Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Steve Tshwete
Steve Tshwete [boodskap #61128] Sa, 27 April 2002 08:04 na volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Minister van Veiligheid en Sekuriteit, Steve Tshwete, is oorlede nadat hy op
9 April met rugpyn in die hospitaal opgeneem is. Hy gaan `n staatsbegrafnis
kry.
Re: Steve Tshwete [boodskap #61129 is 'n antwoord op boodskap #61128] Sa, 27 April 2002 08:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Johan - dis die eerste keer dat ek die nuus hoor.
Ek is natuurlik nie ten gunste van 'n staatsbegrafnis nie - maar as die Prez
se pa een kan kry, kan Steve natuurlik ook een kry.
Ek wonder net of ons ooit die regte oorsaak van sy dood sal hoor - tot nou
toe weet ek van geen persoon wat slegs van rugpyn dood is nie.
Annette

johanls skryf in boodskap news:3ccad9a1_3@batman.vip-za.com...
> Minister van Veiligheid en Sekuriteit, Steve Tshwete, is oorlede nadat hy op
> 9 April met rugpyn in die hospitaal opgeneem is. Hy gaan `n staatsbegrafnis
> kry.
>
Re: Steve Tshwete [boodskap #61144 is 'n antwoord op boodskap #61129] Sa, 27 April 2002 11:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
USPAUL  is tans af-lyn  USPAUL
Boodskappe: 27
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
Hierdie storie maak my baie bekommerd want vanoggend het ek ook met rug-pyn
wakker geword.

Maar miskien was Steve se geval 'n aidsondering.

"Annette" skryf in boodskap news:aadmff$a1clo$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Dankie Johan - dis die eerste keer dat ek die nuus hoor.
> Ek is natuurlik nie ten gunste van 'n staatsbegrafnis nie - maar as die Prez
> se pa een kan kry, kan Steve natuurlik ook een kry.
> Ek wonder net of ons ooit die regte oorsaak van sy dood sal hoor - tot nou
> toe weet ek van geen persoon wat slegs van rugpyn dood is nie.
> Annette
>
Re: Steve Tshwete [boodskap #61148 is 'n antwoord op boodskap #61144] Sa, 27 April 2002 11:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))))) Nee wat - ek dink dit nou net pure gewoonte om nie de regte rede te
gee nie - dis miskien 'n etniese ding;))

