Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoe maak mens?
Hoe maak mens? [boodskap #60938] Wo, 24 April 2002 11:51 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Verlede week is die regterkant van my motor so te sê afgeskryf terwyl dit
geparkeer was in Langmarkstraat.
Ek was by my Vriend Die Ontvanger terwyl my motor so verniel is, en ongeag
'n nota met 'n naam en telefoonommer op my voorruit - is daar oor die naweek
tot die besef gekom dat net die engeltjies die ongeluk sien gebeur het.
Vanoggend is ek toe polisiestasie toe, om 'n saaknommer te kry sodat ek van
die versekeraars kan eis.
Die kleurlingdame wat my gehelp het was baie gaaf - sy het nie 'n uniform
gedra nie,so ek weet nie wat haar rang was nie.
Sy het aangedring om die verklaring af te neem en dit in die boek
opgeteken - baie op haar tyd en sy skryf nogal mooi en duidelik ook.
Maar ai!!! van spel weet sy nie baie nie ( sy praat vlot Afrikaans) - Ek het
maar so veel as moontlik probeer reghelp, maar die ry agter my het bietjie
lank en ongeduldig begin raak:))
Hier is 'n paar van die spelfoute wat sy op my aandrang reggemaak het:
Freedehooc ( Vredehoek).
keur ( keer)
weur ( weer)
regtersei ( regtersy)
het gaan ( het gegaan)
seispiel ( syspieël)
virskye ( verskeie)
dyke ( duike)
skrappes ( skrape)
niemangnd ( niemand)
Gelukkig was dit nie nodig vir my om anderaan die poging my naam te teken
nie.

Dit alles terwyl ek al klaar laat was vir my volgende afspraak.

Nou wonder ek, as dit weer gebeur, of ek nie maar die beskrywing doen op die
rekenaar en dit uitdruk nie ( ek moes 'n dokter gewees het- geen mens kan
my handskrif lees nie) sodat hulle dit net kan inplak daar in die boek -
baie tyd kan so gespaar word.

O ja - net voor my 'n ou oom wat pensioen van die staat ontvang.
Het nogal 'n kleurafdruk van sy ID boekie gemaak wat saam moet ingaan.
Boegenoemde dame dring toe aan hy moet sy ID boek ook bring, sodat sy die
afskrif kan bevestig.
Ek sê toe maar hoekom - sy kan mos sien die foto is van die oom - nee, sy
MOET die ID boekie hê.
Ek en die oom het maar net kop geskud, en hy het die aftog geblaas.

Annette
Re: Hoe maak mens? [boodskap #60940 is 'n antwoord op boodskap #60938] Wo, 24 April 2002 12:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Miskien is sy 'n "volunteer" in siviele drag en sy was reg insake die ID
boekie - te veel vervalsings in die omloop - ou omies ken jong trieks ook -
vra vir oorle Chris (hart).

:-)

TJ
www.artslink.co.za
Re: Hoe maak mens? [boodskap #60942 is 'n antwoord op boodskap #60940] Wo, 24 April 2002 12:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:)))) Ja dit mag waar wees - maar daardie ID boekie sal in elk geval lyk net
soos die fotostaat - daarvan is ek seker. :)
Wat die behulpsame dame aanbetref - sy het elke keer en 'n nommer en A/C by
haar handtekening aangebring.
Wtt iemand wat dit beteken?
Annette

TJ skryf in boodskap news:3cc6a300$0$227@hades.is.co.za...
> Miskien is sy 'n "volunteer" in siviele drag en sy was reg insake die ID
> boekie - te veel vervalsings in die omloop - ou omies ken jong trieks ook -
> vra vir oorle Chris (hart).
>
> :-)
>
> TJ
> www.artslink.co.za
>
Re: Hoe maak mens? [boodskap #60946 is 'n antwoord op boodskap #60942] Wo, 24 April 2002 13:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Assistant Constable ?
Re: Hoe maak mens? [boodskap #60950 is 'n antwoord op boodskap #60946] Wo, 24 April 2002 13:34 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het ook so gedink van daardie A/C lateraan.
Sal dit nou op dieselfde vlak wees as iemand wat opgelei word om 'n
konstabel te wees?
Maar moet hulle nie ook ten minste matriek as kwalifikasie hê nie?
Annette

TJ skryf in boodskap news:3cc6b19d$0$226@hades.is.co.za...
> Assistant Constable ?
>
Vorige onderwerp: Vriende-Vyande
Volgende onderwerp: Onderhoud met Stef Bos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 13:54:02 MGT 2024