in Australië, maar eintlik leef
hulle in Waterkloof down under, en gaan hulle maar
lekker aan met hulle klaery rondom die vleespotte
van Egipte oor die Abbos en oor die Australiërs
wat nie soos hulle dink en doen nie.

Gloudina
Re: Australië [boodskap #61557 is 'n antwoord op boodskap #61554] So, 05 Mei 2002 14:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wat is fout met Abbo? Dis 'n afkorting vir Aboriginal. Maar die smaak van
rassisme wat dit moontlik kan he is vir jou onweerstaanbaar.
>
> Ai tog. Ons het ook van julle soort hier. Beide
> gebore "wit Kanadese" (hulle voorouers het
> gewoonlik uit die agterbuurtes van Brittanje
> gekom) en immigrante wat praat soos jy oor die
> "Abbos" praat. Skaam jy jou nie om so oor hulle
> te praat nie? Jy wat 'n gas in hulle land is?
Re: Australië [boodskap #61558 is 'n antwoord op boodskap #61557] So, 05 Mei 2002 16:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hantamkind wrote:

> Wat is fout met Abbo? Dis 'n afkorting vir Aboriginal. Maar die smaak van
> rassisme wat dit moontlik kan he is vir jou onweerstaanbaar.

Ja, ek objekteer daarteen. Dit spreek van
'n neerbuigende en opgepofte ongevoeligheid
vir ander siele in die heelal.
En jy fool niemand nie. Deur "hulle"
"Abbos" te noem, doen jy dieselfde as wat
mense in SA gedoen het deur "hulle" "bantoes"
te noem. Op so 'n manier hoef mens maar net
aan hulle as 'n groep te dink en dan vir hulle
as dom en lui te verf,soos Doringrosie nou die
dag die Zoeloes as lui en afteraf geverf het.
En in hierdie soort gepraat is die sade van
die fascistiese optrek teen jou naaste as
hy nie lyk soos jy lyk nie.

Gloudina
Re: Australië [boodskap #61562 is 'n antwoord op boodskap #61539] So, 05 Mei 2002 23:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Behalwe vir die pad tussen die twee lughawes, het ek vir Perth
hoofsaaklik uit die lug gesien. En dit lyk baie mooi met die baie
rivier/water wat jy uit die lug sien. En die oornagvlug van Perth
na Sydney ken ek ook! Australië is 'n baie groter land as wat
mense van ander wêrelddele geredelik besef. Dalk ook dié wat
jy en Bobby verskillende klem op julle perspektiewe van die
land het. (Ek het hon nie negatief gelees nie, hoor Bobby, het
net ervaar dat hy 'n gebalanseerde prentjie probeer gee het
relatief tot 'n SA-perspektief.)

Wat ek nog nooit lekker kon verstaan nie, is hoekom daar nie in
Wes-Australië rugby (union) gespeel word soos ons hom ken nie.
Ek verstaan daar is 200 000 (?) ex-Suid Afrikaners net in Perth,
heelwat meer as in bv Stellenbosch. ;-)

Wouter

"Hantamkind" skryf in boodskap news:wVPA8.3029$b5.10906@newsfeeds.bigpond.com...
Wouter, ons bly in Perth, Wes Australië. Ons het in 1998 hierheen gekom.
Behalwe vir Wes Australië, het ons nognie juis kans, tyd of geld gehad om
die res van die vasteland te verken nie. Dis 'n m-o-e-r-s-e groot land, en
dit kos amper net soveel om van Perth na Sydney te vlieg as 'n retoer
kaartjie na SA. En ek sien doodeenvoudig nie kans om van Perth na
Sydney toe te ry in 'n kar nie.

Ons het in 1996 oorgekom op 'n LSD toer (Look, See, and Decide) gereel deur
'n immigrasie agentskap hier in Perth. Ons was Adelaide toe en ook Sydney
toe, maar het toe besluit op Perth. Die lewenskoste "over east" is baie
hoog. Ek weet gladnie hoe lyk Melbourne nie, maar sal dit bitter graag wil
sien en dis defenitief op die agenda. Die Swan Vallei in WA is prokies mooi
met die wingerde in die somer, en so ook Margaret River wat suid gelee is
van Perth. Albany herhinder my nogal aan Kaapstad.

Hantamkind

"Wouter Plaasvark" > Waar in Australië is julle, Hantamkind?
> En hoe lank al?
> Ek ken eintlik net vir Melbourne en die ooreenkomste tussen
> Kaapstad en Melbourne is opvallend.
> Wouter
Re: Australië [boodskap #61563 is 'n antwoord op boodskap #61551] Ma, 06 Mei 2002 02:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Hantamkind" skryf in boodskap news:In1B8.3372$b5.12044@newsfeeds.bigpond.com...

> Wat verhoed die Abbos om deel te word van die magstruktuur?

Dit is 'n vraag hierdie met baie moontlike antwoorde. En regtig, daardie
term "Abbo's" is wel neerhalend en die Aborigines self verkies om as Koori
mense aangespreek te word - hulle beskou die ander term wel as beledigend.
In elk geval, die Aborigines het natuurlik baie redes om die ander Aussies
te wantrou. Die geskiedenis lê dit baie goed uit, en na ek 'n deeglike
studie daarvan gemaak het, kan ek wel verstaan hoekom hulle nie deel van die
magstruktuur wil wees nie. Maar ek weet daar is ook matelose frustrasie
onder die Aborigine leiers wat wel deel van die Regering is, ten opsigte van
die onwilligheid van ander Aborigines om saam 'n oplossing en versoening te
probeer vind.

> Ek sal jou se
> wat. Dis te lekker om agteroor te sit met >bak hande met so
> ag-shame-arme-ons, hulle-het-ons-land->gevat houding. Te lekker om te sit en
> bier suip van vroeg oggend tot laat aand >en op die regering se gevoel te
> speel om net meer en meer en meer in te >palm.

'n Bietjie van 'n vereenvoudiging en veralgemening hier ook - ja,
alkoholmisbruik onder die Aborigines is hemelhoog, maar dan moet mens weer
gaan soek vir die redes. Wie het hulle aan die alkohol blootgestel? Dit
was wel deel van hulle betaling om sekere grondgebiede te verlaat en in 'n
soort van 'n "reserwe" te gaan woon, waar die ute's dan ingery het met hulle
"vergoeding". En in baie dele van die land word hierdie verslawing nou
uitgebuit deur sommige hoteliers wat selfs die Aborigines se bankkaarte
agter die toonbank hou... Ek het baie empatie met hierdie Aborigines -
hulle is wonderlike mense met 'n fantastiese kultuur, en ek is bevoorreg
genoeg om daagliks meer daarvan te leer. Hulle musiek en kuns is van die
beste in die wêreld - ryk en so vol van die antieke wêreld. En die
"Dreamtime" verhale is ongelooflik skerp en intelligent. Maar nou ja,
sommige van die Koori's wil jou jou hare uit jou kop laat trek van
frustrasie, want dit is hulle kultuur om rustig en tydsaam te wees, en mens
kan hulle nie probeer inperk nie. As dit tyd is vir 'n "walkabout", dan kan
niemand hulle in toom hou nie.

> Die grondgebied wat deur die
> Abbos geadministreer word is groter as 'n >hele paar lande saam. Wys my EEN
> ontwikkeling op daai grond.

Seker maar soos in SA - mens kan nie verwag dat die Aborigines die grond
gaan ontwikkel nie, want dit is nie hulle kultuur nie. Hulle leef op die
land, uit die land en dan deel hulle dit met andere. Hulle kultuur is nie
om groot geboue te probeer bou nie - hulle het 'n spirituele band met die
land en die natuur, hulle dink regtig nie die land kan verbeter word nie.
Dit is deur hulle voorvaders duisende jare gelede (ongeveer 40 000) aan
hulle gegee, en dit is goed net soos dit is. Hulle is vasgevang in daardie
oeroue kultuur. Dit gee hulle kos, water en skuilte, en op die ou end is
dit tog al wat almal van ons nodig het.
Re: Australië [boodskap #61564 is 'n antwoord op boodskap #61552] Ma, 06 Mei 2002 02:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Hantamkind" skryf in boodskap news:_t2B8.3430$b5.12219@newsfeeds.bigpond.com...

> Bob, nee OK. Die ding neem nou 'n heel skewe wending. Ek val jou nie aan nie
> en ek vra omverskoning as ek daardie indruk geskep het.

OK. Aanvaar en so genoteer. Self het ek ook nie bedoel om onnodig
aggressief te klink nie. Maar ek kom met soveel oud-Suid-Afrikaners in
aanraking wat oor alles hier kla, van die hoë belasting tot die gebrek aan
genoeg Suid-Afrikaanse produkte (en selfs 'n onderwyseres wat verklaar sy
sal nooit hier skoolhou nie, die Aussie kinders is te onbeskof - glad nie my
ondervinding nie. Respek moet tog verdien word.), dat ek sommer al goed
gatvol vir daardie houding is.

