Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » vryheid van informasie? (was: staatsinmenging)
vryheid van informasie? (was: staatsinmenging) [boodskap #6144] Vr, 05 April 1996 00:00
Leon Retief  is tans af-lyn  Leon Retief
Boodskappe: 28
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
>>>> In Amerika
>>>> is daar groot gedoentes wat evolusie as leerstelling betref.

>>> Hmm... ten regte. Ek is geen creationist nie, maar ek het groot
>>> simpatie met wetgewing wat verbied dat evolusie (of enige ander
>>> wetenskaplike model, teorie of konstruk) as absolute waarheid aan
>>> enigeen opgedis word. Dit is op _wetenskaplike_ gronde onhoudbaar,
>>> ongeag enige filosofiese besware wat ek daarteen mag he^.

> Ek dink nie dat enigiets aan enigiemand opgedis behoort te word as die
> -absolute waarheid_ nie, maar dit is onteenseglik waar dat niks in die
> biologie sin maak buite die raamwerk van die evolusieteorie nie. Ek het
> heelwat mense al soos jy hoor sê: "Ek is geen kreasionis nie, maar.." en dan
> kom dit op die ou end uit dat hulle maar dieselfde probeer regkry as die
> kreasioniste in die VSA: dat hul "brand" van pseudowetenskap saam met
> aanvaarde wetenskaplike teorieë in die klaskamer aan die leerlinge opgedis
> word, asof dit respektabele teorieë sou wees wat geregtig is om
> langs hoofstroomwetenskappe te staan en asof kreasionisme in staat sou wees om
> op eie houtjie die ontstaan van die heelal en alles daarin te verklaar!
> Ek het simpatie met ouers wat evolusie verwerp en ongemaklik voel met begrippe
> soos bv. die ouderdom van die aarde en so aan, te meer so omdat sulke ouers
> waarskynlik heelwat betaal aan skoolgelde en moontlik voel dat hulle geregtig
> is op 'n inset in hul kinders se leerplanne, maar eweneens dink ek nie dat die
> inhoud en betekenis van wetenskapleerplanne afgewater moet word om sommige
> mense se vooroordele tegemoet te kom nie.
> Ek is nie seker of jy die aanbied van evolusie op skool wil verbied en of jy
> wil hê dat pseudowetenskap saam met evolusie gedoseer moet word nie, maar vir
> my is beide ewe verwerplik.
> Jy sê: "Dit is op _wetenskaplike_ gronde onhoudbaar..." Bedoel jy dat evolusie
> vir jou op wetenskaplike gronde onhoudbaar is?
> Leon Retief, Bellville

Gewoonlik sou ek nie hierdie boodskap weer 'n keer pos nie, maar ek dink tog
dat dit belangrik is om te weet dat Leendert ten gunste is van wetgewing wat
die vrye vloei van idees en informasie verhoed, en dat hy skynbaar nie bereid
is om te reageer op vrae daaromtrent nie.

Leon Retief, Bellville
Vorige onderwerp: Taal en Toekomst-vrees
Volgende onderwerp: PC Hooftprijs
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 21:28:07 MGT 2024