Wat jou rugpyn betref - werk jy by die Spoorwe�?:))
Annette

USPAUL skryf in boodskap news:YGvy8.72804$tt4.4197045@e3500-atl2.usenetserver.com...
> Hierdie storie maak my baie bekommerd want vanoggend het ek ook met rug-pyn
> wakker geword.
>
> Maar miskien was Steve se geval 'n aidsondering.
>
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:aadmff$a1clo$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Dankie Johan - dis die eerste keer dat ek die nuus hoor.
>> Ek is natuurlik nie ten gunste van 'n staatsbegrafnis nie - maar as die
> Prez
>> se pa een kan kry, kan Steve natuurlik ook een kry.
>> Ek wonder net of ons ooit die regte oorsaak van sy dood sal hoor - tot nou
>> toe weet ek van geen persoon wat slegs van rugpyn dood is nie.
>> Annette
>>
>
Re: Steve Tshwete [boodskap #61184 is 'n antwoord op boodskap #61144] Sa, 27 April 2002 21:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"USPAUL"
---knip---
> Maar miskien was Steve se geval 'n aidsondering.
~~~~~~~~~~~
skerp...... baie skerp ..... het weer in die messegoed laai
geslaap :-)
Re: Steve Tshwete [boodskap #61192 is 'n antwoord op boodskap #61184] So, 28 April 2002 00:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel, ek hoor toe gisteraand dat nadat Steve in die hospitaal opgeneem is vir
rugpyn, hy 'n week gelede daar in die hospitaal longontsteking opgedoen het
, wat sy dood tot gevolg gehad het.
Gevaarlike hospitaal daai - gewoonlik gaan mens hospitaal toe om vir
longontsteking behandel te word, nie om dit daar te kry nie.
Annette

Tobie skryf in boodskap news:aaf446$r4t$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> "USPAUL"
> ---knip---
>> Maar miskien was Steve se geval 'n aidsondering.
> ~~~~~~~~~~~
> skerp...... baie skerp ..... het weer in die messegoed laai
> geslaap :-)
>
Re: Steve Tshwete [boodskap #61201 is 'n antwoord op boodskap #61192] So, 28 April 2002 05:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Beter bekend as "stilsiekte" - niemand mag daaroor praat nie...

"Annette" skryf in boodskap news:aafgvi$aaeqa$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Wel, ek hoor toe gisteraand dat nadat Steve in die hospitaal opgeneem is vir
> rugpyn, hy 'n week gelede daar in die hospitaal longontsteking opgedoen het
> , wat sy dood tot gevolg gehad het.
> Gevaarlike hospitaal daai - gewoonlik gaan mens hospitaal toe om vir
> longontsteking behandel te word, nie om dit daar te kry nie.
> Annette
>
>
> Tobie wrote in message
> news:aaf446$r4t$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>> "USPAUL"
>> ---knip---
>>> Maar miskien was Steve se geval 'n aidsondering.
>> ~~~~~~~~~~~
>> skerp...... baie skerp ..... het weer in die messegoed laai
>> geslaap :-)
>>
>
Re: Steve Tshwete [boodskap #61202 is 'n antwoord op boodskap #61201] So, 28 April 2002 05:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Johan:
Ek hoor dit is glo Vigsskriklik aansteeklik.

Jonas skryf in boodskap news:aag13i$36k$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Beter bekend as "stilsiekte" - niemand mag daaroor praat nie...
>
>>>> Maar miskien was Steve se geval 'n aidsondering.
>>> ~~~~~~~~~~~
>>> skerp...... baie skerp ..... het weer in die messegoed laai
>>> geslaap :-)
>>>
>>
>
Re: Steve Tshwete [boodskap #61204 is 'n antwoord op boodskap #61201] So, 28 April 2002 05:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Janee - ek het nou alweer die naam vergeet, sal later die dag weer bykom -
maar ek lees nou die dag dat die vorige Presidensiële woordvoerder - wat die
frase - The President refuse to discuss anything that will discredit him -
of iets in dier voege - het eintlik gesterf omdat hy te veel AZT gebruik
het - en glad nie volgens die voorgeskrewe dosisse nie - Dit het veroorsaak
dat sy organe soveel gouer ingegee het , en hy toe so "skielik" aan 'n
"onbekende" siekte dood is.
Annette

Jonas skryf in boodskap news:aag13i$36k$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Beter bekend as "stilsiekte" - niemand mag daaroor praat nie...
> "Annette" wrote in message
> news:aafgvi$aaeqa$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Wel, ek hoor toe gisteraand dat nadat Steve in die hospitaal opgeneem is
> vir
>> rugpyn, hy 'n week gelede daar in die hospitaal longontsteking opgedoen
> het
>> , wat sy dood tot gevolg gehad het.
>> Gevaarlike hospitaal daai - gewoonlik gaan mens hospitaal toe om vir
>> longontsteking behandel te word, nie om dit daar te kry nie.
>> Annette
>>
>>
>> Tobie wrote in message
>> news:aaf446$r4t$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>>> "USPAUL"
>>> ---knip---
>>>> Maar miskien was Steve se geval 'n aidsondering.
>>> ~~~~~~~~~~~
>>> skerp...... baie skerp ..... het weer in die messegoed laai
>>> geslaap :-)
>>>
>>
>
Re: Steve Tshwete [boodskap #61208 is 'n antwoord op boodskap #61202] So, 28 April 2002 06:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons hoef ook nou nie meer te onthou van sy belofte dat die hy die
bomplanters hier in die Kaap binne twee weke sou aidsorteer nie en ook nie
dat ons oor en oor vigseker is dat die kriminele probleem so gou as moontlik
opgelos gaan word nie.
Dan praat ons nie eers hoe 'n goeie Minister van Sport(s?) hy was nie.
Annette

johanls skryf in boodskap news:3ccc06c0_1@batman.vip-za.com...
> Johan:
> Ek hoor dit is glo Vigsskriklik aansteeklik.
>
> Jonas wrote in message
> news:aag13i$36k$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Beter bekend as "stilsiekte" - niemand mag daaroor praat nie...
>>
>>>> > Maar miskien was Steve se geval 'n aidsondering.
>>>> ~~~~~~~~~~~
>>>> skerp...... baie skerp ..... het weer in die messegoed laai
>>>> geslaap :-)
>>>>
>>>
>>
>
Re: Steve Tshwete [boodskap #61215 is 'n antwoord op boodskap #61204] So, 28 April 2002 10:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die staatsbegrafnis-deel pla my.

Die reëlings sal op 'n permanente grondslag in plek moet bly ...

O ja, gehoor van die ou wat tot aan die einde vigs en gesond was?

"Annette" skryf in boodskap news:aag22a$a79bn$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Janee - ek het nou alweer die naam vergeet, sal later die dag weer bykom -
> maar ek lees nou die dag dat die vorige Presidensiële woordvoerder - wat die
> frase - The President refuse to discuss anything that will discredit him -
> of iets in dier voege - het eintlik gesterf omdat hy te veel AZT gebruik
> het - en glad nie volgens die voorgeskrewe dosisse nie - Dit het veroorsaak
> dat sy organe soveel gouer ingegee het , en hy toe so "skielik" aan 'n
> "onbekende" siekte dood is.
> Annette
>
>
> Jonas wrote in message
> news:aag13i$36k$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Beter bekend as "stilsiekte" - niemand mag daaroor praat nie...
>> "Annette" wrote in message
>> news:aafgvi$aaeqa$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Wel, ek hoor toe gisteraand dat nadat Steve in die hospitaal opgeneem
is
>> vir
>>> rugpyn, hy 'n week gelede daar in die hospitaal longontsteking
opgedoen
>> het
>>> , wat sy dood tot gevolg gehad het.
>>> Gevaarlike hospitaal daai - gewoonlik gaan mens hospitaal toe om vir
>>> longontsteking behandel te word, nie om dit daar te kry nie.
>>> Annette
>>>
>>>
>>> Tobie wrote in message
>>> news:aaf446$r4t$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>>>> "USPAUL"
>>>> ---knip---
>>>> > Maar miskien was Steve se geval 'n aidsondering.
>>>> ~~~~~~~~~~~
>>>> skerp...... baie skerp ..... het weer in die messegoed laai
>>>> geslaap :-)
>>>>
>>>
>>
>
Re: Steve Tshwete [boodskap #61222 is 'n antwoord op boodskap #61128] So, 28 April 2002 13:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
david  is tans af-lyn  david
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
nie groot skade nie
Re: Steve Tshwete [boodskap #61226 is 'n antwoord op boodskap #61222] So, 28 April 2002 14:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat bedoel jy? Natuurlik is dit groot skade - nou het ons nie meer 'n hip
minister wat met donkerbrilletjies rondloop nie;))
Annette

david skryf in boodskap news:aagtjt$geg$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> nie groot skade nie
>
Re: Steve Tshwete [boodskap #61239 is 'n antwoord op boodskap #61202] So, 28 April 2002 19:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
nie geweet jy 'bgei' nie Johan :-)
~~~~~~~~~~
Johan:
> Ek hoor dit is glo Vigsskriklik aansteeklik.
Re: Steve Tshwete [boodskap #61243 is 'n antwoord op boodskap #61239] So, 28 April 2002 20:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Tobie wrote:

> nie geweet jy 'bgei' nie Johan :-)
> ~~~~~~~~~~
> Johan:
>
>> Ek hoor dit is glo Vigsskriklik aansteeklik.

