Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kapel by nuwe Lughawegebou.
Kapel by nuwe Lughawegebou. [boodskap #61416] Do, 02 Mei 2002 17:13 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit was glo nie by die oorspronklike planne nie, maar daar gaan nou ook 'n
kapel wees by die nuwe lughawegebou by JhbInt.
Dis glo interkerklik, oop vir almal, omdat navorsing getoon het baie
passasiers het 'n behoefte om eers berusting te vind voordat hulle 'n
vliegtuig by JhbInt bestyg.

Annette
Re: Kapel by nuwe Lughawegebou. [boodskap #61460 is 'n antwoord op boodskap #61416] Vr, 03 Mei 2002 07:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
:-)))) Dit sal in Brussels International ook so wees, want dáár is 'n kapel
vir Katolieke, een vir Protestante, 'n tempeltjie vir Jode en 'n Moskee'tjie
vir Islamiete :-))).
Hilda.

"Annette" skryf in boodskap news:aartlc$dai88$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Dit was glo nie by die oorspronklike planne nie, maar daar gaan nou ook 'n
> kapel wees by die nuwe lughawegebou by JhbInt.
> Dis glo interkerklik, oop vir almal, omdat navorsing getoon het baie
> passasiers het 'n behoefte om eers berusting te vind voordat hulle 'n
> vliegtuig by JhbInt bestyg.
>
> Annette
>
Re: Kapel by nuwe Lughawegebou. [boodskap #61462 is 'n antwoord op boodskap #61460] Vr, 03 Mei 2002 07:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))) Dis omdat julle Belge so vreeslik baklei dat hulle so baie plek moet
afstaan vir al die kerke daar:))
Ek kan my net indink aan 'n toneeltjie op JhbInt - Jood en Muslem albei daar
in die kapelletjie saam wat bid dat die ander een se vliegtuig moet val:))
Annette

Hilda skryf in boodskap news:ZMqA8.55962$Ze.8455@afrodite.telenet-ops.be...
> :-)))) Dit sal in Brussels International ook so wees, want dáár is 'n kapel
> vir Katolieke, een vir Protestante, 'n tempeltjie vir Jode en 'n Moskee'tjie
> vir Islamiete :-))).
> Hilda.
>
> "Annette" schreef in bericht
> news:aartlc$dai88$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Dit was glo nie by die oorspronklike planne nie, maar daar gaan nou ook 'n
>> kapel wees by die nuwe lughawegebou by JhbInt.
>> Dis glo interkerklik, oop vir almal, omdat navorsing getoon het baie
>> passasiers het 'n behoefte om eers berusting te vind voordat hulle 'n
>> vliegtuig by JhbInt bestyg.
>>
>> Annette
>>
>
Re: Kapel by nuwe Lughawegebou. [boodskap #61476 is 'n antwoord op boodskap #61462] Vr, 03 Mei 2002 09:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is dit nie snaaks dat dit is mense wat glo hulle het nog 'n lewe na hierdie
een, wat "gebedsplekke" benodig in 'n lughawe nie ? Ongelowiges (soos ek
:-) ) het blykbaar nie 'n aanmoediging nodig om op 'n vliegtuig te klim nie
:-). Ons bid dan natuurlik ook nie dat 'n ander een se vliegtuig sal val nie
:-).
Hilda.
"Annette" skryf in boodskap news:aatfnq$dqtog$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> :))) Dis omdat julle Belge so vreeslik baklei dat hulle so baie plek moet
> afstaan vir al die kerke daar:))
> Ek kan my net indink aan 'n toneeltjie op JhbInt - Jood en Muslem albei daar
> in die kapelletjie saam wat bid dat die ander een se vliegtuig moet val:))
> Annette
Re: Kapel by nuwe Lughawegebou. [boodskap #61478 is 'n antwoord op boodskap #61476] Vr, 03 Mei 2002 09:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek val ook in daardie kategorie Hilda - wat nie nodig het om lughawe toe
moet gaan om te gaan bid nie;)))
Wat ek nie kan verstaan nie - waar op aarde kry hulle nog die tyd om die
kapelletjie ook nog by te bring?
Ek moet gewoonlik van hoek tot kant by 'n lughawe rondhardloop om net betyds
te wees om die vliegtuig te haal!.
Annette

