Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Steve Tshwete
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61406 is 'n antwoord op boodskap #61401] Do, 02 Mei 2002 14:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
As die nie-wittes daarop staan dat die vorige
regering "wit" was, dan verwys hulle nie na velkleur nie.

Wouter
Niemand "staan" daarby nie. Almal weet en aanvaar dit.
En ongelukkig verwys dit baie spesifiek na velkleur.
Ons het dan juis wette gehad om rasgroepe te
definieer. Volgens velkleur. Dis waaroor die hele
rewolusie gegaan het, om weg te kom van velkleur as
die bepalende faktor.

Gloudina
Hulle verwys na 'n politieke verskynsel,
waar 'n dwaalgroep van die bevolking
van SA vir hulle as politieke wapen die wit
velkleur gaan gebruik het. Iets wat ons laas gesien
het gedurende die Nazi-regime in Duitsland.

Wouter
Nee, dis net jy wat so daarna verwys. Niemand hier by
ons doen dit nie.
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61407 is 'n antwoord op boodskap #61400] Do, 02 Mei 2002 14:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Moet ek regtig eers klaar lag?:))

> Wouter:
>
>> Kom probeer jy vir enige nie-witte hier vertel die vorige regering
>> was nie wit nie. As hulle klaar gelag het, sal hulle jou laat sertifiseer.

Ag ja, Annette. Lag maar klaar. Maar tensy jy
aggressief en daadwerklik teen die NP gestem
en geagiteer het voor 1990, was jy heelwaarskynlik
iemand wat jouself en ander probeer oortuig het dat
SA nie 'n "wit regering" was nie maar 'n mosaiek van
wit en swart politieke eenhede.
En ek verklaar weer, 'n hele klomp NP lede
insluitende sommige in die sentrale regering was nie
geneties van suiwer Europese oorsprong nie. Dis oor
en oor bewys deur verskillende studies. So hoekom
so 'n bohaai maak oor "wit" te wees? Vertel jy dit
vir my, Annette. Kom, vertel nou vir ons eenkeer
wetenskaplik en goed uitgedink wat in SA in die
laaste deel van die twintigste eeu aangegaan
het. Hoekom 'n klomp meestal Afrikaners (met volop
gemengde bloed in hulle are) skielik hierdie "wit
kaart" begin speel het? Ek wag op die antwoord.

Gloudina
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61409 is 'n antwoord op boodskap #61407] Do, 02 Mei 2002 15:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3CD15321.10705@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>> Moet ek regtig eers klaar lag?:))
>
>> Wouter:
>>
>>> Kom probeer jy vir enige nie-witte hier vertel die vorige regering
>>> was nie wit nie. As hulle klaar gelag het, sal hulle jou laat
sertifiseer.
>
>
> Ag ja, Annette. Lag maar klaar. Maar tensy jy
> aggressief en daadwerklik teen die NP gestem
> en geagiteer het voor 1990, was jy heelwaarskynlik
> iemand wat jouself en ander probeer oortuig het dat
> SA nie 'n "wit regering" was nie maar 'n mosaiek van
> wit en swart politieke eenhede.
> En ek verklaar weer, 'n hele klomp NP lede
> insluitende sommige in die sentrale regering was nie
> geneties van suiwer Europese oorsprong nie. Dis oor
> en oor bewys deur verskillende studies. So hoekom
> so 'n bohaai maak oor "wit" te wees? Vertel jy dit
> vir my, Annette. Kom, vertel nou vir ons eenkeer
> wetenskaplik en goed uitgedink wat in SA in die
> laaste deel van die twintigste eeu aangegaan
> het. Hoekom 'n klomp meestal Afrikaners (met volop
> gemengde bloed in hulle are) skielik hierdie "wit
> kaart" begin speel het? Ek wag op die antwoord.
>
> Gloudina

Omdat ons wou hê dat almal wat nie van ons hou nie Kanada toe moes trek.
Nou dat dit agter die rug is, kan ons met die res saamwerk.
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61410 is 'n antwoord op boodskap #61407] Do, 02 Mei 2002 15:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
En ek verklaar weer, 'n hele klomp NP lede
insluitende sommige in die sentrale regering was nie
geneties van suiwer Europese oorsprong nie.

Wouter
Natuurlik was hulle nie. Ek glo ook nie ek is nie.
En ons swartes is tipies baie ligter van kleur as dié
in Sentraal-Afrika. Maar dit het presies niks te doen
met die sogenaamde wit en swart rasse hier nie.
Want hulle was gedefinieer. Volgens velkleur.

Niemand op dié ng het die vorige regering Europees
genoem nie. En ook nie skitterwit nie. Net wit.
Dis sy naam. So ken ons hom. Wit.

Gloudina
So hoekom so 'n bohaai maak oor "wit" te wees?

Wouter
Dis jy wat dit tot 'n bohaai verhef, by ons is dit nie 'n kwessie
nie, ons verstaan mekaar. Ons het 'n wit regering gehad.
'n Feit, geen kwessie nie, geen bohaai nie.
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61424 is 'n antwoord op boodskap #61410] Do, 02 Mei 2002 18:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

Gloudina: 'n hele klomp NP lede
> insluitende sommige in die sentrale regering was nie
> geneties van suiwer Europese oorsprong nie.
>
> Wouter
> Natuurlik was hulle nie. Ek glo ook nie ek is nie. Maar dit het presies niks te doen
> met die sogenaamde wit en swart rasse hier nie.
> Want hulle was gedefinieer. Volgens velkleur.

