Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaans, ens.
Afrikaans, ens. [boodskap #6128] Wo, 03 April 1996 00:00
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Hallo, mense. Ek wil nie te graag die waarvandaan en die waarheen
bespreek nie, maar wou tog die aandag vestig op 'n vrou wat baie [veel -
BB] oor hierdie sake weet: Edith Raidt, by wie ek die voorreg gehad het
om klasse te loop, en wat seker die mees bekwame en beslis die gretigste
Afrikaanse taalhistorikus (-historika?) is wat ek ken:

Kyk gerus na haar

HISTORIESE TAALKUNDE: STUDIES OOR DIE GESKIEDENIS VAN
AFRIKAANS, University of the Witwatersrand Press, 1994.

Ook:
EINFUEHRUNG IN GESCHICHTE UND STRUKTUR DES AFRIKAANS,
Wissenschaftliche Buchgesellschaft, Darmstadt, 1983.

Interessantheidshalwe blyk daar meer vertaalde Afrikaanse letterkunde as
vertaalde Nederlandse letterkunde in die Bodleian biblioteek te wees. Die
Engelse was maar altyd lief vir 'n huts-kluts.

(Dit was nogal oorbluffend om Afrikaanse regsboeke in die Bodleian
regsbiblioteek te"e te kom - onvertaald. 'n Sisteemskokkie.)

Baai
Frank
Vorige onderwerp: Belediging van de taal
Volgende onderwerp: Re: Ik ben een Afrikaander
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 12:08:29 MGT 2024