Hilda skryf in boodskap news:YQsA8.56341$Ze.8566@afrodite.telenet-ops.be...
> Is dit nie snaaks dat dit is mense wat glo hulle het nog 'n lewe na hierdie
> een, wat "gebedsplekke" benodig in 'n lughawe nie ? Ongelowiges (soos ek
> :-) ) het blykbaar nie 'n aanmoediging nodig om op 'n vliegtuig te klim nie
> :-). Ons bid dan natuurlik ook nie dat 'n ander een se vliegtuig sal val nie
> :-).
> Hilda.
> "Annette" schreef in bericht
> news:aatfnq$dqtog$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> :))) Dis omdat julle Belge so vreeslik baklei dat hulle so baie plek moet
>> afstaan vir al die kerke daar:))
>> Ek kan my net indink aan 'n toneeltjie op JhbInt - Jood en Muslem albei
> daar
>> in die kapelletjie saam wat bid dat die ander een se vliegtuig moet val:))
>> Annette
>
Re: Kapel by nuwe Lughawegebou. [boodskap #61488 is 'n antwoord op boodskap #61478] Vr, 03 Mei 2002 14:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Deesdae moet jy hier in Perth drie ure voor die tyd inboek by die lughawe
voor die torrie opstyg. (hulle soek glo nie 'n herhaling van 11/9 hier nie.)
Nou hoe de mo ... hou mens jouself besig vir drie ure en vir mense wat aan
erge vlieg senuspanning ly is dit ondraaglik. Die kroeë doen blykbaar baie
goed en internationale passasiers het deesdae die neiging om baie lekker te
slaap sommer kort nadat die tortelduif sy vlerke gesprei het. Vergeet
blykbaar skoon om te bid...

Hantamkind

"Annette"
> Ek val ook in daardie kategorie Hilda - wat nie nodig het om lughawe toe
> moet gaan om te gaan bid nie;)))
> Wat ek nie kan verstaan nie - waar op aarde kry hulle nog die tyd om die
> kapelletjie ook nog by te bring?
> Ek moet gewoonlik van hoek tot kant by 'n lughawe rondhardloop om net betyds
> te wees om die vliegtuig te haal!.
> Annette
>
Re: Kapel by nuwe Lughawegebou. [boodskap #61495 is 'n antwoord op boodskap #61476] Vr, 03 Mei 2002 14:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hilda wrote:

> Is dit nie snaaks dat dit is mense wat glo hulle het nog 'n lewe na hierdie
> een, wat "gebedsplekke" benodig in 'n lughawe nie ? Ongelowiges (soos ek
> :-) ) het blykbaar nie 'n aanmoediging nodig om op 'n vliegtuig te klim nie

Ek dink ek moet effentjies beswaar maak teen
die neiging op hierdie draad om neerbuigend
neer te kyk op die teenwoordigheid van kapelle
in lughawens. Ek dink dis 'n baie goeie idee.
Dis dieselfde prinsipe wat al meer en meer in
hospitale gevolg word, waar daar so 'n kamer
afgesonder word vir mense wat stil wil wees,
of wat hulle godsdienstige oefeninge ongestoord
wil doen.

Gloudina
Re: Kapel by nuwe Lughawegebou. [boodskap #61502 is 'n antwoord op boodskap #61495] Vr, 03 Mei 2002 16:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het g'n beswaar daarteen nie - elkeen maak soos hy wil solank dit niemand
anders skaad nie. Dis seker gesonder om te bid as om 'n pilletjie te sluk
:-). Ek's net gelukkig ek het g'n vliegangs nie.
Hilda.

