Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: geweldspraak.
Re: geweldspraak. [boodskap #6095] Vr, 29 Maart 1996 00:00
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 28 Mar 1996, Reinier de Vos wrote:

> Leendert skryf:
> =20
>> Soos ek die voorgestelde klousule lees, verwys dit na spraak wat
>> _immanente_ geweld, ens op grond van ras, ens aanmoedig.
>>
>> Dit beperk die trefkrag daarvan - en verhoed dat Albie Sachs se boek
>> verban moet word :-)))
> =20
> Ek het nie die voorgestelde teks voor my nie, maar selfs met so 'n
> bewoording maak dit nie vir my veel sin nie. Hoekom word slegs sekere
> kategorië uitgesonder? Wat van spraak wat geweld op grond van
> politieke verskille aanhits? Mens sou tog dink dat dit ons grootste
> probleem tans is.
> =20
> Die punt wat ek probeer maak is dat die verbod op "haatspraak" op slegs
> sekere gronde bv. ras, geloof, geslag, nie sin maak nie. Indien die
> staat sekere vorms van spraak wil verbied omdat daar vrese vir geweld
> is, sal 'n klousule wat "aanhitsing tot openbare geweld" - punt, meer
> sin maak. Ek vrees dat sake uiteindelik met die voorgestelde klousule
> teen haatspraak soos met regstellende aksie beleide wêreldwyd sal
> verloop, waar situasies ontstaan waar die retoriek en werklikheid nie
> met mekaar ooreenstem nie.

[daar volg etlike pertinente insigte oor regstellende aksie nav Sowell]

> So sal ons sien dat die definisie van haatspraak, en die gronde waarop
> dit nie toelaatbaar sal wees nie, uitgebrei sal word op 'n wyse wat
> die staat bevoordeel en individuele vryheid inperk. Ons kan dit nie
> aan die "goeie bedoelings" van die opstellers van die bepaalde klousule
> oorlaat nie.
> =20
> Die Duitse grondwet het blykbaar 'n klousule wat vryheid van spraak
> verabsoluteer, maar nou hoor ons by Frank dat dit selfs daar beperk
> word op wyses wat vir die Amerikaners onaanvaarbaar sou wees.

In die goeie ou dae, voor boeke vol wetgewing in Engeland Dicey se
negatiewe vryheid van spraak ongedaan gemaak het, is 'n klassieke
uitspraak gelewer deur die QBD per ene Field J. Die saak was BEATTY v
GILBANKS (1882) 9 QBD 308. Die Salvation Army het oor 'n periode van 'n
aantal weke 'n paar optogte in die strate gehou, met vlae en musiek en so=

aan, en op elke geleentheid was daar 'n oproer en het gevegte tussen die
Salvation Army en die "Skeleton Army" uitgebreek - "free fight, great
uproar, blows, tumult, stone throwing and disorder ensued." Die publiek
het die polisie gevra om die besigheid stop te sit. Die owerhede laat
weet toe per kennisgewing dat "all persons are to abstain from assembling=

to the disturbance of the public peace in the public streets". Die
Salvation army wou niks weet nie. Optog. Sersant: "gehoorsaam die
kennisgewing". Beatty: "Nee." Arrestasie en skuldvonnis vir
"breaching Her Majesty's peace".

Field J: "The finding of the justices amounts to this, that a man may be
convicted for doing a lawful act if he knows that his doing it may cause
another to do an unlawful act. There is no authority for such a proposition=
."

Daardie benadering bestaan nie meer in Engeland nie - wetgewing wat
"insulting, abusive or threatening" taal verbied as sulke taal tot
wanorde kan lei, het die hof in JORDAN v BURGOYNE [1963] 2 QB 744 laat
besluit dat die spreker sy gehoor moet "neem soos hy hulle kry" - as hulle=

"hooligans" is, dan is dit sy probleem.

Die Europese menseregtekomissie het 'n aansoek van die hand gewys
van 'n groep genaamd "Christians against Racism and
Fascism", nadat die Britse polisie hulle optog verbied het, omdat die
polisie (juistelik) geweld verwag het. Die Komissie: "The procession
would not have been peaceful having regard to the possible activities of
opponents and extremists".

Teen sulke owerheidsoptrede haal ek die woorde van Black J aan, in sy
minderheidsuitspraak in FEINER v NEW YORK (1951) 71 Sct 303, waar 'n
seepkisopruier gearresteer is nadat
die polisie hom drie keer moes vra om op te hou en een van die toeskouers=

gemaan het "if you don't remove that S.O.B., I will":
"The end result here... is to approve a simple and readily available
technique by which cities and states can with impunity subject all
speeches, political or otherwise, on streets or elsewhere, to the
supervision and censorship of the local police. I will have no part or
parcel in this holding which I view as a long step toward totalitarian
authority." Regter Black het bygevoeg dat die polisie eerder die man moes=

beskerm het, en aggressie van die toeskouers moes straf. Die
meerderheidsuitspraak het egter die vonnis bevestig. (Feiner was besig
om te vertel hoe swartes moes opruk en hulle regte moes afdwing, en
dat President Truman 'n "bum" was. Die toeskouers het nie saamgestem nie.)

aar selfs die "fighting words"-uitsondering op vryheid van spraak -
"words which by their very utterance inflict injury or tend to incite an
immediate breach of the peace" (CHAPLINSKY [1942] 315 US 568) - was nie
genoeg om 'n "opstoking"-klousule, wat spesifiek op rassisme gebasseer was,
grondwetlik toelaatbaar te maak nie. 'n Nazi opmars, met swastikas en
vlae en al, deur 'n Joodse dorp, mog nie deur 'n plaaslike wet, wat
rassistiese opstokery verbied het, gestop word nie (COLLIN v SMITH [1978]=

578 F2d 1198): "It is perfectly clear that the state may not make
criminal the peaceful expression of unpopular views". En in RAV v ST PAUL=

was die feit dat die betrokke haat-opstookwet ook op 'n spesifieke
oortuiging
(rassisme) gemik was, genoeg om die wet ongrondwetlik te verklaar, en
skuldvonnisse vir die brand van 'n kruis deur 'n aaklige gespuis buite
swartmense se huis nietig te verklaar.

Miskien moeilik vir meeste mense om te sluk. Maar, soos die hof in COLLIN=

tereg opgemerk het: "It is, after all, in part the fact that our
constitutional system protects minorities unpopular at a particular time
or place from governmental harassment and intimidation that distinguishes=

life in this country from life under the Third Reich".

Jammer Duitsland en Suid-Afrika, wat die les baie meer benodig, wou dit
nie leer nie.

Ek wonder of die feit dat ek my mening lig - dat die haatwet moet weg -
"grondwetsvyandig" is, en wat die straf eendag daarvoor sal wees. Sal
publisering van Amerikaanse hooggeregshofuitsprake ook "grondwetsvyandig"=

wees? Hopelik het die regering nog nie die Bevolkingsregistrasiewet en
die Suppression of Communism Act verloor nie, want die bewoording hoort
heel nuttig te wees vir nuwe doeleindes - 'n strepie hier, 'n strepie
daar, en siedaar, ou swaer, ons stop die hele lot in die tronk.

Weenknersvantandefrank.
Vorige onderwerp: RE: Dutch-Australians
Volgende onderwerp: Re: Market Research
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 04:09:08 MGT 2024