Walter, enigiemand wat net lees wat jy
op die papier geskryf het, sal wonder
wat jy sê. Want jy verklaar: nie al die
NP grootkoppe, en ook nie ek nie, dink dat
ons almal suiwer ariese bloed gehad het
nie. Dan gaan jy verder en verklaar dat dit
niks te doen het met wit en swart rasse nie,
maar dat, in die apartheidsera, mense gedefi-
nieer is volgens hulle velkleur. Bedoel jy:
die NP kompulsie om mense volgens ras te
klassifiseer het niks te doen met rasse-
suiwerheid nie, maar bloot uit 'n kompulsie
om mense te klassifiseer "volgens velkleur".
Eintlik stem jy saam met my. Maar dit lyk
vir my jy is nog meer sinies as ek, en dink
dat hulle kompulsie tot klassifiseer maar net
'n dekmantel was om tagtig persent van die
bevolking van SA uit die regeringsproses te
hou.

Gloudina
Re: Steve Tshwete [boodskap #61425 is 'n antwoord op boodskap #61365] Do, 02 Mei 2002 18:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3CD07419.4010500@rogers.com...

> Luister, ou Kobus. As ek op hierdie nuusgroep
> praat van mense wat kru en onbeskaafd oor
> vigs praat, dan praat ek van kru en onbeskaafde
> mense.
Luister, ou Glodina. Kruheid en onbeskaafdheid teenoor jou medemens is kru
en onbeskaafd. Sies.

> As ek oor Afrikaners praat, praat ek oor
> mense met "Afrikaner"- bloed in hulle are (soos
> ek en my man en al vier ons kinders, al is ons
> nou al ses Kanadese burgers).
Dit is dan ook logies om van Afrikaners te praat met " Europese" bloed in
hul are, nie waar nie?
(Al is ons almal nou inwoners van Afrika)
Veral gesien in die lig dat jou kroos nie Afrikaans kan praat nie.
Skynbaar deur hul "Afrikaner" ma se toedoen. Sies.

> Jy is 'n Suid-Afrikaanse burger. Jou Afrikanerskap hang nie
> af daarvan of jy 'n SA burger is of nie.
Dit is dan ook logies om mensself as 'n Europeer te beskou, nie waar nie?
Jou Europeerskap hang dan nie af daarvan of jy in Afrika woon nie.
Maar volgens my is Suid-Afrika die beste land in die wereld. Net jammer dis
in Afrika.
Is jy nog met my?

> Maar ek kan jou verseker dat mens skaam voel dat dit
> Afrikaners is wat op hierdie nuusgroep kru en
> onbeskaafd oor vigs praat, veral as dit nog
> hulle landgenote is.
Waarom net oor Vigs?
Weet hoe skaam voel mens as iemand na ander mense verwys as varke ensomeer?
Sies.

> En ou Kobus, die feit dat jy so sit en gif
> spoeg na my kant toe, vertel vir enigiemand wat
> dit wil opmerk, dat dit jou affekteer.
Wat is die "dit" wat my so affekteer?
Al wat my affekteer is die feit dat jy opkom vir die mense wat self toegang
het tot teenmiddels vir Vigs, maar dit nie aan ander mense wil gee nie. Dan
wil hulle nog appel ook aanteken. Die spottery gaan oor "boontjie kry sy
loon", jong.

So Tant Hessie bereik jou tog, as jy kies om so gal af te
> gaan, né. Nou sien, dis my roeping.
Nee wat, jy't jou roeping gemis, want ek het maar net 'n kleintjie dood aan
dom-astrantgeid soos deur jou versinnebeeld.

> Tant Hessie van die Derde Republiek,
> wat ontstaan het na die Derde Vryheidsoorlog.

Oom Hess van die Third Reich, wat onstaan het deur mense soos jy.
Re: Steve Tshwete [boodskap #61426 is 'n antwoord op boodskap #61226] Do, 02 Mei 2002 18:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
koos  is tans af-lyn  koos
Boodskappe: 137
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
miskien vigs: vool in gat sindroom
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61427 is 'n antwoord op boodskap #61410] Do, 02 Mei 2002 18:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Ons het 'n wit regering gehad.
> 'n Feit, geen kwessie nie, geen bohaai nie.

En waar het dit toe vir julle gebring:
die feit dat julle toe 'n "wit regering"
gehad het, wat ten spyte van die volop
San en Slamaaier-bloed in die Afrikaner
se are, toe skielik behep geword het om
mense te klassifiseer volgens "velkleur."
Is die kompulsie om die vorige regime "wit"
te noem 'n uitspruitsel van die kompulsie
om die huidige stelsel "swart" te noem.
En watter politieke gewin is daar vir julle
in hierdie siening van die verlede, wat baie
ver is van die wetenskaplike realiteite van
genes en bloedlyne.

Gloudina
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61428 is 'n antwoord op boodskap #61407] Do, 02 Mei 2002 19:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 02 May 2002 14:52:45 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Ag ja, Annette. Lag maar klaar. Maar tensy jy
> aggressief en daadwerklik teen die NP gestem
> en geagiteer het voor 1990,
>
> Gloudina
>

Dan, na aanleiding van jou eie woorde Gloudina, skuld jy my 'n
masiewe apologie. 'n Verskoning vir jou onverdiende aggressiewe
aanvalle, omdat ek sedert ek stemreg verwerf het, nooit eens eenmaal
vir die Nasionale party gestem het nie. Inteendeel, ek was deel van
'n rebellie teen hulle, en selfs heelwat jare voorsitter van 'n
opponerende party.