En ek verstaan nie hoekom sulke mense ooit emigreer nie - al wat hulle
probeer doen, is om 'n mini-Suid-Afrika hier te stig. Ek glo dat as mens
jou geboorteland verlaat, en 'n ander land is groothartig genoeg om jou 'n
tweede kans te gee, dan is die minste wat jy kan doen om daardie land en
alles daarin, volkome te aanvaar en deel daarvan te word. Dit help nie om
omkyk-omkyk vorentoe te loop nie - dan stamp jy kop en tone baie maklik, en
kan dan sommer in 'n soutpilaar verander... Gaan dan maar liewer terug na
waarvandaan jy gekom het - dit sal die beste wees vir almal.
Re: Australië [boodskap #61570 is 'n antwoord op boodskap #61556] Ma, 06 Mei 2002 06:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> me & bobby magee wrote:
>
>> As jy beter ingelig was, sou jy geweet het dat realisme een van my sterk
>> punte is, en dat ek altyd sal reageer as iemand óf te negatief, óf te
>> positief is. Want dit is onrealisties. En so terloops, rassisme is baie
>> lewendig Hier Onder - ek werk elke dag daarmee.
>
> Dis nou 'n bietjie lank terug, maar ek het
> 'n vriend gehad (oorspronklik van Engeland)
> maar wat in SA, en die VSA en Kanada klas-
> gegee het aan universiteite, en hy was vol
> lof oor die goeie kwaliteit van die studente
> wat uit die hoërskole in Australië kom, in
> vergelyking met veral Noord-Amerika.
> Ek dink ons het 'n Perth-sindroom daar
> in Australië. So baie Afrikaners "vlug"
> daarheen, en hulle sit daar, afgesonderd van
> die res van Australië, en hulle sit en drink
> in hulle groepies oor hulle boerewors wat hulle
> Afrikaner-slagters vir hulle maak, en hulle kom
> Sondae saam in hulle Afrikaanse kerke, en hulle
> dink hulle leef in Australië, maar eintlik leef
> hulle in Waterkloof down under, en gaan hulle maar
> lekker aan met hulle klaery rondom die vleespotte
> van Egipte oor die Abbos en oor die Australiërs
> wat nie soos hulle dink en doen nie.

En hulle sit op die nuusgroep en voorskryf vir die mense in SA hoe hulel
moet lewe? Yeah right!!!
>
> Gloudina
Re: Australië [boodskap #61587 is 'n antwoord op boodskap #61527] Ma, 06 Mei 2002 11:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships 'did you s  is tans af-lyn  Threeships 'did you s
Boodskappe: 200
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 4 May 2002 11:52:17 +0800, "Hantamkind"
served the following to the group:

>
> Die kinders in Aus is ongedissiplineerd en toon geen respek teenoor ouer
> mense nie. Dwelms is 'n groot probleem. Maar verder kan mens weer
> juweliersware dra sonder die vrees dat dit van jou lyf af geruk gaan word en
> mens kan darem nog 'n wandeling laataand onderneem.
>

ek wil nou nie my kop in `n byenes druk nie, en aus is een van die
plekke waar ek nog nie was nie so wat ek nou se is eintelik hoorse.
my swaer en die se vrou is verlede jaar aus toe. met hulle terugkeer
na so 8 maande (hulle is maar van daai slappes wat daar wou gaan bly
maar het nie die balls gehad om dit te maak werk nie) het hulle
gepraat van die dwelm probleem en ongemanierde kinders daar. of dit
waar is weet ek nie maar dit het blykbaar so `n indruk op hulle gemaak
dat dit die eerste ding was waaroor hulle gepraat het.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Australië [boodskap #61597 is 'n antwoord op boodskap #61563] Ma, 06 Mei 2002 13:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Bob ja. Eerstens die benaming wat jy en Dina sien as 'n skelwoord: Ek was 'n
rockspider genoem in die army deur my engelsprekende mede soldate en in my
werk opset al die jare daarna totdat ek geïmigreer het. Ons het hulle
rooinekke of soutpiele genoem. Die Jode het dit nog erger gehad. Op 'n
daaglikse basis het ons mekaar so genoem en niemand het aanstoot geneem nie.
As 'n ou vir my sou se "jou fokken rock spider" dan het ek dit as 'n
belediging opgeneem. En vice versa. Dan het die poppe gedans :-) Die
byvoeglike naamwoord maak die verskil.

Sommige etniese groepe het dan blykbaar nie die vermoë om die onderskeid te
kan tref of te kan deurleef nie. Dit maak nie van MY 'n rassis nie. Ek is
bereid om die mindere te wees as dit harmonie in die hand kan werk en ek
onderneem om dan nie weer daardie term te gebruik as dit aanstoot gee nie.
Viva die Koori's. 'n Laaste punt op hierdie onderwerp van my kant af: per
kapita het WA seker die minste Koori's van al die state of territories. Ek
het nog bitter min 'n nugter Aboriginal hier gesien en ja, dit sou dan seker
onregverdig wees om te se dit verteenwoordig die groep. Maar die wat mens
wel hier sien is trash.

Dit is vir my net verskriklik pateties dat 'n groep mense wat so ryk aan
kultuur is en al die hulp, bronne, geld en geleenthede tot hulle beskikking
het (op 'n goue skinkbord) - verkies om terug te sit en te se : ons heil is
vir ons uitgewerk. Ons het geen hoop om enige iets te vermag nie dus sit ons
nou maar hier en bejammer onsself -laat gods water oor gods akker loop maar
in die meantime sal ons die settlaars dril tot die bitter einde en vat wat
ons kan kry met die minste moeite.

Hantamkind

"me & bobby magee" > "Hantamkind" wrote in message
> news:In1B8.3372$b5.12044@newsfeeds.bigpond.com...
>
>> Wat verhoed die Abbos om deel te word van die magstruktuur?
>
> Dit is 'n vraag hierdie met baie moontlike antwoorde. En regtig, daardie
> term "Abbo's" is wel neerhalend en die Aborigines self verkies om as Koori
> mense aangespreek te word - hulle beskou die ander term wel as beledigend.
> In elk geval, die Aborigines het natuurlik baie redes om die ander Aussies
> te wantrou. Die geskiedenis lê dit baie goed uit, en na ek 'n deeglike
> studie daarvan gemaak het, kan ek wel verstaan hoekom hulle nie deel van die
> magstruktuur wil wees nie. Maar ek weet daar is ook matelose frustrasie
> onder die Aborigine leiers wat wel deel van die Regering is, ten opsigte van
> die onwilligheid van ander Aborigines om saam 'n oplossing en versoening te
> probeer vind.
>
>> Ek sal jou se
>> wat. Dis te lekker om agteroor te sit met >bak hande met so
>> ag-shame-arme-ons, hulle-het-ons-land->gevat houding. Te lekker om te sit en
>> bier suip van vroeg oggend tot laat aand >en op die regering se gevoel te
>> speel om net meer en meer en meer in te >palm.
>
> 'n Bietjie van 'n vereenvoudiging en veralgemening hier ook - ja,
> alkoholmisbruik onder die Aborigines is hemelhoog, maar dan moet mens weer
> gaan soek vir die redes. Wie het hulle aan die alkohol blootgestel? Dit
> was wel deel van hulle betaling om sekere grondgebiede te verlaat en in 'n
> soort van 'n "reserwe" te gaan woon, waar die ute's dan ingery het met hulle
> "vergoeding". En in baie dele van die land word hierdie verslawing nou
> uitgebuit deur sommige hoteliers wat selfs die Aborigines se bankkaarte
> agter die toonbank hou... Ek het baie empatie met hierdie Aborigines -
> hulle is wonderlike mense met 'n fantastiese kultuur, en ek is bevoorreg
> genoeg om daagliks meer daarvan te leer. Hulle musiek en kuns is van die
> beste in die wêreld - ryk en so vol van die antieke wêreld. En die
> "Dreamtime" verhale is ongelooflik skerp en intelligent. Maar nou ja,
> sommige van die Koori's wil jou jou hare uit jou kop laat trek van
> frustrasie, want dit is hulle kultuur om rustig en tydsaam te wees, en mens
> kan hulle nie probeer inperk nie. As dit tyd is vir 'n "walkabout", dan kan
> niemand hulle in toom hou nie.
>
>> Die grondgebied wat deur die
>> Abbos geadministreer word is groter as 'n >hele paar lande saam. Wys my EEN
>> ontwikkeling op daai grond.
>
> Seker maar soos in SA - mens kan nie verwag dat die Aborigines die grond
> gaan ontwikkel nie, want dit is nie hulle kultuur nie. Hulle leef op die
> land, uit die land en dan deel hulle dit met andere. Hulle kultuur is nie
> om groot geboue te probeer bou nie - hulle het 'n spirituele band met die
> land en die natuur, hulle dink regtig nie die land kan verbeter word nie.
> Dit is deur hulle voorvaders duisende jare gelede (ongeveer 40 000) aan
> hulle gegee, en dit is goed net soos dit is. Hulle is vasgevang in daardie
> oeroue kultuur. Dit gee hulle kos, water en skuilte, en op die ou end is
> dit tog al wat almal van ons nodig het.
>
Re: Australië [boodskap #61600 is 'n antwoord op boodskap #61587] Ma, 06 Mei 2002 14:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Skippie jy het sekerlik die geselslyn gevolg tussen my en Bobby en teen
hierdie tyd weet jy dat dit 'n sensitiewe onderwerp is. Ek kan suiwer praat
oor my ondervinding in Perth. Dissipline is laks, self in die hoogs
aangeskrewe Hale skool vir seuns waar dit 'n ouer minstens A$10,000 per jaar
kos om 'n kind ingeskryf te he.

