Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Chickens en Ware Helde
Chickens en Ware Helde [boodskap #6102] Sa, 30 Maart 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Die afgelope week het ons hier in Ottawa gaan luister
na Generaal Georg Meiring, hoof van Suid-Afrika se
militere struktuur. Iets was so reg daar voor my: hierdie
ouerige breedgeskouerde Afrikaner in sy netjiese uniform,
en Billy Modise, nou aan die hoof van die SA diplomatiese
diens hier, 'n Twsana wat in Bloemfontein grootgeword
het. Twee seuns van my geboorteland, uiteindelik op gelyke
voet, uiteindelik besig om te werk vir hulle land.
Generaal Meiring verduidelik toe onder andere hoekom
hulle in Kanada is: hulle voel dat hulle baie van Kanada kan
leer. Die twee lande het omtrent dieselfde bevolking, en
Kanada het groot ondervinding in "peacekeeping", iets waarop
die SA militere struktuur hulle wil voorberei.
Dis toe dat ek besef: ek is nie meer Suid-Afrikaner nie.
Ek is Kanadees. Ek is trots om burger te wees (noual vir
23 jaar) van 'n land wat gerespekteer word in die wereld as
'n vredeliewende land, wat orals ingestoot word as die vrede
behou moet word. (Hulle raas in die Kanadese parlement as
daar weer 'n versoek kom, vra of ons dit kan bekostig, maar
as ons weer sien, dan gaan daar 'n regiment erens heen, met
Franse name as hulle in 'n Franssprekende area benodig word,
met Engelse en Franse name deurmekaar as Engels die voer-
taal gaan wees.)
Ek voel ge-eerd om saam te bly in 'n land waar daar talle
verskillende groepe mense bly wat al vir duisende en duisende
jare hier hulle tuiste maak: Inuit in die noorde, allerhande
"First Nations" groepe (ek weier om te dink aan hulle as Indiane,
net omdat 'n dom Europeer lank gelede gedink het hierdie
kontinent is Indie), en Metis (afstammelinge van die lokale
groepe en Franse voyageurs in die 17de en 18de eeue.)
Met die sogenaamde witmense hier het ek soms moeilikheid.
("Witmense?" vra ek vir my kinders toe hulle nog adolessente
was en met 'n storie inkom dat hulle witmense is. "Ek dink nie
julle is wit van kleur nie. Meer pienk en beige deurmekaar,
met sulke bruin kolletjies hier en daar.") Dit irriteer my as
'n sogenaamde witmens, wat 'n paar jaar gelede erens uit
Europa na Kanada geimmigreer het, vir 'n swart persoon hier
vra "En waar kom jy vandaan?" En dan is hierdie swartmens
se voorouers al 5 geslagte lank in Kanada (lank voor 1867 toe
Kanada gebore is) : mense wie se voorouers afstammelinge
is van slawe toe slawerny nog toegelaat was, slawe wat saam
met hulle meesters na Kanada toe gekom het na die Ameri-
kaanse Vryheidsoorlog omdat hulle nog onder Engeland wou
wees, swart mense wat op die "underground railway" hierheen
gevlug het uit die VSA, waar slawerny nog wettig was tot in
1863.
Ek is dus Kanadees. Ek hoort nie hier as ek nie my volle
energie en lojaliteit aan hierdie land kan gee nie. Ek hou ook
nie daarvan om as "chicken" beskou te word nie. (Ons het SA
kans gegee, vier jaar teruggegaan en daar gaan bly aan die einde
van die sestigerjare, en toe vir 'n tweede keer getrek.)
Maar ek beskou as die ware helde die mense wat nou in
Suid-Afrika bly, gedetermineerd om hulle land reg te ruk na
die jare van verwoesting wat deur apartheid aan alle strukture
gedoen is. En in die oe van die wereld is julle helde: mense
wat met grasie en intelligensie verklaar het: die dominansie
van witvelliges hou hier op, en behoort ook op te hou oor die
hele wereld. Nou is ek nie meer skaam om te se waar ek gebore
is as iemand vir my vra waar ek oorspronklik vandaan kom nie.
( Die Afrikaanse aksent gee dit elke keer weg!) Die woorde
"Suid-Afrika" en "Afrikaner" sit nou weer die vonkel in mense
se oe. Moet dit nooit vergeet nie.

Gloudina
Re: Chickens en Ware Helde [boodskap #6111 is 'n antwoord op boodskap #6102] Ma, 01 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
<<> Die afgelope week het ons hier in Ottawa gaan luister
>na Generaal Georg Meiring, ...>>>

Die interessante ding hier in ons tyd van die kuberruimte en globale
dorpies is die beginsel van die kuberJood.
Die Jode kon 'n kultuur behou versprei in alle lande. Dit gaan dalk
net moontlik word vir ander ook met kuberruimte.
Gloudina 'n Afrikaanse Kanadees in Kanada. Ek 'n Afrikaanse
Suid-Afrikaner in Afrika.
Vorige onderwerp: Toe tyd weer kom
Volgende onderwerp: Mandela se rykdom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 11:56:54 MGT 2024