DD
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61430 is 'n antwoord op boodskap #61410] Do, 02 Mei 2002 19:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Want hulle was gedefinieer. Volgens velkleur.

Wouter, voordat die gekheid van apartheid die
psige van die Afrikaner vasgegryp het, was daar
'n baie meer ontspanne klimaat in SA, veral onder
die Afrikaner, oor die kwessie van velkleur.
Ek kan 'n paar voorbeelde noem. In een geval
dink ek aan 'n predikant wat in sy middeljare
administratiewe hoof geword het van 'n bekende
godsdienstige jeugbeweging, en wie ek taamlik
goed leer ken het deur een van my susters. Hy
was 'n klein baie donker mannetjie, en as mens
goed na hom gekyk het, sou mens moes besluit dat
hy werklik taamlik baie "gekleurde" bloed in sy
are gehad het. Sy seuns het ongeveer soos hulle
pa gelyk. Hulle was hoogs gerespekteerde en
geleerde mense in die Afrikaner- en kerklike
samelewings. Seker geklassifiseer as "wit." Maar
toe hulle nou uiteindelik die wet afskaf wat sê
dat "wit" en "swart" nie met mekaar kan trou nie,
toe is een van die eerste mense wat aansoek doen
om met 'n sogenaamde kleurling te trou, een van
hierdie predikant se seuns. Watter hartseer en
watter drogsituasie was dit voor die tyd, wat 'n
jong man verhinder het om met die meisie van sy
keuse te doen? En die kanse is goed dat die voorheen
wit-geklassifiseerde jong man 'n bruiner vel gehad het
as sy voorheen bruin-geklassifiseerde vriendin. So wat
het VELKLEUR in hierdie geval met die prys van eiers
te doen gehad? Die bruin meisie se witter vel en
die wit ou se donkerder vel; hoe kan jy verklaar
wat in SA aangegaan het suiwer volgens velkleur?

Gloudina
Re: Steve Tshwete [boodskap #61432 is 'n antwoord op boodskap #61366] Do, 02 Mei 2002 19:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3CD076FA.5030209@rogers.com...

> Waar kruip jy uit? Jy het nie 'n "swart" regering nie.
Wel, vir 'n begin, die President is 'n Afrikaan. Die vorige een was nog
orraait.
Wys my een wit minister, en ek wys jou 20 swartes.

> (Ek ken meer sogenaamde "wit" ANC-lede as swart ANC-lede.)
(En ek ken weer meer sogenaamde "swart" NNP-lede as wit NNP-lede)

> Ongelukkig, ou Kobus, is jy in murg en
> bloed nog maar uit die werpsels van die
> apartheids-varke.
Deur jou taalgebruik kan mens weereens sien met watter soort jy heul.

> Jy is grootgemaak om te dink jy was voor 1990 regeer deur 'n "wit"
> regering.
Dit is dan kamstig die rede waarom jy destyds gehol het, of hoe?

> Julle wat gedink het julle kan
> mense se witheid meet aan die krulle in
> hulle hare.
Nee, dit was julle wat dit gedoen het in jou tyd hier.
Toe hol jy seker na 'n wit land toe jy agterkom dit is nie so nie.
Die rede waarom sekere hare krul is eenvoudig omdat dit ovaalvormig is
teenoor reguit hare wat rond is.

> Want as julle die bloed ontleed
> het wat deur meeste "wit Afrikaners" se are
> loop, dan sal jy geneties uitvind dat jy
> volop veral Khoi bloed het.
Weereens, julle moes dit gedoen het in julle tyd hier.
Maar jy's mos 'n muis wat net van ver af piepgeluidjies maak.

> So moet tog nie vir my vertel voor 1990 was daar 'n "wit
regering" nie.
So jy het dus kamstig weggehol van 'n nie-witregering? Sies.
Tipies van jou soort binnekamer rassisme, ne?

> Daar was 'n regering wat witheid as 'n politieke wapen
> gebruik het.
Daar is vandag nog steeds 'n regering wat witheid as 'n politieke wapen
gebruik.

> Net soos Hitler Ariese herkoms
> as 'n politieke ikoon gebruik het, terwyl ons
> weet dat hy heelwaarskynlik heelwat Joodse
> bloed in sy are gehad het.
Net soos Glodina Afrika herkoms as 'n politieke ikoon gebruik terwyl sy goed
weet dat hulle waarskynlik geen Europese bloed in hul are het nie. Die
verskil is dat jy voel jy moet hulle beskerm teen die aanslae van die lewe,
terwyl ander bloot eenvoudig dieselfde menslikheid van almal verwag.

> Tant Hessie van die Derde Republiek,
> se ruggraat-komitee.
Oom Hess van die Third Reich se ruff-raff-komitee
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61440 is 'n antwoord op boodskap #61428] Do, 02 Mei 2002 21:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

DD wrote:

> Dan, na aanleiding van jou eie woorde Gloudina, skuld jy my 'n
> masiewe apologie. 'n Verskoning vir jou onverdiende aggressiewe
> aanvalle, omdat ek sedert ek stemreg verwerf het, nooit eens eenmaal
> vir die Nasionale party gestem het nie. Inteendeel, ek was deel van
> 'n rebellie teen hulle, en selfs heelwat jare voorsitter van 'n
> opponerende party.

Toemaar, du Plessis, jy moet maar liewer
stilbly oor jou keffertjie, die HNP. Wat
se hond haaraf het dit gemaak?

Tant Hessie Rotweiler.
Re: Steve Tshwete [boodskap #61443 is 'n antwoord op boodskap #61432] Do, 02 Mei 2002 21:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kobus Pietersen wrote:

>> Jy is grootgemaak om te dink jy was voor 1990 regeer deur 'n
>>> "wit"
>>> regering.