Menig 'n betraande ouer het al voor my gesit en gese : ek het Aus toe gekom
vir my kinders se onthalwe. Maar hulle het bleddie hooligans geword hier -
ek ken hulle nie meer nie. Of dit die ouer is wat sy eie onsekerheid op die
kind projekteer is moeilik om te se. En of die kind "oornag" groot geword
het terwyl ma en pa so besig was om hul voete te vind in 'n ander land en
die tekens misgekyk het is ook oop vir spekulasie. As jy regtig van 'n
neutrale punt kyk sal jy se "they joined the club". Maar soos Bobby tereg
se: no guarantees dat hulle nie hooligans in SA sou word nie, anyhow.

Anner land. Anner mense. Anner kultuur. Anner waardes. Niks, maar net mooi
niks is dieslfde soos dit was "back home" nie. My ma het altyd gese: "my
kind, jy het goed grootgeword. En as jy nou groot slegword, is dit jou eie
keuse." En daar is geen groter faktor wat 'n rol daarin speel as jou sosiale
kring buite die gesinsverband nie.

Hantamkind.

"Threeships Mcduck" skryf in boodskap news:a3qcduoj5kv49m2pdc9h7eu80bpj5anrlg@4ax.com...
> On Sat, 4 May 2002 11:52:17 +0800, "Hantamkind"
> served the following to the group:
>
>>
>> Die kinders in Aus is ongedissiplineerd en toon geen respek teenoor ouer
>> mense nie. Dwelms is 'n groot probleem. Maar verder kan mens weer
>> juweliersware dra sonder die vrees dat dit van jou lyf af geruk gaan word en
>> mens kan darem nog 'n wandeling laataand onderneem.
>>
>
> ek wil nou nie my kop in `n byenes druk nie, en aus is een van die
> plekke waar ek nog nie was nie so wat ek nou se is eintelik hoorse.
> my swaer en die se vrou is verlede jaar aus toe. met hulle terugkeer
> na so 8 maande (hulle is maar van daai slappes wat daar wou gaan bly
> maar het nie die balls gehad om dit te maak werk nie) het hulle
> gepraat van die dwelm probleem en ongemanierde kinders daar. of dit
> waar is weet ek nie maar dit het blykbaar so `n indruk op hulle gemaak
> dat dit die eerste ding was waaroor hulle gepraat het.
>
>
>
>
> Threeships Mcduck
> www.mothership.co.za
Re: Australië [boodskap #61610 is 'n antwoord op boodskap #61600] Ma, 06 Mei 2002 17:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hantam, ek weet nie so mooi nie. Ek kan nie saamstem dat as kinders daar
oorkant hooligans geword het, hulle dit outomaties ook hier sou gewees het
nie - dit hang baie af hoe die kinders die trekkery na daar oorkant hanteer
.
Ek het dit nogal agtergekom hier met families waar 'n kind dood is - daar
word met die ouers gesimpatiseer, maar weinig aandag word aan die
agtergeblewe broers en susters gegee, wat tot in 'n mate tog nader aan die
oorledene was.
Daar was ook verlede in die nuus van die tragiese geval van die meisies in
Engeland wat selfmoord gepleeg het omdat hulle nie die trekkery uit SA kon
verwerk nie.
Dus, as dit vir die ouers so moeilik is om daar oorkant an te pas, kan dit
vir die kinders nog selfs erger wees, en sommige kinders doen snaakse goed
om sekere gebeure te verwerk.

Annette

"Hantamkind" skryf in boodskap news:9dwB8.4634$b5.15739@newsfeeds.bigpond.com...
> Skippie jy het sekerlik die geselslyn gevolg tussen my en Bobby en teen
> hierdie tyd weet jy dat dit 'n sensitiewe onderwerp is. Ek kan suiwer praat
> oor my ondervinding in Perth. Dissipline is laks, self in die hoogs
> aangeskrewe Hale skool vir seuns waar dit 'n ouer minstens A$10,000 per jaar
> kos om 'n kind ingeskryf te he.
>
> Menig 'n betraande ouer het al voor my gesit en gese : ek het Aus toe gekom
> vir my kinders se onthalwe. Maar hulle het bleddie hooligans geword hier -
> ek ken hulle nie meer nie. Of dit die ouer is wat sy eie onsekerheid op die
> kind projekteer is moeilik om te se. En of die kind "oornag" groot geword
> het terwyl ma en pa so besig was om hul voete te vind in 'n ander land en
> die tekens misgekyk het is ook oop vir spekulasie. As jy regtig van 'n
> neutrale punt kyk sal jy se "they joined the club". Maar soos Bobby tereg
> se: no guarantees dat hulle nie hooligans in SA sou word nie, anyhow.
>
> Anner land. Anner mense. Anner kultuur. Anner waardes. Niks, maar net mooi
> niks is dieslfde soos dit was "back home" nie. My ma het altyd gese: "my
> kind, jy het goed grootgeword. En as jy nou groot slegword, is dit jou eie
> keuse." En daar is geen groter faktor wat 'n rol daarin speel as jou sosiale
> kring buite die gesinsverband nie.
>
> Hantamkind.
>
>
> "Threeships Mcduck" wrote in message
> news:a3qcduoj5kv49m2pdc9h7eu80bpj5anrlg@4ax.com...
>> On Sat, 4 May 2002 11:52:17 +0800, "Hantamkind"
>> served the following to the group:
>>
>>>
>>> Die kinders in Aus is ongedissiplineerd en toon geen respek teenoor ouer
>>> mense nie. Dwelms is 'n groot probleem. Maar verder kan mens weer
>>> juweliersware dra sonder die vrees dat dit van jou lyf af geruk gaan
word
> en
>>> mens kan darem nog 'n wandeling laataand onderneem.
>>>
>>
>> ek wil nou nie my kop in `n byenes druk nie, en aus is een van die
>> plekke waar ek nog nie was nie so wat ek nou se is eintelik hoorse.
>> my swaer en die se vrou is verlede jaar aus toe. met hulle terugkeer
>> na so 8 maande (hulle is maar van daai slappes wat daar wou gaan bly
>> maar het nie die balls gehad om dit te maak werk nie) het hulle
>> gepraat van die dwelm probleem en ongemanierde kinders daar. of dit
>> waar is weet ek nie maar dit het blykbaar so `n indruk op hulle gemaak
>> dat dit die eerste ding was waaroor hulle gepraat het.
>>
>>
>>
>>
>> Threeships Mcduck
>> www.mothership.co.za
>
Re: Australië [boodskap #61611 is 'n antwoord op boodskap #61597] Ma, 06 Mei 2002 17:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hantamkind wrote:

> Viva die Koori's. 'n Laaste punt op hierdie onderwerp van my kant af: per
> kapita het WA seker die minste Koori's van al die state of territories. Ek
> het nog bitter min 'n nugter Aboriginal hier gesien en ja, dit sou dan seker
> onregverdig wees om te se dit verteenwoordig die groep. Maar die wat mens
> wel hier sien is trash.
>
> Dit is vir my net verskriklik pateties dat 'n groep mense wat so ryk aan
> kultuur is en al die hulp, bronne, geld en geleenthede tot hulle beskikking
> het (op 'n goue skinkbord) - verkies om terug te sit

Die eintlike toestand van sake, Hantamkind, is dat jy
teen jou oogvelle vaskyk. Jy sit in die weste van
Australië, waar soos jy sê daar baie min van die
Australiese Eerste Nasies woon, en as jy dan nou 'n
dronk een in die straat sien, dan sê jy "daar sit
hulle nou, almal is dronkaards, almal met bakhande,
almal reg daar voor my sodat ek op hulle kan neersien
en die reg my toe-eien om hulle te beledig". Ons het
presies dieselfde soort mense hier in Ontario, wat
PRESIES dieselfde woorde as jy gebruik (snaaks hoe
dit regoor die wêreld dieselfde is.) Maar dis dieselfde
mense wat nie weet dat hulle Ontario Lieutenant-Governor
'n lid van 'n Eerste Nasie is nie, wat nie weet dat
sommige van hulle Federale Ministers eerstenasie-bloed
het nie, ensovoorts, ensovoorts. Dus, Hantamkind, dis
jou eie sieklike persepsies van die oorspronklike
inwoners van Australië wat siek is.
En ek neem nie Australiërs kwalik wat kla oor sommige
ekspatriate van SA wat oor alles en nog wat daar sit en
kla nie. Dit begin nou hier ook so word. In die ou dae
was ekspatriate uit SA ge-eerde mense, want dis meestal
aangeneem dat hulle weg is uit SA weens apartheid. Maar
deesdae begin mense hier vra "Waaroor kla hierdie mense
uit SA so vreeslik. Hoekom sê hulle "Die Kanadese doen
sus of so. Wat soek hulle hier as hulle gedurig kla?