Hier het ons natuurlik weer 'n ander onlangse
Afrikaner-industrie : om te spot met vigs en
te maak of dit net swart mense is wat dit kry.
Dié industrie word nou net so populêr as die
ek-was-nie-verantwoordelik-vir-die-misdade-
van-apartheid-nie en ek-het-altyd-so-suksesvol-
en-intiem-met-my-swart-en-bruin-en-indiese-
broeders-omgegaan-gedurende-apartheid industrie.
Ondertussen word dit duidelik dat persentasie-
gewys daar net soveel vigs-dode onder blankes is
as onder die res van die bevolking. Ek kyk na 'n
TV program 'n rukkie gelede waar 'n vrou, mat 'n
breë Afrikaneraksent, vertel van haar vigs, hoe sy
dit gekry het "omdat haar man dit huis toe gebring
het". En met die openlike hoë persentasie van gay
mans onder die Afrikaners, is mense wat aan Vigs
doodgaan seker ook nie so onbekend nie. Of praat
julle eerlike Afrikaners maar net nie daaroor nie?

Gloudina
Re: Steve Tshwete [boodskap #61247 is 'n antwoord op boodskap #61243] So, 28 April 2002 23:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy dwaal alweer aantie - ons almal weet almal kan vigs kry. Ons het vir geen
oomblik Mbeki en die ANC se stories geglo wat sedert verlede week baie
gerieflik eensklaps omgeswaai het nie.
Maar om een of ander donker rede kan Ons Regering nog nie dit oor hul hart
kry om te sê iemand wat in die ANC kringe hoë aansien geniet het, is daaraan
dood nie.
Dit is waaroor die spottery gaan.

Terloops - die wyse en rede waarop Tswete oorlede is, raak al hoe meer
eienaardig. Dit volgens die koerante vandag:
Drie weke gelede het hy 'n vreeslike pyn in sy boud gekry - en hy is
ge-opereer vir 'n vasgeknypte senuwee.
Toe, omdat hy nie sy bene na die operasie kon beweeg nie, het sy niere begin
ingee, en het vog in die longe begin opbou.
Toe ontwikkel hy longontsteking, en die vog word van sy longe afgetap, en hy
word op 'n nier-dialise masjien gesit omdat sy niere heeltemal ingegee het.
En toe gee al sy organe skielik in en hy sterf.
Maak maar self uit wat jy van dit dink .
Moet net nie vir ons ook vertel dit was van longontsteking wat hy gesterf
het nie.

Annette

skryf in boodskap news:3CCC59CB.3000407@rogers.com...
>
> Tobie wrote:
>
>> nie geweet jy 'bgei' nie Johan :-)
>> ~~~~~~~~~~
>> Johan:
>>
>>> Ek hoor dit is glo Vigsskriklik aansteeklik.
>
>
>
> Hier het ons natuurlik weer 'n ander onlangse
> Afrikaner-industrie : om te spot met vigs en
> te maak of dit net swart mense is wat dit kry.
> Dié industrie word nou net so populêr as die
> ek-was-nie-verantwoordelik-vir-die-misdade-
> van-apartheid-nie en ek-het-altyd-so-suksesvol-
> en-intiem-met-my-swart-en-bruin-en-indiese-
> broeders-omgegaan-gedurende-apartheid industrie.
> Ondertussen word dit duidelik dat persentasie-
> gewys daar net soveel vigs-dode onder blankes is
> as onder die res van die bevolking. Ek kyk na 'n
> TV program 'n rukkie gelede waar 'n vrou, mat 'n
> breë Afrikaneraksent, vertel van haar vigs, hoe sy
> dit gekry het "omdat haar man dit huis toe gebring
> het". En met die openlike hoë persentasie van gay
> mans onder die Afrikaners, is mense wat aan Vigs
> doodgaan seker ook nie so onbekend nie. Of praat
> julle eerlike Afrikaners maar net nie daaroor nie?
>
> Gloudina
>
Re: Steve Tshwete [boodskap #61257 is 'n antwoord op boodskap #61128] Ma, 29 April 2002 06:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"johanls" skryf in boodskap news:3ccad9a1_3@batman.vip-za.com...
> Minister van Veiligheid en Sekuriteit, Steve Tshwete, is oorlede nadat hy op
> 9 April met rugpyn in die hospitaal opgeneem is.

Daai rugpyn moes vreeslik laag in die rug gewees het.
Re: Steve Tshwete [boodskap #61258 is 'n antwoord op boodskap #61257] Ma, 29 April 2002 06:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:)))) Wel hulle praat van 'n vreeslike pyn in die boud:)))
Miskien bietjie links van die kol, maar amper daar:))
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3ccce8f4$0$225@hades.is.co.za...
>
> "johanls" wrote in message
> news:3ccad9a1_3@batman.vip-za.com...
>> Minister van Veiligheid en Sekuriteit, Steve Tshwete, is oorlede nadat
hy
> op
>> 9 April met rugpyn in die hospitaal opgeneem is.
>
>
> Daai rugpyn moes vreeslik laag in die rug gewees het.
>
Re: Steve Tshwete [boodskap #61264 is 'n antwoord op boodskap #61243] Ma, 29 April 2002 07:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Nee Antie, ons praat wel daaroor maar veralgemeen darem nie soos jy nie.
Wie het nou enigsins tydens hierdie gesprek gestel of selfs net geïmpliseer
dat slegs swartes Vigs kry.
Ons is weet maar al te goed dat daar ook sulke skuim onder blankes is, wat
nie Christelike waardes het nie. Om maar net `n voorbeeld te noem: Ons
Universiteitskoshuise het blykbaar in die geskiedenis deelgeneem aan `n
bloedskenkingskompetisie Die bloedoortappingsdienste het dan op dieselfde
dag na al die koshuise gekom en gekyk wie gee die meeste eenhede. Skielik
het hulle besluit om hierdie jaar nie te kom nie. By navraag het hulle gesê
dat dit nie meer die moeite werd is nie, want 57% (ja dit is reg 57%) van
die bloed wat hulle die laaste drie keer gekry het was MIV-positief. En
laat ek maar vir jou vertel, ons swart kamermaats laat nie `n naald in hulle
steek om bloed te skenk nie. Die oorgrote meerderheid skenkers was dus
blankes. Ons HK het ondersoek gedoen en gevind dit is die manier gewees
waarop studente wou uitvind of hulle MIV-positief is al dan nie. So moenie
kom beledigings gooi oor iets wat jy dink ons dink nie.