> Dit is dan kamstig die rede waarom jy destyds gehol het, of hoe?

Nee, Kobus Pietersen, ons het die land verlaat
omdat 'n klomp skurke (eintlik 'n baie klein
groepie in 'n land van omtrent veertig miljoen)
die mag in die hande gekry het en toe 'n skrik-
bewind begin voer het.

Gloudina
Re: Steve Tshwete [boodskap #61444 is 'n antwoord op boodskap #61432] Do, 02 Mei 2002 21:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kobus Pietersen wrote:

> Toe hol jy seker na 'n wit land toe

So, Kobus, jy dink Kanada is 'n "wit land."
Dink weer.

Gloudina
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61446 is 'n antwoord op boodskap #61427] Vr, 03 Mei 2002 01:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 02 May 2002 18:44:47 GMT, "@rogers.com" wrote:

> En watter politieke gewin is daar vir julle
> in hierdie siening van die verlede, wat baie
> ver is van die wetenskaplike realiteite van
> genes en bloedlyne.

Wat bedoel jy met veral daardie laaste gedeelte? Na watter
"wetenskaplike realiteite" verwys jy? Of eerder, wat is 'n
wetenskaplike realiteit dan?
Onthou dit is "wetenskap" wat ons in die gemors gekry het om te glo
dat daar rasse-verskille is om mee te begin. Nou word "wetenskap"
weer gebruik om die politiese ideale van die huidige regimes te
"bewys". Amper asof "wetenskap" nou maar net die plek inneem van
"geloof" of die "kerk" van die donker eeue.
Die rou onverwerkte data in 'n laboratorium en die "wetenskaplike
realiteite" (as ek jou reg verstaan), waarna jy dalk verwys kan
drasties verskil - en word gewoonlik gemanupileer na gelang van die
sponsor wat die navorsing ondersteun, en die politiese ideale van die
navorser self.

Maar hopelik bedoel jy dalk eerder met jou stelling dieselfde as wat
Mark Twain gesê het in sy Plymouth Rock and the Pilgrims toespraak van
1887:-
"My first American ancestor, gentlemen, was an Indian--an early
Indian. Your ancestors skinned him alive, and I am an orphan.
All those Salem witches were ancestors of mine. Your people made it
tropical for them...The first slave brought into New England out of
Africa was an ancestor of mine -- for I am a mixed breed, an
infinitely shaded and exquisite Mongrel."

Weet jy of iemand anders dalk of dit waar is dat Langenhoven en Samuel
Clemens mekaar ontmoet of geken het en notas uitgeruil het?
Iewers het ek so iets gelees, maar het dit moeilik geglo. Elkgeval...
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61449 is 'n antwoord op boodskap #61407] Vr, 03 Mei 2002 03:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek was tensy.
Annette

skryf in boodskap news:3CD15321.10705@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>> Moet ek regtig eers klaar lag?:))
>
>> Wouter:
>>
>>> Kom probeer jy vir enige nie-witte hier vertel die vorige regering
>>> was nie wit nie. As hulle klaar gelag het, sal hulle jou laat
sertifiseer.
>
>
> Ag ja, Annette. Lag maar klaar. Maar tensy jy
> aggressief en daadwerklik teen die NP gestem
> en geagiteer het voor 1990, was jy heelwaarskynlik
> iemand wat jouself en ander probeer oortuig het dat
> SA nie 'n "wit regering" was nie maar 'n mosaiek van
> wit en swart politieke eenhede.
> En ek verklaar weer, 'n hele klomp NP lede
> insluitende sommige in die sentrale regering was nie
> geneties van suiwer Europese oorsprong nie. Dis oor
> en oor bewys deur verskillende studies. So hoekom
> so 'n bohaai maak oor "wit" te wees? Vertel jy dit
> vir my, Annette. Kom, vertel nou vir ons eenkeer
> wetenskaplik en goed uitgedink wat in SA in die
> laaste deel van die twintigste eeu aangegaan
> het. Hoekom 'n klomp meestal Afrikaners (met volop
> gemengde bloed in hulle are) skielik hierdie "wit
> kaart" begin speel het? Ek wag op die antwoord.
>
> Gloudina
>
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61470 is 'n antwoord op boodskap #61427] Vr, 03 Mei 2002 08:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter
> Ons het 'n wit regering gehad.
> 'n Feit, geen kwessie nie, geen bohaai nie.

Gloudina
En waar het dit toe vir julle gebring:
die feit dat julle toe 'n "wit regering"
gehad het, wat ten spyte van

Wouter
Daar gaan jy al weer. Jy het gesê dit was nie wit nie.
Ek sê jy het 'n kraak weg as jy dink dit was nie wit nie.
Dis al, uit en gedaan.

Erken nou jy het 'n fout gemaak en los jy jou tirades vir
iemand aan wie jou "sendingwerk" dalk 'n verskil kan maak.

Gloudina
Is die kompulsie om die vorige regime "wit" te noem.....

Wouter
Behalwe dat kompulsie 'n Anglisisme is, is dit net by jou,
ons beskryf bloot die vorige bewind met die woorde
waarmee ons hom al die jare geken het, blank of wit.
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61471 is 'n antwoord op boodskap #61430] Vr, 03 Mei 2002 08:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
> Want hulle was gedefinieer. Volgens velkleur.

Gloudina
...hoe kan jy verklaar wat in SA aangegaan het suiwer
volgens velkleur?