Gloudina
Re: Australië [boodskap #61617 is 'n antwoord op boodskap #61587] Ma, 06 Mei 2002 18:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Threeships Mcduck wrote:

> my swaer en die se vrou is verlede jaar aus toe. met hulle terugkeer
> na so 8 maande (hulle is maar van daai slappes wat daar wou gaan bly
> maar het nie die balls gehad om dit te maak werk nie) het hulle
> gepraat van die dwelm probleem en ongemanierde kinders daar. of dit
> waar is weet ek nie maar dit het blykbaar so `n indruk op hulle gemaak
> dat dit die eerste ding was waaroor hulle gepraat het.

Ja, mens kan nooit weet hoe dinge gaan uitwerk
as jy 'n land verlaat en na 'n ander een verhuis
nie. Veral as jy om spesifieke redes jou vaderland
verlaat. Dis nodig om jou motiewe en jou situasie
en jou toekomsverwagtinge baie fyn te deurdink.
Ek kan nou net van Kanada en miskien van die VSA
praat. Maar ek dink 'n klomp emigrante uit SA na
hierdie vasteland dink hulle verlaat nou die "swart"
land en kom na Kanada, 'n "wit" land, en 'n land "sonder
misdaad." En as dit nou nie presies is soos hulle gedink
het nie, dan is hulle ongemaklik hier en weet nie wat
om te maak nie. En somtyds is hulle ook ontevrede met
die "witmense." Ek weet van 'n jong opgeleide onderwyseres
wat as aupair in die VSA gaan werk het, om die voet in die
deur te kry. Die plan was om nie definitief na SA terug te
keer nie. Maar binne vyf maande was sy so ongelukkig en in
'n diep depressie, en is sy terug na SA. Sy kon net vertel
"hoe dekadent die Amerikaners is." Sy het vir haar ouers gesê
sy wil nie meer vir wit kinders skool hou nie, en het in SA
in 'n grotendeels swart Katolieke skool gaan skoolhou. Mense
soos dié verstaan nie in die eerste plek die weefsel van
hulle eie emosioneel-sosiale omgewing nie. Hulle verstaan nie
hoeveel hulle, wat sug na die "wit land," eintlik verknog is
aan die aanwesigheid van swart mense om hulle nie.

Gloudina
Re: Australië [boodskap #61622 is 'n antwoord op boodskap #61527] Di, 07 Mei 2002 00:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hantamkind"  skryf in boodskap news:tKIA8.2829$b5.9693@newsfeeds.bigpond.com...
>  Jan vra hoe ondervind ons Australië:
>
>  Australië is nie Eutopia nie. Vêr daarvandaan. Maar dis rustig en ons leef
>  nie meer in vrees nie. Die 18 inbrake wat ons in agt jaar in JHB gehad het
>  en die rewolwer-teen-die-kop toe ons in 'n motorskaking was is nou net 'n
>  slegte herhindering.

My ondervinding was soortgelyk: 8 inbrake in 6 maande.  Die polisie neem tot
2 weke om op te daag om die sake te "ondersoek".  Toe stuur hulle kamptig 'n
speurder na my huis.  Hy was "functionally illiterate" en kon nie my naam
korrek uit my ID boek op die saakle�r geskryf kry nie.  Kon nie koherente
sinne skryf nie.  Ek begin toe die skrif aan die muur sien.  Intussen raak
die inbrake in ons buurt (Sunninghill) geweldadig en ons hou 'n
noodvergadering en begin 'n buurtwag.  Een oggend terwyl ek tussen 2 en 4 in
die oggend die strate patrolleer dog ek f*k dit - ek het vir 2 jaar en nog
'n kamp op wat dit gedoen.  Nou moet ek dit weer doen en nog in die dag
probeer intelligent voorkom by die werk.  Verkoop toe die huis en trek in
een van daardie sekuriteits dorpe in kompleet met muur om, elektriese
heinings, gewapende wagte, een ingang ens.  Dit is goed as jy binne is, maar
sodra jy by die hek uitry is jy terug in die wilde weste.

>  Die kinders in Aus is ongedissiplineerd en toon geen respek teenoor ouer
>  mense nie. Dwelms is 'n groot probleem.

Ek dink Plato het al 2000 jaar gelede sulke opmerkings gemaak oor die "jeug
van vandag" :)

> Maar verder kan mens weer
>  juweliersware dra sonder die vrees dat dit van jou lyf af geruk gaan word en
>  mens kan darem nog 'n wandeling laataand onderneem.

Hier waar ons nou bly (naby Seattle, WA) het mense net miskien heinings om
die agterplaas.  Die buurt se kinders speel oor en weer en almal se voorerwe
is basies gemeenskaplike terrein.  Daar is 'n wandelpad wat hier in ons
buurt begin wat ek kan volg vir 20/30/40 myl (ja, ek doen dit wel as ek
oefen vir marathon) sonder om vir 'n oomblik onrustig te voel.

>  Petrol is bekostigbaar (wissel daagliks - enige iets tussen 80 en 98 sent
>  per liter). Klere is goedkoop en jy kan 'n "standaard" motortjie koop vir so
>  $16,000 uit die boks.

Alles hier is goedkoper, behalwe wyn en skaapvleis.  Ek kan SA toe bel teen
10c/min.  Rentekoerse is laag: ek het nou 'n 30 jaar verband gekry teen
6.875%.  Die rente op jou verband is ook aftrekbaar vir inkomstebelasting
doeleindes!   Dit is hoe die staat hier huiseienaarskap - wat ek glo een van
die basiese hoekstene is van 'n verantwoordelike samelewing en ekonomie -
bevorder.  Ek dink nie die idee sal ooit posvat ny die politici in SA nie.
Persoonlike belasting is heelwat laer as in SA.  Ons lewe beter hier net op
my salaris waar my vrou ook gewerk het in SA.

>  Die Aussies is s-t-a-d-i-g. More is nog 'n dag en dit is moerse frustrerend.
>  Niemand ry vinning nie - niemand kan dit bekostig nie want jy het net 12
>  punte op jou lisensie en as dit zero bereik moet jy voetslaan van daar af.

Kan nie dit sê van die Amerikaners nie.  Die meeste leef om te werk ipv werk
om te leef.  Jy begin tipies met 10 dae verlof en 5 dae siek verlof.  My
firma gee nie siekverlof nie en gooi alles saam.  Na so 5 tot 7 jaar kan jy
dalk 20 dae hê altesaam.

>  Verder het die aussies die houding van leef-en-laat-leef. Daar is plek vir
>  almal. Rassisme is 'n woord waarvan hulle nognet gehoor het.

Affirmative Action is afgeskaf in Californié en verskeie ander state en die
algemene tendens is dat daar wegbeweeg word daarvan.  Daar is groter besef
vir die konsep van persoonlike verantwoordelikheid vir jou lewe eerder as om
eksterne faktore verantwoordelik te hou vir jou lot.  Die groot issues hier
op die oomblik is die blootstelling van die katolieke priesters wat die
kinders so mollesteer en die die "war on terror"

>  Teruggaan Afrika toe? Nooit as te nimmer nie.

Miskien vir vakansie?

>  Hantamkind
>
Re: Australië [boodskap #61647 is 'n antwoord op boodskap #61617] Di, 07 Mei 2002 10:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
Ja, mens kan nooit weet hoe dinge gaan uitwerk
as jy 'n land verlaat en na 'n ander een verhuis nie..
Ek kan nou net van Kanada en miskien van die VSA
praat. Maar ek dink 'n klomp emigrante uit SA na
hierdie vasteland dink hulle verlaat nou die "swart"
land en kom na Kanada, 'n "wit" land, en 'n land "sonder
misdaad." En as dit nou nie presies is soos hulle gedink
het nie,

Wouter:
Jy sê jy kan hieroor net van die Kanada en miskien die VSA
praat? Ek stem nogal daarmee saam, maar hoe verklaar jy
dat dit in jou vorige pos klink of jy reken jy kan ook oor
Australië heelwat opinies kwytraak? :-)

Ek haal aan:
Die eintlike toestand van sake, Hantamkind, is dat jy
teen jou oogvelle vaskyk. Jy sit in die weste van
Australië, waar soos jy sê daar baie min van die
Australiese Eerste Nasies woon, en as jy dan nou 'n
dronk een in die straat sien, dan sê jy "daar sit
hulle nou, almal is dronkaards, almal met bakhande,
almal reg daar voor my sodat ek op hulle kan neersien
en die reg my toe-eien om hulle te beledig".
VSA-pryse [boodskap #61648 is 'n antwoord op boodskap #61622] Di, 07 Mei 2002 10:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Jan"
Hier waar ons nou bly (naby Seattle, WA) ......
Alles hier is goedkoper, behalwe wyn en skaapvleis.