Gloudina:
> Hier het ons natuurlik weer 'n ander onlangse
> Afrikaner-industrie : om te spot met vigs en
> te maak of dit net swart mense is wat dit kry......
Of praat julle eerlike Afrikaners maar net nie daaroor nie?

Johan:
Hier is weereens `n veralgemening. Dit is darem nie reg om dit wat jy van
anders mense en hulle ervarings verneem het as populêre industrie te beskryf
nie. Daar was wel `n groepie individue wat so gepraat het, maar dit was
beperk tot die tydperk direk net na 1994 en het ook meer algemeen voorgekom
onder NNP-ondersteuners in die ou Kaapprovinsie.
Agt jaar later het die pendulum egter na die ander uiterste toe geswaai.
Nou kry jy nie meer een van die varke wat vir hierdie veranderinge gestem
het nie! Ewe skielik is meeste Afrikaners deel van die 800 000 mense wat in
die 1993 referendum "Nee" gestem het.
Nie dat ek hulle ondersteun nie, maar ek wou net daarop wys dat jou
argumente jou onkunde rakende dit wat huidiglik in die Afrikanergeledere
gebeur uitwys.

Gloudina:
> Dié industrie word nou net so populêr as die
> ek-was-nie-verantwoordelik-vir-die-misdade-
> van-apartheid-nie en ek-het-altyd-so-suksesvol-
> en-intiem-met-my-swart-en-bruin-en-indiese-
> broeders-omgegaan-gedurende-apartheid industrie.

Johan:
Daar is tog ook diegene wat nie vir apartheid verantwoordelik was nie. Ek
is deel van daardie groep. Ons het nooit geleentheid gehad om vir of teen
apartheid te stem nie, maar ons word vandag benadeel oor dit wat julle as
vorige geslag gedoen het en nou sit julle in die buiteland met julle monde
vol twak oor ons toekoms wat rooskleurig is. Verlede jaar se top 3
matrikulante het nie een `n beurs kon kry nie, omdat hulle blank en voorheen
bevoordeeldes is; Maar ons was almal in gemengde skole. Ons het presies
dieselfde geleenthede gehad as ons swart klasmaats wat wel die beurse gekry
het.
So asseblief, as jy weer skryf moenie ons almal onder dieselfde
(beledigende) kam skeer nie. As jy nie seker is van jou feite oor wat ons
dink of doen nie, VRA.
Skuus as ek dalk kras oorkom, maar ek pes dit dat almal onder die genoemde
twee groepe gereken word terwyl dit glad nie die ware feite verteenwoordig
nie.
Re: Steve Tshwete [boodskap #61266 is 'n antwoord op boodskap #61264] Ma, 29 April 2002 08:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Johan, die 57% is nogal vreeslik hoor? Ver bo die gemiddeld van die land -
maar dit is soos jy meld, 'n klomp gesondes het seker nie gaan skenk nie, so
daardie gemiddeld is bietjie inflasionisties?
Elk geval - dit laat my dink aan my onsuksesvolle pogings om bloed te skenk
vir die eer van my koshuis - hulle kon nie 'n vlak genoeg aar kry nie, en
daar het net 'n paar rooierige borrels deur die pypie beweeg:))
Ek is 'n diep mens:))))
Annette