schreef in bericht news:3CD2A117.8080908@rogers.com...
> Dis dieselfde prinsipe wat al meer en meer in
> hospitale gevolg word, waar daar so 'n kamer
> afgesonder word vir mense wat stil wil wees,
> of wat hulle godsdienstige oefeninge ongestoord
> wil doen.
>
> Gloudina
>
Re: Kapel by nuwe Lughawegebou. [boodskap #61594 is 'n antwoord op boodskap #61416] Ma, 06 Mei 2002 13:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johnnie  is tans af-lyn  Johnnie
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Volle Lid
"Annette" skryf in boodskap news:...
> Dit was glo nie by die oorspronklike planne nie, maar daar gaan nou ook 'n
> kapel wees by die nuwe lughawegebou by JhbInt.
> Dis glo interkerklik, oop vir almal, omdat navorsing getoon het baie
> passasiers het 'n behoefte om eers berusting te vind voordat hulle 'n
> vliegtuig by JhbInt bestyg.
>
> Annette

Ek weet nie so mooi van "daar gaan nou 'n kapel wees" nie.

Daar is al 'n hele ruk 'n kapel daar in die lughawe. In terminaal 5
[dink ek] maw die binnelandse aankomstegebou vir die SAL vlugte. Op
die tussenvlak, net langsaan die lughawe se konferensiesentrum. Die
laaste 2 jaar wat ek die konferensiesentum besoek was die kapel al
daar.

Johnnie
Re: Kapel by nuwe Lughawegebou. [boodskap #61596 is 'n antwoord op boodskap #61594] Ma, 06 Mei 2002 13:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja hulle het vertel van die kapel wat nou daar ingerig is, maar soos ek
geskryf het, daar was nuwe planne vir 'n nuwe gebou opgetrek, en die kapel
was nie ingereken nie. Nou gaan dit wees.

Die navorsing wat gedoen was, was heel waarskynlik agv die huidige kapel se
besoeke.
Sal jy weet hoe druk die huidige een besoek word?
Is daar een spesifieke lugredery wie se passasiers dit meer besoek as die
ander?

Annette

"Johnnie" skryf in boodskap news:c97aae43.0205060522.58cd2ea@posting.google.com...
> "Annette" wrote in message
news:...
>> Dit was glo nie by die oorspronklike planne nie, maar daar gaan nou ook 'n
>> kapel wees by die nuwe lughawegebou by JhbInt.
>> Dis glo interkerklik, oop vir almal, omdat navorsing getoon het baie
>> passasiers het 'n behoefte om eers berusting te vind voordat hulle 'n
>> vliegtuig by JhbInt bestyg.
>>
>> Annette
>
> Ek weet nie so mooi van "daar gaan nou 'n kapel wees" nie.
>
> Daar is al 'n hele ruk 'n kapel daar in die lughawe. In terminaal 5
> [dink ek] maw die binnelandse aankomstegebou vir die SAL vlugte. Op
> die tussenvlak, net langsaan die lughawe se konferensiesentrum. Die
> laaste 2 jaar wat ek die konferensiesentum besoek was die kapel al
> daar.
>
> Johnnie
Re: Kapel by nuwe Lughawegebou. [boodskap #61598 is 'n antwoord op boodskap #61594] Ma, 06 Mei 2002 13:53 Na vorige boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ja Johnnie dis korrek. Bestaan al lankal. Presies waar dit is kan ek nie
voor pa staan nie - dit was tydelik gehuisves heel bo waar die ou uitkyk
area was - so paar jaar gelede.

HK

"Johnnie"
> Ek weet nie so mooi van "daar gaan nou 'n kapel wees" nie.
>
> Daar is al 'n hele ruk 'n kapel daar in die lughawe. In terminaal 5
> [dink ek] maw die binnelandse aankomstegebou vir die SAL vlugte. Op
> die tussenvlak, net langsaan die lughawe se konferensiesentrum. Die
> laaste 2 jaar wat ek die konferensiesentum besoek was die kapel al
> daar.
>
> Johnnie
Vorige onderwerp: SEUNTJIE
Volgende onderwerp: Die Stouterds in die Parlement
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 20:50:04 MGT 2024