Wouter
Klaarblyklik beesvleis ook. Volgens McDonalds se pryse in elk geval.
Hoeveel het jy vir jou huis betaal, Jan? En hoe groot is die verband
en die 30-jaar paaiement?
Re: Australië [boodskap #61654 is 'n antwoord op boodskap #61647] Di, 07 Mei 2002 13:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Jy sê jy kan hieroor net van die Kanada en miskien die VSA
> praat? Ek stem nogal daarmee saam, maar hoe verklaar jy
> dat dit in jou vorige pos klink of jy reken jy kan ook oor
> Australië heelwat opinies kwytraak? :-)

Ek het dit aan die voete van die beste
leermeester geleer: Wouter die Plaasvark.
My opinies is net gewoonlik 'n bietjie
meer gebou op feite. Onthou jy nog van die
afwesigheid van enige minimum-loon in die
VSA volgens die gospel according to die
Plaasvark?

Tant Hessie van Cairns
Die plaasvark en die leerling [boodskap #61657 is 'n antwoord op boodskap #61654] Di, 07 Mei 2002 13:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
> Jy sê jy kan hieroor net van die Kanada en miskien die VSA
> praat? Ek stem nogal daarmee saam, maar hoe verklaar jy
> dat dit in jou vorige pos klink of jy reken jy kan ook oor
> Australië heelwat opinies kwytraak? :-)

Tant Hessie van Cairns
Ek het dit aan die voete van die beste
leermeester geleer: Wouter die Plaasvark.
My opinies is net gewoonlik 'n bietjie
meer gebou op feite. Onthou jy nog van die
afwesigheid van enige minimum-loon in die
VSA volgens die gospel according to die
Plaasvark?

Wouter
Ek het erken ek was verkeerd. As jy 'n goeie leerling is
behoort jy dus nou dieselfde te doen oor jou opmerkings
oor Australië?

Selfs 'n vark is nooit te oud om te leer nie, 'n leerlingvark
dan seker ook nie :-)
Re: VSA-pryse [boodskap #61659 is 'n antwoord op boodskap #61648] Di, 07 Mei 2002 14:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wil jy regtig weet? Ek het $300000 betaal. Die 30 jaar verband is $239750
en die paaiement is $1682.44 per maand. Jy het ook die opsie om 2 weekliks
te betaal ipv maandeliks wat imlpliseer dat jy dit in so 20/21 jaar kan
afbetaal. My rentekoers is nie sleg nie maar dit is ook nie die beste nie
omdat my kredietrekord hier net oor 3 jaar strek (hulle erken hoegenaamd nie
jou kredietgeskiedenis buite VSA jurisdiksie nie - maar dit is weer 'n ander
storie waaroor ek 'n boek kan skryf). Ek wou egter net my voet in die mark
kry - mens kan altyd herfinansier in die toekoms.

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3cd7b2f7.0@news1.mweb.co.za...
>
> "Jan"
> Hier waar ons nou bly (naby Seattle, WA) ......
> Alles hier is goedkoper, behalwe wyn en skaapvleis.
>
> Wouter
> Klaarblyklik beesvleis ook. Volgens McDonalds se pryse in elk geval.
> Hoeveel het jy vir jou huis betaal, Jan? En hoe groot is die verband
> en die 30-jaar paaiement?
>
Re: Australië [boodskap #61660 is 'n antwoord op boodskap #61654] Di, 07 Mei 2002 15:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina:
> Ek het dit aan die voete van die beste
> leermeester geleer: Wouter die Plaasvark.

O, ok. As ek in die vuur spring dan spring jy agterna. Goed uitgedink Dina,
baie goed uitgedink. Ha ha ha.

> My opinies is net gewoonlik 'n bietjie
> meer gebou op feite.

Ha ha ha.

Hantamkind.
Seattle [boodskap #61664 is 'n antwoord op boodskap #61622] Di, 07 Mei 2002 17:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 6 May 2002 17:31:51 -0700, "Jan" wrote:

> Hier waar ons nou bly (naby Seattle, WA) het mense net miskien heinings om
> die agterplaas. Die buurt se kinders speel oor en weer en almal se voorerwe
> is basies gemeenskaplike terrein.

Daar moet 'n wet hierteen wees - daar MOET net!! Ek meen - jy mag
nie sommer Seattle, WA" skryf sonder om my eers te waarsku nie!! :-(

Jy is geseënd en bevoorreg om daar te woon.

> Alles hier is goedkoper, behalwe wyn en skaapvleis. Ek kan SA toe bel teen
> 10c/min. Rentekoerse is laag: ek het nou 'n 30 jaar verband gekry teen
> 6.875%. Die rente op jou verband is ook aftrekbaar vir inkomstebelasting
> doeleindes! Dit is hoe die staat hier huiseienaarskap - wat ek glo een van
> die basiese hoekstene is van 'n verantwoordelike samelewing en ekonomie -
> bevorder. Ek dink nie die idee sal ooit posvat ny die politici in SA nie.
> Persoonlike belasting is heelwat laer as in SA. Ons lewe beter hier net op
> my salaris waar my vrou ook gewerk het in SA.

Seattle was natuurlik baie duurder as wat dit vir ons huidiglik hier
in Georgia is, maar daar is geen vergelyking met kwalitiet van
produkte en lewensstandaard nie.
Ons het 'n huis in King county - op die sound, maar nader aan Fed Way
se kant (sowat 12 jaar gelede gekoop), en verhuur dit tans uit. Ek
het juis so ruk terug Seattle toe gegaan om te herfinansier (weens die
baie laer rentekoerse huidiglik) en te kyk of alles nog reg is - amper
AMPER daar gebly en nie teruggekom nie! :-)
Terloops - GENIET julle nuwe huis. Jou rentekoers is gladnie sleg
nie, en oor nog so 2- 3 jaar behoort jy te kwalifiseer vir 'n 100%
lening (dis te sê as idiote nie met jou krediet-rekord lol nie. Elke
keer wat daar 'n navraag is, word punte afgetrek. Maar ek weet dat as
jy om en by 700 kan bykom, dan kwalifiseer jy automaties vir 100%
lenings).
(Ek weet, want ons het onlangs 'n nuwe huis hier in Athens gekoop)
Re: Die plaasvark en die leerling [boodskap #61665 is 'n antwoord op boodskap #61657] Di, 07 Mei 2002 17:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Ek het erken ek was verkeerd. As jy 'n goeie leerling is
> behoort jy dus nou dieselfde te doen oor jou opmerkings
> oor Australië?

Kan jy asseblief spesifiseer watter opmerkings
wat ek oor Australië gemaak het, verkeerd is?
Die een oor die goeie kwaliteit van die skole
daar in Australië, of die opmerking dat
Hantamkind teen sy oogvelle vaskyk?

Tant Hessie van die Great Barrier Reef.
Re: Seattle [boodskap #61689 is 'n antwoord op boodskap #61664] Di, 07 Mei 2002 23:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Seattle was natuurlik baie duurder as wat dit vir ons huidiglik hier
> in Georgia is, maar daar is geen vergelyking met kwalitiet van
> produkte en lewensstandaard nie.

Wel, dit kan wees. Seattle-Bellevue-Everett is no. 3 in die "Overall
Ranking of Metropolitan Areas" in die "Places Rated Almanac" terwyl Atlanta
no. 33 is uit 354. So Atlanta is seker nie so sleg nie. Ten minste kry
julle meer as net 60 dae per jaar sonskyn:)

> Ons het 'n huis in King county - op die sound, maar nader aan Fed Way
> se kant (sowat 12 jaar gelede gekoop), en verhuur dit tans uit.

Ons is net om die draai in Maple Valley.

> Ek
> het juis so ruk terug Seattle toe gegaan om te herfinansier (weens die
> baie laer rentekoerse huidiglik) en te kyk of alles nog reg is - amper
> AMPER daar gebly en nie teruggekom nie! :-)

So jy sal seker kan bevestig dat south King County se huispryse verlede jaar
met tussen 12% en
15% gestyg het?. Wat was julle waardevermeerdering oor 12 jaar?