johanls skryf in boodskap news:3ccd7a82_1@batman.vip-za.com...
> Nee Antie, ons praat wel daaroor maar veralgemeen darem nie soos jy nie.
> Wie het nou enigsins tydens hierdie gesprek gestel of selfs net geïmpliseer
> dat slegs swartes Vigs kry.
> Ons is weet maar al te goed dat daar ook sulke skuim onder blankes is, wat
> nie Christelike waardes het nie. Om maar net `n voorbeeld te noem: Ons
> Universiteitskoshuise het blykbaar in die geskiedenis deelgeneem aan `n
> bloedskenkingskompetisie Die bloedoortappingsdienste het dan op dieselfde
> dag na al die koshuise gekom en gekyk wie gee die meeste eenhede. Skielik
> het hulle besluit om hierdie jaar nie te kom nie. By navraag het hulle gesê
> dat dit nie meer die moeite werd is nie, want 57% (ja dit is reg 57%) van
> die bloed wat hulle die laaste drie keer gekry het was MIV-positief. En
> laat ek maar vir jou vertel, ons swart kamermaats laat nie `n naald in hulle
> steek om bloed te skenk nie. Die oorgrote meerderheid skenkers was dus
> blankes. Ons HK het ondersoek gedoen en gevind dit is die manier gewees
> waarop studente wou uitvind of hulle MIV-positief is al dan nie. So moenie
> kom beledigings gooi oor iets wat jy dink ons dink nie.
>
> Gloudina:
>> Hier het ons natuurlik weer 'n ander onlangse
>> Afrikaner-industrie : om te spot met vigs en
>> te maak of dit net swart mense is wat dit kry......
> Of praat julle eerlike Afrikaners maar net nie daaroor nie?
>
> Johan:
> Hier is weereens `n veralgemening. Dit is darem nie reg om dit wat jy van
> anders mense en hulle ervarings verneem het as populêre industrie te beskryf
> nie. Daar was wel `n groepie individue wat so gepraat het, maar dit was
> beperk tot die tydperk direk net na 1994 en het ook meer algemeen voorgekom
> onder NNP-ondersteuners in die ou Kaapprovinsie.
> Agt jaar later het die pendulum egter na die ander uiterste toe geswaai.
> Nou kry jy nie meer een van die varke wat vir hierdie veranderinge gestem
> het nie! Ewe skielik is meeste Afrikaners deel van die 800 000 mense wat in
> die 1993 referendum "Nee" gestem het.
> Nie dat ek hulle ondersteun nie, maar ek wou net daarop wys dat jou
> argumente jou onkunde rakende dit wat huidiglik in die Afrikanergeledere
> gebeur uitwys.
>
> Gloudina:
>> Dié industrie word nou net so populêr as die
>> ek-was-nie-verantwoordelik-vir-die-misdade-
>> van-apartheid-nie en ek-het-altyd-so-suksesvol-
>> en-intiem-met-my-swart-en-bruin-en-indiese-
>> broeders-omgegaan-gedurende-apartheid industrie.
>
> Johan:
> Daar is tog ook diegene wat nie vir apartheid verantwoordelik was nie. Ek
> is deel van daardie groep. Ons het nooit geleentheid gehad om vir of teen
> apartheid te stem nie, maar ons word vandag benadeel oor dit wat julle as
> vorige geslag gedoen het en nou sit julle in die buiteland met julle monde
> vol twak oor ons toekoms wat rooskleurig is. Verlede jaar se top 3
> matrikulante het nie een `n beurs kon kry nie, omdat hulle blank en voorheen
> bevoordeeldes is; Maar ons was almal in gemengde skole. Ons het presies
> dieselfde geleenthede gehad as ons swart klasmaats wat wel die beurse gekry
> het.
> So asseblief, as jy weer skryf moenie ons almal onder dieselfde
> (beledigende) kam skeer nie. As jy nie seker is van jou feite oor wat ons
> dink of doen nie, VRA.
> Skuus as ek dalk kras oorkom, maar ek pes dit dat almal onder die genoemde
> twee groepe gereken word terwyl dit glad nie die ware feite verteenwoordig
> nie.
>
Re: Steve Tshwete [boodskap #61271 is 'n antwoord op boodskap #61264] Ma, 29 April 2002 12:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja, dit het ek ook al gedink, ja. Dis soos wat daardie Suidafrikaanse
vrou my ooit eens geskryf het oor die Afrikaners:"As jy by hulle op
besoek kom dan sal jy sien: op die tafel lê die bybel... Maar gaan nie
in die slaapkamer loer nie want onder hulle bed lê hulle seksboeke!"

~~Zie maaine vliegere, mee saaine steert.. Hij goat omhuuge, t'es
t'siene weert..~~ ( 'n oude Vlaamse liedjie in die Gentse dialek)

(Vertaling: ~~Sien na my vlieër, met se stert.. Hy gaan na omhoog,
om dit te sien dis dit werd..~~)

"johanls" schreef:
> Ons is weet maar al te goed dat daar ook sulke skuim onder blankes is, wat
> nie Christelike waardes het nie.
Re: Steve Tshwete [boodskap #61272 is 'n antwoord op boodskap #61128] Ma, 29 April 2002 12:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pwbotha[2]  is tans af-lyn  pwbotha[2]
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Jippie

"johanls" skryf in boodskap news:3ccad9a1_3@batman.vip-za.com...
> Minister van Veiligheid en Sekuriteit, Steve Tshwete, is oorlede nadat hy op
> 9 April met rugpyn in die hospitaal opgeneem is. Hy gaan `n staatsbegrafnis
> kry.
>
Re: Steve Tshwete [boodskap #61273 is 'n antwoord op boodskap #61243] Ma, 29 April 2002 12:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pwbotha[2]  is tans af-lyn  pwbotha[2]
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Ons almal het vigs. - Vreeslike inkomste-gebrek-sindroom

skryf in boodskap news:3CCC59CB.3000407@rogers.com...
>
> Tobie wrote:
>
>> nie geweet jy 'bgei' nie Johan :-)
>> ~~~~~~~~~~
>> Johan:
>>
>>> Ek hoor dit is glo Vigsskriklik aansteeklik.
>
>
>
> Hier het ons natuurlik weer 'n ander onlangse
> Afrikaner-industrie : om te spot met vigs en
> te maak of dit net swart mense is wat dit kry.
> Dié industrie word nou net so populêr as die
> ek-was-nie-verantwoordelik-vir-die-misdade-
> van-apartheid-nie en ek-het-altyd-so-suksesvol-
> en-intiem-met-my-swart-en-bruin-en-indiese-
> broeders-omgegaan-gedurende-apartheid industrie.
> Ondertussen word dit duidelik dat persentasie-
> gewys daar net soveel vigs-dode onder blankes is
> as onder die res van die bevolking. Ek kyk na 'n
> TV program 'n rukkie gelede waar 'n vrou, mat 'n
> breë Afrikaneraksent, vertel van haar vigs, hoe sy
> dit gekry het "omdat haar man dit huis toe gebring
> het". En met die openlike hoë persentasie van gay
> mans onder die Afrikaners, is mense wat aan Vigs
> doodgaan seker ook nie so onbekend nie. Of praat
> julle eerlike Afrikaners maar net nie daaroor nie?
>
> Gloudina
>
Re: Steve Tshwete [boodskap #61275 is 'n antwoord op boodskap #61266] Ma, 29 April 2002 15:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Elk geval - dit laat my dink aan my onsuksesvolle pogings om bloed te skenk
> vir die eer van my koshuis - hulle kon nie 'n vlak genoeg aar kry nie, en
> daar het net 'n paar rooierige borrels deur die pypie beweeg:))

Wee rest our keis.