Wouter
Is jy domonnosel? Ek het presies niks verklaar nie en gaan ook nie
iets verklaar nie. Ek het bloot jou imbesiele opmerking uitgewys,
dat ons volgens jou nie 'n wit regering gehad het nie.
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61472 is 'n antwoord op boodskap #61424] Vr, 03 Mei 2002 08:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina: 'n hele klomp NP lede
> insluitende sommige in die sentrale regering was nie
> geneties van suiwer Europese oorsprong nie.

> Wouter
> Natuurlik was hulle nie. Ek glo ook nie ek is nie. Maar dit het presies niks te doen
> met die sogenaamde wit en swart rasse hier nie.
> Want hulle was gedefinieer. Volgens velkleur.

Gloudina
Bedoel jy die NP kompulsie om mense volgens ras te
klassifiseer het niks te doen met rasse-
suiwerheid nie, maar bloot uit 'n kompulsie
om mense te klassifiseer "volgens velkleur".

Wouter
Nee, wat ek bedoel het was baie duidelik. Voor jy die dele oor
wit, skitterwit, ens. weggeknip het. Ek bedoel jy praat strooi.

Gloudina
Eintlik stem jy saam met my.

Wouter
Nee. Want jy praat strooi
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61484 is 'n antwoord op boodskap #61470] Vr, 03 Mei 2002 13:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Behalwe dat kompulsie 'n Anglisisme is, is dit net by jou,
> ons beskryf bloot die vorige bewind met die woorde
> waarmee ons hom al die jare geken het, blank of wit.

Dit is presies waaroor dit gaan. In ons post-
moderne wêreld moet ons begin om na konstruksies
en denk-patrone te kyk en te vra hoekom? En een
van daardie vrae wat vrugbaar gevra kan word, is
hoekom mense (sekere mense, gewoonlik sekere
Afrikaners) so intens vashou aan die konsepte van
"wit regering" en "swart regering" terwyl die
eintlike praktiese situasie ver van daardie
werklikheid is. Waaraan klou hulle vas?
Terloops, 'n Anglisisme is gewoonlik nie 'n
enkele woord nie, maar 'n frase wat vertaal is
uit die Engelse manier van sê. Ek vra om
verskoning dat ek die woord "kompulsie" in hierdie
taal-sensitiewe forum gebruik, maar ek wed dat ek
die woord in baie Afrikaanse skrywerk sal kan
opspoor. Ek is amper seker die Sielkunde-prof of
Stellenbosch sal dit in sy klas gebruik.

Gloudina
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61494 is 'n antwoord op boodskap #61471] Vr, 03 Mei 2002 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nouja, daar het jy dit Dina. Hoe gaan jy uit hierdie een kom?

Wouter - skerp, skerp Wouter skryf:
Ek het bloot jou imbesiele opmerking uitgewys,
> dat ons volgens jou nie 'n wit regering gehad het nie.

HK
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61497 is 'n antwoord op boodskap #61484] Vr, 03 Mei 2002 14:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Kompulsief" en "kompulsiewe" is wel goeie Afikaanse woorde volgens my.
Maar "kompulsie" is vreemd vir my.

HK.

> Terloops, 'n Anglisisme is gewoonlik nie 'n
> enkele woord nie, maar 'n frase wat vertaal is
> uit die Engelse manier van sê. Ek vra om
> verskoning dat ek die woord "kompulsie" in hierdie
> taal-sensitiewe forum gebruik, maar ek wed dat ek
> die woord in baie Afrikaanse skrywerk sal kan
> opspoor. Ek is amper seker die Sielkunde-prof of
> Stellenbosch sal dit in sy klas gebruik.
>
> Gloudina
>
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61500 is 'n antwoord op boodskap #61446] Vr, 03 Mei 2002 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:


> Weet jy of iemand anders dalk of dit waar is dat Langenhoven en Samuel
> Clemens mekaar ontmoet of geken het en notas uitgeruil het?
> Iewers het ek so iets gelees, maar het dit moeilik geglo. Elkgeval..

Kan dit nie in die Kannemeyer-biografie opspoor
nie. Ek dink wel dat Mark Twain eenkeer SA besoek
het. Sal verder rondkyk.

Gloudina
Langenhoven [boodskap #61513 is 'n antwoord op boodskap #61500] Vr, 03 Mei 2002 18:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 03 May 2002 15:10:52 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Katryn wrote:
>
>
>> Weet jy of iemand anders dalk of dit waar is dat Langenhoven en Samuel
>> Clemens mekaar ontmoet of geken het en notas uitgeruil het?
>> Iewers het ek so iets gelees, maar het dit moeilik geglo. Elkgeval..
>
> Gldoudina:
> Kan dit nie in die Kannemeyer-biografie opspoor
> nie. Ek dink wel dat Mark Twain eenkeer SA besoek
> het. Sal verder rondkyk.

Dankie. Ek stel werklik belang. Het darem vanoggend toe onthou waar
ek die storie oorspronklik gelees het, en het probeer om die persoon
wat dit gesê het te kontak. Nog niks van hom gehoor nie, so sal maar
sien.
Re: Langenhoven [boodskap #61518 is 'n antwoord op boodskap #61513] Vr, 03 Mei 2002 22:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

> Dankie. Ek stel werklik belang. Het darem vanoggend toe onthou waar
> ek die storie oorspronklik gelees het, en het probeer om die persoon
> wat dit gesê het te kontak. Nog niks van hom gehoor nie, so sal maar
> sien.