> Terloops - GENIET julle nuwe huis. Jou rentekoers is gladnie sleg
> nie, en oor nog so 2- 3 jaar behoort jy te kwalifiseer vir 'n 100%
> lening (dis te sê as idiote nie met jou krediet-rekord lol nie. Elke
> keer wat daar 'n navraag is, word punte afgetrek. Maar ek weet dat as
> jy om en by 700 kan bykom, dan kwalifiseer jy automaties vir 100%
> lenings).
> (Ek weet, want ons het onlangs 'n nuwe huis hier in Athens gekoop)

Ek het vir alle praktiese doeleindes 100% finansiering gekry. 80% eerste
verband, 15% tweede verband en 5% persoonlike lening. Maar glo vir my, dit
was met baie sweet en gekners van tande. Die middeldste van die 3 krediet
scores waarop die bank gaan is net so onder 700. Op die ou end was dit 'n
mede immigrant (van Vietnam nogal) wat bereid was om die rigiede
puntestelsel te "override" om my goed te keur.
Re: Australië [boodskap #61690 is 'n antwoord op boodskap #61587] Di, 07 Mei 2002 23:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afro Ozzie  is tans af-lyn  Afro Ozzie
Boodskappe: 37
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Volle Lid
Ek het 2 kinders op skool in Aus. My dogter is slegs in jaar 6 en die ander
in jaar 12. Ek het geen klagtes oor die kinders nie. Die skool waar hy nou
is duld geen snert nie. Verlede jaar was daar 'n paar gevalle waar selfone
weg geraak het en die toe die skuldiges gevang word is hul summier geskors.
Ek glo ook nie dat die dwelm probleem erger is as in SA nie. Hier blaas die
TV net alles op. My seun se pelle in SA kom meer met dwelms in aanraking as
hy hier. Australie word deur die televisie, en in besonder Kanaal 9 regeer.
Verder is die hooligans meestal die produk van die ouers. Ek het al seuns
gaan oplaai vir 'n rugby wedstryd, 7:00 op 'n Saterdag oggend dan deel die
ouers my mee dat Jannie nog nie terug is van sy aand se paartie nie. Dan
praat ons van 14/15 jariges wat die nag in Surfers Paradise (die Seepunt van
QLD) deurgebring het. Ander ouers weer kyk na die kinders soos ons gewoon is
en weet elke oomblik van die dag of nag waar hulle is.
Maar dan weer, my koring is nog groen en ek moet maar net dankbaar wees vir
wat ek het.
Groete
Afrozzie

"Threeships Mcduck" skryf in boodskap news:a3qcduoj5kv49m2pdc9h7eu80bpj5anrlg@4ax.com...
> On Sat, 4 May 2002 11:52:17 +0800, "Hantamkind"
> served the following to the group:
>
>>
>> Die kinders in Aus is ongedissiplineerd en toon geen respek teenoor ouer
>> mense nie. Dwelms is 'n groot probleem. Maar verder kan mens weer
>> juweliersware dra sonder die vrees dat dit van jou lyf af geruk gaan word en
>> mens kan darem nog 'n wandeling laataand onderneem.
>>
>
> ek wil nou nie my kop in `n byenes druk nie, en aus is een van die
> plekke waar ek nog nie was nie so wat ek nou se is eintelik hoorse.
> my swaer en die se vrou is verlede jaar aus toe. met hulle terugkeer
> na so 8 maande (hulle is maar van daai slappes wat daar wou gaan bly
> maar het nie die balls gehad om dit te maak werk nie) het hulle
> gepraat van die dwelm probleem en ongemanierde kinders daar. of dit
> waar is weet ek nie maar dit het blykbaar so `n indruk op hulle gemaak
> dat dit die eerste ding was waaroor hulle gepraat het.
>
>
>
>
> Threeships Mcduck
> www.mothership.co.za
Re: Seattle [boodskap #61692 is 'n antwoord op boodskap #61689] Wo, 08 Mei 2002 03:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 7 May 2002 16:16:48 -0700, "Jan" wrote:

> Wel, dit kan wees. Seattle-Bellevue-Everett is no. 3 in die "Overall
> Ranking of Metropolitan Areas" in die "Places Rated Almanac" terwyl Atlanta
> no. 33 is uit 354. So Atlanta is seker nie so sleg nie.

Dit is baie interessant. Ons woon sowat 50 myl noord-oos van Atlanta.
Wil jy ruil? :-))

> Ten minste kry julle meer as net 60 dae per jaar sonskyn:)

Dit is so. Maar julle het mos "liquid sunshine" daar. :-)
Maar jy kan nie stry nie - daardie dae wat die son so helder skyn en
mens Mt Rainier in al haar majestueuse glorie kan aanskou, kan met
NIKS (of bittermin) in die wereld vergelyk word.

> So jy sal seker kan bevestig dat south King County se huispryse verlede jaar
> met tussen 12% en
> 15% gestyg het?. Wat was julle waardevermeerdering oor 12 jaar?

Ek sal dit maklik glo. Destyds het pryse redelik stagnant gebly in
daardie geweste. Jy vra nou vir my 'n moeilike vraag - as ek so
vinnig raai, sou ek sê dit is so min of meer 7%. Dalk is ek verkeerd
- ek sal vir my man vra.
Maar ek het met my eie oë gesien hoe dinge uitgebrei het - veral daar
na North Bend se kant toe.

> Ek het vir alle praktiese doeleindes 100% finansiering gekry. 80% eerste
> verband, 15% tweede verband en 5% persoonlike lening. Maar glo vir my, dit
> was met baie sweet en gekners van tande. Die middeldste van die 3 krediet
> scores waarop die bank gaan is net so onder 700. Op die ou end was dit 'n
> mede immigrant (van Vietnam nogal) wat bereid was om die rigiede
> puntestelsel te "override" om my goed te keur.

Ai, ek kan net dink hoeveel jy moes sweet en tande kners. :-) Net bly
om te hoor dat alles so goed uitgewerk het vir jou. Ek hoop jy het vir
daardie ou wat jou so mooi gehelp het 'n paar bottels Suid-Afrikaanse
rooiwyn gegee! :-))
Re: Seattle [boodskap #61693 is 'n antwoord op boodskap #61692] Wo, 08 Mei 2002 04:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
>
> Dit is so. Maar julle het mos "liquid sunshine" daar. :-)
> Maar jy kan nie stry nie - daardie dae wat die son so helder skyn en
> mens Mt Rainier in al haar majestueuse glorie kan aanskou, kan met
> NIKS (of bittermin) in die wereld vergelyk word.

Ek moet meer as 100% met jou saamstem as dit moontlik is. Mt. Rainier bly
eenvoudig ongelooflik. En vertel nou vir die "Tafelbergers" van hierdie
berg, dan wil niemand jou glo nie...

>> Ek het vir alle praktiese doeleindes 100% finansiering gekry. 80% eerste
>> verband, 15% tweede verband en 5% persoonlike lening. Maar glo vir my, dit
>> was met baie sweet en gekners van tande. Die middeldste van die 3 krediet
>> scores waarop die bank gaan is net so onder 700. Op die ou end was dit 'n
>> mede immigrant (van Vietnam nogal) wat bereid was om die rigiede
>> puntestelsel te "override" om my goed te keur.
>
> Ai, ek kan net dink hoeveel jy moes sweet en tande kners. :-) Net bly
> om te hoor dat alles so goed uitgewerk het vir jou. Ek hoop jy het vir
> daardie ou wat jou so mooi gehelp het 'n paar bottels Suid-Afrikaanse
> rooiwyn gegee! :-))
>

Nie hy nie, sy...
Re: Seattle/Mt Rainier [boodskap #61695 is 'n antwoord op boodskap #61692] Wo, 08 Mei 2002 05:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het maar gaan kyk hoe die berg lyk - en al prentjie wat daar is, is van
die berg toe onder die sneeu en dan is daar nog wolke ook.
So blykbaar dink die ander mense daar in Seattle nie veel van die berg in
sonlig nie;))

Annette

"Katryn" skryf in boodskap news:085hduketgfcdq42k1hr1iridki60h08ik@4ax.com...
> On Tue, 7 May 2002 16:16:48 -0700, "Jan"
> wrote:
>
>> Wel, dit kan wees. Seattle-Bellevue-Everett is no. 3 in die "Overall
>> Ranking of Metropolitan Areas" in die "Places Rated Almanac" terwyl Atlanta
>> no. 33 is uit 354. So Atlanta is seker nie so sleg nie.
>
> Dit is baie interessant. Ons woon sowat 50 myl noord-oos van Atlanta.
> Wil jy ruil? :-))
>
>> Ten minste kry julle meer as net 60 dae per jaar sonskyn:)
>
> Dit is so. Maar julle het mos "liquid sunshine" daar. :-)
> Maar jy kan nie stry nie - daardie dae wat die son so helder skyn en
> mens Mt Rainier in al haar majestueuse glorie kan aanskou, kan met
> NIKS (of bittermin) in die wereld vergelyk word.
>
>> So jy sal seker kan bevestig dat south King County se huispryse verlede jaar
>> met tussen 12% en
>> 15% gestyg het?. Wat was julle waardevermeerdering oor 12 jaar?
>
> Ek sal dit maklik glo. Destyds het pryse redelik stagnant gebly in
> daardie geweste. Jy vra nou vir my 'n moeilike vraag - as ek so
> vinnig raai, sou ek sê dit is so min of meer 7%. Dalk is ek verkeerd
> - ek sal vir my man vra.
> Maar ek het met my eie oë gesien hoe dinge uitgebrei het - veral daar
> na North Bend se kant toe.
>
>> Ek het vir alle praktiese doeleindes 100% finansiering gekry. 80% eerste
>> verband, 15% tweede verband en 5% persoonlike lening. Maar glo vir my, dit
>> was met baie sweet en gekners van tande. Die middeldste van die 3 krediet
>> scores waarop die bank gaan is net so onder 700. Op die ou end was dit 'n
>> mede immigrant (van Vietnam nogal) wat bereid was om die rigiede
>> puntestelsel te "override" om my goed te keur.
>
> Ai, ek kan net dink hoeveel jy moes sweet en tande kners. :-) Net bly
> om te hoor dat alles so goed uitgewerk het vir jou. Ek hoop jy het vir
> daardie ou wat jou so mooi gehelp het 'n paar bottels Suid-Afrikaanse
> rooiwyn gegee! :-))
>
Re: VSA-pryse [boodskap #61704 is 'n antwoord op boodskap #61659] Wo, 08 Mei 2002 08:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> "Jan"
> Hier waar ons nou bly (naby Seattle, WA) ......
> Alles hier is goedkoper, behalwe wyn en skaapvleis