Die hospitaalraad van Swellendam.
Re: Steve Tshwete [boodskap #61276 is 'n antwoord op boodskap #61264] Ma, 29 April 2002 16:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

> Nee Antie, ons praat wel daaroor maar veralgemeen darem nie soos jy nie.
> Wie het nou enigsins tydens hierdie gesprek gestel of selfs net geïmpliseer
> dat slegs swartes Vigs kry.
> Ons is weet maar al te goed dat daar ook sulke skuim onder blankes is, wat
> nie Christelike waardes het nie.

Wel, slaat my onderstebo met 'n veer, Johan. Maar as
mens na sommige mense op hierdie nuusgroep luister, is
dit net swart mense wat vigs kry. En ek was baie
teleurgesteld toe ek sien dat jy ook maar een van die
spotters oor vigs was.
En jy moet tweekeer dink voordat jy alle mense
wat vigs het, as "skuim" bestempel. (Ek dink dit strook
nie met jou "Christelike waardes" nie, as ek die Bybel
van die Christene reg verstaan.)Hier in Kanada was die
eerste mense wat aan vigs doodgegaan het, mense met
bloedsiektes wat bloedoortappings en ander bloedprodukte
gekry het. Daar is 'n groep mense wat hartoperasies gekry
het en in die proses op een of ander manier vigs opgetel
het. Daar is kinders wat dit van hulle moeders gekry het,
wat dit weer van vaders gekry het. Om so oppervlakkig oor
die prooie van vigs te praat, bewys dat jy eintlik nog 'n
baie oppervlakkige jong man is, en baie het om te leer,
selfs van jou eie godsdienstige raamwerk.

Gloudina
Re: Steve Tshwete [boodskap #61277 is 'n antwoord op boodskap #61264] Ma, 29 April 2002 16:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

By navraag het hulle gesê
> dat dit nie meer die moeite werd is nie, want 57% (ja dit is reg 57%) van
> die bloed wat hulle die laaste drie keer gekry het was MIV-positief. En
> laat ek maar vir jou vertel, ons swart kamermaats laat nie `n naald in hulle
> steek om bloed te skenk nie. Die oorgrote meerderheid skenkers was dus
> blankes.

So moet ek aanneem dat jy net so lustig saamspot
oor die vigs wat 57% van jou wit koshuismaats het?
Ek herinner jou weer aan een van die fondamente van
jou Christelike geloof ('n fondament wat die Buddhisme
nog meer intens en amper wetenskaplik voorstaan): Vir
sover jy dit aan die geringstes gedoen het, het jy dit
aan My gedoen.

Gloudina
Re: Steve Tshwete [boodskap #61284 is 'n antwoord op boodskap #61276] Ma, 29 April 2002 20:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Johan:
In kort - Ek het nie almal wat Vigs het skuim genoem nie.
Wel hulle wat Vigs kry agv `n swak sedelike lewe.
Het jy dalk al `n vriend met Vigs begrawe?
Ek het al twee keer, nadat hulle dit weens mediese
nalatigheid gekry het.
Het jy al `n vigslyer se hand gevat en vir hom gebid?
(oppervlakkige godsdiens?)
Vigs is vir ons `n realiteit wat ons beter ken as wat jy
wil erken.
My hart gaan uit na hulle wat dit onskuldig kry.
Hulle wat dit agv hul eie lewensstyl kry, verdien dit;
maar ek staan ook nie koud teenoor hulle nie.
In alle kulture word humor gebruik as
ontvlugtingsmeganisme en ek reken dit is die geval met
wat by ons gebeur. Dit is dieselfde as al die grappies na die aanvalle op
11 September en selfs na Diana se dood.
Gepraat van oppervlakkige godsdiens: Het jy al by jou
geloofsgemeenskap begin om `n tuiste te bied vir mense met
Vigs? Ons selgroep het `n deel van die Vigsweeshuis op
Grootvlei onder ons sorg geneem en as jy wil sien wat lyding is moet jy daar
kom kyk.
Gee dit my nou `n goeie godsdienstige raamwerk? Nee, maar
dit wys ten minste dat my godsdiens vir my nie net iets op
papier is nie, maar dit word in dade omgesit.
Ek vra weereens: moenie in iemand se karakter en
godsdienstige raamwerk inklim as jy nie die werklike feite
het nie.

> Gloudina: En jy moet tweekeer dink voordat jy alle mense
> wat vigs het, as "skuim" bestempel. (Ek dink dit strook
> nie met jou "Christelike waardes" nie, as ek die Bybel
> van die Christene reg verstaan.)

Om so oppervlakkig oor
> die prooie van vigs te praat, bewys dat jy eintlik nog 'n
> baie oppervlakkige jong man is, en baie het om te leer,
> selfs van jou eie godsdienstige raamwerk.
>

>
Re: Steve Tshwete [boodskap #61287 is 'n antwoord op boodskap #61284] Di, 30 April 2002 00:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

johanls wrote:

> Gee dit my nou `n goeie godsdienstige raamwerk? Nee, maar
> dit wys ten minste dat my godsdiens vir my nie net iets op
> papier is nie, maar dit word in dade omgesit.
> Ek vra weereens: moenie in iemand se karakter en
> godsdienstige raamwerk inklim as jy nie die werklike feite
> het nie.