Wel, ek sal ook baie geinteresseerd wees in
die feit van 'n moontlike ontmoeting tussen
Mark Twain en Langenhoven. Alhoewel daar geen
teken in sy biografie is dat dit wel gebeur het
nie, was die kanse egter baie gunstig. Hulle was
albei, sover ek kan uitmaak, in Transvaal in die
jaar 1896.
Langenhoven is in 1873 gebore (miskien in
Augustus) en was dus 'n jong man van 22 jaar oud
toe hy van Julie 1895 tot Maart 1896 op 'n plaas
Langlaagte in die distrik Heidelberg in 'n eenman-
skooltjie skoolgehou het. Hy is in Maart 1896 terug
na die Kaapkolonie.
Mark Twain het in April 1896 in Delagoa Baai aan
wal gestap en is Transvaal toe, waar hy "Oom Paul"
ontmoet het en met die "Jameson Raiders" gepraat het
wat toe in die tronk gesit het. Daarna was hy op 'n
kort besoek aan Kaapstad en het toe voortgevaar na
Engeland toe.
Langenhoven is dus jonk op hierdie stadium, en
sal alleen Mark Twain kon ontmoet as 'n bewonderaar,
liewer as 'n gelyke.

Gloudina
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61520 is 'n antwoord op boodskap #61406] Vr, 03 Mei 2002 22:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3cd151ea.0@news1.mweb.co.za...
> Gloudina
> As die nie-wittes daarop staan dat die vorige
> regering "wit" was, dan verwys hulle nie na velkleur nie.
>
> Wouter
> Niemand "staan" daarby nie. Almal weet en aanvaar dit.
> En ongelukkig verwys dit baie spesifiek na velkleur.
> Ons het dan juis wette gehad om rasgroepe te
> definieer. Volgens velkleur.

Is dit?

Hier is die (idiotiese) definisies, soos in die oorspronklike wetgewing
geformuleer:

"blanke" [beteken] iemand wat volgens voorkoms klaarblyklik 'n blanke is of
wat gewoonlik vir 'n blanke deurgaan, maar nie ook iemand wat, alhoewel hy
volgens voorkoms klaarblyklik 'n blanke is, gewoonlik vir 'n gekleurde
deurgaan nie.

"naturel" [beteken] iemand wat 'n lid van 'n inboorlingras of stam van
Afrika is of gewoonlik daarvoor deurgaan.

"gekleurde" [beteken] iemand wat nie 'n blanke of 'n naturel is nie.

(Aangehaal uit die Wet op Bevolkingsregistrasie van 1950.)

Swart Simon
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61535 is 'n antwoord op boodskap #61520] Sa, 04 Mei 2002 11:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Gloudina
> As die nie-wittes daarop staan dat die vorige
> regering "wit" was, dan verwys hulle nie na velkleur nie.

> Wouter
> Niemand "staan" daarby nie. Almal weet en aanvaar dit.
> En ongelukkig verwys dit baie spesifiek na velkleur.
> Ons het dan juis wette gehad om rasgroepe te
> definieer. Volgens velkleur.

SwartS : Is dit?

Hier is die (idiotiese) definisies, soos in die oorspronklike
wetgewing geformuleer:

Wouter
Ja, dis die definisies waarna ek verwys. My point exactly.
(Hulle is later uitgebrei, as ek reg onthou)

Hoe anders sou jy volgens velkleur kon klassifiseer? Om bv.
pigment te meet sou meer idioties gewees het. Ek het nooit
gesê dit was reg of slim nie, bloot dat dit so was. Dis tog 'n
feit soos 'n koei.
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61547 is 'n antwoord op boodskap #61535] Sa, 04 Mei 2002 18:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Hoe anders sou jy volgens velkleur kon klassifiseer? Om bv.
> pigment te meet sou meer idioties gewees het. Ek het nooit
> gesê dit was reg of slim nie, bloot dat dit so was. Dis tog 'n
> feit soos 'n koei.

Maar die punt is, Wouter, dat Simon uitwys hoe
idioties die hele besigheid was. Die klassifikasie
was juis NIE volgens velkleur nie. Daar het baie
donkerder Afrikaners, geklassifiseer as wit, rond-
geloop, en daar het baie amper spierwit "kleurlinge"
rondgeloop as "bruin," bloot omdat hulle vantevore
as "kleurlinge" beskou is. Mense soos Verwoerd het
gedink hy skep 'n rasse-skeiding, maar die werklikheid
in die straat was 'n idiotiese mengelmoes, wat uiteindelik
mag oor lewe en dood in die hande van klein ou mannetjies
agter toonbankies gegee het ( gewoonlik Afrikaans-sprekend
ongelukkig.) Velkleur was nie die deurslaggewende faktor
in die sortering van die bevolking nie. Die opinie van
"wit" ou omietjies, sommige van hulle ook maar nog taamlik
bruin, duidelik met 'n klap van Khoi bloed weg, was die
deurslaggewende faktor. En dis so dat SA toe, volgens jou
opinie, voorheen 'n "wit regering" gekry het. Dit het niks
te doen gehad per se met velkleur nie. Dit het te doen gehad
met die persepsies van "wit" ou ometjies. Uiteindelik, toe die
belaglike toestand duidelik geword het selfs vir die man in
die straat, toe het P.W. Botha die regte kleure gewys. Toe
het dit duidelik geword dat dit 'n power play is, gemik
daarop om die mag te hou in die hande van die NP party, sodat
hulle veertigjarige diktatorskap nie tot 'n einde sou kom
nie. Die kleurkaart was maar net 'n vroeëre poging vir
dieselfde doel. So moenie van die vorige "wit regering" praat
nie. Praat van die vorige diktatorskap, wat herkoms, soos
Hitler, as 'n troefkaart probeer gebruik het. Baie van die
leiers van hierdie diktatorskap het taamlike bruin velle gehad.
Nes Hitler Joodse bloed gehad het.