> Wouter
> Klaarblyklik beesvleis ook. Volgens McDonalds se pryse in elk geval.
> Hoeveel het jy vir jou huis betaal, Jan? En hoe groot is die verband
> en die 30-jaar paaiement?

"Jan"
Wil jy regtig weet? Ek het $300 000 betaal. Die 30 jaar verband
is $239 750 en die paaiement is $1 682.44 per maand.

Wouter
Ja, ek wou graag weet. Want ek wou verstaan hoekom jy sê alles
is goedkoper daar, ek het laaank terug self 'n geleentheid oorweeg
om in Dallas en Atlanta te gaan woon en werk. Ek onthou nog die
skok toe ek agtergekom het wat huisvesting daar kos. Ek vermoed
jy praat relatief tot jou inkomste, maar jy sal sukkel om iemand hier
te oortuig dat 'n huis van R3 miljoen en 'n huispaaiement van
R17 000 per maand goedkoper is as wat ons in SA betaal.

Ek is nie negatief oor jou deel van die wêreld nie, hoor.
Inteendeel, ek beskou dit as een van die beter plekke op
ons aardbol om in te woon. Nes Australië. Maar ek
is ook nie spyt dat ek gekies het om steeds in die mooiste
Kaap te bly nie.....
Re: Die plaasvark en die leerling [boodskap #61708 is 'n antwoord op boodskap #61665] Wo, 08 Mei 2002 11:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
> Ek het erken ek was verkeerd. As jy 'n goeie leerling is
> behoort jy dus nou dieselfde te doen oor jou opmerkings
> oor Australië?

Tant Hessie van die Great Barrier Reef.
Kan jy asseblief spesifiseer watter opmerkings
wat ek oor Australië gemaak het, verkeerd is?
Die een oor die goeie kwaliteit van die skole
daar in Australië, of die opmerking dat
Hantamkind teen sy oogvelle vaskyk?

Wouter
Ek gee op.
Jy verkies om speletjies te speel eerder as om te leer
Re: Seattle/Mt Rainier [boodskap #61710 is 'n antwoord op boodskap #61695] Wo, 08 Mei 2002 12:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Ek het maar gaan kyk hoe die berg lyk - en al prentjie wat daar is, is van
> die berg toe onder die sneeu en dan is daar nog wolke ook.
> So blykbaar dink die ander mense daar in Seattle nie veel van die berg in
> sonlig nie;))

Presies my ondervinding met Vancouver, nie baie
ver bokant Seattle nie. Ek glo tot vandag toe nog
nie dat daar berge net agter Vancouver is nie. Vir
'n hele week was die ding in die mis.
Hoekom enigiemand in daardie geweste, beide
in Kanada en in die VSA wil bly, gaan my verstand
te bowe. Dit reën, lyk dit vir my, ongeveer aanmekaar
daar. Hierdie winter het Vancouver selfs sneeu gekry
voordat ons dit in Ottawa gekry het.

Gloudina
Re: Die plaasvark en die leerling [boodskap #61711 is 'n antwoord op boodskap #61708] Wo, 08 Mei 2002 13:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Ek gee op.
> Jy verkies om speletjies te speel eerder as om te leer

Komaan, Wouter. Vertel vir my wat ek oor
Australië gesê het wat nie reg was nie. Ek
kan glad nie dink aan iets wat ek gesê het
wat jy aanvegbaar sou kon bestempel nie.
Inteendeel, ek het alleen hulle immigrasie-
beleid in die verlede uitgewys as blatant
anti-"visible minorities." Ek wag dus op
'n antwoord. Dis veels te maklik om te sê
"ek gee op." Laasgenoemde is gewoonlik 'n
aweregse manier om te sê ek weet ek het
verloor.

Tant Hessie, die Tasmaanse duiwel.
Re: Die plaasvark en die leerling [boodskap #61714 is 'n antwoord op boodskap #61711] Wo, 08 Mei 2002 14:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
> Ek gee op.
> Jy verkies om speletjies te speel eerder as om te leer

Tant Hessie, die Tasmaanse duiwel.
Komaan, Wouter. Vertel vir my wat ek oor
Australië gesê het wat nie reg was nie. Ek
kan glad nie dink aan iets wat ek gesê het
wat jy aanvegbaar sou kon bestempel nie.
Inteendeel, ek het alleen hulle immigrasie-
beleid in die verlede uitgewys as blatant
anti-"visible minorities." Ek wag dus op
'n antwoord. Dis veels te maklik om te sê
"ek gee op." Laasgenoemde is gewoonlik 'n
aweregse manier om te sê ek weet ek het
verloor.

Wouter
Oukei Ta' Hessie, jy dwing my om terug te gaan na die
begin. Ek het jou daarop gewys dat JY self erken het dat
JY, wat dié onderwerp betref, slegs oor Kanada en dalk
die VSA kan praat, maar dat JY in jou direk voorafgaande
pos juis baie oor Australië te sê gehad het. JY het dus by
implikasie erken dat JY oor 'n land praat waaroor JY
erken dat JY nie kan praat nie. Besluit JY dus nou maar
self watse nonsens JY kwytgeraak het.

Of erken dat jy so min weet dat jy geen benul het wat
nonsens is en wat nie. Maar staak asb hierdie onsinnige
speletjies wat jy speel sodra jy in 'n hoek is. Ek het jou
pas gefire, jy is nie meer die plaasvark se leerling nie.

-----Hier is die heel eerste boodskap weer-----

Gloudina
Ja, mens kan nooit weet hoe dinge gaan uitwerk
as jy 'n land verlaat en na 'n ander een verhuis nie..
Ek kan nou net van Kanada en miskien van die VSA
praat. Maar ek dink 'n klomp emigrante uit SA na
hierdie vasteland dink hulle verlaat nou die "swart"
land en kom na Kanada, 'n "wit" land, en 'n land "sonder
misdaad." En as dit nou nie presies is soos hulle gedink
het nie,

Wouter:
Jy sê jy kan hieroor net van die Kanada en miskien die VSA
praat? Ek stem nogal daarmee saam, maar hoe verklaar jy
dat dit in jou vorige pos klink of jy reken jy kan ook oor
Australië heelwat opinies kwytraak? :-)

Ek haal aan:
Die eintlike toestand van sake, Hantamkind, is dat jy
teen jou oogvelle vaskyk. Jy sit in die weste van
Australië, waar soos jy sê daar baie min van die
Australiese Eerste Nasies woon, en as jy dan nou 'n
dronk een in die straat sien, dan sê jy "daar sit
hulle nou, almal is dronkaards, almal met bakhande,
almal reg daar voor my sodat ek op hulle kan neersien
en die reg my toe-eien om hulle te beledig".