En ek stel voor dat jy tweekeer dink voordat
jy op hierdie nuusgroep die indruk skep dat
Vigs ook maar net 'n kletsonderwerp is, 'n
kletsonderwerp gewoonlik oor die vermeende
vigs van ANC mense wat in die regering is. Die
mense op hierdie nuusgroep wat so praat, kom oor
as kru en onbeskaafd, en ek is seker dat jy nie
onder hulle getel wil word nie. Ek is siek en sat
vir die tipe Afrikaner wat gedurig sy bek vol het
oor hulle mede-landgenote wat nie hulle velkleur
het nie en wat nou weer sus of so is. Dis hierdie
tipe mense, of hulle ouers, wat die teelaarde was
vir die gedrog van apartheid, en ek sien dit as my
kuberroeping om daardie soort persoon uit te wys
vir wat hy is, 'n skandvlek op die goeie inbors
van die groter kuber-Afrikaner-gemeenskap.

Tant Hessie van die Derde Republiek
Re: Steve Tshwete [boodskap #61294 is 'n antwoord op boodskap #61192] Di, 30 April 2002 07:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dis nou net in 'n hospitaal dat 'n mens 'n longontsteking kan kry. Dit
kom deur die suurstof wat hulle daar toedien.

Norbert

"Annette" schreef:
> Gevaarlike hospitaal daai - gewoonlik gaan mens hospitaal toe om vir
> longontsteking behandel te word, nie om dit daar te kry nie.
> Annette
>
Re: Steve Tshwete [boodskap #61296 is 'n antwoord op boodskap #61294] Di, 30 April 2002 07:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hy is dood in 'n militêre hospitaal - en soos jy weet is die mense daar se
longe goed ontwikkel.
Ek aanvaar ook nie dat my longontsteking tot daar kon oorwaai nie;))
Annette

*Sterrenkijker* skryf in boodskap news:3cce408e.1865368@news.skynet.be...
> Dis nou net in 'n hospitaal dat 'n mens 'n longontsteking kan kry. Dit
> kom deur die suurstof wat hulle daar toedien.
>
> Norbert
>
> "Annette" schreef:
>> Gevaarlike hospitaal daai - gewoonlik gaan mens hospitaal toe om vir
>> longontsteking behandel te word, nie om dit daar te kry nie.
>> Annette
>>
>
Re: Steve Tshwete [boodskap #61300 is 'n antwoord op boodskap #61296] Di, 30 April 2002 10:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet dit nog so nie... Ek het verlede week ook las gehad van me
keel.

Norbert (uit Vlaanderen)

"Annette" schreef:

> Ek aanvaar ook nie dat my longontsteking tot daar kon oorwaai nie;))
> Annette
>
Re: longontsteking [boodskap #61306 is 'n antwoord op boodskap #61294] Di, 30 April 2002 11:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
snaaks in ons land gaan mense na die hospitaal as hulle
longontsteking kry en raak daar gesond
~~~~~~~~~~~~~~~~
"*Sterrenkijker*"
Dis nou net in 'n hospitaal dat 'n mens 'n longontsteking kan
kry. Dit
> kom deur die suurstof wat hulle daar toedien.
>
> Norbert
Re: longontsteking [boodskap #61324 is 'n antwoord op boodskap #61306] Di, 30 April 2002 18:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hulle doen dit in my land ook! Maar dit doen nie af van daardie feit
nie dat as jy 'n pasient is wat voortdurend suurstof nodig het in die
hospitaal jy niettemin gevaar loop om juis daardeur 'n longontsteking
te kry. Ek weet nie hoe dit kom nie maar miskien gaan die mikrobetjies
wat in jou longe leef deur die bestendige aanvoer van suurstof hulle
eie 'n bietjie harder ontwikkel. Jy mag dit die verpleegsters gerus
vra of dit waar is wat ek hier sê. Ek het gedog dis wel 'n algemene
kennis in SA.

Norbert (uit Vlaanderen)

"Tobie" schreef:
> snaaks in ons land gaan mense na die hospitaal as hulle
> longontsteking kry en raak daar gesond
> ~~~~~~~~~~~~~~~~

>
Re: Steve Tshwete [boodskap #61352 is 'n antwoord op boodskap #61287] Wo, 01 Mei 2002 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3CCDE0D6.9080803@rogers.com...

> mense op hierdie nuusgroep wat so praat, kom oor as kru en onbeskaafd
veral die wat na haar medemense as varke verwys

> tipe Afrikaner wat gedurig sy bek vol het oor hulle mede-landgenote
Of kwasi-Kanadese wat hul smoele rek oor 'n ander land se burgers.

> hierdie tipe mense
soort soek soort (meng met die semels dan vreet die varke jou op)

> ek sien dit as my roeping
jou roeping is 'n wanhopige stem uit die bos wat smag na aanvaarding en
erkenning
Jy wat al twee keer in SA gewoon het onder 'n wit regering, maar nie kans
sien vir 'n swart regering nie.

> Tant Hessie van die Derde Republiek
Hou tog op om so common te wees.
Re: Steve Tshwete [boodskap #61365 is 'n antwoord op boodskap #61352] Wo, 01 Mei 2002 23:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kobus Pietersen wrote:

>> tipe Afrikaner wat gedurig sy bek vol het oor hulle mede-landgenote

> Of kwasi-Kanadese wat hul smoele rek oor 'n ander land se burgers.

Luister, ou Kobus. As ek op hierdie nuusgroep
praat van mense wat kru en onbeskaafd oor
vigs praat, dan praat ek van kru en onbeskaafde
mense. As ek oor Afrikaners praat, praat ek oor
mense met "Afrikaner"- bloed in hulle are (soos
ek en my man en al vier ons kinders, al is ons
nou al ses Kanadese burgers). Jy is 'n Suid-
Afrikaanse burger. Jou Afrikanerskap hang nie
af daarvan of jy 'n SA burger is of nie. Maar
ek kan jou verseker dat mens skaam voel dat dit
Afrikaners is wat op hierdie nuusgroep kru en
onbeskaafd oor vigs praat, veral as dit nog
hulle landgenote is.
En ou Kobus, die feit dat jy so sit en gif
spoeg na my kant toe, vertel vir enigiemand wat
dit wil opmerk, dat dit jou affekteer. So Tant
Hessie bereik jou tog, as jy kies om so gal af te
gaan, nè. Nou sien, dis my roeping.

Tant Hessie van die Derde Republiek,
wat ontstaan het na die Derde Vryheidsoorlog.
Re: Steve Tshwete [boodskap #61366 is 'n antwoord op boodskap #61352] Wo, 01 Mei 2002 23:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kobus Pietersen wrote:

> Jy wat al twee keer in SA gewoon het onder 'n wit regering, maar nie kans
> sien vir 'n swart regering nie.

Waar kruip jy uit? Jy het nie 'n "swart"
regering nie.( Ek ken meer sogenaamde "wit"
ANC-lede as swart ANC-lede.)
Ongelukkig, ou Kobus, is jy in murg en
bloed nog maar uit die werpsels van die
apartheids-varke. Jy is grootgemaak om te
dink jy was voor 1990 regeer deur 'n "wit"
regering. Julle wat gedink het julle kan
mense se witheid meet aan die krulle in
hulle hare. Want as julle die bloed ontleed
het wat deur meeste "wit Afrikaners" se are
loop, dan sal jy geneties uitvind dat jy
volop veral Khoi bloed het.
So moet tog nie vir my vertel voor 1990
was daar 'n "wit regering" nie. Daar was 'n
regering wat witheid as 'n politieke wapen
gebruik het. Net soos Hitler Ariese herkoms
as 'n politieke ikoon gebruik het, terwyl ons
weet dat hy heelwaarskynlik heelwat Joodse
bloed in sy are gehad het.

Tant Hessie van die Derde Republiek,
se ruggraat-komitee.
Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61397 is 'n antwoord op boodskap #61366] Do, 02 Mei 2002 12:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Jy wat al twee keer in SA gewoon het onder 'n wit regering, maar nie kans
> sien vir 'n swart regering nie.

Gloudina
Waar kruip jy uit? Jy het nie 'n "swart"
regering nie.(Ek ken meer sogenaamde "wit"
ANC-lede as swart ANC-lede.)

Wouter
Dan ken jy omtrent geen swartmense in SA nie.

Die ANC is op rekord dat hulle bekommerd is omdat
hulle ondersteuning so etnies ongebalanseerd is.
Daarom dat hulle so baie moeite doen om Kleurlingsteun
te werf. Hulle steun onder witmense is so onbeduidend
dat hulle min moeite doen om dit te probeer ontwikkel.
(Ek kan nie meer die opnames onthou nie, maar ek
reken dis minder as 5%)

Gloudina
So moet tog nie vir my vertel voor 1990
was daar 'n "wit regering" nie. Daar was 'n
regering wat witheid as 'n politieke wapen
gebruik het. Net soos Hitler Ariese herkoms
as 'n politieke ikoon gebruik het, terwyl ons
weet dat hy heelwaarskynlik heelwat Joodse
bloed in sy are gehad het.

Wouter
Waar val jy tog vandag uit? Daardie regering is gekies
deur mense wat as wit geklassifiseer is, newwermaaind
watse bloed daar in hulle are was. En hulle was self ongeveer
almal as wit geklassifiseer, volgens die aanvaarde definisie
van "wit" in SA.

Kom probeer jy vir enige nie-witte hier vertel die vorige regering
was nie wit nie. As hulle klaar gelag het, sal hulle jou laat sertifiseer.
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61400 is 'n antwoord op boodskap #61397] Do, 02 Mei 2002 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Moet ek regtig eers klaar lag?:))
Annette

Wouter:
> Kom probeer jy vir enige nie-witte hier vertel die vorige regering
> was nie wit nie. As hulle klaar gelag het, sal hulle jou laat sertifiseer.
>
Re: Black & White (nie whisky nie) [boodskap #61401 is 'n antwoord op boodskap #61397] Do, 02 Mei 2002 13:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Waar val jy tog vandag uit? Daardie regering is gekies
> deur mense wat as wit geklassifiseer is, newwermaaind
> watse bloed daar in hulle are was. En hulle was self ongeveer
> almal as wit geklassifiseer, volgens die aanvaarde definisie
> van "wit" in SA.
>
> Kom probeer jy vir enige nie-witte hier vertel die vorige regering
> was nie wit nie. As hulle klaar gelag het, sal hulle jou laat sertifiseer.

Presies, Wouter. Die mense wat die vorige regering
oorheers het, was "geklassifiseer" as wit (geklassi-
fiseer deur hulle eie politieke meganismes.)
Newwermaaind of hulle San en somtyds Slamaaier-bloed
in hulle are gehad het.( En hulle het die kleurkwessie
so verpolitiseer dat mense wat ligbruin is, vandag
in SA liewer as "swart" wil deurgaan.) As die nie-wittes
daarop staan dat die vorige regering "wit" was, dan
verwys hulle nie na velkleur nie. Hulle verwys na 'n
politieke verskynsel, waar 'n dwaalgroep van die
bevolking van SA vir hulle as politieke wapen die
wit velkleur gaan gebruik het. Iets wat ons laas gesien
het gedurende die Nazi-regime in Duitsland.

Gloudina
Re: Steve Tshwete [boodskap #61405 is 'n antwoord op boodskap #61271] Do, 02 Mei 2002 14:07 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
*Sterrenkijker* wrote:
>
> Ja, dit het ek ook al gedink, ja. Dis soos wat daardie Suidafrikaanse
> vrou my ooit eens geskryf het oor die Afrikaners:"As jy by hulle op
> besoek kom dan sal jy sien: op die tafel lê die bybel... Maar gaan nie
> in die slaapkamer loer nie want onder hulle bed lê hulle seksboeke!"

En jou punt is?
Vorige onderwerp: Herfstyd Innie Kaap
Volgende onderwerp: Waar is Tafelberg?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 09:50:00 MGT 2024