Gloudina
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61560 is 'n antwoord op boodskap #61547] So, 05 Mei 2002 22:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 04 May 2002 18:22:06 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>> Hoe anders sou jy volgens velkleur kon klassifiseer? Om bv.
>> pigment te meet sou meer idioties gewees het. Ek het nooit
>> gesê dit was reg of slim nie, bloot dat dit so was. Dis tog 'n
>> feit soos 'n koei.

> Gloudina:
> ongelukkig.) Velkleur was nie die deurslaggewende faktor
> in die sortering van die bevolking nie.

Ja, blykbaar was daar ook ander "toetse", en een daarvan was of jy
"eish" of "eina" gesê het as hulle jou met 'n speld steek. (Dis seker
nou in die gevalle van die donkerder bruin velkleure - dan moes hulle
seker verdere elliminerings prosesse uitdink)
Vra vir Steve Hayes - dis hy wat dit gesê het op SCSA so ruk gelede.
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61638 is 'n antwoord op boodskap #61440] Di, 07 Mei 2002 09:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Haai, ek is nuut.

Dié ou vrou het Apartheid op haar brein. Dis al waaroor sy kan tjommel. Sy
skep die indruk dat sy intellektueel/polities erens vasgesteek het - op 'n
ander planeet, en glad nie begrip/insig in die omvang van die moderne
Suid-Afrika het nie. Haar aannames is oudmodies en misplaas. Tragies. Ek sou
nie tyd op haar mors nie. Maar nouja, oumense met nostalgie kan nogal
opdringerig raak. Geduld en deernis - hanteer haar maar sê.

Ek het die string tot hier gelees, en ek is klaar naar. Ek hoop die res van
die nuusgroepplasings sal meer oplewer as Gloudina retoriek uit 'n voirge
eeu. Terloops, die ou bynaampies wat sy haarself gee - foeitog.

Julle is almal wonderlik om haar so hoflik te hanteer. Dit beïndruk.

> DD wrote:
>
>
>> Dan, na aanleiding van jou eie woorde Gloudina, skuld jy my 'n
>> masiewe apologie. [knip]

Gloudina:
> Toemaar, du Plessis, jy moet maar liewer
> stilbly oor jou keffertjie, die HNP. Wat
> se hond haaraf het dit gemaak?
>
> Tant Hessie Rotweiler.
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61641 is 'n antwoord op boodskap #61638] Di, 07 Mei 2002 09:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hierts Rosie!! Die dorings wys:)))
Ons moet gaaf wees met die aantie - sy is verskriklik oud, en as sy een van
die dae afklop, moet sy vir ons gaan voorbrand maak:)))
Annette

"Rosie" skryf in boodskap news:ab864i$m2$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Haai, ek is nuut.
>
> Dié ou vrou het Apartheid op haar brein. Dis al waaroor sy kan tjommel. Sy
> skep die indruk dat sy intellektueel/polities erens vasgesteek het - op 'n
> ander planeet, en glad nie begrip/insig in die omvang van die moderne
> Suid-Afrika het nie. Haar aannames is oudmodies en misplaas. Tragies. Ek sou
> nie tyd op haar mors nie. Maar nouja, oumense met nostalgie kan nogal
> opdringerig raak. Geduld en deernis - hanteer haar maar sê.
>
> Ek het die string tot hier gelees, en ek is klaar naar. Ek hoop die res van
> die nuusgroepplasings sal meer oplewer as Gloudina retoriek uit 'n voirge
> eeu. Terloops, die ou bynaampies wat sy haarself gee - foeitog.
>
> Julle is almal wonderlik om haar so hoflik te hanteer. Dit beïndruk.
>
>> DD wrote:
>>
>>
>>> Dan, na aanleiding van jou eie woorde Gloudina, skuld jy my 'n
>>> masiewe apologie. [knip]
>
> Gloudina:
>> Toemaar, du Plessis, jy moet maar liewer
>> stilbly oor jou keffertjie, die HNP. Wat
>> se hond haaraf het dit gemaak?
>>
>> Tant Hessie Rotweiler.
>
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61652 is 'n antwoord op boodskap #61638] Di, 07 Mei 2002 13:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Rosie wrote:

> Haai, ek is nuut.

> Tragies. Ek sou
> nie tyd op haar mors nie.

> Ek het die string tot hier gelees, en ek is klaar naar.
Terloops, die ou bynaampies wat sy haarself gee - foeitog.

Foeitog. Nog 'n ou goggatjie wat in Tannie
se web gevang is. Wat se ou insektetjie is
dit hierdie keer - 'n brommer of 'n stinkgogga?