------Einde van die heel eerste boodskap ------
Re: Seattle [boodskap #61718 is 'n antwoord op boodskap #61693] Wo, 08 Mei 2002 15:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Op my navraag het ek nou net van 'n baie ou vriendin in Seattle gehoor Mt
Rainier is altyd toe onder die sneeu - seker jy droom nie van Tafelberg van
pure verlange nie?:))))
Annette

"Jan" skryf in boodskap news:7C1C8.49833$8V6.1490482@news.webusenet.com...
>>
>> Dit is so. Maar julle het mos "liquid sunshine" daar. :-)
>> Maar jy kan nie stry nie - daardie dae wat die son so helder skyn en
>> mens Mt Rainier in al haar majestueuse glorie kan aanskou, kan met
>> NIKS (of bittermin) in die wereld vergelyk word.
>
> Ek moet meer as 100% met jou saamstem as dit moontlik is. Mt. Rainier bly
> eenvoudig ongelooflik. En vertel nou vir die "Tafelbergers" van hierdie
> berg, dan wil niemand jou glo nie...
>
>>> Ek het vir alle praktiese doeleindes 100% finansiering gekry. 80% eerste
>>> verband, 15% tweede verband en 5% persoonlike lening. Maar glo vir my,
> dit
>>> was met baie sweet en gekners van tande. Die middeldste van die 3
> krediet
>>> scores waarop die bank gaan is net so onder 700. Op die ou end was dit
> 'n
>>> mede immigrant (van Vietnam nogal) wat bereid was om die rigiede
>>> puntestelsel te "override" om my goed te keur.
>>
>> Ai, ek kan net dink hoeveel jy moes sweet en tande kners. :-) Net bly
>> om te hoor dat alles so goed uitgewerk het vir jou. Ek hoop jy het vir
>> daardie ou wat jou so mooi gehelp het 'n paar bottels Suid-Afrikaanse
>> rooiwyn gegee! :-))
>>
>
> Nie hy nie, sy...
>
Re: Die plaasvark en die leerling [boodskap #61719 is 'n antwoord op boodskap #61711] Wo, 08 Mei 2002 15:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dina
> Inteendeel, ek het alleen hulle immigrasie-
> beleid in die verlede uitgewys

Die verlede, die verlede, die verlede. Terwyl jy sinneloos rondwaal tussen
die grafstene van apartheid sal ons ander voortbeweeg. Geniet jou solitude
in die land van die dooies hier op aarde.

Hantamkind.
Re: Seattle [boodskap #61720 is 'n antwoord op boodskap #61718] Wo, 08 Mei 2002 16:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die weer is nie baie goed daar nie. Die pilots wat 'n vliegtuig daar wil
land moet hul stroie ken. Seattle-Tacoma lughawe bedien die staat van
Washington as 'n primere lughawe en ook die noord westelike state van
Amerika. Die lughawe is gelee sowat 128 m bo seespieel en ondervind knaend
probleme met digte mis en swak sig. Enige loods se nagmerrie!

Daar is slegs twee aanloopbane en hulle is net 245 meter uitmekaar. As die
sig swak is kan die lughawe net enkel landings akkomodeer aangesien die
spasie tussen die die aanloopbane te nou is vir akurate instrument landings
in swak sig.

Dan is daar natuurlik Mt Rainier om mee rekening te hou op final approach.
Jan ek stem saam, dit is sprokies mooi met haar jas van sneeu...
Hantamkind

"Jan"
Maar jy kan nie stry nie - daardie dae wat die son so helder skyn en
mens Mt Rainier in al haar majestueuse glorie kan aanskou, kan met
NIKS (of bittermin) in die wereld vergelyk word.
Re: Die plaasvark en die leerling [boodskap #61722 is 'n antwoord op boodskap #61719] Wo, 08 Mei 2002 17:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hantamkind wrote:

> Die verlede, die verlede, die verlede. Terwyl jy sinneloos rondwaal tussen
> die grafstene van apartheid sal ons ander voortbeweeg. Geniet jou solitude
> in die land van die dooies hier op aarde.

Is die interneringskampe van mense wat asiel
soek daar in Australië in die verlede of bestaan
dit nog steeds? Vertel dit vir my. As dit in die
verlede is, sal ek die Globe and Mail moet vertel
dat hulle ophou so daaroor bly lieg.
Ons het ook asielsoekers hier in Kanada. Hulle
kom in bote wat dreig om te sink by die hope by die
Weskus aan, en op 'n slag het Duitse skeepskapteine
sommer mense in die water op die Ooskus gelos, en as
die Coast Guard hulle nie opgepik het nie, sou hulle
verdrink het. Maar ons is natuurlik nie stupid nie. Ons
ondersoek die gevalle, en beoordeel elkeen volgens
meriete, en weier waar dit sommer net 'n storie is.
Maar ons het nie interneringskampe nie. Dit was vir
my nogal 'n skok toe ek daarvan lees. Ek hou gewoonlik
van Australiërs en Australiese maniere. Anders as
van New Zealanders. Ek het om een of ander obskure
rede 'n skaats teen New Zealanders.

Gloudina
Re: Seattle [boodskap #61723 is 'n antwoord op boodskap #61693] Wo, 08 Mei 2002 17:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Katryn:
> Dit is so. Maar julle het mos "liquid sunshine" daar. :-)
> Maar jy kan nie stry nie - daardie dae wat die son so helder skyn en
> mens Mt Rainier in al haar majestueuse glorie kan aanskou, kan met
> NIKS (of bittermin) in die wereld vergelyk word.

> Jan:
> Ek moet meer as 100% met jou saamstem as dit moontlik is. Mt. Rainier bly
> eenvoudig ongelooflik. En vertel nou vir die "Tafelbergers" van hierdie
> berg, dan wil niemand jou glo nie...

Ek sien toe wat jy bedoel. :-)) Probleem is dat ek nie dink mens kan
enigsins die 2 probeer vergelyk nie.
Tafelberg is baie spesiaal vir die mense van die Kaap.
Mens kan ook nie verwag dat iemand wat net as toeris na Seattle en
omgewing kom, kan verstaan nie. Mens moet daar WOON vir 'n ruk om te
kan verstaan wat ek en jy bedoel, en wat ons raaksien en "voel".
Dieselfde geld vir Tafelberg. Dis maar net my beskeie mening.

OorTahoma of Mt. Rainier - miskien lê haar "misterie" en skoonheid wat
mens o.a nederig laat, in die feit dat dit ook nog 'n aktiewe
(alhoewel dormante) vulkaan is? Dat sy enige tyd kan "blow" - daardie
aspek van "onbekende"..ai, ek weet wat ek wil sê maar ek vind nie die
regte woorde in afrikaans nie.
Re: Seattle/Mt Rainier [boodskap #61725 is 'n antwoord op boodskap #61695] Wo, 08 Mei 2002 17:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 8 May 2002 07:41:46 +0200, "Annette" wrote:

> Ek het maar gaan kyk hoe die berg lyk - en al prentjie wat daar is, is van
> die berg toe onder die sneeu en dan is daar nog wolke ook.
> So blykbaar dink die ander mense daar in Seattle nie veel van die berg in
> sonlig nie;))

Jy moet jou geld gaan terugvra van jou aardrykskunde onderwyser(es).
Sy het jou hopelooslik gefaal. Anders sou jy nie so "verbaas" gewees
oor die sneeu nie, en ook nie sulke uiterse verkleinerende opmerkings
gemaak het nie, oor iets wat jy duidelik niks van weet nie!!!!
Die berg is *BAIE* spesiaal vir mense van die PNW! En ek kan jou
verseker dat die nie net ek en Jan is wat veel dink "van die berg in
sonlig" soos jy so neerhalend na Mt. Rainier verwys nie!
Re: Vliegtuig tref die Empire State gebou [boodskap #61727 is 'n antwoord op boodskap #61438] Wo, 08 Mei 2002 17:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Jy spel dit BALPIE
g

Annette skryf in boodskap news:aas5rb$crsil$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> O wee o nee!!! Nie Nog een wat dink ek lees net een tydskrif nie!!:)))
> Annette
>
> Jan wrote in message
> news:w3gA8.7139$MR1.126035@news.webusenet.com...
>> Dis omdat jy net die Keur lees :)
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:aar6cg$cpaa7$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Dankie Hantam - ek het daardie nuusbrokkie baie interessant gevind - en
>>> wonder hoekom dit nooit eers genoem is met die 11/9 debakel nie.
>>
>
Re: Seattle [boodskap #61728 is 'n antwoord op boodskap #61718] Wo, 08 Mei 2002 17:49 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:abbfek$h06bd$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Op my navraag het ek nou net van 'n baie ou vriendin in Seattle gehoor Mt
> Rainier is altyd toe onder die sneeu - seker jy droom nie van Tafelberg van
> pure verlange nie?:))))
> Annette

Mt. Rainier is 4402 m (sien tabel hier onder vir perspektief) hoog en
gevolglik is daar altyd sneeu. Die sneeulyn beweeg egter op en af saam met
die seisoen. In die winter is al die bergpasse toe. Net een pad word
oopgehou na Paradise (5400 voet) waar die sneeu so 6 voet dik lê. In die
somer kan daar miskien nog so 1 of 2 duim sneeu wees van tyd tot tyd by
Paradise. Dit is regtig baie mooi, kom kyk maar

Tafelberg 1086
Cathedral Peak 3004
Castle Buttress 3053
Mponjwana 3085
Cathkin Peak 3149
Sentinel 3165
lfidi Buttress 3219
Monks Cowl 3234
Cleft Peak 3281
Mont Aux Sources 3282
Giants Castle 3325
Champagne Castle 3377
Injasuti 3459
Mt Rainier 4402
Kilimanjaro 5895
Vorige onderwerp: Tolpaaie
Volgende onderwerp: Sakkie se Diemersfontein
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 19:59:14 MGT 2024