Tant Hessie van die Derde Republiek
Re: longontsteking [boodskap #61666 is 'n antwoord op boodskap #61324] Di, 07 Mei 2002 17:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
my vrou is afdelingshoof van 2 tehuise vir bejaardes in my dorp.
die maskers word nie van een na 'n ander pasient oorgedra nie :-(
~~~~~~~~~~~~~~
"*Sterrenkijker*"
> te kry. Ek weet nie hoe dit kom nie maar miskien gaan die mikrobetjies
> wat in jou longe leef deur die bestendige aanvoer van suurstof hulle
> eie 'n bietjie harder ontwikkel.
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61697 is 'n antwoord op boodskap #61641] Wo, 08 Mei 2002 06:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Anette: Ek sal liewers nie op daai vertroue probeer bou dat G in K
"voorbrand" kan maak nie...

Thys oppie Bos (Ek weet aan Wie ek my toevertrou het!)

"Annette" skryf in boodskap news:ab87bu$g1b0p$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Hierts Rosie!! Die dorings wys:)))
> Ons moet gaaf wees met die aantie - sy is verskriklik oud, en as sy een van
> die dae afklop, moet sy vir ons gaan voorbrand maak:)))
> Annette
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61701 is 'n antwoord op boodskap #61697] Wo, 08 Mei 2002 06:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat probeer jy vir my sê? Dat sy nog steeds 'n engeltjie gaan word ten spyte
van al die nonsens wat sy hier veroorsaak?:)))
Annette

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:abagfq$17ji$1@news.adamastor.ac.za...
> Anette: Ek sal liewers nie op daai vertroue probeer bou dat G in K
> "voorbrand" kan maak nie...
>
> Thys oppie Bos (Ek weet aan Wie ek my toevertrou het!)
> "Annette" wrote in message
> news:ab87bu$g1b0p$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Hierts Rosie!! Die dorings wys:)))
>> Ons moet gaaf wees met die aantie - sy is verskriklik oud, en as sy een
> van
>> die dae afklop, moet sy vir ons gaan voorbrand maak:)))
>> Annette
>
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61706 is 'n antwoord op boodskap #61697] Wo, 08 Mei 2002 11:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

> Anette: Ek sal liewers nie op daai vertroue probeer bou dat G in K
> "voorbrand" kan maak nie...
>
> Thys oppie Bos (Ek weet aan Wie ek my toevertrou het!)

Ai, ou Thysie, net soos ek moed kry dat
jou siel tog gered is, dan kom hierdie
ou apartheidschristelike opmerkingtjies
weer tevore, en hulle klink so snipperig
en, ja, selfs hovaardig. Salig, Thys, is
die nederiges van hart, want aan hulle
behoort, want aan hulle behoort die
koninkryk.

Tant Hessie van Jenin
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61716 is 'n antwoord op boodskap #61701] Wo, 08 Mei 2002 14:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Miskien nie Annette! Maar daar's nog hoop. Dis nou te sê as sy nie voor
die tyd brand nie...

Thys

"Annette" skryf in boodskap news:abahra$gso3c$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Wat probeer jy vir my sê? Dat sy nog steeds 'n engeltjie gaan word ten spyte
> van al die nonsens wat sy hier veroorsaak?:)))
> Annette
>
>
> "Thys de Wet" wrote in message
> news:abagfq$17ji$1@news.adamastor.ac.za...
>> Anette: Ek sal liewers nie op daai vertroue probeer bou dat G in K
>> "voorbrand" kan maak nie...
>>
>> Thys oppie Bos (Ek weet aan Wie ek my toevertrou het!)
>> "Annette" wrote in message
>> news:ab87bu$g1b0p$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Hierts Rosie!! Die dorings wys:)))
>>> Ons moet gaaf wees met die aantie - sy is verskriklik oud, en as sy
een
>> van
>>> die dae afklop, moet sy vir ons gaan voorbrand maak:)))
>>> Annette
>>
>
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61726 is 'n antwoord op boodskap #61535] Wo, 08 Mei 2002 17:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink die Kleurlinge was OK toe ons hulle nog gemaak het - dit is vandat
hulle hulself maak dat hulle so baie moeilikheid gee.
G

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3cd3c448.0@news1.mweb.co.za...
>> Gloudina
>> As die nie-wittes daarop staan dat die vorige
>> regering "wit" was, dan verwys hulle nie na velkleur nie.
>
>> Wouter
>> Niemand "staan" daarby nie. Almal weet en aanvaar dit.
>> En ongelukkig verwys dit baie spesifiek na velkleur.
>> Ons het dan juis wette gehad om rasgroepe te
>> definieer. Volgens velkleur.
>
> SwartS : Is dit?
>
> Hier is die (idiotiese) definisies, soos in die oorspronklike
> wetgewing geformuleer:
>
> Wouter
> Ja, dis die definisies waarna ek verwys. My point exactly.
> (Hulle is later uitgebrei, as ek reg onthou)
>
> Hoe anders sou jy volgens velkleur kon klassifiseer? Om bv.
> pigment te meet sou meer idioties gewees het. Ek het nooit
> gesê dit was reg of slim nie, bloot dat dit so was. Dis tog 'n
> feit soos 'n koei.
>
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61738 is 'n antwoord op boodskap #61701] Wo, 08 Mei 2002 20:37 Na vorige boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek het nog nie sê ver gedink daaraan, Annette. Giegiegiegie..... maar kom
ons bly optimisties
Ek vermoed ons sal iemand anders moet vra vir voorbrand. ;-)

Annette:
Wat probeer jy vir my sê? Dat sy nog steeds 'n engeltjie gaan word ten
spyte
> van al die nonsens wat sy hier veroorsaak?:)))
> Annette

"Thys de Wet" wrote in message
>> Anette: Ek sal liewers nie op daai vertroue probeer bou dat G in K
>> "voorbrand" kan maak nie...

Thys oppie Bos (Ek weet aan Wie ek my toevertrou het!)
Hierts Rosie!! Die dorings wys:)))
Ons moet gaaf wees met die aantie - sy is verskriklik oud, en as sy een van
die dae afklop, moet sy vir ons gaan voorbrand maak:)))
Annette
Vorige onderwerp: Herfstyd Innie Kaap
Volgende onderwerp: Waar is Tafelberg?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 09:56:04 MGT 2024